Discovery-aandele ‘nie ten koste van ander lede’

Adrian Gore

Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, het gesê die maatskappy het aansienlike terugvoer oor sy voorgenome BGSEB-skema ontvang, hoewel daar sekere wanopvattings daaroor is.

’n Herrie het losgebars nadat Discovery aangekondig het dat hy ’n bank tot stand gaan bring met 10% swart eienaarskap. Solidariteit, AfriForum en die VF Plus het Discovery gekap oor die aankondiging en dit as blatante rassisme bestempel. Talle Discovery-kliënte het ook reeds aangedui dat hulle hul sake by die maatskappy sal kanselleer.

Gore het in antwoord hierop benadruk hoeveel waarde Discovery heg aan wat hul kliënte van hulle dink, asook die omvang van kliënte se lojaliteit teenoor hulle. “Daarom neem ons dié terugvoer baie ernstig op. Terselfdertyd moet ons altyd op ’n manier optree wat met die sosiale en wetgewende opdrag ooreenstem.”

Gore het gesê dit is belangrik om die beweegrede vir die voorgenome skema duidelik te maak en sekere wanindrukke reg te stel. “As diep patriotiese en waardegedrewe organisasie is Discovery daartoe verbind om meer as R13 miljard oor die volgende vyf jaar in Suid-Afrika te belê – Discovery Bank is sentraal hiertoe.

“In die konteks van belegging in Suid-Afrika is daar ’n duidelike morele opdrag vir transformasie. Om dit op ’n inklusiewe wyse te bereik, is fundamenteel tot ’n suksesvolle, morele en veilige toekoms vir die land. Discovery Bank se BGSEB-skema is gestruktureer om dit te onderskraag.”

Gore het gesê transformasie in Suid-Afrika is verpligtend volgens wetgewing. “Wetgewing vereis swart eienaarskap, en daar is spesifiek as deel van ons lisensiëringsproses teenoor die Suid-Afrikaanse Reserwebank ’n onderneming van direkte swart eienaarskap in die Bank gemaak. Ons moet hierdie onderneming gestand doen.”

Gore sê die vraag het toe ontstaan hoe om dit te doen gegrond op die fundamentele vraagstukke rakende transformasie, vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging en lisensiëring. Hy sê hulle het gevoel dat ’n skema met breë omvang wat direk aan individuele kliënte gekoppel is, billik en meer moreel en inklusief sou wees as een waarin ’n paar mense of klein groepe bevoordeel sou word.

Hoewel besonderhede van die BGSEB-skema eers volgende jaar gefinaliseer sal word, verduidelik Gore dat die skema-aandele nie “gratis” weggegee sal word nie. “Kwalifiserende kliënte sal vir hul aandele (en enige rente daarop) betaal deur middel van ondernemersfinansiering binne die skema. Hierdie benadering stem ooreen met talle ander modelle in die finansiëledienste- en banksektor.”

Volgens Gore sal die aandele nie verhandelbaar wees nie aangesien Discovery Bank nie as ’n afsonderlike entiteit genoteer is nie. “Die skema is bedoel om breed te wees, en sal aan individuele deelnemers beskikbaar wees. Daar sal voorwaardelike vereistes wees waaraan deelnemers oor die termyn van die skema moet voldoen.

“Van sleutelbelang is dat deelnemers slegs sal deel in die bykomende ekonomiese waarde wat hulle help skep – die reëling is nie ten koste van ander lede nie. Ons primêre doel is om ’n bank te bou wat progressief is, nasiebou bewerkstellig en sy kliënte beloon. Ons visie is om ’n bank te bou wat individue help om ’n sterker finansiële toekoms te bou. Ons sal voortgaan met raadpleging en alle geldige terugvoer integreer,” sluit Gore af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Martin ·

“Kwalifiseerende kliente”??…maw nie ek nie!
Bye bye Discovery!

Daan Erasmus ·

Discovery word GEDWING om ‘n % swart eienaarskap te hê. Hulle het geen keuse nie. So hul gee net kliënte die kans om aandele te koop.

Wessie ·

Dis alles reg as hulle swart eienaarskap MOET hê, maar gee die blankes ook die opsie vir ‘n 10% eienaarskap.
Hoekom moet hulle uitgesluit word van beloning vir die Bank se voorspoed en winste? Dis diskriminasie!

