Dís wat Covid-19 mediese fondse kos

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Hush Naidoo/Unsplash)

Een van Suid-Afrika se grootste mediesefonds-skemas verwag om oor die volgende 18 maande tussen R7,3 miljard and R31 miljard meer in eise uit te betaal weens die Covid-19-pandemie. Mediese fondse voorsien dat ongeveer 20% van hul lede in ’n hospitaal vir Covid-19 behandel sal moet word, teen ’n gemiddelde koste van R84 708.

Navorsing toon boonop dat die koste verbonde aan die behandeling van ’n pasiënt in ’n hospitaal se waakeenheid tot November die privaat en openbare sektor se grootste uitgawe tydens die behandeling van Covid-19-pasiënte gaan wees.

Dr. Ryan Noach, uitvoerende hoof van Discovery Health, verduidelik dat Discovery Health die administrateur en sorgverskaffer van 19 mediesefonds-skemas is en tans sowat 3,5 miljoen lewens in Suid-Afrika verteenwoordig.

Volgens Noach het altesaam 1 733 lede van hierdie mediese skemas teen 18 Mei positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Teen dié tyd het Discovery Health 37 sterftes weens Covid-19 aangemeld. Noach verduidelik dat die gemiddelde koste van hospitaalbehandeling weens Covid-19 tot R84 708 per pasiënt kan beloop. Die werklike koste sal natuurlik wissel na gelang van die erns van die pasiënt se toestand.

Volgens Noach is 412 van Discovery Health se lede in ’n hospitaal opgeneem weens Covid-19 teen die gemiddelde koste van ’n algemene saal wat R37 091 per pasiënt beloop.

Altesaam 79 van sy lede is in ’n waakeenheid opgeneem waarvan die gemiddelde koste R169 525 beloop. Altesaam 39 van sy lede is in ’n stadium aan ’n ventilator gekoppel teen die gemiddelde koste van R340 737 per pasiënt.

Mediesefonds-skemas sal dus vir die res van 2020 en die eerste helfte van 2021 ’n ekstra koste van tussen R816 en R3 561 per begunstigde beloop.

Die mediese fonds Bonitas verteenwoordig op sy beurt meer as 700 000 lewens. Dit is ongeveer 8% van Suid-Afrikaners wat tans aan ’n mediese fonds behoort en 1,2% van die nasionale bevolking.

Teen 20 Mei is sowat 10 000 van Bonitas se lede reeds vir Covid-19 getoets en het 282 positief getoets. Altesaam 120 van sy lede is teen dié tyd weens Covid-19 in ’n hospitaal opgeneem, van wie 32 reeds herstel het. Sestien van Bonitas se lede het in dié stadium reeds weens Covid-19 omgekom.

Volgens Lee Callakoppen, hoofbeampte van Bonitas, het die mediese fonds se aktuariële span beraam dat ongeveer 30% of 215 851 van sy lede die risiko loop om Covid-19 op te doen, gebaseer op onderliggende siektetoestande.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Hush Naidoo/Unsplash)

Luidens Bonitas se projeksies sal 20% van sy lede wat die nuwe koronavirus opdoen moontlik in ’n hospitaal opgeneem word.  Altesaam 5% van dié lede sal waarskynlik behandeling in ’n waakeenheid benodig.

Volgens Callakoppen kan ’n Covid-19-pasiënt tot ses dae in ’n gewone saal behandel word. Pasiënte wat in ’n ernstiger toestand verkeer, kan sowat agt dae in hoësorg en 15 dae in ’n waakeenheid behandel moet word.

Covid-19 het dus ’n groot finansiële invloed op Bonitas se voorsiening van gesondheidsorgvoordele aan sy lede, verduidelik Callakoppen. “Die konserwatiewe finansiële uitwerking op Bonitas kan moontlik meer as R450 miljoen beloop, benewens die koste vir jaarlikse eise wat R15 miljard beloop.”

Volgens Callakoppen moet daar wel in gedagte gehou word dat niedringende chirurgie te midde van die pandemie gekanselleer word en dat lede wat sodanige chirurgie sou ondergaan, nie nou opgeneem sal word nie en dus nie nou gaan eis nie.

Daar is egter ’n toename in eise wat medikasie betref, het Callakoppen gesê.

Hierdie neiging sal voortduur tot minstens einde September 2020.

Gesine Meyer-Rath, ’n gesondheidsekonoom verbonde aan Wits se navorsingskantoor vir gesondheid, ekonomie en epidemiologie, het intussen onlangs in ’n studie bevind dat die koste vir toerusting soos ventilators, maskers en suurstof, asook die personeel wat nodig is om op die Covid-19-pandemie te reageer, na raming tussen R26 miljard en R32 miljard sal beloop.

