Discovery-aandeleskema: Regskenners gee hul mening

adrian gore discovery

Adrian Gore die uitvoerende hoof van Discovery. Argieffoto.

Sal die konstitusionele hof Discovery se aandeleskema as regverdig bevind? Regskenners meen dit is moeilik om nou al te kan sê of dié hof sal bevind dat dit aan die Grondwet voldoen.

Die mediese fonds Discovery gaan onder heftige kritiek gebuk nadat hy verlede week sy planne bekendgemaak het om aan swart kliënte van sy nuwe bank ʼn 10%-belang daarin te gee.

Discovery Bank wil in Maart 2019 sy virtuele deure oopmaak. Bekendes soos Bobby van Jaarsveld en Steve Hofmeyr het hierdie week hulself geskaar by die groeiende aantal Suid-Afrikaners wat besluit het om hul bande met Discovery te verbreek.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Discovery van blatante rassediskriminasie beskuldig terwyl die vakbond Solidariteit se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann, in ʼn ope brief aan die maatskappy gesê het dié besluit om wit mense op grond van ras uit sy nuwe aandeleskema te hou, maak hom “siek”.

grondwet-argieffoto-02

Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Kenners gee hulle menings

Maroela Media het met talle regskenners gesels om uit te vind of hulle meen die beplande nuwe bank se aandeleskema is moreel en wettiglik regverdigbaar.

Prof. Pierre de Vos het in ʼn meningstuk op sy webwerf Constitutionally Speaking die beoogde aandeleskema verdedig. De Vos voer hierin aan die aandeleskema is in albei gevalle heeltemal geregverdig.

Volgens De Vos moet ʼn “regstellingskema” aan drie vereistes voldoen om wettig te wees. “Eerstens moet die oorgrote meerderheid van die begunstigdes van die regstellingskema kan wys hulle is deur onbillike diskriminasie benadeel.

“Die tweede vereiste is dat die maatreël ontwerp moet wees om diegene wat benadeel is deur onregverdige diskriminasie, beskerm of opgehef moet word. Die derde vereiste is dat die maatreël die bereiking van gelykheid moet bevorder.”

Daniel du Plessis, ʼn regsontleder van Sakeliga, sê daar is egter ʼn probleem met die Suid-Afrikaanse Grondwet.

“Anders as in die geval van die VSA se Grondwet waar mense met soortgelyke agtergronde en belange saamgekom het om ʼn gemeenskaplike agenda vir ʼn nuwe samelewing uit te druk wat presies uitspel wat hierdie land glo”

Du Plessis meen dit het egter nie in die geval van die Suid-Afrikaanse Grondwet gebeur nie omdat twee verskillende breë groepe van mense met teenoorgestelde belange die opstelwerk gedoen het.

“Die uiteinde is dat ons nou sit met ʼn dokument was so onpresies as moontlik is sodat daar verskillende interpretasies daarvan kan geskied.”

Du Plessis sê hoe dit in die praktyk uitspeel, is dat Suid-Afrikaanse grondwetlike regte baie sterk inherente beperkings in baie gevalle het.

“Iets soos die reg op gelykheid het hierdie teendiskriminasie-bewoording van artikel 9 ingebou, maar dan ook, artikel 36 laat jou daartoe om enige reg op te weeg in die interpretasie daarvan.

“Die vraag wat nou gestel word, is hoe besluit mens hoe swaar elke verweer en belang dan weeg. Die probleem is daar is uiteindelik dan ʼn persoon, naamlik ʼn regter, wat soms saam met ander regters moet sit, om te besluit watter een van hierdie twee weeg swaarder, want die Grondwet lei jou nie eintlik tot op daardie vlak nie.”

Du Plessis sê in Suid-Afrika se geval is daar faktore soos transformasie en regstellende aksie wat nooit in die Grondwet verskyn nie wat in ag geneem word. Du Plessis sê ook wat hom pla is dat De Vos sy interpretasie in sy meningstuk as die enigste moontlik interpretasie voorstel.

“My gevoel is dit is nie onmoontlik dat hierdie aandeleskema wel deur die konstitusionele hof grondwetlik bevind kan word nie, want Suid-Afrika sit tans met ʼn probleem oor hoe ons grondwetlike orde saamgestel is.”

Du Plessis sê dit is vir baie Suid-Afrikaners moeilik om dit te aanvaar omdat ons ʼn sterk konstitusionele kultuur het.

