Discovery: ‘Die groot geveg lê nog voor’

Dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Discovery het Maandagoggend tydens ʼn vergadering met ʼn afvaardiging van Solidariteit en AfriForum geweier om ʼn onderneming te gee dat hulle nie verder teen wit mense sal diskrimineer nie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, en Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het met Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, vergader.

“Lede van die publiek het nou goeie rede om hul verbintenis met Discovery in heroorweging te neem,” het Kriel ná afloop van die vergadering gesê.

Hermann het ook gesê hulle kan dus nie iemand wat van mediese fonds wil verander aanbeveel om by Discovery te bly nie, ná afloop van die vergadering op Gore se versoek.

Volgens Hermann het Gore aangedui dat hulle met verskillende groepe in gesprek is oor hul voorstel dat 10% aandele van die Discovery Bank eksklusief aan swart kliënte beskikbaar gestel gaan word. “Ons is baie teleurgesteld dat hy nie die aandeleskema wil heroorweeg nie. Die feit is dat daar geen wetlike verpligting is om wit mense uit te sluit nie en daar is ruimte dat hulle hul skema kan aanpas.”

Hermann het gesê Discovery het nie geluister na die duisende woedende kliënte wat hul misnoeë oor die aandeleskema uitgespreek het nie. “Hulle wil glo nog luister en daarom moet mense hulle stemme laat hoor. Solidariteit het ʼn webblad begin waar mense hul stemme kan laat hoor deur direk ʼn boodskap aan Gore te stuur.”

Hermann het gesê hulle weier om net te aanvaar dat wit mense uitgesluit word. “Indien ʼn reusemaatskappy soos Discovery daarin slaag gaan dit ʼn nuwe normaal word en ons kan nie toelaat dat rasse-uitsluiting ʼn nuwe normaal word nie.”

Duisende mense het die vakbond die afgelope ruk gekontak om te hoor of hulle van mediese fonds moet verander, aldus Hermann. “Met iets soos ʼn mediese fonds moet mense self besluit want elkeen het ʼn unieke situasie. Maar na vanoggend se gesprek kan ons mense nie aanbeveel om by Discovery te bly indien hulle ongemaklik is en voel hulle wil skuif as gevolg van ʼn slegs swart skema nie.”

Die vakbond het op die webbladsy waar lede van die publiek hul stemme kan laat hoor ʼn fasiliteit geskep waar mense wat moontlik van mediese fonds wil verander hulp en advies in die verband kan kry. “Ons vra dus ook dat mense verantwoordelik daarmee moet omgaan en het ons om dié rede ʼn professionele diens vir mense beskikbaar gemaak. Die groot geveg lê waarskynlik nog voor wanneer Discovery sy nuwe bank in werking wil laat tree.”

Volgens Hermann sal Solidariteit en AfriForum hul veldtog teen Discovery verskerp aangesien die maatskappy ʼn nuwe bank vir huidige kliëntebasis wil skep maar ʼn baie groot gedeelte van sy kliëntebasis nie meer deel voel van die maatskappy nie. “Hulle voel hulle word uitgesluit so ons sal volgende jaar ʼn groot veldtog hê rondom die nuwe bank en die karakter van uitsluiting.”

Gore het vroeër in reaksie op kritiek teen Discovery oor die beplande aandeleskema gesê hulle neem die terugvoer baie ernstig op. “Terselfdertyd moet ons altyd op ’n manier optree wat met die sosiale en wetgewende opdrag ooreenstem.”

adrian gore discovery

Adrian Gore die uitvoerende hoof van Discovery. (Argieffoto)

Gore het gesê dit is belangrik om die beweegrede vir die voorgenome skema duidelik te maak en sekere wanindrukke reg te stel. “As diep patriotiese en waardegedrewe organisasie is Discovery daartoe verbind om meer as R13 miljard oor die volgende vyf jaar in Suid-Afrika te belê – Discovery Bank is sentraal hierin.

“In die konteks van belegging in Suid-Afrika is daar ’n duidelike morele opdrag vir transformasie. Om dit op ’n inklusiewe wyse te bereik, is fundamenteel tot ’n suksesvolle, morele en veilige toekoms vir die land. Discovery Bank se BGSEB-skema is gestruktureer om dit te onderskraag.”