Zack ·

Adrian Gore is ‘n nar. Een les wat my ouers my geleer het is dat “Niks in die lewe verniet is nie”. Hulle was gewone hardwerkende mense. On iets vir iemand te gee moet jy dit van iemand ander kry of wegvat. As jy iets wil he dan werk jy vir dit. Dis waaroor die lewe gaan.

Nie rassisties nie ·

OK oral lees ons van die EFF wat ons die wit man verkla oor rassisme. Is die hele beleid van die land dan nie rassisties nie? Die regering maak my siek met hul dubbel standaard beleid. Raak groot man. Julle blaas rassisme aan soos nog nooit tevore nie.

Thinus Erasmus ·

Lekker terugskrabbel ne’, Mnr. Gore ek dink julle moet moreel transformeer en nie dubbele standaarde optower en gekke verklarings maak nie.

Pieter ·

Daar was ‘n tyd toe die sakewêreld teen apartheid opgetree het. Maar wat gebeur nou? Vra net hoe hoog hul moet spring! Dit demonstreer net een waarde nl optimale wins. En daarvoor moet ons ‘n instrument van ‘n rasbehepte regering weee. Moenie moraliteit as rede aanvoer vir die skema nie. Dis die teenoorgestelde!

jakes ·

Gore se verduideliking klink vir my soos die optrede van n kat op n warm sinkplaat. Sy aannames oor swartbemagtiging is nie heeltemal korrek nie. Wat verontrustend is, is dat swart mense na 24 jaar van demokrasie nog steeds dmv wetgewing besitreg van feitlik enigiets moet afdwing en alhoewel by verre die meerderheid burgers swartmense is, faal hulle hopeloos daarin om welvaart te skep en sodoende hulself op te hef.

Wessie ·

Dis presies hoe ek ook voel Jakes.
Gore sê hulle kry niks gratis nie, dis slegs gebasseer op die ‘bykomende waarde’ wat hulle tot die besigheid toevoeg. Maar hoekom kan die witman nie ook vergoed word vir die bykomende waarde wat hý byvoeg nie? Dis blerrie rassisties, uit en gedaan!

Melanie Capazorio ·

Stephen Namibia. Ek het nogals ook so gedink. Dankie maar nog steeds nee dankie vir die bank

JG ·

Ja Gore, jy het nie verniet Britse burgerskap nie…as dinge te warm word die kant, is jy sak en pak in Londen…wat van ons wat agterbly ?

RG ·

Ja, geweet die regering sit hier agter. ONS HET GENOEG GEGEE!

Nou wil Discovery nog ons intelligensie ook onderskat.

Maar, as mense wil weg beweeg van sulke maatskappye sluit maar Multichoice DSTV, Woolies, Sasol by die groep in.

Sarel Strydom ·

Soos gewoonlik word baie gepraat. Wie gaan die aandele besit = die gegoedes en die armes wat veronderstel is om voordeel te trek uit sg. wetgewing gaan net nog slegter af wees. Doen iets vir die wat ver onder die Broodlyn leef as om die gegoedes se sakke vol te maak.

Daan ·

Wat het van Orania se bank geword. Met die Ora as geld/betaalmiddel. Dit is nou ‘n goeie tyd om die “bank” te bevorder

JG ·

NEE Gore, dit is geen wanopvatting nie…jy sit nie verniet met Britse burgerskap nie…as dinge hier te warm word vir jou, is jy sak en pak in Londen…wat van ons wat agterbly ?

Pieterv ·

Lees Discovery nie finansiële en soortgelyke skrywes deur spesialiste nie?
Verplige BBBEEEE ens werk nie!!
Dit is pypdroom wat teen al wat n ekonomiese beginsel is indruis.
Hoekom hardkoppig teen alle waarskuwings in dan n bank skep?
Hulle mors met aandeelhouers se beleggings.

Jacques Loots ·

Hoeveel het hy watter spin dokter betaal om hierdie snert te skryf. Absoluut geen duidelikheid oor niks. Bye Discovery

Amelia ·

Sluit die Discovery nou die mediese fonds Discovery in????

Rohan ·

Amelia, ja dit sluit die mediese fonds in. Dit is die Discovery Groep as geheel.

