‘Discovery gaan uitvind rassediskriminasie werk nie’

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter.

Discovery se voorneme om 10% van sy aandele aan swart kliënte toe te ken onder die dekmantel van bemagtiging, is niks anders nie as blatante rassisme.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het gesê in wese sal Discovery se plan om ʼn nuwe bank te stig goed wees omdat dit kompetisie in die bankwese sal aanmoedig. “Dit is net jammer dat die stigting daarvan op so ʼn vals rassistiese noot moes begin.”

Volgens Alberts moet Discovery nie vergeet wie sy eerste kliënte was nie en wie die maatskappy gehelp het om ʼn finansiële reus te word. “Vandag het Discovery kliënte van alle rasse en agtergronde. Al hierdie mense is belangrik en speel ʼn rol om Discovery suksesvol te maak. Om nou vir een groep te sê jou velkleur is verkeerd om in aanmerking te kom vir aandele, is immoreel.”

Alberts het gesê armoede kom tans onder alle rasse voor. “Daar is algemene konsensus dat armoede nou op ʼn intra-rassebasis voorkom en nie meer soseer interras van aard is nie. Daarom moet Discovery eerder aandele uitdeel op grond van sosio-ekonomiese behoefte.

Adrian Gore

“Indien Discovery glo ras is die basis waarop aandele weggegee moet word, dan moet Adrian Gore sy oortuiging bewys deur sy eie aandele weg te gee en nie te verwag sy wit kliënte moet die las dra vir aandele wat net aan swartes gegee word nie.”

Alberts het gesê indien Discovery nie afsien van hierdie rassistiese plan nie, sal die firma uitvind dat wit kliënte eenvoudig met hul geld sal stem deur hul sake van dié firma weg te neem.

“Onthou wat met Spur gebeur het. Dis nie die moeite werd om ʼn firma soos Discovery wat waarde tot die ekonomie toevoeg, bloot te stel aan hierdie gekke aandeleplan nie en die VF Plus doen ʼn beroep op Discovery om sy voorneme met erns te heroorweeg.”

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het intussen gesê Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, was nog nie in gesprek met Solidariteit en AfriForum soos wat in mediaberigte beweer word nie. Volgens Hermann het Gore wel ʼn e-pos gestuur en gesprek versoek.

Ernst Roets, adunk-uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het ook bevestig Gore was nog nie met die burgerregte-organisasie in gesprek nie. AfriForum het ’n veldtog van stapel gestuur om die publiek teen die voorgenome rassediskriminasie van die Discovery Bank-afdeling in te lig.

Dit volg nadat Discovery aangekondig het dat hulle nuwe inisiatief, Discovery Bank, op ’n rassegrondslag teen minderhede sal diskrimineer deurdat uitsluitlik swart deponeerders ’n 10%-aandeel in dié maatskappy sal ontvang.

AfriForum het sy lede en ondersteuners aangemoedig om Discovery per e-pos, telefonies of op sosiale media te kontak om hul skok oor en teleurstelling in hul rassistiese optrede op skrif te plaas. “Lewer ’n pleidooi vir gelyke behandeling. As jy reeds jou sake met Discovery gestaak het, maak seker dat hulle daarvan bewus is dat jou grief teen hul optrede die rede daarvoor is. As jy nog nie jou sake met Discovery gestaak het nie, maak seker jou stem as ontevrede kliënt word gehoor. Besoek die webblad www.stoprassisme.co.za en verklaar jou ondersteuning vir die dispuut met Discovery.”

Volgens Roets is Discovery se optrede ’n blatante vorm van rassediskriminasie. “Dit is een ding om jou met opheffingsprojekte te bemoei, om beurse aan arm kinders toe te ken of om onderwysinstellings te help finansier. Om ’n groep middelklaspersone op ’n uitsluitlik rassegrondslag te help om welvaart te versamel, is egter iets heeltemal anders,” sê Roets.