Hoewel besonderhede van die BGSEB-skema eers volgende jaar gefinaliseer sal word, verduidelik Gore dat die skema-aandele nie “gratis” weggegee sal word nie. “Kwalifiserende kliënte sal vir hul aandele (en enige rente daarop) betaal deur middel van ondernemersfinansiering binne die skema. Hierdie benadering stem ooreen met talle ander modelle in die finansiëledienste- en banksektor.

“Van sleutelbelang is dat deelnemers slegs sal deel in die bykomende ekonomiese waarde wat hulle help skep – die reëling is nie ten koste van ander lede nie. Ons primêre doel is om ’n bank te bou wat progressief is, nasiebou bewerkstellig en sy kliënte beloon. Ons visie is om ’n bank te bou wat individue help om ’n sterker finansiële toekoms te bou. Ons sal voortgaan met raadpleging en alle geldige terugvoer integreer,” sluit Gore af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Zack ·

Met premies vir ou en arm mense wat met 47% verhoog gaan word in 2019 het ek my ouers oortuig om na Bestmed oor te gaan. Iemand moet iewers vir Discovery se gratis aandele betaal en gelukkig sal dit nie ek of my ouers wees nie. Discovery sal op die ou einde met homself veg vir oorleweing. Totsiens ons staan op die kantlyn en wag dat die bom bars in discovery.

Lientjie ·

Dis nie wat hulle vir 2019 se tariewe op hulle website sê nie; Ek dink dis weer ‘n fobbrief wat iewers die rondte doen. Hulle kan nie jou premies met so baie opstoot nie.

SjN ·

Ek het Discovery se nuwe tariewe vir 2019 ontvang en die gemiddelde styging is in die omgewing van 8,9% op al die planne. Daar is wel verander aan die inkomste brackets op key care planne. neem ook in aanmerking dat premie nie volgens ouderdom bepaal word nie maar as hoolid, volwasse afhanklike en kinders(betaal slegs vir 3) So die jonges subsideer die oues.

Ronell ·

Inderdaad word die key care plus premies met 47% verhoog. Die mense wat nie sommetjies kan maak nie, moet dalk net iemand vra om dit met prentjies vir hulle te verduidelik. My seun wat verlede sy werk verloor het, en tot vandag nog nie weer kon werk kry nie, se premie is huidig op laagste vlak van R990.00 per maand. Januarie skuif premie op na R1497.00. Gelukkig is daar ander skemas soos Momentum en medihelp en ander wat nie bloed uit n klip probeer tap nie.

What a joke! ·

Goeie keuse Zack laat hulle nog stuk in hul eie woorde…Dit is uiterlik rassisties en soos n nuwe aanvaarde Apartheid..

tamboti ·

‘n Lekker Gore(y) storie! Groot maatskappye het baie geld by verbruikers gevat oor baie jare, maar hul bly net getrou aan aandeelhouers.

Lientjie ·

Hulle se Bestmed is goedkoper as Discovery en beter voordele.

Pensioenaris ·

Dankie tog, ek is ook nie meer by hulle nie. Gelukkig het my oe al n rukkie terug oop gegaan.

Gerrit ·

Gelukkig het ek en my gesin al lank terug gesien ons word gemelk. Ons huidige mediese fonds gee terug en gee terug en is amazing as ons voldoen aan die paar vereiste’tjies. Skielik het ons mediese fonds vir ons ‘n ligpunt geword. Sies vir julle Discovery… Mamon het julle aan die lies beet!!!

Al ·

Lagwekkend mnr. Gore. Jul verdeel ñ nasie- maar gaan voort.
Sal my nie verbaas as jul oor ñ paar jaar kop in die hande sit nie.

Francois le Cochon ·

@Dirk Hermann. Wat van ‘n nuwe mediese fonds, Solmed!!

Frank ·

Hoor, hoor!! Hulle kan sommer ook kyk na ALLE versekerings, kort en lank. Weet egter nie of dit so maklik is nie. Seker baie infrastruktuur en beleggingskapitaal nodig.

joe ·

Ai tog ou Dirk, is dit so moelik. Om `n nuwe Finansiele onderneming in SA te begin. MOET jy aan wetgewing aangaande BEE voldoen. AL die banke en finasiele instansies MOET daaraan voldoen, bv , FNB is 26% BEE compliant, en jy kan dit op internet trek as jy dit nog nie gesien het nie.
Geen Mpy kan `n BEE skema vir blankes aanbied nie!!!
En dit is NIE gratis soos jy dit wil sien nie???
Mens sal dink dat `n persoon in jou posisie meer insig sal he in so `n saak, anders om mense te probeer be-invloed om in hierdie tye hulle medies en polisse te kanseleer, net omdat jy nie die skema verstaan, of wil verstaan nie???