Jaap ·

Praat baie.
Mooi.
So gee of laat 10% swart koop maar ook 10% wit of wie okal met selfde voordele.

chris ·

Adrian Gore is ‘n goeie besigheidsman. Ek sien hy het op ‘n stadium die South African Jewish Business Achiever Award ontvang.

Theuns ·

Discovery het ‘n streep in die sand getrek… hulle het kant gekies en steun die regering se rssistiese beleid teenoor minderhede. Met tyd sal hulle die impak sien…

Wessie ·

Ek is bevrees jy is 100% reg! Hulle het klaar besluit in watter bed om te slaap!
Dis tyd dat die witman sy besigheid wegneem by Discovery.

Gerhardb ·

Ek stem saam met almal se kommentaar en Martin. HY LIEG. …..Julle ouens, ons kan nie meer Discovery aanvaar nie.

Adriaan ·

Mnr Gore, jy sien jy het nou n probleem op hande want jou Discovery kliente is hoogs ontsteld, dat mens op jou ras uitgesluit word. Sy 10 % swart eienaarskap is net so klap in die gesig vir wit kliente, want die 90% van die bank sal hy beslus nie so vrywillig weg gee vir wit kliente wat geld in die bank depositnie. Nee dit gaan in sy sak, hoe dan nou anders.
Suid Afrika, as jy wit is moet jy betaal en jammer wees vir als wat jy nie deel van gehaat het jare terug nie, of jy nou vir als in jou lewe gewerk het of op n bord gekry het, maak nie saak nie jy is wit jy moet hoes. As jy aan die anderkant is, skuld die lewe jou, jy verdien om als net te kan kry. Dit gaan nie hier oor die bank aandele nie, gaan oor beginsel. Discovery het hier oor die lyn getrap.Deur groot instansies soos Discovery met sulke beginsels dat die land nooit oor sy probleme sal kan kom nie.
Net my meening.

Verskil ·

Mnr Gore se verduideliking maak vir my heeltemal sin en Discovery, net soos meeste groot maatskappye in SA, moet sekere wetgewing nakom om besigheid in die land te kan doen. Al stem baie mense nie saam met SEB nie, is dit ongelukkig wet en ‘n vereiste. Ek was nog altyd baie gelukkig met Discovery en sal verseker ‘n lid bly.

NEE ·

Transformasie kan met hom en sy direkteure begin as hy so sterk voel daaroor. Hulle kan al hulle gratis aandele in Discovery gee vir swart bemagtiging of beter, bedank sodat Discovery “getransformeer” kan word en die regte polities korrekte persoon SY werk kry. Hoekom is dit altyd iemand “Anders” wat moet transformeer en die gelag moet betaal, maar nie die groot voorstanders daarvan nie? Begin “transformeer” van bo af ondertoe, dan kry die nuwe MD en sy “getransformeerde mede-direkteure” die gratis aandele, en voila die 10% probeem van BBE is sommer oornag opgelos.

JG ·

@ NEE… jou feite is nie korrek nie…gaan lees Dr. Dik Herman van Solidariteit se skywe aan Gore juis oor dit wat jy loop en vertel…

Onnie ·

Wat hy nie sê nie is dat Discovery geld-wolwe is wat ‘n “slice” van die regering se “pie” wil hê en dit die rede is hoekom hulle BEE moet toepas want dis die enigste manier waarop hulle met die regering kan sake doen. So hy praat so halwe waarheid, maar verswyg finansiële voordeel wat hulle hier uit gaan trek. Mens moet seker maar pap skep terwyl dit papreën – of voor die pap opraak!

humor ·

Die aandele is nie grates nie dit word gekoop en wie koop dit die armes? Nee die swart skatrykes wat in kastele woon en die duurste motors ry.

zack ·

Dis ‘n baie goeie voorstel aan solidariteit om ‘n privaat bank te stig vir Blanke Suid Afrikaners. Hulle sal my eerste as klient hê.

