Discovery kry wind van voor

Die Raad vir Mediese Skemas (CMS) het ʼn stokkie voor Discovery Health Medical Scheme se planne gesteek om sy KeyCare Plus-opsie se premies met sowat 47% vir 2019 te verhoog.

Mense wat van dié opsie gebruik maak, betaal volgens hul inkomste – dié wat minder as R8 500 verdien – en derduisende hiervan is pensioentrekkers.

In ʼn omsendbrief aan betrokkenes in die bedryf het die CMS onder meer makelaars ingelig dat die veranderinge aan die opsie nie goedgekeur is nie. Die raad keur nie veranderings aan opsies goed indien lede te veel voordele verloor, of dit te veel verander en/of hulle te veel meer moet betaal nie.

Volgens die CMS is daar sowat 235 000 lede wat van die KeyCare-opsie gebruik maak, hoewel dr. Nozipho Sangweni, hoofbeampte van die skema, by navraag gesê het daar is 200 000.

ʼn Lys vrae wat aan Discovery gestuur is, oor wie geraak gaan word, en presies wat die veranderinge is wat hulle aan die opsie aangebring het, asook hoekom dit gedoen is, is nie beantwoord nie.

Twee mense wat in die bedryf werk, maar anoniem wil bly, het egter bevestig dat die raad nié die opsie soos hy nou daar uitsien met die veranderings wat deur Discovery voorgestel is, goedgekeur het nie.

Discovery is gevra oor watter veranderinge hulle nou moet aanbring en wat dit is, asook of die besluit deur die CMS aan die lede gekommunikeer is.

Die skema se antwoord was: “Discovery Health Medical Scheme skakel met die CMS rakende sekere aspekte van sy reëls vir 2019 en verwag om die uitstaande kwessie binnekort op te los. Dit affekteer net een van die planne en ons verwag alle kwessies om opgelos te wees lank voor die begin van die 2019-voordelejaar. So, dit sal nie ʼn impak hê op lede van die skema nie.”

Nog ʼn produk wat deur die CMS geweier is, is die Primary Care-produk. Dit het werkgewers onder meer gehelp om primêre gesondheidsorg aan sy werkmag te bied.

Discovery het by navraag gesê: “ʼn Nuwe aansoek vir vrystelling van die Primary Care-produk word tans oorweeg deur die raad en ons verwag dat dit binnekort afgehandel sal wees.” Die skema het gesê dit raak meer as 22 000 lede.

Grace Khosa, woordvoerder van die CMS en ook van deelhebberbelange, het nie op navrae gereageer nie.

• Elsabé Brits is ʼn vryskut-wetenskapsjoernalis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

What a joke! ·

Haha ja betaal lekker uit jul eie sakke die aandele wat jul so graag pasella aan jul nie blank uitverkorenes wil gee…
Maar jul sal sekerlik tog n ander loop hole vind waar jul die blankes wat jul liberale rassistiese maatskapy ondersteun sal benadeel om op te maak vir jul beloftes van %10 aan net nie blankes alleenlik ne!
Jul maak my naar Discovery!

Ronel ·

Een vragie aan Afriforum. Hulle vra mens moet asb Discovery boikot, maar gee dan ‘n alternatief waarnatoe mens kan gaan, waar jy onmiddelik gedek is. Soos my ma byvoorbeeld wat pensioenaris is. As sy nou oorgaan na ‘n ander medies, is daar ‘n wagtydperk van ‘n hele paar maande! Dis goed en wel om te vra dat die maatskappy geboikot moet word, maar verskaf ook ‘n alternatief asb.

My ALTERNATIEF ·

My eie navorsing het aan my bewys dat Momentum Health se Ingwe skema die beste waarde vir geld is.
Ek is ‘n privaat individu moet ABSOLUUT geen verbintenis met Momentum of enige van hulle werknemers het nie.
100% onpartydige opinie!