Kryger ·

@Joe – So as Discovery bank 20% van hulle aandele aan alle nuwe kliente gegee het, sou hulle nie ten minste 50% van die 20% (of 10% van die maatskappy) daarvan in swart mense se besit gehad het nie? Hoekom spesifiek teen wit mense diskrimineer en dit dan nog probeer weg lieg?
Nee jong ou Joe, dis eerder jy wat nie die rasisme verstaan of wil verstaan nie!

Joe ·

? Kryger, Discovery gaan niks verniet weggee, hulle verkoop dit, en hulle maak hulle 10% bekend, waar bank jy??

dre ·

Die wit mense moet leer van die massas…en daai outydse slagspreuk….EENDRAG MAAK MAG….staan SAAM mense ..soos met Momentum ook…hulle het gou hulle reels gewysig …of as hulle nie wil hoor nie …VERLAAT Die Discovery Groep….Dan sal hulle voel en hoor

Pandora ·

Ek wonder hoekom hierdie Gore-man oor beide, Britse sowel as Suid-Afrikaanse burgerskap beskik. Probeer hy eiehandig die kolonialisme wat sy aangenome land hier aangerig het regstel?

Gerrit ·

Gelukkig het ons al ‘n tyd gelede besef die fonds vra meer as wat hy gee… en genadiglik geskuif. Ons afgelope 5 jaar se fonds vergoed ons in geldwaarde deur binne hulle riglyne te bly en skielik is medies ‘n bate en nie meer ‘n lastige las nie…. SIES DISCOVERY… Mammon het julle aan die lies beet!!!

Dries ·

Dit is di punt JOE!
Oor jare het ons bybraes help opbou, aan di Milrade wat nou voordele, Eksklusief vir BEE- kliente gaan aanbied! Dis soos om rente by n bank te ‘verdien’, maar di opbrengs word aan BEE uitbetaal en NI aan my en jou ni!
Kyk ook na BONITAS as n alternatief

Jacques ·

Ek is ook weg by discovery en al hulle fissies . Ek dink dit is belaglik om in die land se huidigge klimaat so stelling en rigting in te slaan . # Spur . Gaan vra n spur eienaar of hy dink dit is n goeie idee om wit mense te benadeel ?
Joe – ek neem aan jy is onder die wat aandele KRY vir bietjie reklame ?
Mense soos jy maak my ongelooflik bang , want dit gaan nie net oor nou nie maar ook oor more en die dag daarna . Dink aan die lang termyn probleme met goed soos n staakseisoen . Wat dink jy gaan gebeur as die eerste tien aandeelhouers ontevrede is met die syfers , brand en afbreek is al wat ek kan se .

What a joke! ·

Hulle discovery het baie baie baie koffers geld met komplimente van die einste blankes wie hul nou nie meer goed genoeg vind nie!Hul is min gepla oor n klomp blanketjies wat nou dreig om te loop oor daar teen hulle gediskrimineer word soos in die apartheids dae…Ironies dit is die einste klomp blanketjies wat Discovery nou met soveel minag hanteer wat die einste discovery so dik soos n volgesuigte bosluise laat word het en skielik is ons nie meer goed genoeg nie…WTV! Jy moet ok maar lekker stupid wees as n blanke om aan te hou by Discovery….Ek Spur hulle…hulle het my mos nie nodig nie as blanke nie!!!!Ek hulle ok nie…

Ekke ·

Ongelukkig kan ek nie kies nie. Maatskappy betaal gedeeltes van ons premies so ons is vas. Anders sou ek ook al lankal geskuif het

Realis ·

Skuif my medies einde Desember na Medihelp. Amper halfprys vir selfde voordele.

Vergelyk appels met appels ·

Nee, dit is NIE dieselfde nie. Moenie jouself om die bos lei nie.

