Dís waarom skole nie Maandag kon oopmaak – minister

(Foto: Unsplash)

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het self erken dat die uitstel van skole se heropening weens die departement se eie swak beplanning was en dat dit grootskaalse verwarring onder skoolhoofde en leerders veroorsaak het.

Dié departement het Sondagaand, ure voordat skole vir gr. 7- en gr. 12-leerders moes heropen, aangekondig dat skole nié soos beplan op Maandag sou heropen nie. Skole sal nou na verwagting eerskomende Maandag, 8 Junie, oopmaak. Dié besluit, sê die minister, is geneem op grond van verslae wat die minister Saterdag vanaf verskeie rolspelers ontvang het. Dié verslae het gewys dat baie skole nog nie al die veiligheid- en gesondheidsmaatreëls ingestel het om te verseker dat leerders en onderwysers skole kan oopmaak nie.

“Sommige skole het nog nie water of veiligheidstoerusting ontvang nie en ander het dit eers oor die naweek ontvang. Ander skole moes al hul tyd daaraan bestee om die kurrikulum en rooster te verander en kon nie uitkom by praktiese implementering van maatreëls soos sosiale afstande nie. As ons beter beplan het, sou ons gereël het dat ondersteunende personeel vroeër na skole gestuur is om dié reëlings te behartig.”

Een van die verslae wat Saterdag aan die departement oorhandig is, wys dat verskaffers in sommige gevalle ʼn tekort aan voorraad vir beskermende toerusting soos gesigmakers gehad het. “Sommige verskaffers kon eenvoudig nie genoeg goedere betyds lewer nie, wat die proses vertraag het,” lui die verslag.

Motshekga sê dit is ook nodig vir skole om hulself te herorganiseer, omdat die kurrikulum aangepas is en omdat meer onderwysers nou per graad nodig is omdat minder leerders per klas toegelaat word.

Die minister sê op grond van hierdie uitdagings het die departement besluit om die volgende week te gebruik en die probleme uit die weg te ruim ten einde te verseker dat skole op 8 Junie kan oopmaak.

Motshekga sê sy weet die besluit is baie laat geneem en dat skoolhoofde Sondagaand nog nie bewus van die besluit om die heropening van skole uit te stel nie. “Ons is ook bewus van talle leerders wat reeds oor die naweek na skole in ander provinsies begin reis het en moes dié probleme ook Sondag hanteer.”

Motshekga sê die departement gaan alles moontlik doen om te verseker dat skole wel op 8 Junie kan oopmaak. “Arm leerders gaan die ergste getref word indien ons die heropening van skole langer uitstel, omdat baie leerders nie tuis kan leer nie en dus al verder agterraak,” sê Motshekga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Joggie ·

Ons weet die eintlikke rede is dat die ANC onderwysers eerder ‘n langer vakansie wil hê!

SomeOne ·

indien die minister en haar gades vroeer hul voete geroer het en nie gesleep het nie, sou alles in plek en betyds reg gewees het

Realis Thailand ·

Sy en haar anc medelede is te dik in die kop om iets te kan doen soos n bevoegde mens

JohanR ·

….and the circus goes round and round, round and round! Moes die een nie permissie by kopdoek kry nie om skole weer te heropen, soe dit is weereens kopdoek se skuld sekerlik? Ou Angie daar in die Wes-Kaap werk die skool kinders al van vanmore af. Hulle was reg vandag. Julle moet bietjie daar gaan aanklop en leer hoe om ‘n land en ‘n provinsie te bestuur.

Willem ·

Dis waar Joggie dis die simpel sadtu en sy makkers wat te lui is om te werk. Wat het hulle gedoen toe die Wes Kaapse onderwysers vir die laaste 5 weke moes voorberei. Nou het hul nog n week gekry dit sal ook nie genoeg wees nie want n mens kort bietjie verstand om dit te doen

Dirk ·

En julle dink regtig dat alles gaan reg wees die 8ste Junie,kom by,dit gaan dieselfde bly..

Wonder net ·

Wat ek nou nie oan kleinkry nie is hulle het mos nou 66 dae vanaf begin van lockdown gehad om skile gereed te kry! Hoekom skarrel almal nou in die laaste 2 weke.

Charmain ·

Wat was die uiteindelike besluit toe gewees? Gaan al die grade Maandag terug? Ek het na n uur se geteem opgegee, sy was toe nog besig om al die dignitaries te verwelkom, te verduidelik hoe hard sy gewerk het om met almal te konsulteer blah blah blah en nog steeds geen datums gegee mie

Pieter ·

Na vyf en twintig jaar is daar skole wat nog nie water het nie. Julle ANC regering is een groot grap

Realis Thailand ·

Omdat die anc soos alles wat hulle doen n gemors daaarvan gemaak het
Waarom het die skool van my kleinkinders geopen in die Wes Kaap

Elméne ·

Vader wat die ongeluk sal hulle NOG uitdink om hul “incompetence” te verdoesel????? Water probleme in Evander bestaan nou al vir die agelope paar JAAR – en WAAROM – GEEN ONDERHOUD op infrastruktuur!!! Arme Corona, jy word nou “culpret” na Jan v Riebeeck en apartheid!!! Shame wanneer gaan die small brain incompetence van die cANCer regering ‘n slag pa-staan vir die gemors waarin on land is?????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.