Dis nie verby, sê OB ná Konstitusionele Hof-beslissing

Die Opbenbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto:
Phando Jikelo/ANA)

Hoewel die Konstitusionele Hof Vrydag haar aansoek om verlof tot appèl geweier het, het die Openbare Beskermer (OB) die hof daarvoor geloof dat die persoonlike kostebevel teen haar deur die Noord-Gautengse hooggeregshof in Julie 2019, moontlik tersyde gestel kan word.

Maroela Media het vroeër berig die hof het adv. Busisiwe Mkhwebane se aansoek om verlof tot appèl geweier teen die beslissing van die hooggeregshof waarin die regstellende optrede wat sy in 2019 teen Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, aanbeveel het, opgeskort is.

Die hof het ook ʼn soortgelyke aansoek deur die EFF van die hand gewys.

Volgens Mkhwebane het die Konstitusionele Hof wel aan albei partye verlof verleen om teen die kostebevele te appelleer.

Mkhwebane het in verklaring gesê die saak is egter nog nie verby nie aangesien die hooggeregshof nog nie die hersieningsaansoek van Gordhan oor haar bevindings en regstellende stappe teen hom aangehoor het nie.

“Die OB wil alle betrokkenes daaraan herinner dat haar bevindings en regstellende stappe in die betrokke saak geld totdat die hof dit tersyde gestel het. Die hooggeregshof het nog nie die hersieningsaansoek van die minister en ander partye aangehoor nie,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jacobus ·

Goeie genade – waarheen nog? Die Zuma court of terminal justice. Johan, die kort kommentaar is ditto. Seker agtergekom daars nog ‘n paar sent in die trog! Mega vermorser van geld.

marius ·

Nee , die hof het nie aangedui dat die persoonlike kostebevel moontlik tersyde gestel kan word nie . Die hof het verlof verleen dat daar teen die persoonlike koste bevel geappelleer kan word . Sy het die hof genader vir aansoek om verlof tot appel en die hoogste hof in die land het haar afgeskiet . Wie gaan die koste betaal ? As sy misleidende inligting verskaf moet dit weereens gevolge vir haar inhou !

Jan ·

Hulle almal ly aan n vervolgings waan . Laaik om geld en tyd te mors

Colombo ·

Vervolgingswaan beteken dat n persoon dink hy word vervolg .Dit beteken nie dat iemand ,ander persone altyd wil vervolg nie.

Hennie ·

Snaaks dat almal hulle wend tot die Konstitusionele Hof as hulle nie gelukkig is met ‘n uitspraak nie. Hoekom nie ‘n koste bevel teen die OB nie? Sy mors in elk geval belasting betalers se geld met aanhoudende hofsake.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.