‘Dis ʼn wonder dat ek kon vlug,’ sê Fairview-eienaar ná aanval

Charles Back ná die aanval saam met van sy kollegas (Foto: Fairview, Facebook)

Charles Back, eienaar van die wyn-en-kaasplaas Fairview in die Paarl, het in ʼn verklaring reageer nadat hy Woensdagoggend vroeg in sy huis op die plaas aangeval en aangerand is.

“Ek het gisteraand ʼn gewelddadige plaasaanval hier op my Fairview-plaas in die Paarl oorleef,” het Back in ʼn verklaring gesê. “Ek het vanoggend besluit om direk van die hospitaal af by Fairview stil te hou, om die jongmense te wys hoe ware werksywer lyk – as deel van ons voortgesette geselsies.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind.

“Om die waarheid te sê, en in alle erns, die aanval was fisies en emosioneel by pynvol. Ek is met ʼn breekyster aangerand, het gebreekte bene, is in ʼn mat opgerol en vir dood agtergelaat in my huis. Dit is ʼn wonderwerk dat ek kon vlug, en dit voel of ek uit die dood opgestaan het. Ek is baie dankbaar dat ek leef, en my hart is met almal wat al familielede in die voortgesette plaasaanvalle verloor het.”

Back het dit beklemtoon dat die aanval nie polities verdelend is nie. “Dit was drie gewone bendelede wat deur hul eie selfbelang gemotiveer is. Ek glo in die waardes waarop hierdie land gebou is, en ek vertrou steeds vir harmonie en vrede. Ek is nou dubbel gemotiveer om te kom werk, en ek sal steeds seker maak dat ek ʼn bydrae en probeer om selfs die kleinste verskil te maak in my gemeenskap.”

Die werknemers het hom terug verwelkom. “Ons is so bly dat jy leef en terug is by die huis!”

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanvallers het toegang tot die woning verkry deur ʼn venster te breek. Volgens haar het die verdagtes verskeie elektroniese toebehore en ʼn vuurwapen gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Back is in 2017 deur lede van Landbouskrywers SA as Boer van die Jaar aangewys. Hy het in dieselfde jaar die prestigeryke 1659-erepenning vir die lewering van voortreflike diens aan die wynbedryf ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jongboer ·

Ek hoop oom lees die: ek as jongboer is ge-inspireerd. Oom is n yster. Glo ons jongboere sal geslyp word deur oom se voorbeeld. Mag Jesus die fisiese en emotionele genesing gee. Oom maak my trots op my beroep en ek hoop om eendag n sukses soos u te maak. Groete en seenwense. Ps mag die skille van die aanvallers se oe afval

Ella ·

Hierop se ek : Amen. Sterkte vir die boere. Ek hoop Ramaphoza sal n einde aan hierdie wrede en onnodige aanvalle bring.

Ella ·

Hierop se ek : Amen. Sterkte vir die boere. Ek hoop Ramaphoza sal n einde aan hierdie wrede en onnodige aanvalle bring.

thinus ·

O dan gaan hul seker die elektriese toestelle eet en met die vuurwapen ploeg?

GM ·

Thinus, ‘hoe sê’ se kommentaar was sarkasties, hoe mis jy dit?

Geliefd ·

Wat ‘n ongelooflike wyse om so ‘n tragiese gebeurtenis te hanteer. Ek sien en ervaar die ware Jesus in oom se optrede. Kwaad kan nie met kwaad vergeld word nie…..bid vir oom vir spoedige herstel en seën.

Anoniem ·

Mnr. Beck, ek haal my hoed af vir jou! Knap gedaan dat jy selfs die bedelede wys dat jý ‘n vasbeslote boer is wat jou deur niks en niemand laat onderkry nie! Word gou gesond!

Madeleine ·

So n positiewe man. Inspirasie.
Glo hy maak n verskil daar waar hy is.

Fairy ·

Ja ons is bly jy het die aanval oorleef, maar HOE blind kan iemand wees wat dink dit is NIE polities gemotiveerd nie, DREAM on meneer. Soms wonder ek of mense net nie die werklikheid wil raaksien nie en of die feit dat hy goed doen in SA homself nie wil uitspreek teen die chaos hier nie. Glo nog in die reenboognasie. Good for you, my blinkers het gelukkig al afgeval.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.