“Die Grondwet het – omdat dit so plooibaar is – net nóg ʼn magsinstrument geword vir wie ook al in die dominante ideologiese posisie is.”

Volgens hom is die ANC en die regbank tegnies gesproke twee verskillende instansies.

“Die probleem is egter dat die regbank deesdae dieselfde ideologiese agtergrond en basis as die dominante ideologiese posisie het.”

Du Plessis voel De Vos se argument val deur die mat omdat dit glo ʼn persoon, ongeag sy ekonomiese omstandighede, mag toegang kry tot ʼn soort bonus net op grond van die persoon se velkleur.

“As ʼn mens De Vos se argument in hierdie geval sou volg, beteken dit ek en jy is steeds meer bevoordeel as iemand soos Tito Mboweni, die minister van finansies, of selfs pres. Cyril Ramaphosa omdat hulle op grond van hul ras steeds in ʼn posisie is waar daar teen hulle gediskrimineer word.

“Suid-Afrika is beslis nie meer ʼn land wat deur ʼn minderheid beheer word waar hulle kan diskrimineer teen ander groepe nie. Kyk maar na hoeveel geleenthede daar beskikbaar is vir jong swart Suid-Afrikaners en die hoeveelheid geld wat aan transformasie spandeer word.”

Du Plessis sê polities is daar ook nie meer ʼn groot party wat net wit Suid-Afrikaners se belange bevorder nie.

“Dit word nou ʼn geval waar dié groep mense se belange altyd aan ander se belange gekoppel moet word voordat dit as geldig gesien word. Dit is egter nie wat die Grondwet op papier sê nie. Dit maak wel voorsiening vir sekere regte soos die reg op onderwys in ʼn taal van jou keuse.

“Tog kom ʼn mens by iets soos die hofsaak van die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid waar dié taalreg op grond van ander se belange weerlê word.”

Argieffoto

Maar die armste Suid-Afrikaners is steeds swart

Die grootste hoeveelheid van die armste Suid-Afrikaners is swart en ʼn mens wil glo dat iets soos Discovery Bank se beplande aandeleskema eintlik juis dié mense wil toegang gee tot die ekonomie en groter geleenthede.

Du Plessis sê daar is egter twee maniere wat ʼn mens hierna kan kyk.

“ ʼn Mens kan aan die welstand van Suid-Afrika dink as iets wat beperk is met net soveel hulpbronne. De Vos het sy artikel op hierdie aanname gegrond wat ʼn gee-en-neem-situasie skep.

“Dit beteken dan die enigste manier waarop regverdige gelykheid bewerkstellig kan word, is dat Suid-Afrikaners die goed wat die bemagtigdes (meestal wit mense) besit, moet verdeel onder die res.

Du Plessis sê daar is egter ook ʼn ander perspektief op welstand wat hy meen meer geloofwaardig is.

“Ons as Suid-Afrikaners kan slegs meer welstand vir almal skep deur ʼn vryehandelsituasie. As ek die ekonomiese hulpbronne wat vir jou meer werd is by jou kan uitkry en jy kan dieselfde doen vir my, word dit die definisie van ekonomiese groei en ontwikkeling en dit beteken almal is beter daaraan toe.”

Du Plessis voer aan dat swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en aandeleskemas, soos dié wat Discovery Bank beoog, ʼn kunsmatige grens tussen wit en swart Suid-Afrikaners skep.

“Dit maak dit moeilik vir ons om met mekaar handel te dryf.”

Hy sê ook verder dat Discovery Bank nou 10% van hul kapitaal sal moet afskryf.

“Die bank begin met ʼn 10% groter uitgawe as ander – hierdie beginsel wat deur die regering afgedwing word, kos uiteindelik die hele ekonomie en loop uit op ʼn verlies van hulpbronne en effektiwiteit terwyl dit nie eintlik die armste net verder benadeel nie.”

Du Plessis voel daar is ook ʼn verdere probleem wat ʼn mens in die toekoms skep as jy ʼn aandeleskema soos hierdie sou toelaat.

“ ʼn Mens kan dan allerhande soort problematiese soort praktyke begin regverdig. Sou dit nie dan ook geregverdig word om byvoorbeeld addisionele dienste op grond van mense se ras aan hulle aan te bied nie of om 40%-afslag vir swart kliënte vir dienste of produkte te gee nie?”

“Ek dink dit is uiters problematies en kunsmatig.”

