Dis patrioties om SAL te sluit – DA

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Dit sal patrioties en regverdig wees teenoor Suid-Afrika se meerderheid armoedige burgers om die Suid-Afrikaanse Lugdiens te sluit, het die Demokratiese Alliansie Woensdag gesê.

Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, het tydens die debat oor die nasionale tesourie se mediumtermynbegrotingsbeleid negatief reageer op Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se pleidooi dat burgers met SAL moet vlieg om die lugdiens te help.

“Nie ʼn enkele verdere sent van staatsgeld, of ʼn waarborg wat deur staatsgeld ondersteun word, moet verder aan die SAL spandeer word nie. Minister Gordhan sê alle Suid-Afrikaners moet die SAL ondersteun. Dit is ʼn teken dat die minister selfs nou, ná R20 miljard se reddingsboeie die afgelope paar jaar, homself nog steeds nie kan losmaak van sy ideologie nie – maak nie saak wat dit die armes kos nie,” het hy gesê.

“Nee, nee, nee, minister. Die mees patriotiese ding wat Suid-Afrikaners kan doen is om te help om die SAL te sluit. Die publiek kan die SAL binne ʼn paar dae sy deure laat toemaak, deur eenvoudig te weier om met die lugdiens te vlieg. Dan kan die lugdiens verkoop word.”

SAL het reeds R57 miljard se reddingsboeie ontvang, maar het hierdie week volgehou dat hy ʼn bevestiging moet ontvang van verdere staatsgeld.

Die raad van SAL het gesê hulle is gehul in onsekerheid – en dus ook voornemende leners, omdat die regering teenstrydige uitsprake maak oor die onderwerp. Die raad het vermoedelik verwys na spanning tussen Gordhan se standpunt en minister van finansies Tito Mboweni wat gesê het as dit sy keuse was, sou hy die SAL sluit.

Hill-Lewis ondersteun Mboweni se standpunt. “Die minister van finansies is een wat duidelik die waarheid sien en baie duidelik sê wat gedoen moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael P ·

Hy wil he ons moet die staat se lugdiens ondersteun maar die staat ondersteun nie vir ons nie Ek praat van veiligheid ook.

Johan van Helsdingen ·

Ek stem saam, verkoop die SAL want dit sal die enigste manier wees om die getal werknemers weer in lyn te bring met die persentasie werknemers per vliegtuig wat nodig is om die lugredery winsgewend te bedryf

Vranet? ·

My vriend. Wie koop ‘n besigheid wat so diep in die skuld is? Wat se bates is daar om te koop? Hoeveel vliegtuie besit die SAL en hoeveel word gehuur? Is die wat hy besit klaar betaal? Ek voel jammer vir die pligsgetrou werkers, maar daar is ongelukkig ook duisende onbevoegde kaders wat aangestel is. Die staat moet die omgewing skep vir privaat maatskappye om werk te skep. Natuurlik sal die vakbonde en partye soos die EFF daarteen beswaar maak, want hulle lede is die bevoordeeldes terwyl duisende gewone Suid-Afrikaners onder kader ontplooiing, BBBEEEE, ANC beleid en Zumaniste se stroping van staatsgeld, ly. Maak toe en gee iemand met besigheidsbeginsels die geleentheid om die sukkelende Staatsondernemings oor te neem. As dit kan gebeur, sal daar weer vertroue in die land wees en werk sal geskep word.

Chris Ws ·

Maak SAL se deure toe.Lojale werkers moet gehelp word om elders werk te kry.Sick lame and lazies kan maar by die huis gaan sit en verder staak.Maar om NOG geld vir SAL wat sink te bewillig is teen produktief.Bewillig geld vir skeidings pakette ja.

Hb ·

Blah blah blah blah. SAA sal maar net so aangaan soos nou virewig soos al die ander instansies.. Julle mors julle asem. Aanvaar dit nou tog

Helga ·

Daar sink nog n skip, wat eens n trots van die ou Suid Afrika was.

Pieter ·

Snaaks dit is die einste gordhan wat lings en regs ons belasting geld uit gedeel het vir S.A.L en ESKOM ons dom belasting betalers finansier die korrupte ANC regering dit is hoekom dit nooit gaan stop nie

Cherokee ·

Waar’s die mense nòu wat dikwels Pravin Gordhan wil ophemel tot president.

Jacobus Krynauw ·

Ek stem saam daarmee dat dit die regte ding sal wees om die Lugdiens te sluit. Net so die ander organisasies wat net geld kos. Waar bring dit ons dan? By die dae van die VOC? Ek sien eerder daarvoor kans.

Sarel ·

Ek dink aan die Personeel wat daar werk. Gewone mense wat nie verantwoordelik is of was vir due swak bestuur van die SAL nie. Mense met gesinne , Huisverbande ens. Slegs die wat al die Trauma beleef het om so jou werk en inkomste te verloor sal weet waarvan ek praat. Maklik sluit die SAL slegs personeel op grondvlak sal prys betaal. Dink adb.

barend v d westhuizen ·

wel die regering sal dit nie sluit nie ek sal se hulle moet die helle top bestuur af dank gee oor aan privaat sektor om te bestuur en gee hulle die mag om te doen wat nodg is om dit te ret en die staat hou hulle uit die besluit naming

HC ·

Ag, Lewenslank SAL!!!
en Lewenslank ESKOM!!!
Dit sal nooit toemaak nie.

Susna ·

Maak maar die deure toe. My broer en van sy kollegas is so 3 jaar gelede sommer sonder waarskuwing by n myn maatskappy in die Noord Kaap agv hulle velkleur na jare se diens aangese om maar op vroee pensioen te gaan op 42 jarige ouderdom. Hulle is vandag almal beteraf as toe hulle daar was. Die wat wil en glo sal weer op die been kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.