Kevin B ·

Ek gaan Discover vir my familie heer orweeg. Ek doen nie sake met memse wat rassisties is nie. Ek is in security kry n klien salary moet elke maand my geld sake mooi beplan anders kom ons nie deur.

liz ·

Ons sal sien as die debietoders een na die ander begin hop, gaan doen navorsing mense daar is verskeeie skemas wat bekostigbare opsies bied.

Pieter Pieterse ·

Ek het laas week na Medihelp geskuif, geen probleem nie, onthou net om ALLE lede sertifikate by enige vorige mediese fondse saam met jou aansoek in te stuur sodat jy nie gepenaliseer word nie. In dien jy geen onderbrekend tydperk, langer as vier jaar, nie lid van enige mediese fonds was nie dan is daar geen wag periodes of ekstra “penalties” nie.

Frank ·

Ek verstaan by alle fondse is daar ‘n drie maande wag periode? Dis my groot probleem. Iemand al ‘n studie gedoen oor verskeie fondse, hul voordele en premies? Sodat mens kan vergelyk?

phillip ·

Ek is 8jaar by Bonitas en ek sal nie van hulle skiuf nie Stadsraad het baie opsies maar bly tevrde met Bonitas

Anette ·

Ons oorgeskuif van discovery na medihelp vanaf begin Januarie, geen wagperiodes is op ons van toepassing nie

RG ·

Dieselfde prinsiep:
“23Sep18 – Naspers, MultiChoice plots its path
The value of MultiChoice SA’s empowerment scheme Phuthuma Nathi, which has a 20% stake in the company, gained as much as R3.8 billion this week on the news that Naspers would unbundle video interests into a new group called the MultiChoice Group.
The Phuthuma Nathi scheme consists of 67.5 million shares that are held by about 90 000 black investors.
By the close of Thursday’s trade this week the scheme was valued at R9.6 billion.
The volume of Phuthuma Nathi shares traded shot up after the news of the unbundling.
The shares gained more than 60% following the news of the unbundling.
Meloy Horn, Naspers head of investor relations, said that once the Phuthuma Nathi debt was paid off, the shareholders had received R6.2 billion in net dividends since the inception of the scheme. The Phuthuma Nathi shares were issued at R10 and by the close on Thursday they were valued at about R140. “The Phuthuma Nathi shares have been trading at a discount because they are not freely tradable [as shares are restricted and traded only between black investors, which limits the investors in the shares],” Horn said.

So wil die regering hul mense ryk maak sonder om ‘n vinger te lig, terwyl blankes die maatskappye ondersteun en van die grond af gebou het. Hierdie sal die norm word vir maatskappye wat enigsins in SA wil besigheid doen, want dit werk.
Is dit regverdig? Nee

Roger ·

Blatante rassisme…òf bloot net opportunisme om nuwe teikenmark te vestig?? Daar is vele ander nes Discovery. Hul verdien geen blanke se geld nie, maar te veel blankes te gewillig om, soos dooie visse, saam met die stroom te vloei.

Louw ·

Kyk ook na mediese versekering as ‘n opsie. Daar is redelik baie maatskappye wat dit aanbied en dit werk op die basis dat jy besluit watter voordele jy verwag, en betaal dan dien ooreenkomstig. Omrede ek kanker het wou geen mediesefonds met ‘n tang aan my raak nie, maar mediese versekering het ‘n twee jaar wagperiode gehad en vandag het ek versekering wat betaal indien ek dit benodig. Ek was ook ‘n finansieele adviseur so daar is baie goeie fondse daar buite wat jou kan help. Ongelukkig het Discovery ook die voordeel dat jy afslag kry op sekere items waar die maatskappye onderling ooreenkomste het, en wanneer jy dit in ag neem, kan jy baie min by discovery betaal. Stem nie met hule besluit saam nie, maar indien hulle dit bedryf soos PPS hul versekering en beleggings maatskappye bedryf, sal net die mense wat daaruit voordeel wil trek, die opsie kry. PPS moet jy ‘n 4 jaar graad he, so discovery kan dit dalk net maak dat jy ‘n sekere bedrag aan dienste by hulle moet bestee.