“Dit is die jaar 2018. Met Discovery se optrede koop hulle onbeskaamd op die ANC se rasbeheptheid in. Dit is nie bloot rasbeheptheid nie – dit is ’n onvolhoubare rasbeheptheid wat minderhede tot tweedeklasburgers en tweedeklaskliënte reduseer, maar wat terselfdertyd niks doen om die werklike krisisse in hierdie land op te los nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Callie ·

Waar kom die siek, bekglike idees vandaan. Wie sit agter dit. Sasol, nou discovery. Ek sal niks besigheid met een van hulle doen nie

Daan Boraine ·

Staan saam met di kommentaar dat as blanke sakeman dat ek moeg is om altyd my te probeer herrinner aan di verlede .Hoeveel keer moet ons om verskoning vra Waar was Discovery 20 jaar gelede het my WIT KAPITALISME GELD ni gehelp bou aan Discovery ni tot waar hy vandag is.Lyk vir my dat di blanke ni meer welkom is in sy eie land ni WAT VAN ONS KINDERS VANDAG

eugene ·

my epos is aan hulle ‘call centre’ gestuur dat ek my medies sal skuif indien hulle voortgaan met die aksie
almal moet asb so epos stuur en staan by jou woord!

Hoe nou....... ·

BBBEE……dankie Discovery ek kanselleer my medies by julle!

waarheid ·

Bly weg van Discovery af – want nou wil hulle die geld waarmee ons hulle ryk gemaak het vir rassistiese redes weggee.
Uitverkopers sonder rugraat Galore!
Hoop almal verlaat hulle.

Jan ·

Gedink Momentum sukkel om eise te betaal Discovery is 10 keer erger.

John ·

Hulle gaan gou meer discover en dit is dat Dr Who nie gaan val vir die storie nie dat die mega-fondse suutjies oorgeskuif word na die toevallig-juis-nou nuwe bank nie. Die fonds speel soos Sasol om tyd te wen maar die uitskuif van witmense maak die skrif aan die muur leesbaar vir almal. AgriSA se pics saam met CR ea in hul poging om hul baste te red het toe niks gebaat nie. Mens kan nie eers loop en dan kruip nie… doen dit eeder andersom.

LL ·

So Discovery stel dit nou duidelik hiermee dat hy sy klieëntebasis wil “ras -klassifiseer”? Ek sou gedink het enige respektabele Mpy sou wil wegbly van rasklassifisering ? Wat anders doen hulle nog met al hulle klassifiserings inligting ? Discovery bevind hom nou in onwelriekende geselsskap met hierdie praktyke. Die reputasie skade is reeds aansienlik en sal moeilik herstel word onder die groep wat aan die ontvangkant is van hierdie minagting…

Veritas ·

Die tyd vir terugslaan het aangebreek. Indien anderstaliges tevrede is daarmee om as tweederangse burgers behandel te word, beteken dit nie dat Afrikaners ook daarmee gediend moet wees nie. Deur hul geld te laat praat, kan die Afrikaner groot besighede tot ander insigte bring soverre dit ons taal betref. Alle kettingwinkels moet ingelig word dat Afrikaans nie ‘n kombuistaal is nie en dat Afrikaanssprekendes se geld net soveel waarde het as dié van anderstaliges. Ons kan daarop aandring om in ons taal bedien te word of ons besigheid neem na waar ons welkom is.

Gory ·

Ja, enige een wat met Sasol of Discovery sake doen of hulle produkte koop, ondersteun hulle beleid, soos die rye blanke motoriste wat nog steeds brandstof by Sasol ingooi en koop in hulle winkels

Anne ·

Presies soos jy daar se, selfde met Spur , wimpy , woolworths en , en . Blankes ondersteun steeds ongeag die rassisme teen ons wittes , slaan my dronk .

Andre ·

My lewensversekering gekansselleer en medies geskuif..net krediet kaart klaar betaal dan volg hy…julle gaan nie langer my geld gebruik teen my mense nie

Leoni ·

Hou van wat jy sê… “Julle gaan nie langer my geld gebruik teen my mense nie”. Lê lekker op die hart.

