“Dis nie die regte uitspraak nie” – June Steenkamp

June Steenkamp op 12 September 2014 in die hof terwyl die uitspraak voorgehou word Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

June Steenkamp op 12 September 2014 in die hof terwyl die uitspraak voorgehou word Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Reeva Steenkamp se ouers glo die uitspraak dat Oscar Pistorius skuldig bevind is aan strafbare manslag nadat hy hul doogter doodgeskiet het, is nie reg nie, het NBC Vrydag berig.

“Ek voel nie dis reg nie,” het Reeva se ma, June Steenkamp, in ʼn onderhoud met NBC gesê. “Hulle glo sy storie en ek glo nie daardie storie nie. Dit is die verskil. Ek gee nie om wat met hom gebeur nie. Dit gaan nie enigiets verander nie, want my dogter kom nooit weer terug nie. Hy leef en haal asem en sy is vir altyd weg.”

June sê daar was so baie foute en die atleet se storie “het nie sin gemaak nie”.

NBC het met die Steenkamp-egpaar gepraat net ná regter Thokozile Masipa Pistorius onskuldig bevind het aan moord, maar skuldig aan strafbare manslag.

Pistorius het op 14 Februarie 2013 Steenkamp deur ʼn geslote toiletdeur van sy huis in Pretoria doodgeskiet.

Steenkamp se pa, Barry, het gesê daar was ongeloof, nie net by hulle nie, maar by “almal in die wêreld”.

June het gesê baie mense wil weet wat gebeur het. “Reeva het ʼn afgryslike dood gesterf. Hy het haar deur die deur doodgeskiet en ek kan nie glo hulle dink dit was ʼn ongeluk nie.”

NBC berig die Steenkamps wil graag met Pistorius gesels. Hulle wil nie weerwraak hê nie, maar is net op soek na die waarheid.

Klik hier vir meer inligting oor die Oscar Pistorius-saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

charmaine ·

My hart gaan uit na die ouers van Me. Steenkamp. Hulle moet net geduldig wees, terugsit en kyk wat met die arrogante leuenaar Pistorius gaan gebeur. God slaap nie! En al stel die menslike wette ons telleur en al geskied reg en geregtigheid nie volgens hoe ons dit wil he nie, God slaap nie!

Anita ·

EK STEM SAAM HAAR OUERS!!!!!!!!!! HY IS SKULDIG. Hul kan se net wat hul wil. Net hy en Reeva ken die waarheid en hy het Reeva se stem vir ewig stil gemaak. As dit ek was sou ek appelleer teen die uitspraak. Dis waar wat Donald Trump getwiet het. Hy se die is net nog n O J Simpson saak. Sterkte aan die Steenkamp gesin. Gelukkig weet ons dat OP eendag die waarheid sal moet praat voor ons groot Regter.

2Roedolf1 ·

My hart gaan uit na die steenkamp famielie ,een feit bly dis moord .my vuurwapen opleiding is ons geleer die oomblik as jou vuurwapen die holster verlaat behalwe om skoon te maak is dit met die doel om te beskerm en die nagevolg is lewens verlies en jy vuur ook nie as jy nie die gevaar fisies kan sien nie .en in lewens gevaar is nie .Hy was nie in gevaar nie nog minder bedreig nie met sy houding moet hy nie eers n naby vuurwerke toegelaat geword

PIETER DREYER ·

My inige simpatie gaan uit aan Reva se ouers . Ek stem ook nie saam met die uitspraak ni . Ek glo moord is moord, em daar is nie so ding in die wed wat se as jy nie bedoel het om daardie persoon te vermoor is jy vry nie . As jy iemand perongeluk dood maak is dit nogsteeds moord . Bring die dood straf terug dan sal sulke goed nie gebeur nie. Ek dink ons land is soos hy is juis deur moord sake wat so hanteer word .
Baie dankie

Sjert ·

En ‘n pragtige jong meisie is in haar ‘vriend’ se toilet dood geskiet.

En nou wonder al ons ‘slim regters’ waarom sy haarself in ‘n toilet sou toe gesluit het, terwyl sy by haar ‘vriend’ aan huis was.