Carien ·

En doen bietjie navorsing. Die alternatief behoort 100 % aan nie blankes. Snaaks dat afriforum dit voorstel ne?

Topdiens byprofmed ·

Ek kry nog altyd top diens, in Afrikaans ook nog, by Profmed.

Linette Sauer ·

Ek het aansoek by Momentum gedoen. Dit is goedgekeur. Ek is al my hele lewe medies. Ek het op die stadium geen kroniese kondissies nie. Gebruik ook geen kroniese medikasie nie. Omdat ek oor 45 is kan ek vir 3 maande geen mediese eise , hospitaal ingesluit ontvang nie. Moet van staatsmedies gebruik maak. Aan die einde word mens forseer om ‘n Discovery lid te bly, tensy jy kan bekostig om ‘n risiko vir 3 maande te neem.

Goue gans kan nie meer nie? ·

Ek vermoed dat die groot “sondebok” nie die pensioenarisse is nie . . . . maar die massas wat minder as R8500 p/m verdien, is besig om die laaste druppel bloed uit die klip te pers.
Die kruis subsidieëring KULTUUR van rykes wat vir “armes” moet betaal, se wiele is besig om af te val . . . die eens Vet Goue Gans wat vir alles moes betaal . . . lê uit te die toue. Hy kán doodeenvoudig nie meer die las van die massa dra nie. The Cookie Jar, she can be finished . . . . nou gaan die poppe, begin om die rieldans te oefen

Skroef ·

Jy is reg met een ding. Die kruis subsideidieërig kultuur war nog altyd in SA gebeur het is sommer bog. Elektriseteit, LOPENDE water, mediesefondse is LUUKSES nie lewensmiddelle nie. Noudat meer en meer blankes uit hulle werke gedruk word en meerderheid onbevoegdes ingedruk word, wonder ek HOE LANK NOG?

M ·

Hoe anders gaan discovery hulle bank finansier ….. anders as op die rug van ou mense ….

Ou mens ·

Hoe seker is jle Momentum en Discovery is nie “familie” . Ek stel voor doen jle huiswerk.

Skroef ·

Jy is reg met een ding. Die kruis subsideidieërig kultuur war nog altyd in SA gebeur het is sommer bog. Elektriseteit, LOPENDE water, mediesefondse is LUUKSES nie lewensmiddelle nie. Noudat meer en meer blankes uit hulle werke gedruk word en meerderheid onbevoegdes ingedruk word, wonder ek HOE LANK NOG?

Nico Wilson ·

Dit is tog jammer dat Keycare Plus verander het. Dit bring nou weer verandering van jou GP teweeg wat nie ‘n goeie skuif is nie. Jou jare lange GP ken jou geskiedenis, nou moet jy weer van vooraf die vertroue in ‘n ander, onbekende GP wen. Dis so onnodig. Hoe op die aarde moet staatspensioenaris oorleef? ‘n Mediesefonds is ‘n noodsaaklikheid. Bejaardes sal later nie meer ‘n mediesefonds kan bekostig nie. Die
staatshospitale se diens is uiters swak en dan moet ‘n bejaarde vir 5 tot 6 ure daar gaan sit om geholpe te raak. Die meeste van die personeel slof in die gange rond en het geen simpatie, geduld en empatie met die bejaardes nie. Ons verlang terug na die dae toe mediesedienste nog ‘n beroep was om op trots te wees.

Zettie ·

Ons premie by Discovery vir man, vrou en een kind sou opgaan van R9 300 per maand in 2018 na R13 500 in 2019 + verminderde spaarplan. Reeds bande met hulle gesny wat al ons produkte daar betref. Regtig ontnugter deur Discovery na 17 jaar as lede.

Jackie ·

Zettie,

Kan jy vir my aandui op watter plan is jy wat so baie styg? Baie dankie

Kariena ·

Klaar verander na ander mediese fonds. Was by Discovery vir 20 jaar.