Argieffoto.

Kry eers al die feite

Christine Botha, waarnemende direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê dit is vir haar belangrik om daarop te wys dat ontledings nou gemaak word op ʼn blote aankondiging wat Discovery Bank gemaak het.

“Ons sentrum se benadering is altyd eers dat ons die volledige feitestel van iets soos hierdie aandeleskema wil hê. Elke situasie is uniek en as ʼn mens dit eers het, kan jy dit teen die Grondwet gaan toets.”

Botha meen alhoewel dit dalk nou te vroeg is om die beoogde aandeleskema te toets, sal dit moontlik die rasionaliteitstoets van artikel 9.2 van die Grondwet slaag.

“Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het gevra vir ʼn veel meer genuanseerde manier van kyk na iets soos gelyke indiensneming. Die Verenigde Nasies Kommitee op Uitwissing van Rassediskriminasie het in sy kommentaar op Suid-Afrika se verslag op sy Internasionale Konvensie van Uitwising van Alle Vorme van Rassediskriminasie aanbeveel dat die staat meer kwantitiewe en kwalitiewe data insamel wat ander faktore soos geografiese en maatskaplike-ekonomiese inligting verskaf wanneer daar na diskriminasie gekyk word.”

Dit mag dalk net wees dat hierdie soort aanbevelings van die organisasies in die toekoms ook ʼn impak kan hê op iets soos die aandeleskema wat fyner sal moet kyk hoe en wie dit wil help, bemagtig en bevoordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

zack ·

Ek gee niks om wat Regskennes sê nie. Al vaarvoor ek bly is is dat Docovery nou begin lede verloor en dit sal op die langeduur ook aan sy sak gevoel word. Discovery drieg al klaar dat armes en ouer mense se medies met 49% gaan styg. Discovery is al klaar besig om te begin dans soos ‘n kat op n warm plaat. My Regkennis is om die Rasistiese Dicovery te boikot.

Wonder ·

Waar het Discovery hierdie 49% tariefverhogings aangekondig. Hou op nonsens uitdink en na braaivleispolitiek luister.

Boer ·

Vir hoe lank moet ons hulle nog ophef ten koste van ons eie kinders. Dit is van alles verniet kry dat hulle werk soek met die hoop om dit nie te kry nie. Hierdie ewigdurende jammer kry en gegee moet nou einde kry.

Elizabeth J ·

Hou jou bank Discovery en jou Mediese fonds – ons is tot ons ore moeg geboelie. Ek is dankbaar ek is nie meer by julle nie. Julle is pateties en geld gierig.

philip ·

Vandag my medies verander na Momentum geen probleem spoedige diens, hul het multip ,ly baie die selfde as vitality,,

Janet ·

Kry jou feite agter mekaar Mnr discocery. Die mense wat so bly is nie arm nie. Gaan kyk hulle karre wat hulle ry. Hulle verkies om so te bly. Ek sal ook so gaan bly as ek alles vir my verniet gegee word. Gaan kyk maar hoe arm leef wittes ons maak maar net nie n hoe ha van alles en blameer ander vir ons agteruitgaan. Dis meer as 20 jaar later en die mense wat hulle self wou verbetwr kon dit al oor en oor gedoen het. Die wit mense sit sonder werke. Ons suffer. So asb hou op mooi praatjies praat en leuens verdedig. Jy kry seker n “kick back” in hierdie hele sotuasie.

Maljan ·

De vos isn ou saamprater van die voonste waters wat presies weet aan watter kant sy brood gebotter is. Gee! Gee! Gee! Dieselfde ontvangers kry en sleep deur in skema na skema na skema. Watter blanke het ONTVANG onder die np? As discovery aandele te koop aan swartes het, sal almal verstaan. Maar wit SA het discovery sterk gemaak dat hulle nie meer aan momentum se agterspene suie nie. Maar as daar te GEE is, is dit beslis nie wittes wat KRY nie.