Jerry ·

Gore staan aan die anderkant van die draad by die voorheen benadeeldes en gaan hom duidelik nie deur Solidariteit en filiale laat boelie nie. Aan die Solidariteit kant van die draad behoort die sake waar witmense uitgesluit en benadeel word deur diskriminasie, te dien as regverdiging vir Solidariteit om dit waarna hulle strewe, om afsonderlik te ontwikkel, te verwesenlik. Solidariteit kan nie vir te veel langer sloer voordat hulle n sosiale en wetgewende opdrag vir afsonderlike ontwikkelling vir die huidige benadeeldes (witmense), wetlik beding en vestig nie, juis nou in n tyd waar die ANC afsonderlike ontwikkelling vir voorheen benadeeldes implementeer.

Ou Joe ·

Gelukkig is daar meer as 200 000 lede van SOLIDARITEIT wat hulle DISCOVERY polisse kan kanselleer, so of jy nou hou van rassisme of nie hou van die minderheidsgroepe nie, ons gaan hulle laat LES OPSE

alida ·

Discovery is nie gepla nie. Die hele Staatsdiens is hulle lede en hulle kry astronomiese salarisse. As al die blankes onttrek sal hulle dalk die verskil voel maar dit gaan hulle nie breek nie. Ons verloor alweer soos gewoonlik.

Ronel ·

Alida jy sit die pot ver mis! Die meeste staatsdienslede behoort aan GEMS!!! (Ek werk vir die Staat en kry geen astronomiese salaris nie).

@Alida.. ·

Beteken nie jy hoef n hensopper te wees nie…miskien is jy reg en hul Discovery mis jou as blanke se geld nie maar miskien as baie blankes skielik wegdraai en vir hul eie regte en selfrespek opstaan mag hul dit tog wel begin voel..Teminste kan jy darem goed oor jouself voel en se ek het opgestaan teen daai dekselse boelie en hom nie net oor my laat loop nie…Dit is wat ek gedoen het…
DOWN WITH DISCOVERY DOWN WITH RACISM!!!!!

LS ·

@ Alida. Waar kry jy die feite vandaan deur te sê dat “die hele staatsdiens” is lede van Dicovery?? Moet asseblief nie mense op hierdie forum mislei met absurde aanames nie. Daar is duisende staatsamptenare wat aan die Goverment Employee Medical Scheme (GEMS) behoort. Beleid is so geskryf dat omtrent alle nuwe Werknemers wat by die staat aansluit, GEMS lede word ten einde volle mediese voordele/ bydraes van die staat te ontvang.

Nel ·

Joe Black, dink jy regtig iemand soos Dirk Hermann sou nie sy huiswerk deeglik gedoen het alvorens hy Discovery aangevat het nie?
Kom by jong. En gaan lees maar die Bankwet – daar is geen wetlike verpligting dat nuwe banke ‘n 10%-belang aan swart deposante moet gee nie, alhoewel dit teen die bank kan tel…

Nix ·

Ek het self al gewonder oor mediese versekering, maar is nie heeltemal seker oor die voor en nadele nie. Dek hul ook jou hospitalisasie indien nodig of net ‘n sekere bedrag daarvan? Dis dalk regtig iets wat ons moet oorweeg, maar soos baie van ons is redelik oningelig omtrent mediese versekering.

Louw ·

Dit hang maar af van watter maatskappy jy gebruik. Meeste dek juis hospitalisasie maar daar is limiete. Jy word ook ‘n sekere aantal besoeke per maand aan die dokter togelaat en kry jy ‘n kaart wat soos ‘n debietkaart werk waar al jou limiete opgelaai is en dan verminder word soos jy dit gebruik. Premies is baie laer.

waarheid ·

Die tekort aan geld – vir Discovery – sal oor ‘n paar maande begin wys wanneer lede ‘n ander heenkome soek – en dan sal die knaap ‘n ander deuntjie begin sing – en ons gaan nie na die gesang luister nie.

Betaal ni ·

Eks klaar daar weg na die fonds heeltyd verskonings soek om nie te betaal nie.

Anonieme Lafaard ·

alida, Discovery is dalk nie gepla nie, maar ek is gepla. Dit is ‘n beginsel saak. Ek is nie by hulle medies nie, maar gaan my Discovery kredietkaart stop.

johannes ·

wou oorgaan discovery vitality.
Bly nou by Medihelp agv die diskriminasie en hoer premies.

