‘Dis óf ek óf stabiliteit’ – Williams

Randall Williams (Foto: DA)

Randall Williams wou nie hê die politieke onstabiliteit wat in Johannesburg en Ekurhuleni heers moes na Tshwane oorspoel nie. Hy het daarom besluit om eerder sy bedanking as burgemeester van Tshwane in te dien.

Williams het Maandagoggend gesê een van sy kerndoelwitte as burgemeester was nog altyd om die stabiliteit van die veelparty-koalisie in Tshwane te verseker.

“Ek bedank vandag omdat ek glo dit is in die beste belang vir die voortgesette stabiliteit van die koalisie in die stad,” het hy verduidelik.

Williams se bedanking volg weke nadat ʼn verslag van die ouditeur-generaal (OG), waarin ʼn negatiewe bevinding oor die stand van die Tshwane-metroraad se finansies gemaak word, uitgelek het.

ʼn Negatiewe bevinding beteken die instelling se finansiële state bevat wesenlike wanvoorstellings wat nie tot spesifieke bedrae beperk is nie, of dat wanvoorstellings ʼn wesenlike gedeelte van die finansiële state verteenwoordig.

Williams het intussen onderneem dat daar ʼn behoorlike ondersoek na die verslag se bevindings gedoen sal word. Samwu, die vakbond vir munisipale werkers, in Tshwane hou Williams verantwoordelik.

John Steenhuisen, federale leier van die DA, sê egter nou Williams het as burgemeester die metro se finansies gestabiliseer in die nasleep van die ANC se wanbestuur wat die stad eindelik met ʼn tekort van R4 miljard gelaat het.

Steenhuisen sê Williams en sy span het hard daaraan gewerk om dienslewering in die stad te prioritiseer en voortgesette finansiële stabiliteit te verseker.

“Die uitdagings het soms onoorkomelik gelyk, maar hy het nooit sy hande van die wiel afgehaal nie,” sê Steenhuisen oor Williams.

Solly Msimanga, Gautengse leier van die DA, het op sy beurt vanoggend gesê Williams het die inwoners van Tshwane se behoeftes eerste gestel in ʼn dikwels onstuimige politieke omgewing. “Die feit dat hy bereid is om terug te staan om stabiliteit in die metro te verseker spreek boekdele van sy toewyding aan die inwoners sowel as die politieke proses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christo ·

Jy Randall Williams, het weereens bewys hoeveel onbevoegde menere orals aangestel word

Koos 100 ·

So as jy moet bedank om stabiliteit te verseker, dan is jy mos nou die ou wat die metro onstabiel maak? Gaan jy oor 3 maande by ‘n ander party aansluit?

Elméne ·

Dit is nou presies my vraag. Hoekom wil hy bedank om “stabileit” te verseker?? Dit klink mos nou na pot strooi – of is hy te slapg.. om sy man te staan en die werk te doen waarvoor hy aangestel is?? Vir my bewys dit net maar weereens hoe “onbevoegd” van hierdie mense in “hoë poste” is! En dit nogals vanuit die DA??? Laat mens ook maar net wonder.

PersHeks ·

Toe dit nou regtig begin warm word, toe besluit jy om maar te hardloop…..jy het gefaal!!!!!

Gert ·

Maak die hoof opskrif regtig sin met betrekking tot die inhoud?

Martie Smartie ·

Dankie vader tog, fire sommer ook n paar DA raadslede, insluitend Casper McDonald

Francois ·

Janee so crumble die DA se kaarte. En kaapstad is volgende. Our people kom nou orals in en DA gee net als oor

Chris dupreez ·

En nog steeds weet ons nie wie is verantwoordelik vir die onregmatige bestedings van miljarde Rande

annie ·

En Steenhuisen het seker uit die veiligheid van sy steenhuisie doer onder in die Kaap repliek gelewer? So gaan dit deesdae in elke groot stat in die noorde. Almal wat nie ANC ondersteun nie sit net vir die eerste maand so aan en af in die burgemeesterstoel en dan kry iemand anders weer die onstabiele ketting totdat die rooi wurms begin krioel en die munisipale gort is weer eens gaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.