Dis nou makliker, goedkoper om krag op te wek

Een van die stappe wat aangekondig is, is die bepaling van ʼn toevoertarief wat prakties beteken verbruikers sal die koste van hul sonpanele minstens gedeeltelik kan begin verhaal. (Argieffoto)

Suid-Afrikaners behoort nou met ʼn meer geruste hart sonpanele op hul dakke te begin uitpak.

Dít nadat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand verskeie hervormings aangekondig het in ʼn poging om die land se voortslepende kragprobleme te takel.

Een van die stappe wat aangekondig is, is die bepaling van ʼn toevoertarief wat prakties beteken verbruikers sal die koste van hul sonpanele minstens gedeeltelik kan begin verhaal. Die stap moet ook dien as aanmoediging vir kommersiële en residensiële opwekking.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê op die lang duur gaan ʼn klomp kommersiële opwekkingsprojekte nou finansieel veel meer vatbaar weens danksy die planne wat Ramaphosa aangekondig het.

Ramaphosa het in Junie verlede jaar aangekondig dat die drumpel vir opwekking van 1 MW tot 100 MW verhoog word. Net ʼn permit, nie ʼn lisensie nie, was hiervoor nodig. Die lisensiëringsvereiste vir opwekking is nou heeltemal geskrap wat beteken net registrasie is nodig voordat jy soveel krag kan opwek as wat jy wil of kan. En enigiemand kan dit teoreties doen.

Mulder sê as – en dit is ʼn baie groot as – die regering doen wat hy sê hy gaan doen, behoort beurtkrag binne ʼn jaar reeds veel minder te wees. Binne twee jaar kan dit selfs iets van die verlede wees. Die regering is egter berug daarvoor dat hy planne aankondig wat hy nie deurvoer nie of wat uit die staanspoor nie prakties haalbaar is nie.

“Ons is bekommerd oor die implementering van die plan, maar as dit reg gedoen word, kan ons die beurtkragprobleem uitsorteer.”

Die DA het dieselfde kommer te kenne gegee en gaan die speaker van die parlement vra om ʼn ad hoc-komitee op die been te bring wat uitkomste kan monitor.

As deel van die plan het Ramaphosa ʼn nasionale energiekrisiskomitee (NECOM) aangestel om te verseker alle planne word op ʼn gekoördineerde manier ingestel.

Mulder bestempel die aanwys van die komitee as ʼn klap in die gesig van Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. Dit is Mantashe se werk om die energieomgewing stabiel te hou, maar dit word nou in die kantoor van die presidensie gesetel waar Ramaphosa self ʼn oog daaroor kan hou.

Die skep van die krisiskomitee is volgens Mulder ʼn aanduiding dat die president nie sy kabinet vertrou nie, en spesifiek nie vir Mantashe nie. Mantashe is nietemin deel van die krisiskomitee, met die direkteur-generaal in die presidensie as die voorsitter.

Met die aankondiging staan die regering minstens effens uit die pad vir die private sektor om beleggings in infrastruktuur en energie te doen, meen Mulder. Dit gee ook meer energieonafhanklikheid vir Jan Alleman wat toenemend self krag wil opwek.

Verwag weerstand

Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep, sê Eskom is reeds op die pad na privatisering. Volgens hom het die regering die kragvoorsiener stelselmatig tot in die grond in bestuur en dat privatisering die enige manier vorentoe is.

Roodt sê die skade by Eskom is reeds gedoen en as alles nou volgens plan verloop, gaan dit waarskynlik nog sowat tien jaar duur om die probleem heeltemal op te los.

Hy waarsku egter dat die proses nie sonder teenstand gaan verloop nie.

Mulder stem saam.

“Daar is gevestigde belange wat enorme weerstand kan veroorsaak, maar die koeël is deur die kerk. Die president se aankondiging wys die regering is onder soveel druk dat hy nie nou sommer sal kan terugkrabbel nie.

“As hulle jou nou byvoorbeeld ʼn R900-tarief wil vra omdat jy sonkrag opwek, gaan mense woedend wees. Daar gaan weerstand wees.

“Mense is regtig, regtig gatvol. Beurtkrag is iets wat jou baie direk raak en dit is hoekom beurtkrag ook ʼn emosionele ding is. Dit meng direk in met jou lewe. As jy die opsie gegee word om ʼn probleem te pak wat jou op ʼn diep persoonlike vlak raak en dit is boonop finansieel moontlik, gaan mense die aanbod aanvaar,” sê Mulder.

“Hier is ook ʼn enorme vraag-aanbod-diskrepansie wat ʼn groot geleentheid vir entrepreneurs bied. Dit is ʼn baie goeie kommersiële geleentheid om in energie in Suid-Afrika te belê. Daar is ʼn tekort, mense wíl krag koop.”

Mulder sê daar is nou groot druk op die regering en dit moet volgehou word. Dit is egter belangrik dat mense hul verwagtinge bestuur.

“Die regering gaan probeer om nie te doen wat hy sê nie, maar as ons genoeg druk kan plaas kan ons die regering dwing om net uit die pad te kom sodat ons self die res kan doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Miskruier ·

Ek hoop die sonpanele is hittebestand. Die in Engeland is blykbaar nie.

VaalDonkie ·

Natuurlik is dit. Die goed word gemaak van getemperde glas en silikoon. Soos daai glasketels, en jou rekenaar wat teen 99 grade C hardloop. Ek sou nie daaroor worry nie.

Miena ·

haha jy meen hier is groot marrakkas oppad en die hitte mag dalk die hoogte in skiet?

Hendrik ·

En hier kom die nuutste nuus vanuit die anc kringe – elke landsburger gaan R 1 000 000 ontvang om van sy skulde ontslae te raak. Hehehe!!!