Arie ·

Los Discovery!! Moet nie met hulle deel nie daar is goedkoper en beter as hulle

zack ·

Tots sien Discovery. Julle is nou in dieselfde klas a Sasol. Ek en my familie sal geen besigheid met julle doen nie. Ek sal FB en die media inspan om teen julle te betoog sodat julle besigheid verloor.

sons ·

Ek wonder hoeveel mense het al oor geskuif van Discovery af na ‘n ander medies toe. Skrik wakker Discovery!!!

Boer ·

Ek kanselleer ook vandag Medies by Discovery en gaan ook aandele verkoop sodra my makelaar op kantoor kom vanoggend

Frikkie Geld en huis ·

Dit kom voor of hul opposissie wil wees vir African Bank.

Faan ·

Mnr Gore met let OP wat Thuli Madonsella vir Momentum gesê het – dit is ook op Discovery van toepassing nl ” wat julle doen is nie teen die wet nie maar waar is julle INTEGRITEIT ?

Colleen ·

Wel ek het die artikel van gister op facebook geplaas. Stuur die mal idee wat discovery het die wêreld in. Ek en baie wat ek ken het reeds binne 24 uur bande met discovery verbreek. Ek voel vere vir ‘n maatskappy wat vere vir my voel.

Klip ·

Mr Gore. Was dit jy wat my die dag, jare terug, wat my gebel het om dankie te sê vir die aansienlike belegging wat ek gemaak het. Ek , my vrou, en twee kinders wat afgestudeer het waarvan altwee werklose graduandi is agv BEE beleid, is nogsteeds by Discovery. Ek verstaan dat die nuwe bank moet persentasiegewys oor swart bemagtiging beskik. Maar dit is nou al die jaar 2018. Plaas staan julle sterk en sê vir die wetgewer dat tye verander het en dat baie mense ook my twee wit seuns behoeftig is, en dat die wet heroorweeg kan word wat BEE betref. Dit kon ons hele ekonomie laat verander en positief laat omswaai. Maar mense met kleivoete sou so n geleentheid verby laat gaan. Tog so jammer. Jy ondersteun dus die feit dat ons wittes ons lot vir die toekoms moet aanvaar. Ek dink n groot persentasie van jou kliente is nie gelukkig met jul besluit nie. Dink weer of is die hammertjie geslaan!

Tania ·

Ek dink dat daar ‘n verskuilde agenda hier is. Minister van Gesondheid word dalk omgekoop sodat Discovery sake kan doen met staat, of dat regulasies aangaande mediese fondse nie Discovery sal raak nie. Definitief iets onderduims!!

Sarie ·

Dink jy is reg. Iets het vir my na ‘n rot gebruik toe Discovery die konferensie gereël het waarop die Clintons en David Cameron was wat ons wou kom vertel oor grond. Meer as wat die oog kan sien.

Naas ·

Nadat ek by Discovery beswaar gemaak het teen hulle rassisme het ‘n vrou vanaf Discovery my gebel en verduidelik dat die 10% reëling vir aandele aan slegs swart mense, ‘n voorskrif van die Reserwebank is. Ek het haar duidelik laat verstaan wat ek daarvan dink. Hoekom dan nie maar ‘n verdere 10% reserveer vir slegs nie-swartes nie? Two wrongs don’t make a right, maar in SA is dit aanvaarbaar.

Annakapat ·

En is hulle tydsberekening nie wonderlik nie? Net toe dit tyd is om te besluit of jy wil skuif van mediesefonds … well done, Discovery! Whahaha

Boer2 ·

My kar versekering ge stop en is nou by Virseker. my mense my taal… oh en my geld!