Pieter ·

Laat jy my nou lag. Jy het onbewustelik na hulle premies as hoer (straatvrou) premies verwys. Ha ha ha, ja dit is verseker hoe ek ook oor hulle voel.

sinies ·

Discovery is ‘n Joodse front organisasie wat Blankes minag.

Stan ·

Ag strooi! Moet nou asb nie veralgemeen en die woord ‘joodse’ gebruik nie! Dit is onaanvaarbaar en hits haatspraak aan.

Tiaan ·

Adrian Gore is ‘n Jood en hy minag verseker die blankes maar dit is ‘n veralgemening vanaf sinies

Vincent ·

Al wat Discovery met hierdie rassistiese aandeleskema regkry is om rasseverdeling en rassisme verder aan te blaas. Na 25 jaar van regstellende aksie en BEE is dit duidelik dat net die elite daardeur bevoordeel word. Werkloosheidsyfers en armoede is die hoogste ooit. Die grote Goliat het gelag vir Dawid totdat sy bene onder hom padgegee het. Sy val was hard. Gore begin toevallig ook met “Go” soos Goliat.

bj smit ·

stem saam collleen ons is al meer as 10 jaar weg by discovery en is tans by bonitas .het 3 hart aanvalle gehad in Desember 4 hartomleidings in Januarie en als was betaal vir my as pensionaris is hulle baie goed gewees

Eddie ·

Die gemiddelde persoon is redelik onkundig oor die verskillende opsies wat beskikbaar is en mediese skemas neem ‘n groot hap uit die gemiddelde huishouding se begroting !!

ZeeBee ·

Middag, Kan enig iemand my help? Watse Mediese Fonds het ‘n soortgelyke plan as Discovery se KeyCare Plus plan .Verhoging van ongeveer R 570 .00 pm vanaf Januarie 2019 . Die skole, kleuterskole, naskole, rentekoers, Medies, Brandstof, Iets basies soos kos, alles verhoog en dan kry ons ‘n skrale verhoging of geen verhoging. Hoe moet ‘n mens so oorleef. Ek soek net ‘n ordentlike Med Fonds vir my kinders sodat hulle 100% hospitalisasie het asook dag tot dag voordele.Hulle betaal tans R 1 349.00 pm vir hooflid met een kind. Dit verhoog na R 1 919.00 pm. vanaf Jan 2019.

Leonora ·

Gore sê ”as die diep Patriotiese waardegedrewe organisasie is Discovery verbind om 13 Miljard in die volgende 5 jaar in SUID AFRIKA te belê” – nie in WIT of SWART nie Mnr Gore in SUID AFRIKA. Is ek dom en blond en wit dat ek dit verkeerd dalk verkeerd verstaan of lees.

RG ·

Ook maar woordspeling Leonora, soos ons President. Dit beteken eintlik dat hulle 13 Miljard in swart bemagtiging gaan bele.

Philip ·

Okay, so ver weet ek van Bestmed en Bonitas. Enige ander uitstekende opsies vir ‘n Hospitaal Plan, asseblief?

Anoniem ·

My medies is ‘n stywe geldjie. Ek wonder of ek my dokter, tandarts en plaaslike hospitaal ‘n maandlikse fooi kan betaal, dan kan ek enige tyd op hulle knoppie druk. So R2000 elk, met ekstra R1000 na die dokter om spesialiste te betaal indien nodig.

Net 100 pasiente en hy lewe lekker.

dre ·

Die wit mense moet leer van die massas…en daai outydse slagspreuk….EENDRAG MAAK MAG….staan SAAM mense ..soos met Momentum ook…hulle het gou hulle reels gewysig …of as hulle nie wil hoor nie …VERLAAT Die Discovery Groep….Dan sal hulle voel en hoor

riana ·

Julle kan gerus na Medihelp kyk ek was 7 jaar by hulle. Baie goeie mediese fonds. laat Discovery maar aan gaan met hul strooi sal wel hul fout agter kom.

Jayf ·

Ek is 26 jaar by KeyHealth en kan nie kla. Alles hang af van die opsie wat jy kies en voordele beskikbaar.

Donderstorm ·

Ons is nie “goed genoeg” nie maar ons geld is hul moet nooit se fonteintjie ons sal nie weer by jou drink nie.

