Dís Tshwane se tussentydse burgemeester

Abel Tau, Thswane se tussentydse burgemeester. (Foto: Verskaf)

Die DA het ʼn tussentydse burgemeester vir Tshwane aangewys om waar te neem in die plek van Stevens Mokgalapa.

Abel Tau is Donderdag as tussentydse burgemeester aangewys, nadat Mokgalapa Dinsdag op spesiale verlof geplaas is.

Dit volg nadat ʼn storm losgebars het oor sy beweerde seksuele eskapades met die burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, Sheila Senkubuge.

ʼn Klankgreep van die twee se beweerde gekafoefel is Sondag wyd op sosiale media versprei. Dit is glo onwettig met behulp van ʼn meeluister-apparaat in Senkubuge se kantoor gemaak. In ʼn verklaring sê die DA Mokgalapa het opsygestaan om die DA toe te laat om sy ondersoek na die gebeure af te handel.

Tau dien sedert Maart vanjaar op die burgemeesterskomitee vir dienste. “Tesame met die res van sy span sal Tau voortgaan om effektiewe basiese dienste aan die inwoners van Tshwane te verskaf,” het die party gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

“hulle sal voortgaan om basiese dienste te lewer” Wat ‘n grap. Ek sukkel al ses maande om twee straatligte te laat herstel. Self e-posse na die burgermeester se kantoor bly on beantwoord.

Hannetjie ·

Julle wat so kla oor paaie en straatligte. Gaan kyk hoe lyk Brits se paaie. n 4X4 sukkel om daar te ry. En hulle water uit krane is ondrinkbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.