Karel Kobus Kruger ·

En ou frikkie se wigte en teenwigte het uiteindelik ingeskop. :):):)

Nommer 7 ·

Staatskaping is gelyk aan R60 miljoen vir elke landsburger.

Barney ·

Ek verstaan nie lekker nie – aan die een kant wil hulle die mense aanmoedig om sonpanele op te sit en aan die ander kant wil hulle hê jy moet ‘n R938 tarief betaal as jy dit doen.

Wondermaarnet ·

Soos in alle sektore is dit weer dubbel standaarde van die ANC.

Manie ·

Maak net seker dat jyself maandeliks die mislikepaliteit betaal en dit nie per debietorder afgaan nie, so bly jy in beheer en betaal slegs vir dit wat jy ontvang. Sodra jy totaal en al onafhanklik is, kan hulle maar op en af spring so veel as wat hulle wil. Ek weier volstrek om weer aan iemand anders te betaal vir iets waarvoor ek reeds self betaal het.

007 ·

Dis nie waar nie. André de Ruiter het gesê dis net n vals rumour wat deur Mantashe se cronies verspei is.

AJ ·

Laat die privaat kragopwekking tsunami die anc kommuniste platvee!

Doen jou eie ding!

Wondermaarnet ·

Dit is wat hulle nou sê en oor ‘n paar jaar word almal beboet/belas of spesiale heffings tree in omdat hul sonpanele het.

Surfer ·

Stem saam, want ons het nie n mening in hierdie land nie…………….kommuniste!

Charlie Brown ·

Ek wil graag sien hoe gaan hulle bepaal wie het sonpanele of nie – hulle het reeds nie genoeg mannekrag nie.

Maritza ·

Ek koop ‘n R1000 krag per maand. So wat gaan dit my nou help? Hulle wil ons daai R900 vra sodat hulle die buitensporige salarisse kan betaal vir de Ruiter en kie

Hendrik ·

Hierdie besluitnemings ooreenkomste sal moet die fynste besonderhede moet bevat. Geen moontlikheid vir dubbelsinnige vertolkings nie want neem kennis wat gebeur steeds met die grondwet wat gereken was as die beste ter wereld.

Jaco ·

Is die rol van BEE en regstellende aksie met dié privaat kragopwekking al uitgeklaar? Ek weet dis ‘n ongemaklike ding, maar onthou net, dié 2 rassistiese goed loop al ‘n LANG pad in SA. Maak seker voor reusagtige uitgawe en hoë verwagtinge wat dan later alles in ontnugtering en teleurstelling in duie stort. In dié simpel anti-wit SA moet wit mense maar net eers seker maak. Dinge werk mos anders hier, met 2 stelle reëls. Vreemd dat ‘n party wat nogal ‘n gewapende stryd teen apartheid gehad het, self so baie apartheid en rassisme toepas…

Samuel ·

Is ons mense so naïef om die regering enigsins ernstig op te neem?

007 ·

Ons sit al 9 jaar krag in die netwerk in. As ons n negatiewe lesing het einde van die maand betaal ons daarvoor asof ons n positiewe lesing het. Nou moet ons elke maand n paar dae voor die tyd al die aircons in ons huis aansit om sodoende die oortollige elektrisiteit op te gebruik anders betaal ons vir dit. Die munisipaliteit word betaal dan verkoop hulle dit weer aan iemand anders. Klink vir my baie regverdig!

ES ·

Die groot probleem is die enorme koste van sonpanele en batterye… nie elke lansburger kan dit bekostig nie.

Kirst ·

Voor julle uithardloop en ‘n sonkragstelsel laat installeer, doen asseblief net julle huiswerk ordentlik. Die installeerders maak net geld as hulle intallasies doen. Hulle sal dus maklik ‘n generiese stelsel aan jou verkoop en jou oortuig dit gaan jou verbruik halveer of selfs met meer verminder. Jy wil nie nadat jy R150 000 uitgegee het uitvind jy betaal steeds R1 500 ‘n maand vir elektrisiteit nie. Wees ook versigtig met jou dak vol panele pak. Die goed is swaar, en jou dak kan moontlik nie die ekstra gewig dra nie. Doen dus asseblief ordentlik navorsing, en moenie ‘n kat in die sak koop nie. Maak ook seker dat die installeerder ‘n PV Green Card het. Gaan Google maar net waaroor dit gaan.

Miena ·

oh wow – dankie vir die!! Nooit gedink eers aan die gewig op die dak nie.

Sê maar net ·

Baie dankie vir jou goeie raad. Ek huur kamers in ‘n meenthuis waar die eienaar se dak alreeds toegepak is met sonpanele. Hy het ook een van daai stelsels in wat veronderstel is om die kragrekening te halveer. Die swaar implemente soos stoof en tuimeldroër skop egter die krag heeltyd uit. Die maatskappy wat die instellasie doen, was seker al 5x hier om die probleem te probeer uitsorteer. Die eienaar belê ook in meer en groter batterye, maar sy kragrekening lyk maar dieselfde….ons gebruik elkeen die tuimeldroër slegs eenkeer per week en is 3 mense in die huis. Nou wonder ek net, was die panele die moeite werd? Dit kos hom reeds ‘n fortuin…..Met beurtkrag moet ons maar steeds gas gebruik om te kook en die wifi gaan ook af. Die yskaste skop dan soms uit en soms nie.

Swerwer ·

Ja nee pak daardie panele , die kommunis sit en wag om dit te privatiseer!

Waarnemer ·

Squirrel vertrou nie sy kabimet nie maar is squirrel te vertrou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.