Raadop ·

Ek is op die Klasieke Spaarder Delta Opsie. Watter ander Mediese Fonds kan met na oorgaan wat goedkoper is??? Mens kan nie meer Discovery bekostig nie. Baie dankie.

Antoinette ·

Ons was ook op die plan. Is van januarie af by medihelp wat meer as n R1000pm goedkoper vir ons gesin uitwerk

Hannelu ·

Probeer gerus Bonita Mediese fonds. Hulle bied verskeie opsies.
Ek al 11 jaar lid, kan net getuig van puik diens en bekostigbare premies

Magda ·

Probeer Momentum, jy kan jou opsie formuleer om by jou gesin se behoeftes te pas.

OS ·

Dalk kan Adran Core sy R20 M salaris vermider want hy is reeds $480 M sterk….

Johan ·

Discovery kry jul BEE maats om jul te help in nood. Hahaha.

J ·

Bestmed Mediese fonds is julle antwoord.
Nog nooit enige probleme gehad. Kroniese uitstekend.

Carien ·

En doen bietjie navorsing. Die alternatief behoort 100 % aan nie blankes. Snaaks dat afriforum dit voorstel ne?

Pieter ·

Wie is deur hulle voorgestel en watter fonds is 100% swart eienaarskap?

m.d.r. ·

Bly om te sien dat Discovery tog nie so allermagtig s wat hulle gedink het nie.
Daar is darem nog die Raad op mediese skemas en hulle reels.
Ek is seker daarvan dat hierdie raad nie blatanta rassisme gaan toelaat nie—

Derhalwe my vraag—Gaan die Discovery bank ‘n tak of uitbreiding van Discovery medies wees….?
Indien nie, behoort hierdie bank sy Naam en Logo te verander , anders is Discovery Medies as gevolg van die gebruik van sy Naam en Logo eintlik ook betrokke by Adrian Gore se rassisme, en dan ook vanwee Discovery se lidmaatskap van die Raad van mediese skemas, word die raad ook betrek, al is dit net by implikasie

Z ·

Twee jaar gelede geskuif na MEDIHELP. Baie goedkoper vir meer voordele en minder uitsluitings.

Linette Sauer ·

Ek het aansoek by Momentum gedoen. Dit is goedgekeur. Ek is al my hele lewe medies. Ek het op die stadium geen kroniese kondissies nie. Gebruik ook geen kroniese medikasie nie. Omdat ek oor 45 is kan ek vir 3 maande geen mediese eise , hospitaal ingesluit ontvang nie. Moet van staatsmedies gebruik maak. Aan die einde word mens forseer om ‘n Discovery lid te bly, tensy jy kan bekostig om ‘n risiko vir 3 maande te neem.

Z ·

@Linette Sauer
Uitsluitings is net vir besoeke wat jy self bespreek, soos by n gp of tandarts. Noodgevalle, soos n hartaanval of motorongeluk word wel gedek deur jou nuwe medies. My seun het sy arm gebreek in die 3 maande wagtydperk en MEFIHELP het wel daarvoor betaal.

Ontnugterd- Momentum ·

Ek het aansoek by Momentum gedoen. Dit is goedgekeur. Ek is al my hele lewe medies. Ek het op die stadium geen kroniese kondissies nie. Gebruik ook geen kroniese medikasie nie. Omdat ek oor 45 is kan ek vir 3 maande geen mediese eise , hospitaal ingesluit ontvang nie. Moet van staatsmedies gebruik maak. Aan die einde word mens forseer om ‘n Discovery lid te bly, tensy jy kan bekostig om ‘n risiko vir 3 maande te neem.

Nic Grobler ·

Toe ek vir Maroela media n brief skryf om uit te vind of discovery vir die koerante gelieg het oor die 9 persent verhoging wat eintlik 47 persent is toe word my brief nie geplaas nie. Hoop Hy word nou geplaas.