Manie ·

Dit is vreemd dat al die maatskappye wat nou die wittes so in die tande skop op n staduim amper uitsluitlik gefunksioneer van kapitaal van dieselfde wittes. Ek dink sulke maatskappye is n verleentheid vir die land.

tokkie ·

Soek bietjie raad. Die wat weg is van Discovery Medies na watter medies gaan julle en wat is die beste opsie. Ek hoop net die Blankes bly weg van DISCOVERY BANK

Beste Tokkie ·

MEDIHELP en BONITAS werk vir sommige mense. Ek het baie kommentaar kolomme dopgehou en dit is die fondse wat die MEESTE genoem is.

PIENKIE ·

Ek is klaar besig om kwotasies vir ander versekering te kry. Julle gaan nie my geld vat om ander op te hef nie.

Willie ·

Daarsy nee wat ek gaan ook ander medies soek… as my vel te wit is, is my geld ook nie reg nie…. Na watter medies skuif ons?

tokkie ·

Vra ek ook asb op die internet is daar so baie opsies – blaaie en blaaie om te lees. Ek soek kortliks iets wat dit beskryf

Magda ·

Ek kanselleer ook nou my versereking by Discovery en skuif terug Virseker toe. Hul het my gelok met beter premies, petrolterugbetalings ens…

VanAfrika ·

Gisteraand het n verteenwoordiger van Medselect my seun kom sien vir n medies. Ek was teenwoordig en het dadelik Discovery van die lys laat afhaal. Ons het na al die ander medies gekyk en ek moet sê ek is trots op my seun dat hy Medihelp uit sy eie uit gekies het. Baie beter premie met beter voordele as Discovery. Nou sal ons net sien hoe dit vir hom werk en hy het n baie oulike verteenwoordiger, sy sê vir hom as hy enige probleme met hierdie medies ondervind moet hy haar dadelik bel, sy sal alles uitsorteer. Dis nou wat ek diens in die eerste graad. Ons werk laat ons toe om een keer n jaar n opsie te hê of ons medies wil verander. Januarie wag ek net vir daardie vorm en dan se ek “goodbye” aan Discovery. Sien jy nou Adrian Gore, daar verloor jy klaar twee kliente met een klap-Goodbye!!!!

Umo ·

GENESIS Medies se jaarlikse premie verhogings was die afgelope 8 jaar onder die inflasie syfer. Vergelyk dit met ENIGE ander mediese firma. Hulle mors nie hul geld op allerhande aangelaste fieterjasies nie. Kan hulle aanbeveel.

Dries ·

E-pos aan di Call centre met jou voorneme om te skuif, is n goeie idee.
Onthou net daar is n verpligte wagtyd by jou ‘nuwe’ fonds.
Begin dus reeds end November, om ekstra geld NOU AL weg te sit, om jou deur so tydperk te dra.
Swig Discovery onder ons druk, het jy n lekker meevaller om of te spaar, of te blaas…

RG ·

Moenie bodder met die call centre nie, stuur dit direk aan Gore.

Paul ·

Dries; indien ‘n mens reeds twee jaar of langer lid van ‘n mediesefonds is, is daar geen wagtyd wanneer dit oorgedra word na ‘n ander fonds nie.

Daisy ·

Dan is ons “WIT” geld nie meer goed genoeg nie,

Hoop hulle verloor miljoene!

Pieter ·

Ek werk vir n groot maatskappy en ons is verplig om van Discovery se medies te gebruik. Ek wil glad nie meer by hul wees. Het iemand vir my raad??

Lientjie ·

Ek gaan ook skuif na ‘n ander fonds toe, maar jy kan eers vandag 1 Jan 2019.

Andre C ·

Maroela ,kan julle ons op hoogte bring met SASOL se diskriminasieproses.
Hierdie Adrian Gore se voorkoms trek baie na die Hoof van SASOL

riaan ·

En nou gaan ek nog vir die rooi beret gang se dat net een van discovery se 10 uitvoerende direkteure nie wit is nie!

Zachrys ·

Wat van ‘n Afrikaanse mediese fonds stig Afriforum Solidariteit? Dit kan mos nie te moeilik wees met al die Afrikaanse mediese professionele mense wat nie werk kan kry nie of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.