Janee ·

Aan Verskil: bly gerus besigheid doen met hulle. Hoe ver dink en luister jy en Gore nou eintlik na mense? Of maak julle of jul doen? Ja Gore word dalk gedwing deur die regering om aandele oor te maak aan swartmense om ‘n bank lisensie te kry. Maar ek wonder nou, hoekom word witmense uitgesluit? Soos by Sasol? Bepaal die regering se voorwaardes dat hulle witmense MOET uitsluit? Dis dan mos suiwer rasse diskriminasie. Kwotas swartmense wat voordeel gaan trek. Ek sal graag wil sien dat mnr Gore die voorwaardes publiseer vd regereing wat hom dwing om witmense uit te sluit. Word ander rasse soos Indiers en bruinmense ook uitgesluit? Wie trek die streep en waar word hy getrek? Kan witvroue aandele koop/kry? Hulle is mos voorheen benadeeldes? Discovery en Sasol gee mens ‘n baie groot sooibrand

Mrs H ·

Baklei dan met die regering en vra waar die “Demokratiese” wette is? Anders ou maat, gaan julle onder gaan! Ons hou julle nou dop met die regering saam….. Julle kan nie van “Sosiale wette” praat wat die teenoorgestelde van demokrasie is nie.

ertjie ·

Dit is omdat korporatiewe Suid Afrika nie die ruggraat het om op te staan teen immorele wetgewing nie, dat die land sit waar hy sit. In tyd sal hulle dit nog berou…

Posduif ·

Discovery moet loop vlieg. Ek sal beslis nie hulle ondersteun nie. Ek is trots blank en praat Afrikaans.

Thinus Erasmus ·

Kyk realisties na die demografie van die land; as jy jou toespits om ‘n diens vir al die burgers van die land te lewer, sal jy 90% swart kliente kry.
Sou jy dan aandele vir almal weggee, sal 90% daarvan aan swartbemagtiging wees! (sonder om rassisties te diskrimineer)
Hoekom wil jy 10%aandele aan seker minder as 1% van die land se bevolking (super ryk swartmense) gee en dit as “swartbemagtiging” bestempel ou pel? Gore(l)

Boer ·

Kom ons wys Discovery (en die regering) ons gaan nie verder op ons laat trap nie!
Reeds my medies by Discovery gekanselleer. Sasol en Spur is ook op die lysie van mense wat nie weer my geld sal sien nie

Geweeg en te lig bevind ·

Gaan dwing julle maar die regering om af te sien van hulle rassistiese Swart bemagtiging beleid en wetgewing! Na 24 jaar is dit klaar gegee, klaar gepraat, klaar verstoot, klaar onderdruk. KLAAR!!
Die regering kan die geld wat die kaders oor die afgelope 24 jaar uit die staatskas geplunder het gaan terugkry en die armes daarmee help.

Hanna Hoekom ·

Nee, so n bank sal mos rassisties wees… Wens ons kon een stig!

Dries ·

Hy praat deur sy nek. Dit is n besigheidsaanslag met die “kreet” van “Die vyand van my vriend is my vyand ook”

Oom Willem ·

Stem saam met al die kommentare. Gebruik jare al nie Sasol, Engen of BP brandstof nie en behoort nie aan Discovery nie, eet nie by Spur nie en koop nie by Woolies nie.
Wat kan mens doen om mense soos hierdie Gore kêrel en al die ander hierdie kommentare te laat sien dat hulle kan agterkom hulle is nie met pampoene te doen nie.

Harde koejawel ·

Jou verduideling is too little too late.
Aandeelprys sak met rasse skrede. Julle verdiende loon. Ons wat die wet van Transvaal ken val nie meer vir julle verdraaide toesprake nie. Hou hierdie bank se deure toe.

Henry ·

Kom ander mediese fondse waar is julle ? Maak gebruik van hierdie geleentheid om spesiale tariewe aan te bied
vir al Discovery se ongelukkige kliente. Julle sal n killing maak. Waar is julle makelaars. Strike when the iron is hot !!

Sebastian ·

Die Spur-effek gaan interessant wees. Ek kry solank springmielies.

WonderNet ·

Vereis BBE nie 51% swartbemagtiging aandele om polities korrek te wees nie?

Andrea van Vuren ·

Ag shame liewe Gore! Jou verskonings is flou en afgewater. Ek kry jou en jou maatskappy jammer. Jy stap die pad van die gierige Markus Jooste van Steinhoff faam.