Meyer-Rath waarsku egter dat projeksies kan verander.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Olivier Collet/Unsplash)

Callakoppen stem saam. “Wat ons wel weet, is: Indien die Covid-19-pandemie nie verantwoordelik en streng bestuur word nie, sal dit ’n ernstige uitwerking op die openbare en privaat gesondheidsorgbronne van die land hê.”

Volgens Noach sal die uitwerking van Covid-19 op mediese skemas ook wissel na gelang van die demografiese profiel van die betrokke mediese fonds se lede. Mediese skemas wat meer ouer lede het, se lede sal meer waarskynlik die nuwe koronavirus opdoen en dus meer waarskynlik in ’n hospitaal opgeneem moet word.

“Die volle finansiële trefslag van Covid-19 op mediese skemas oor die volgende paar jaar is nog onseker en verskillende faktore sal ’n rol speel. Die mediese skemas is egter oorskry om die koste vir Covid-19-verwante eise gedurende 2021 te betaal, aangesien lidbydraes nie voldoende sal wees nie,” sê Noach.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alleen Wolf ·

Hoe maak hulle hierdie som, meer as R300,000.00 per persoon om op ventilator te wees, jy kan jou eie koop vir minder as dit, iemand is besig om met skottels te skep,

Daleen ·

Alleen Wolf teen die tyd wat jy aan ventilator gekoppel is is jou toestand so erg dat jy nie by die huis versorg kan word nie. Hoekom dan jou eie ventilatorbwil koop? En waar gaan jy in die pandemie ‘n ventilator kry? En die bedrag sluit hospitaal koste en versorging in. En definitief nie net 1 of 2 dae in die hospitaal nie.

Alleen Wolf ·

My verwysing na die persoonlike aankoop van ‘n ventilator was hipoteties van aard.

Hydi ·

Jy betaal vd kundigheid v ICU opgeleide verpleegpersoneel. Dit gaan nie net oor die druk v ‘n knoppie nie.

Anel ·

Si wat hulle eintlik vir ibs sê is dat die van ins wat mediese fondse het se premies baie meer gaan word. Se toon. Ek is nie siek nie. Veehiig die wat in die hospitaal opgeneem word se premies. Ons gebruik ons medies die minimum en nou gaan ons moet betaal vir onverskilliges en die wat nie medies het nie. Jammer, dit werk nie so nie. Verder, hoe moet mens meer betaal as jou salaris nie meer word nie. Hierdie virus begin nou ‘n klug word. Gaan alles stilstaan of beperk word tot November? Hierdie regering is “usless”. Glo lankal niks neer wat hulle sê nie.

Ivana ·

Seker maar tyd dat hulle teruggee vir al die jare wat julle ontvang. Ek en my man is 10jr op my huidige medies en was nog net 1 keer vir 3dae in die hospitaal.

Harry ·

Ons almal kan verwag dat mediesfonds bydraes buitensporig gaan styg.
Wanneer pandemie tref styg koste. As SA lede gesond is….styg koste.
Laat my dink aan supermarkte???

Adam Adriaan ·

Nou kom die volk agter dat die regering besig is met streke, om almal te verarm sodat almal afhangklik van hulle moet wees. Hulle wil jou lewe dikteer.

Corne123 ·

Nee wat het die van die begin af gese en se sit nogsteeds hier is n klom mense en groepe wat skatryk gaan word hieruit hoe kan regering dit toelaat dat hulle so sulke mal hoe pryse vra plein net geldmaak

Die Wolf ·

Met al die opgepotte fondse is hulle verweer sommer twak.Dit is weer n manier om die bydraes volgende jaar drasties te verhoog.

capie ·

Mediese fondse is privaat maatskappye wat nie hoef om te gee wat hul onkostes is nie. Hulle verhoog net hul premies of verlaag net die uitbetalings , verhoog die lid se persoonlike bydrae en siedaar , vet wins weer.

Fedup ·

I understand equipment cost money. But one thing i just don’t get, what is more important. A person’s life or money? Never mind. That question was rhetorical.

Yvonne ·

Ek reken hier is weer uitbuiting wat skrik vir niks…hoe op die aarde kan behandeling met n ventilator soveel kos…..aanvraag en bod seevier hier

Scalla ·

Is hul nie weer deurmekaar nie, party het gepraat van vibrators.

Jack ·

Maw die wat op staatskoste in die privaat hospitaal le en dieselfde diens kry as die op mediese fonds kry dit mahala. Die staat behoort die mediese fondse per geval te subsidieer met minstens 80% van die koste. Ons kan net nie meer instaan vir die massas wat net al hoe meer word nie. Dis erg genoeg dat ons moet betaal vir maskers en ander goed terwyl die massa dit verniet kry. Die koei is lankal droog gesuip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.