Dís wat SA’ners van staatsrede kan verwag

Parlementslede tydens die 2019-staatsrede. (Foto: Verskaf)

Pres. Cyril Ramaphosa sal in sy jaarlikse staatsrede Donderdag na alle verwagting fokus op hoe sy regering beplan om volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika te verseker. Dít te midde van groeiende plaaslike en internasionale twyfel oor of sy regering in staat is daartoe.

Dit sal ʼn uiters afgeskaalde geleentheid wees te midde van die koronavirus-pandemie, met bykans geen seremoniële vertoon nie en ʼn bykans leë vergadersaal van die Nasionale Vergadering, weens die beperking dat slegs 50 mense binne die vergadersaal teenwoordig mag wees.

Desnieteenstaande heers groot afwagting vir die staatsrede, wat volgens parlementêre bronne vanjaar onder die tema “Groei Suid-Afrika” aangebied sal word.

Die verwagting is dat Ramaphosa groot gewag sal maak van internasionale beleggingsmoontlikhede in Suid-Afrika, en die belegging van R15 miljard wat die motorvervaardiger Ford in hierdie dae aangekondig het, as kapstok sal gebruik.

Verdere verwagtinge sluit in dat die immer optimistiese Ramaphosa goeie nuus aan die koronavirus-front sal hê, veral te midde van positiewe aankondigings oor die beskikbaarheid van entstowwe vanaf die maatskappy Johnson & Johnson én vanuit China wat volgens ingeligte bronne in die mediese wêreld op hande is.

Ramaphosa sal na verwagting Suid-Afrikaners se hantering van die ontberings eie aan die afsonderingsregulasies loof en positiewe opmerkings maak oor nasionale eenheid.

Hy sal na verwagting ook polities probeer munt slaan uit vandeesweek se verhoging van die nasionale minimumloon, asook ʼn paar rewolusionêre maar niespesifieke geluide oor grondhervorming maak.

Waarnemers se oë sal egter eerder gefokus wees op enige opmerkings van die president oor taaier onderwerpe, soos die president se reaksie op die Internasionale Monetêre Fonds se opmerkings dat staatsdienssalarisse ingekort, wanfunksionele staatsbestuurde ondernemings verkoop en die arbeidsmark gedereguleer moet word.

Tweedens is daar Ramaphosa se voorganger, oudpres. Jacob Zuma, se voorneme om die Grondwet en die Konstitusionele Hof te verontagsaam ten einde te weier om voor die Zondo-kommissie te verskyn. As staatshoof is hy een van die belangrikste bewakers van die Grondwet, maar sy reaksie op Zuma se stellings was ten beste melk-en-waterig.

Derdens is daar die Zondo-kommissie na staatskaping as sodanig. Amptelik is die ANC ten gunste van die kommissie, maar namate dit uit die beskikbare getuienis al hoe duideliker word dat die ANC as’t ware die brandpunt van staatskaping is, is die ywer van die regerende party aan’t taan.

In ʼn belangrike aanduiding van hoe die politieke wind nou waai, het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, ʼn siedende aanval op die kommissie gedoen te midde van sukkelende getuienis van drie senior ANC-LP’s, naamlik Cedric Frolick, Vincent Smith en Dikeledi Mangazi.

Vierdens is daar die groeiende kritiek op Ramaphosa se rol in die onwilligheid om teen staatskaping op te tree. Die verslag wat oudmin. Sydney Mufamadi oor strafregtelike optrede in die intelligensiedienste saamgestel het, en waarin onder meer die rol van Arthur Fraser en David Mahlobo uitgelig is, is al in 2018 aan Ramaphosa gelewer.

Welwetend wat die bevindings is, het Ramaphosa vir Fraser aangestel as direkteur-generaal van korrektiewe dienste en vir Mahlobo as adjunkminister.

Vyfdens wag waarnemers om te sien of Ramaphosa geluide gaan maak oor die taai keuses wat die land oor finansiële, fiskale en belastingbeleid moet maak, en of hy die hele bitter beker vir die minister van finansies, Tito Mboweni, gaan los.

Die staatsrede sal regstreeks op alle televisie-nuuskanale uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Di ·

Stel nie eers belang om hierna te luister nie! als net ‘n klug spul

Charles ·

Ek kan weer nie wag vir die rooi tapyt met die pragtige rokke van die dames nie..

JohanR ·

Ek dog die artikel gaan se SA kan bla bla bla nog sewe bla’s en dan nog negetien blas’s van die stadsrede verwag!

Anti-Verkramp ·

Ek verwag dat hy die Bulle se CB-oorwinning ongeldig gaan verklaar weens ‘n gebrek aan belangstelling.

Nie Verbaas ·

Dit sal net weer “lip service” wees. Die hele wereld weet al hoe totaal onbevoeg en korrup die ANC is. Narre op n world stage.

Hanri ·

Daar sal genoeg samevattings na die tyd wees. Gaan dus nie my tyd verkwis nie!

Joe Olivier ·

Die enigste goeie nuus wat hy kan aankondig is dat hy erken dat hy en sy party ‘n totale mislukking was die afgelope 26 jaar met die bestuur van die land, en daarom bedank hy as pres en ontbind die anc. In plaas van die rooi tapyt uittrap kan hy en al sy kommie gabbas gaan aantree vir ‘n eenrigting reis na Robbeneiland.

Dries ·

As jy regtig nou tyd het om te mors dan luister jy na hierdie hoofnar vanaand. Hy gaan weer net n klomp leuens vertel en valse beloftes maak. You can fool some people some time but not all the people all the time. Hy sal ook die kwessie rondom korrupsie soos n slang omseil. Sy kader maatjies, Magushule en Duarte val al reeds die integriteit van die Zondo kommisie aan. Ek sien hulle saai ook nie meer die Zondo kommisie uit nie. Dit is net n kwessie van tyd en Zondo en sy kommisie is iets van die verlede

Mariana ·

Blah, blah , blah!!!!! Nog net weer ‘n gemompel oor niks. Sy prioriteite is net ANC en sy kaders.

SomeOne ·

“our people” voor…………”our people” agter, niks tussen in maak sin nie

Jaco ·

Die berig sê hy gaan praat oor nasionale eenheid. Ek wonder hoe hy daaroor kan praat, gegewe die volgende:
1. Aan die begin van inperking mag wit mense nie eens kospakkies gekry het nie
2. Meer as eenkeer tydens inperking het ramaphosa gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop
3. Midde in inperking het hy weer sterk beklemtoon hoe belangrik en dringend onteiening sonder vergoeding is
4. Net toe die feesseisoen begin, is alle strande skielik gesluit. So weg was wit mense se tradisionele vakansie by die see en wit toeristebesighede aan die kus is swaar getref
5. Net BEE besighede word uit die regering se noodfonds gehelp
So ja, los maar leë praatjies oor nasionale eenheid. Kondig eerder aan dat alle wit mense na Amerika, Kanada, Australië en Europa gedeporteer gaan word. Beste kans om uit dié snel verswakkende land weg te kom

Heinrich ·

Dit sal weer wees soos elke vorige jare waar die geleenthede om die regte dinge aan te spreek gemis sal word, die ANC eerste gestel sal word, minderhede geblameer word vir hulle struggle pyne en verder vervreem sal word, en ander feëverhale van alles wat hulle goed doen en hoe hulle (weereens) die land gaan red van die gemors wat hulle geskep het…same old same old…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.