Vaarwel Discovery ·

Gisteraand met my makelaar gesels. Ek neem my korttermyn versekering, my lewensversekering en my medies weg by Discovery. Ek is jammer om dit te moet doen want ek het die laaste 16 jaar net puik diens van hulle gekry. Maar hierdie is ‘n beginsel saak so ek is selfs bereid om veel meer te betaal per maand solank ek met ‘n mastskappy kan werk wat karakter en integriteit toon. Vaarwel Discovery.

Juffrou ·

En net môre-oggend vertel ek die kindertjies dat Wolf toe nooit vir Ouma opgevreet het nie – hy het net saggies-saggies aan haar gesnuffel om seker te maak haar parfuum pas by haar persoonlikheid. Regtig, Discovery – moenie ons intelligensie onderskat nie, asseblief.

Binx ·

Regering en instansies moet begin besef dat daar te min witmense(minderheidsgroep) in hierdie land is om aan te hou om die meerderheidsgroep te onderhou…of te sponsor. Liewe aarde, dis tyd dat meerderheid besef dat jy moet vinger trek en skouer aan wiel sit en werk, nie heeltyd bakhand staan nie. Almal is besig om meerderheidsgroep meer te verarm en van hulle bedelaars te maak. Alles word gegee en gegee….verdien hulle dit? Waardeer hulle dit? Nee en nee. Voorheen benadeeld se gat, kan mos nou sien hulle wil nie werk nie…net toi toi, plunder en brand.

Gert ·

Dink mooi: Afrikaners het ook hul eie BEE gehad sedert die 1930’s : Volkskas bank was een so voorbeeld. Dit was spesif8eke gedoen om Afrikaners op te hef en sou gou moontlik die wit Engelssprekendes klasgewys in te haal en uit te styg bo swartmense.

Dalk is dit net reg dat elke volk maar na hulself omsien. Dis goed en wel Afriforum jaag almal se bloeddruk op, maar wat is jul alternatief?

Moenie soos die EFF net protesteer nie, skep alternatiewe moontlikhede.

bgj van der westhuizen ·

as discovery bank dan nou soo goed moet doen waar om doen julle nie die volgende nie
verkoop aan
wit 25% van die bank
bruin 25% van die bank
indier 25% van die bank
swart 25% van die bank
total 100% as julle dan nou so bee moet wees dan het elke bevolkings groep in die land die selde aan deel en aak dit dat net mense onder n seker bedrag dit kan koop dat nie weer al die vet katte die aan del kry nie dit sal meer aan vaar baar wees dan kan elke bevolking groep se arm mense bevorder word as een land se mense

Pierre ·

Die verskil was dat ons uit eie geledere die Volkskasse en Sanlams tot stand gebring het – die Engelse het dit nie aan ons op ‘n skinkbord gegee nie!

Judge Dredd ·

So wat verhoed Discovery om ook ‘n 10% spesiale aandele aan wit mense toe te staan?
Dan het Discovery mos nogsteeds sy 10% swart bemagtigings aandele en diskrimineer teen niemand.
O Ja – want hulle is rassisties.

Ore ·

Ek sal maar ook my heil by ‘n ander fonds gaan soek,inteendeel,ek verander reeds vanaf 1 Desember 2018.Discovery het nie ons bietjie blankes se ondersteuning nodig nie.Meerderheid van hul huidige kliente is swart en daarom sal ons kansellasie van dienste skaars 5% op hul verdienste beteken.Raak maar rustig,meer maatskappye gaan hierdie roete volg

Hans ·

Die stelling dat die aksie deel van nasiebou is,is irrasioneel en verby lagwekkend.

Spyker ·

Good Bye Discovery. Ek skuif vandag Fedhealth toe. Genoeg is genoeg.

IC du Preez ·

Ek dink diegene wat aansoek doen om ‘n banklisensie, word gedwing om buitengewone toegewings aan swartes te maak alvorens so ‘n lisensie toegestaan word. Desondanks moet dit teengestaan word. Teen die tempo wat die blanke uitgedwing word uit die ekonomie, skole, universiteite, landsontwikkeling ens gee die ANC voor dat daar geen blankes in die land oor is nie. DIs ongelooflik belaglik dat CR werkskeppingsbyeenkomste reel en daar is geen blanke tussen al die afgevaardiges of genooides nie.

Lenora ·

En so word die een Maatskappy na die ander gekaap deur die regering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.