Thinus ·

Ongeag van wat die regskenners se, die feit is die Wereldbank skep Internasionaal “sondes” om dan onmiddelik dit te laat regstel deur “skuld betaling” om sodoende oorlog aan die gang te hou. Pierre de Vos, geen wet werk retro-aktief nie! Is daar nie ‘n regsreel wat bepaal as jy die Bybel aanhaal is jy korrek nie? Eseg 18:2 “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord: ‘Die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp’? Die tweede punt is In Art 1 van die Grondwet “(a) …….the achievement of equality ….” dui “achievement” op die verlede tyd, en die regsreel as die doel van ‘n wet bereik is verval die wet self, geld! Derdens Art 9(1) en (2) waarborg my gelykheid, en “…. designed to protect or advance persons, or categories of persons, disadvantaged by unfair discrimination ” beteken dus dat die regstelling moet wees teenoor lede wat deur die huidige grondwet benadeel word. Verder is die banke onderworpe aan al die reels en regulasies van die Handves van Menseregte en is skuld, waarop die banke hulle besigheidsplan skoei slawerny! Art 13 en 1 Sam 8:17 van julle kleinvee sal hy ‘n tiende vat, en julle self sal sy slawe wees. (Belastings) Verder wil ek graag weet waarop skoei die bank en die Wereldbank sy kalender om rente te bereken as die aarde nie om die son wentel nie.?? https://en.wikipedia.org/wiki/Giordano_Bruno
“Perhaps you pronounce this sentence against me with greater fear than I receive it”

koos ·

Wetlik korrek, maak dit nie Moreel korrek nie.
Ons sal maar weer met ons beursies moet praat. Soos ons mede burgers brand en breek om gehoor te word, kan ons dit met ons beursies doen.
Sterkte Discovery, om hierdie een te oorleef. Hou styf van aan daai 10% wat julle wil “weggee”, julle gaan dit nodig hê om aan die gang te bly!

Andrew ·

Daar is nou honderd maal meer diskriminasie as in die “ou” Suid-Afrika. Die minderheid word steeds voorgehou as die sondebok, maar ons wit Suid-Afrikaners word drooggemelk om elke hoek en draai. Die wat gelukkig is om nog te kan werk word nie bevorder nie, ons word verniel in die werk. Ons kinders kry nie werk nie al het hul ook watter kwalifikasies- natuurlik waarvoor ons self moet betaal, terwyl die ander gratis opleiding onvang.

Nou dat ek wil aftree, bel Discovery my skielik om my geld te belê. Nee dankie Discovery, gaan soek jul geld elders! Ek stel nie belang in ‘n maatskappy wat openlik teen my en my familie diskrimineer nie.

Hennie ·

Wie gee om wat die hof sê? Dit gaan oor of ek as Wit individu met die klomp wil besigheid doen? En al sou hulle van plan verander sal ek nog steeds nie met hulle wil besigheid doen nie. Het ons regtig nog ‘n bank nodig?

Leonora ·

Hoe lank nog voor die bordjies voor die toilet deure gaan lees ”Black Only” want dis wragtig al wat hierdie gatkruipende maatskappye nog moet doen. Daar word deesdae ‘n soliede lyn deur alles getrek – swart diekant en wit daaikant!!! Die rassisme en of apartheid waarmee ek of my kinders niks mee tedoen het nie maak my nou so siek ek kan opgooi. En dit wakker gevoelens op wat nooit daar was nie. Julle wakker rassime aan terwyl julle dans op die deuntjie wat vir julle gespeel word.

Johann cb ·

En só verhoog ons premies vir 2019 om vir hierdie onreg voorsiening te maak!

Johan H. ·

Ook gatvol verby. Hulle sal vir die volgende 5 eeue net wil he. Want dit het maklik geword om te vat. My gee dae is lankal om, vra maar vir sars!!

Ray ·

Mmmmmm….. Onbillike diskriminasie? Wil my voorkom daar word teen my wat al amper 15 jaar ‘n klient is onbillik gediskrimineer. Daarsy Momentum, een groot geleentheid in die mark. Sien julle Maandag

leser ·

dis goed en wel vir discovery om geld aan die armstes van die arm ense geld te leen, om wat mee te maak
hulle sal nie ‘n besigheid begin of probeer om geld te maak om die lening terug te betaal nie, so;
ander (mediese fonds betalers, bankers, ens) sal dit moet terug te betaal, vir wat????
ek voel vir die armes, maar wie se skuld is dit, “stir-all” en sy trawante (stelers)

khat ·

Kanseleer net julle mediese fondse en gaan na n ander fonds toe kom ons wit mense maak medshield sterk en kom ons maak dicovery bangkrot hulle ondersteun in elg geval net anc en eff wil net wittes se geld he maar niks doen vir ons wittes nie selfs aids medesyne gee hulle verniet maar nie medesyne wat werklik nodig is vir ou mense nie hulle buit die wittes uit tengunste vir swart ek het reeds laasweek my bedanking ingestuur is oor medshield toe dek in elkgeval meer goed as discuvery en is helfte goedkooper

