Dís wanneer kleuters, res van leerders terugkeer skool toe

Angie Motshekga. Foto: Jacques Naude/ANA

Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het in Vrydag se Staatskoerant datums bekend gemaak vir wanneer die res van alle leerders sal kan terugkeer skool toe. Daar is ook eindelik ’n datum bevestig oor wanneer sentrums vir vroeë kinderontwikkeling mag oopmaak.

Volgens Motshekga mag sentrums vir vroeë kinderontwikkeling op 6 Julie heropen. Dié sentrums sluit in kleuterskole, crèches en dagsorgsentrums.

Leerders in gr. R, 3, 6, 10 en gr. 11 sal ook op 6 Julie kan terugkeer skool toe. Dít geld ook vir leerders in gr. R, 1, 2, 3 en gr. 6 van skole vir verstandelik erg gestremde leerders.

Leerders in gr. 4, 5, 8 en gr. 9 asook leerders in gr. 4 en gr. 5 van skole vir verstandelik erg gestremde leerders sal op 3 Augustus kan terugkeer skool toe.

Datums vir gr. 1 en gr. 2 is egter nog nie bekend gemaak nie.

Volgens Motshekga bly alle bedrywighede soos sport of koor opgeskort te midde van die Covid-19-pandemie.

(Argieffoto: Leonie Bezuidenhout)

Ouers wat verkies om liefs nie hul kind terug te stuur skool toe nie uit vrees dat die kind aan Covid-19 blootgestel gaan word, moet by die hoof van die departement aansoek doen, het die minister gesê. Die onus sal egter dan op die ouer lê om die kind tuis te onderrig.

Motshekga het gesê die Mei/Junie 2020-eksamen vir kandidate wat geregistreer is vir die Nasionale Senior Sertifikaat sal na verwagting in November en Desember vanjaar afgelê word.

Maroela Media het vroeër berig gr. 7- en gr. 12-leerders landwyd is veronderstel om Maandag weer terug op die skoolbanke te wees. Die Noord-Kaap het egter reeds aangedui dat leerders in dié provinsie eers ʼn week later gaan aanmeld.

Altesaam agt onderwysvakbonde en organisasies wat skoolbeheerliggame verteenwoordig, het intussen gesê skole is allermins gereed om te heropen.

Die organisasies het Donderdag vergader om skole se gereedheid om Maandag te heropen, te bespreek. Hulle het eenparig tot die slotsom gekom dat skole nié te midde van die Covid-19-pandemie gereed is om te heropen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Agge nee ·

Dit is nie heeltemal waar nie. Die’hónerrebil ‘ minister het ‘n gazette gepubliseer sonder om agter te kom dat sy graadc1&2 uitgelaat het. Daar is tot ‘n datum vir graad R,. Onbeholpe spul.

Warrior ·

Daar is ook nie n Graad 6 by verstandelik en fisiese gestremde skole nie. Sys pateties. Weet nie eers wat in die onderwys aangaan nie.

Ronel ·

6 Julie. maar oor die res is jy reg. Dis ‘n joke hierdie.

Sharnelle ·

So baie kinders mag teruggaan skooltoe volgens die datums, maar kerke mag nie meer as 50 mense vat nie en Restaurante en haarsalonne mag ook nie oopmaak nie. Maar ons moet orals social distance handhaaf, maar binne winkels self loop mense minder as 1.5m verby mekaar om kruideniers te koop.

Willem ·

Ek lees op news 24 sy se die onderwyser wat nie wil kom werk nie ,dis goed want daar is baie jong onderwysers wat gretig is om skool te hou. Nou die belangrike sy se no work no pay

Michael 1 ·

Onder normale omstandighede is politieke lede nie baie betroubaar nie in Suid afrika het hulle die kuns vervolmaak om nooit die waarheid te praat of die regte feite te hê nie.

Wonder ·

Ek sien hulle begin weer om te sê dat die kinders wat nie terug gaan skool toe nie moet homeschool, hulle kan vergeet my kinders gaan vir 2 weke wanneer Gr4 en Gr9 terug skool toe nie hulle vragies en koorsvat se my niks…

marius ·

En hoe gaan kinders dan in die klasse sit ? Soos sardientjies ? Hou net op met brabbel !

Daizee ·

Kan énige iemand nou net vir my verduidelik wie na ons personeel se kleintjies gaan kyk wanneer ons volgende week uitéindelik kan begin werk?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.