Kan jy al die ‘slim regters’ soos jy dit stel, dalk help met die antwoord?

Johan ·

Seg jy. Feite: 1.) Sy is dood; 2.) hy het erken hy het haar geskiet; 3.) net sy en hy weet wat daar gebeur het. Gevolgtrekking: Op grond van die getuienis voor hande dink ek die regter het die regte beslissing gemaak. Dit is miskien nie die beslissing wat die bloeddorstige publiek wou he nie (klink of ons goed sou ingepas het by die gepeupel tydens die Franse revolusie…:-)), maar volgens die reg is dit reg. En laastens: Suid-Afrikaners is seker die enigste mense wat ‘n buitelander (soos ou kuifkop Donald Trump) se word bo die van ‘n mede Suid-Afrikaner sou neem. Die (swart) Amerikaanse ambassadeur dreig onmiddellik met stappe toe iemand van SA se die Openbare Beskermer werk vir hom, maar ons is doodgelukkig as die regter van die buiteland af beledig word.

Sjert ·

Van die 3 punte waarmee jy inval, is slegs die eerste een korrek.
Die ou het volgens sy eie getuienis nie geweet dat sy (Reeva) in die toilet, wat van binne gesluit was, skuil nie. tsk tsk
Ons is slegs op die ou se talle weersprekende weergawes afhanklik. LW – Sy is dood en ons weet dus nie wat haar weergawe is nie.

Sal maar vorentoe sien of jou stelling: “…volgens die reg is dit reg…” korrek is.

Jy raak ook die volgende kwyt:
“…(soos ou kuifkop Donald Trump) se word bo die van ‘n mede Suid-Afrikaner sou neem. Die (swart) Amerikaanse ambassadeur dreig onmiddellik met stappe toe iemand van SA se die Openbare Beskermer werk vir hom,..”

Nooit geweet dat Trump ook ‘n lid van die CIA is nie. :-)

piesang ·

Ek skaar my agter Reeva se ouers. My gesin huil saam met hulle. Bennie daar is meer mense sonder die regs geleerdheid wat meer breins en common sense het as hierdie regs geleerdes. OP bly skuldig maar geld en lieg het hom laat los kom.

Daisy ·

@Piesang dit is wyse woorde!!! Genoeg geld en die “regte” prokereur en jy het ‘n “blank tjek”. Moord, verkragting, jou bas is gered. Maar dis ook waar, hier “kom hulle weg” daarmee maar as ons die tydelike met die ewige verruil gaan ons almal moet verduidelik oor dinge wat ons gedoen en gesê het. Maar dis moeilik, veral as jy in die “slagoffer” span speel. My hart bloei vir Reeva se ouers! Mag die Here my daardie beker spaar!

Anna Marie du Toit ·

Ek het my seun in 2003 verloor, die een wat dit veroorsaak het is ook dood, in dieselfde ongeluk – 5 mense dood….. ek kan my nie Reeva se ouers se gevoelens voorstel nie – miskien maak dit alles makliker as daar niemand is om te blameer nie, maar ek weet nie of daar n makliker is nie…Ek haal my hoed vir hulle af dat hulle deur die saak na alles kon sit en luister, miskien sou ek ook wou weet wat in my kind se laaste minute gebeur het, maar dit moes bitter baie selfbeheersing en dissipline van hulle verg….. ek kan net se daar is niks wat hulle beter gaan laat voel nie, die verlies en verlange raak net erger. Ek kan hulle net baie baie sterkte toebid.

Erika van Dorssen ·

Met dieselfde maat waarmee julle meet sal julle gemeet word.

Erika van Dorssen ·

Met dieselfde maat wat julle meet sal julle gemeet word….

Jurie ·

@ Erika > Waarvan praat jy? Mens het net twee breinselle nodig om te sien die ou het presies geweet wat hy doen en doelbewus op haar geskiet. De dinges met wat die regter besluit het! Maar, “watch this space”, mens kom nie vir altyd weg met sulke dinge nie. “Live by the sword, die by the sword”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.