‘Dis nou die tyd vir ʼn vrouepresident,’ sê Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Jessie Duarte, die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, het dié naweek tydens ʼn byeenkoms gesê die ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma moet die volgende president van die regerende party word want “sy praat nie net nie”.

Duarte het Saterdag tydens ʼn byeenkoms van die ANC se vroueliga in Mpumalanga gepraat voor ʼn skare van 5 000 mense. Die byeenkoms was deel van die bekendstelling van die vroueliga se Lotjha Makhelwane-veldtog (in Ndebele “hallo buurman”).

Een van die oogmerke met die veldtog is om minderbevoorregtes te help om dokumentasie te bekom wat hulle kan help om vir toelae aansoek te doen.

“Die tyd het gekom vir ʼn leier wat nie net praat nie, en daardie leier is Nkosazana Dlamini-Zuma,” het sy gesê.

Duarte het ook ʼn beroep op die lede van die ANC en sy ligas gedoen om meer te verenig “ter wille van die organisasie”.

Dlamini-Zuma het ook tydens dié byeenkoms die skare aangemoedig om die program te steun.

“Kom ons staan op, ouers. Jou buurman moenie honger wees terwyl jy kan [help nie],” het sy gesê.

Sy het ook gesê die tyd vir ʼn vrouepresident in Suid-Afrika het nou aangebreek. “Daar is iemand wat altyd sê die adjunkpresident van die ANC moet die volgende president van die party word. Ons weet nie waar dié persoon daardie inligting vandaan kry nie. Dit is nou die tyd vir ʼn vrouepresident.”

Dlamini-Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa word gesien as die voorlopers om die presidentskap in die aanloop tot die ANC se verkiesingskonferensie wat volgende maand gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johanna Botha ·

Een met n ander van as zuma …al so naar vir n zuma !

Piet Snot ·

Om vir haar te stem oor sy ‘n vrou is, is net so simpel as om vir Cyril te stem slegs oor hy ‘n man is.
Seksisme.

C91 ·

‘praat nie te veel nie’. Wat beteken dit …..’stille water diepe grond ?’

Blits ·

Dalk tyd ja maar die hel weet nie jy nie asb, spaar ons net dit

FM ·

Aag asseblief, tog nie nog n ZUMA nie. Suid – Afrika is nou al tot vervelens toe siek en sat vir n zuma.As ek die naam zuma hoor vereenselwig ons dit met agteruitgang, net soos in zimbabwe.

Wilma ·

Sy sal eenvoudig aangaan met staatskaping. Jou buurman moenie honger wees nie. Sorry elkeen vi homself. Die lewe is net te duur om vir ander te sorg

Daan ·

Enige tyd is sy welkom om president te word, al voorwaarde is dat sy moet kan ekonomies dink en die bevolking voor haar eie belange stel. Sy moet sterk oortuiging hê om die land te ontwikkel en nie haar en haar maatjies nie. Ongelukkig sien ek dit nie in mev Zuma nie, so enige ander dame, net die die een nie

Tess ·

Nee, dis nie tyd vir n vroue president nie. Dis tyd vir n nuwe regerende party!

skerwe ·

As dit nou regtig tyd is vir ‘n vrouepresident, dan beter Thuli Madonsela naderstaan.

Ouma ·

Sal dit nie wonderlik wees as Thuli Madonsela ons president kan word nie? Sy is ‘n vrou van edele “inborste”.

Christa ·

Sy moet net aangaan waarmee hy besig is, hoe dom dink die zumas is ons, shame probeer weer.

Lhs ·

Net om seker te maak Zumpie 1 en ander familie lede word nie vervolg vir hulle kriminele aktiwiteite nie.

Geweet ·

Dis nie vir my nuus nie. Het al 2 jaar gelede geweet van die “kortlys” wat die ANC het waaronder Cyril Ramapoza en dan Dlamini Zuma vir President. Kan nie die ander naam onhou nie.

Alida ·

Ai tog net nie daai ou vrou nie. Sy is afgeleef en kan gerus maar in Nkandla gaan mielies maal en kinders oppas. Sy sal ‘n goeie ouma uitmaak. Spaar SA asb hiervan.

Natasha ·

N E E! Nee nee nee!!
Ek lees sommer klaar tussen d lyne van “BEHEER”!! Ons het een beheervraat gehad en dis nou genoeg. Ons het ‘n leier nodig met integriteit en passie om ons land te herstel van een beheervraat se gemors.

Helen ·

Ek hoop die se presies hoe ek hieroor voel!!! Hahahahahahaahahahaahahahaahahahahahahahahahaahahaahaha

Alida ·

Die tannie laat mens baie aan ou Mugabe dink. Nie lekker by nie.

Denise ·

Of dit nou n vrou is of man ek sien net ARMOEDE, GEWELD, MOORD en n land wat net nog meer AGTERUIT GAAN ?????

Jacky ·

Ons arme arme land. Maar deesdae so gewoond aan skokke hy sal nog ń paar ook kan hanteer. My eie mening, asb net nie nog ń Zuma kandidaat nie.

christa ·

Ag nee net nie weer n Zuma nie verder agter uit gaan van letterlik alles Nou Ciryl jy kan dit mos doen.

Alida ·

Die tyd is ryp vir Zuma om vrywillig te bedank of die Regering moet hom afdank anders gaan hy dieselfde pad loop as sy sinniele ou maatjie. Kyk net na sy onverantwoordelike aanstellings !!!! Wat se ondervinding het Brian Molefe nogal?

Alida ·

Ek sien die MK veterane het JZ gevra om te bedank. Hy sal nie. Hulle moes dit lankal gedoen het toe die 783 klagtes een vir een uitgekom het. Dit is nou te laat. Hy sal klou.

A Oosthuizen ·

Ons het n president nodig na wie ons kan opkyk, ‘n leier van formaat. SA is veronderstel om n demokrasie te wees…. laat die mense stem. Sat vir ruggraatlose self verrykende leiers wat niks voel vir die misdaad en sistematiese uitwissing van “minorities” wat in werklosheid en armoede verstik !!!! in die land !!!!!!!!!! Sat sat sat!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.