Dís tans SA se beste selfoonnetwerk

slimfoon-selfoon-instagram-rekenaar-skerm

(Foto: Erik Lucatero/Unsplash)

MyBroadband het pas Suid-Afrika se beste selfoonnetwerk vir die eerste kwartaal aangewys – en MTN het met die louere weggestap.

Die Selfoonnetwerkgehalteverslag is gegrond op 310 868 spoedtoetse wat duisende gebruikers tussen 1 Januarie en 31 Maart vanjaar gedoen het.

Die navorsing het bevind Suid-Afrika se gemiddelde aflaaispoed is 25,57 Mbps en die gemiddelde oplaaispoed is 9,07 Mbps.

MTN het op 43,47 Mbps die vinnigste gemiddelde aflaaispoed, gevolg deur Vodacom op 29,79 Mbps, Telkom op 19,11 Mbps, Cell C op 17,52 Mbps en Rain op 15,20 Mbps.

Om die beste selfoonnetwerk te bepaal, is ʼn punt vir elke netwerk gegee wat aflaaispoed, oplaaispoed en latentheid gemeet het.

Die punt uit tien wys dan hoe die netwerk in vergelyking met ander netwerke gevaar het.

MTN het koning gekraai.

Gehalte van selfoonnetwerk
Netwerkverskaffer:Gehaltetelling (/10)
MTN9,69
Vodacom7,13
Rain5,51
Cell C5,00
Telkom4,61

Die opname bepaal ook watter netwerke die beste in groot stede vaar. MTN was die beste in Kaapstad, Durban, Johannesburg én die Tshwane-metrogebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Lyk my 5G (Rain) is toe nie so vinnig as wat hulle sê nie.

DieKriek ·

O nè, MTN is die netwerk waar daar die afgelope 18 maande amper geen sein in ons gebied is nie. Hulle was op n tyd die beste maar hulle weier om iets aan die toring te doen. So nee, MTN moet maar gaan vlieg

Leon ·

MTN is net die beste in die paar plekke waar hulle sein het. Langs die N3 Durban toe het ons geving met ons reise is daar so 60% dekking. Vodacom het al die pad dekking tussen Johannesburg en Durban. Volgens my kriteria is Vodacom die beste want jy kry hom orals. Spoed is nie altyd die beste. Kan jy hom kry tel baaaaaie meer as hoe vinnig jy kan aflaai. Dit is soms meer belangrik om te kan aflaai as om die vinnigste netwerk te hê en ek het geen sein nie.
Jammer Broadband, julle het die kat aan die verkeerde stert beet.
Rain is hopeloos pateties. Hulle toring is presies 270 meter van my huis af en ek het zero sein. Hulle is ‘n groot grap.

Marina ·

En Vodacom is tweede? Dit gaan my verstand tebowe as jy kyk hoe vinnig raak ‘n mens se data klaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.