Ek dink ·

Dis hoog tyd dat hierdie “mediese fonds” bietjie in die bek geruk word. Hulle gebruik hierdie front om miljoene te maak en wanneer mense regtig hul hulp nodig het, dek dit skielik nie die prosedure of medikasie of wat ookal nie. Hulle spandeer miljoene op funksies vir hul personeel en die beste verkooppersoneel word met (onder andere) voertuie van n paar miljoen rand beloon, en dan is die funksies nie eens in Suid-Afrika nie. Natuurlik is dit n groot motivering vir verkoopspersoneel, maar ongelukkig trek die persone wat aan die fonds behoort, nie altyd voordeel daaruit nie.

Brenda ·

Ons is geforseer om op Discovery te gaan, omdat ons maatskappy verkoop was. Wat vir my belaglik is die feit dat n mens maandelik maandeliks n stewige bedrag en dan nog n groot bybetaling moet doen vir n operasie.
Ek het gegaan vir n knieg scope en moes R7300,00 bymekaar kry voordat ek opgeneem was, dit beteken ek het 33% van die hospiaal rekening betaal.
Gelukkig vir my het ek n Gap cover waar ek dit van kon terug geeis het, wat van die mense wat nie die geld het nie.
Ons gaan nou skuif van Medihelp.

Leatitia ·

Ek is by Discovery en het 2 knievervangings gehad. Nie ‘n sent bybetaling gehad nie.

Brenda ·

Ek stem saam, hulle is nie meer n mediese skema nie maar eerder n Bank kyk maar net na al die produkte wat hulle aanbied.
Kyk n bietjie ns hulle nuwe hoofkantoor in Sandton, se maar nikd.

Medihelp ·

Medihelp is die beste. Gee chroniese voordele en as jy siek is is dit die beste fonds.

TLC ·

Ek het al n jaar terug discovery gespur
DANKIE tog
Is by Bonitas en tenspyte van n R80 bybetaling by cp en medies wat uitgeput raak en dan moet ek meds uit sak betaal werk dit my met als saam so R900 minder uit as by bonitas
Spur hul mense en gou ook

TLC ·

Sorry wou sê goedkoper as Discovery
Kry net iemand wat mooi aan jou vertel hoe spaar jy met ander mediese fondse
Ek het nie jaar meer as R14000 gespaar

Donderstorm ·

Ja nee hul soek seker meer geld vir hul bank en om aandele vir net die sekere mense te gee

Adri ·

Ja waar is die dae toe ‘n mens ‘n halfkroon betaal het om ‘n hartomleiding te kry ‘n, ‘n staatshospitaal wat net so goed was soos vandag se privaat hospitale.

Merrie ·

Ai adrie was daar in die tyd van halkrone al genoegsame tegnologie im n hartomleiding te kon doen?

Jannie ·

Al die dokters en spesialiste wat die Mediese Fondse uitput met buite-skema tariewe, moet spoedig en deeglik vasgevat word!!! Dit het hande uitgeruk en bybatalings maak dikwels vir pensioenarisse mediese behandeling ‘n nagmerrie!!!

Medihelp Twee ·

Medihelp is die beste keuse. Dit is die enigste fonds wat met lede in Afrikaans kommunikeer. Uitstekende voordele. Die Raad van Trustees bestaan uit regte boeremense. Die voorsitter is ‘n baie hardwerkende mens en kry dit reg om 3 werke terselfdertyd te doen! As iemand wat voltyds in diens is van die SAOU dien hy onderwysers. Herdwerkend en met integriteit – anders as ander fondse waar geld en persoonlike belang voorop gestel word.

Cornelia Rsterhuizen ·

Am is ‘n SASSA pensieonaris ek het keycae plus van discovery. Am het gebars in met my geldjie my 1000.00pm he betaal jou gaan dit op met 450.00pm wat het ek out van 1700.00pm. Ek sal ook maar honde kos begin eet want ek het niemand in my te help met die betaaling en ongelukkig moet ek nou by julle bly weens my kroniese toestand wat ek het. Hulle stel ons teleur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.