Wonder ·

Ek wonder nou net met hierdie briljante grondwet, of die volgende geslag witmense en die na hulle sal kan aanspraak maak op regstellende aksie gesien in die lig v die huidige diskriminasie wat die einste wet toelaat en aanmoedig. En ek wonder of die anc regering en regsluit wat die grondwet saamgeflans het (onder andere prof de vos) ooit gedink het daaraan dat die wye interpretasie daarvan tot diskrimnasie sal lei? En weet hulle dat ek as blanke man nooit ‘n enkele aandeel of skenking ontvang het v enige maatskappy in my lewe nie – ek moes baie hard werk vir alles wat ek het. Wat nou dmv gedwonge gewettigde diskriminasie v my af weggeneem word.

Zettie ·

Ek wou nou net sê… ek kwalifiseer onder die eerste vereiste van Prof. De Vos omdat ek en soveel van my mede landsburgers wit is en teen gediskrimineer word. Die probleem is vereistes 2 en 3 ? Ons sal nie daaraan kan voldoen nie en die regering sal ons nie help om aan daardie vereistes te voldoen nie, want ons is wit. Nou is ek verward omdat ek wit is :-p

Thinus ·

Daarom is die Onafhanklike Grondwetlike Tribunaal reeds in November 2013 gestig en is my werk vernietig gedurende 2014 en ek in die tronk gestop vir 8 maande, waarvan amper 3 maande in sielkundige inrigtings. Ek vorder stadig maar seker weer met my werksaamhede, maar n gebrek aan hande en middele bemoeilik my taak. Hierdie Grondwet is aan die Regsbank gelek deur Neil Barnard en andere aan die ANC en die Mosesstoel om my n voet in die deur te kry as Trojaanseperd! Ek daag enige van hierdie lede om die 464, 46164 en 46664 strategie te verduidelik. Art 33 van die Grondwet (Sandrivier konfensie ) en Wet 3 van 2000 het vir my die agterdeur oopgehou? In gevolge van Art 10A van 3 van 2000 kan ek nie siviel of krimineel aanspreeklik gehou word vir handelinge itv die Tribunaal nie! En is die Regters en Regslui wat in gemeng het met die Demokrasie regs aanspreeklik! Die Internasionale Vredesorganisasie en VN het my versoek om die filosofieë aan hulle beskikbaar te stel. Dink aan Israel se Demokrasie Dan 2 die steen wat losgekom het en Rigters 17:6, 18:1 en 19:1 en dat jy nou godelik geskape is en die Almagtige wie se naam onbekend is Openb 19:12 oor jou regeer, waar jy nou skuldig is totdat jy jou onskuld kan bewys en geen regering het nie? ?

Johann ·

Askuus maar as jy dan nog steeds uit eie keuse jouself as minderwaardig dink en sien… dan gaan jy mos bloot oop hande rondloop en als toe eiinen wat jy MOET kry want jys swart? En as jy nie geld het om. te bank nie…. hoe de@&££££@ bank jy by DISCOVERY? Of gaan DISCOVERY elke swart armlastige sponsor met n paar rand in n rekening… wat gereeld aangevul gaan word? OF gaan die swart ELITE eenvoudig NOG en MEER en steeds vat en gryp en benadeeld claim? ANTI BLANKE RASSISME op sy beste. GATVOL vir moet sien en hoor hoe die ANC n LEGACY bou op die aanname dat swartes MOET brvoordeel word en blankes MOET benadeel word.

Anoniem ·

Ek het in ieder geval GEEN RESPEK vir die Grondwet (of is dit nou Str…wet) nie. Dis nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Zettie ·

Bank Zero van Michael Jordaan (ex-FNB) (wie in direkte kompetisie met Discovery Bank sal wees) het die 17de Augustus hul lisensie gekry om te handel en ek kry geen verwysing van enige verniet aandele of BEE voorskrifte op hulle van toepassing soos wat Discovery beweer hulle aan moes voldoen voor hulle hul lisensie van die Reserwe Bank bekom het nie? So wie lieg….