Naomi ·

Ek wil baie graag uit discovery bedank maar ek het n groot probleem. Ek het VHL(n oorerflike siekte). Sedert 1991 is ons by Discovery.
Ek is by spesifieke spesialiste want min dr’s dra ENIGE kennis van VHL. Elke spesialis het sy hospitaal waar hy opereer, waar hul spreekkamers is. Ek moet ook jaarliks gaan vir opvolg skanderings ens. Ek het 5 brein, 2 spine en n nier operasie gehad. Discovery dek al die hospitale waar ek moet gaan, 3 verskillendes.
Na die eerste berig het ek dadelik begin rondkyk na ander fondse. Baie vd ander fondse dek nie die hospitale waar ek gaan, sommige prosedures ook net gedeeltelik. Ek wil nie n hengse rekening kry as ek dalk vir n operasie sou gaan, omdat die fonds sekere prosedures nie bt. Hierdie operasies is nie kleingeld nie. Verteenwoordigers vd fondse is nie altyd heeltemal op hoogte vd presiese uitsluitings nie. Ek het voorheen amper so n bloutjie geloop.
Nou wat staan my tedoen, anders as om maar by discovery te bly?

Opmaak ·

Daai verhoging van Discovery is om op te maak vir almal wat waai, so hulle voel vere!

Alida ·

Mense google die onderskeie skemas en kry antwoorde. Een mens kan nie vir n ander raad gee nie. Dit behoort julle vir n paar ure besig te hou.

Naomi ·

Na aanleiding van my vorige kommentaar (wat ek nie weet of dit in elk geval geplaas gaan word nie). Watter ander fonds gaan my geval aanvaar met so n geskiedenis?

Flintstone ·

As Discovery hierdie blatante rassisme hardnekkig volhou rakende ‘n aspek soos aandeelgifte,dink net hoe gaan hulle nie hierdie rassistiese benadering toepas op uitbetalings aan wit eise nie.Volgende word uitbetalings ras gebasseer.Dankie tog ek is by ‘n ander mediese fonds.

Johan ·

Wittes kry vir jul ander skeme. Daars baie wartes wat discovery lekker gaan melk. Kry vir julle.

#DISCOVERYMUSTFALL ·

Na aanleiding van die bogenoemde kommentaar is dit duidelik dat Discovery baie kliënte gaan verloor. Hoe kan iemand wat omgee vir ‘n maarskappy se toekoms so roekelose besluit neem. Hy is niks beter as die hoofde van SAA, ESKOM, PRASA en SARS nie. Sal glad nie verbaas was as dit later uitkom dat hy miljarde in omkoopgeld ontvang het nie.

Koos de Meyer. ·

Spur hulle, voel sal hulle dit voel. Kom ons kyk hoeveel van ons mede lands burgers gaan elke maand betaal. As ek daardie bank kaart het kan ek maar koop, maar betaal aan die einde van die maand aikôna.

t ·

Noem jy dit nou Koos. Man is kolonel in polisie, vrou is suster by groot hospitaal. Nuwe motor in die oprit. Hulle krag is Saterdag gesny. Wou kom geld leen om aansluiting te doen. Dis die naweek waarin meeste betaal is. Hoe maak jy sin daarvan?

Goor Adrian ·

Discovery moet maar sy geldjie maak by sy gunsteling bevolkingsgroep.

Jz ·

Is daàr nie iemand wat vir Gore n blikkie swart poletoer kan skenk nie.?

Zachrys ·

Ek dink soos sommige komentaar dit ook noem. Kom ons begin ons eie mediese skema op ko-op basis Afrikaans vir Afrikaners die tyd is nóú.

Daleen ·

Afriforum gee vir ons bekostigbare medies ons ondersteun julle graag. Alles is deur spek met korrupsie. Daar is geen deur waaraan ons kan klop wat die man en vrou op straat se belange beskerm nie

RH ·

Kom ons mense hou en bele ons gelde in oorsee se plekke en verruik ons self daar deur. Hulle soek net die ander rasse se gelde en dit is ongellukkig wie die meeate geld vandag het so los discovery. Vat jul gelde en ons bou voort aan on eie toekoms. Kom ons maak seker ons merk daai mense wat die besluite geneem het het hulle sal eendag weer van ons hoor.