Pierre de VOS ??? ·

HOEKOM VRA JULLE STEEDS VIR PIERRE DE VOS? tOE EK SY NAAM SIEN TOE WEET EK HY SAL hULLE MET HAND EN TAND VERDEDIG … VERGEET die liberale regsbank . en STRAF Hulle met julle GELD …

HBK ·

As ek so na die YouTube videos kyk wat vandag die rondte doen oor die massa histerie van Swart Vrydag, sal ek graag wil verskil met die benadering dat net witmense geld sou hê. Inteendeel, daardie videos wys weining wit kopers. Daar is baie fasette, maar die eerste aanduiding is dat die grootste koopkrag nie by witmense lê nie.

Sakkie ·

Ek dink dit is ‘n geval waar die Blankes besef het dit is net nog ‘n gelmaak plan. Wie wil vertrap word vir ‘n “winskoop”

Ja Nee ·

Die meeste armes is swart want meer as 80% van SA is swart en 8% blank. Gaan maak nou die som!!!!

Sanet ·

Ja Nee, stem 100% saam met wat jy hier se. Natuurlik gaan daar meer armes onder hulle wees. Iemand wat besef hy kan net een kind bekostig moet nou teen gediskrimineer word agv sy beplanning.

Gys ·

Daar is al nuwe generasies gebore onder die nuwe regering. Vir hoelank nog moet daar die rasses kaart gespeel word. Oordat hulle alles verniet wil he en toe gegee word aan hulle vereistes sal hulle die land tot gronde bring en al die nuwe generasies saam vat grond toe

G@tvol ·

Gaan transformasie en regstellende aksie tot aan die einde van tyd voortduur? Wanneer gaan die bakhand kultuur verander. Dit smaak my teach a man to fish wil nie in Afrika werk nie. Dis makliker om die hand te hou.

Alida ·

Hou op kibbel en kla. Vat julle besigheid weg by Discovery niemand of enige instansie is onvervangbaar nie.

Alida ·

Ons blankes moet ophou om n “chip” op die skouer te he. As ons almal ons besigheid wegvat gaan hulle dit voel. Look and learn by Momentum. Ons is wie ons is en ons moet trots wees daarop.

FM ·

Mense kom ons gee stilletjies pad vanaf die discovery gedoente. Kom ons wys discovery ons kan saamstaan. As ons sê ons loop, moet ons dit net deurvoer. Discovery dink ons is nie ernstig nie. Kom ons wys hulle ons sal aanhou om aan te hou. Discovery bank sal soos VBS bank vou omdat n anc/ eff bank is. Watch mooi , binne n paar jaar hoor julle van n tweede vbs, nl discovery wat onder kuratorskap geplaas is. Kom ons voeg die daad by die woord .VASBYT.

Mel ·

Ag kan iemand tog net vir my verduidelik waar ek bevoordeel was. Ek het nou op die ouderdom van 39 eers genoeg geld om te swot deur UNISA om nie eers te praat van ‘n behoorlik universiteit nie.

Yolanda ·

Kyk, dis super maklik… As hulle net een ras wil bevoordeel het hulle nie die ander rasse se geld nodig om hulle besigheid kop bo water te hou nie. So hoekom by hulle bly? Discovery ploeg hulle lede ook in die afgrond in met hulle hoe premies wat minimaal dek. Dalk tyd om ander fondse te ondersteun. Discovery se mos nou ons geld is nie nodig nie. So Discovery… Gaan vir goud.

Ania ·

Ag tog. Dit raak nou afgesaag. ‘n Paar maande gelede moes ons versekering skuif. Nou is dit die mediese fonds.
Waarheen moet ons skuif?

Bert ·

Neewat, al die groot woorde en regsterme maak vir my geen verskil nie. ‘n Leuen bly ‘n leuen, al word dit geglo. Dis uiters onredelik en absoluut rassisties, maak nie saak wat “regskenners” sê nie, Discovery het hulle eie graf gegrawe en ek is uit.

Domvraag ·

Miskien kan de Vos vir ons sê hoekom wittes wat na 1994 gebore is uitgesluit word. Dit walg my as liberaliste hulle self wil bevoordeel deur hul uitsprake. Wie nog by Discovery bly het geen lojaliteit teenoor hul eie ras, kinders of nageslag nie. Hoop Discovery #fall

Sanet ·

Daar is vele ander opsies tov mediese fonds. Discovery het nie die Blanke bevolking nodig nie, dit is nou net n bewys daarvan. Ongelooflik hoeveel ander opsies ek die week per sms’e ontvang het. My makelaar kyk nou na ander opsies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.