NHI ·

Toemaar my mensies, oor ‘n paar jaar tree die NHI in werking en dan hoef niemand meer te bekommer oor mediese fondse nie en almal sal gehalte gesondheidsorg gratis ontvang.

Michelle ·

Ons is al amper 7 jaar by Genesis mediese fonds. Hulle is uistekend!! Ons is n gesin van 5 en die premies is baie bekostigbaar. En n groot bonus vir ons is elke lid van die gesin kry R25 000 per jaar vir tandards besoeke en behandeling.

Genoeg_Is_Genoeg ·

Ek sal ‘n punt maak dat enige instansie wat teen my velkleur diskrimineer nie ‘n sent verder van my af ontvang nie!

Sus ·

en so word my lysie van plekke en dienste wat ek sal vermy, langer …. Shell, SASOL, Woolworths, Discovery, SPUR en sy filiale ….

Windjie teen Donder ·

Meer as 90% van Discovery se lede is lede omdat hul werkgewer die voordeel bied. Gebruik die subsidie of soek jou eie medies sonder subsidie. Lede, veral jong gesonde lede is reeds ‘ingebind’ deur die pakket van voordele wat Discovery bied meer as net mediese dekking.
Die individuele lede wat Discovery verloor is mimimaal en het min, indien enige, effek op Discovery as korporatiewe maatskappy.

Windjie ·

Meer as 90% van Discovery se lede is lede omdat hul werkgewer die voordeel bied. Gebruik die subsidie of soek jou eie medies sonder subsidie. Lede, veral jong gesonde lede is reeds ‘ingebind’ deur die pakket van voordele wat Discovery bied meer as net mediese dekking.
Die individuele lede wat Discovery verloor is mimimaal en het min, indien enige, effek op Discovery as korporatiewe maatskappy.

Twak-Onwettig ·

The South African Constitution guarantees every citizen of South Africa “freedom of choice” and not to be discriminated in any way against him / her. However, one often sees the exact opposite happening when an employer makes it a condition of employment to belong to a certain medical scheme(s), especially if the employee is on a CTC salary structure. This practice could and should be challenged by existing and new employees, as other schemes may offer more affordable premiums and better relative value for their families.

Andrew ·

Ek is bitter jammer vir julle almal, rerig ek is!

Ek en my vrou het 5 jaar gelede die land verlaat omdat ons albei goed gekwalifiseerd is maar in “dead end jobs” was oor ons velkleur. Ek is gese ek’t 6 maande om ‘n nuwe pos te soek by die bank waar ek gewerk het van hulle gaan weer “restructure” (ons almal weet wat dit beteken).

Maar nou voel dit vir my dat Discovery bereik ‘n nuwe vlak van BEE – nie net sal hulle (ook) eerder gekleurdes aanstel nie, hulle lewer nou ‘n diens aan kliente wat ook die blankes benadeel. Dis een ding om hulle nie aan te stel nie, dis ‘n ander ding om te se “jou geld is nie goed genoeg nie”….want jys wit.

Ek dink ons moet saamstaan en Discovery slaan waar hulle dit sal voel, hulle geld. Mnr Gore is byna R7bn sterk dansky julle almal se lojaliteit teenoor die Discovery. Skuif julle medies, maak julle Discovery kaart toe, bank iewers anders – laat ons sien hoeveel gekleurdes dit vat om Discovery te hou in die lekker gemaklike posisie wat hulle is.

DC ·

Kwalifiserende lede is die wat die vereiste pigment en politieke assosiasie het. Wat n bedenklike maatstaf. Natuurlik gaan dit meewerk dat die maatskappy hom kan gereedmaak vir enorme verliese vorentoe. Ek sal maar ligloop vir n besigheid wat sosiaal eerder as ekonomies gedrewe is.

Ronel ·

Het my geldjies gevat en gewaai na Bonitas, Discovery sal my na 11 jaar nie weer sien

Mr B ·

Discovery was nog nooit ‘n goeie mediese fonds nie, eerder ‘n e-bay tipe fonds wat vlugte, reise, vakansies moet kruis subsidieer. En hulle uitree annuiteite waaarvan die premie elke jaar met 10% verhoog, maar in werklikheid kry jy net 3% voordeel.

Hoeveel lede is daar oo mediese fondse vandag en wat is die persentasie verdeling tussen die bevolking groepe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.