Discovery Life-premie hoër vir dié wat entstof weier

Diegene wat nie ingeënt wil word teen Covid-19 nie, kan ‘n hoër premie by Discovery Life verwag. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Die lewensversekeraar Discovery Life sê nuwe kliënte wat nie die entstof teen Covid-19 wil ontvang nie, kan weens ʼn verhoogde risiko hoër premies vir hul lewensversekering moet betaal. Die besluit tree in werking vir polisse wat na 29 Julie uitgeneem word.

Weiering om teen die koronavirus ingeënt te word, gaan volgens die maatskappy voortaan dieselfde hanteer word as rook of leefstylsiektes soos diabetes, waarvoor ʼn hoër premie gevra word.

Die premie kan aangepas word sou die kliënt besluit om later wel die entstof te ontvang.

“Covid-19 het alle vlakke van ons samelewing geraak en het eise van kliënte van alle profiele verander. Duidelike neigings het egter die afgelope jaar na vore gekom. Dit hou verband met geslag, ouderdom, leefstylkeuses, komorbiditeite en beroepe wat die getal en erns van Covid-19-eise beïnvloed,” sê Riaan van Reenen, uitvoerende hoof van Discovery Life.

Die maatskappy sê sterftesyfers styg ook ver bo die gemiddeld wanneer ʼn kliënt positief toets vir Covid-19.

“Ons navorsing wys middeljarige kliënte het die hoogste relatiewe styging in sterfgevaar nadat hulle Covid-19 opdoen. Die relatiewe sterfgevaar is die hoogste vir mense in hulle middel-40’s, wat benadruk dat die gevare om Covid-19 op te doen nie in enige ouderdomsgroep geïgnoreer kan word nie,” sê Van Reenen.

Discovery Life sê indien hulle kliënte ʼn gesonde leefstyl volg, dit besparings op die lange duur beteken. Dié besparings kan dan weer aan ʼn kliënt deurgegee word.

Dieselfde beginsel geld vir inentings omdat dit tot gesonder kliënte lei.

“Ons interne data dui aan dat die gemiddelde 75-jarige wat ten volle ingeënt is, dieselfde gevaar het om weens Covid-19 te sterf as ʼn tipiese 40-jarige wat nié ingeënt is nie,” sê Van Reenen.

Die versekeraar sê inentings is ook uiters doeltreffend om hospitaalopnames te verhoed.

Die maatskappy sal kliënte wat ingeënt word, deur sy PayBack-program beloon. Die bepaling geld vir die status van die hoofkliënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

103 Kommentare

jongste oudste gewildste
pestilensie

Hoop maar inenting word nie in die toekoms as gevaarlik bewys . Groot eise ?

Jeff

Pasop jou slim streeke gaan terugkom om julle te byt in die agterent. En AS iemand sterf van inenting komplikasies gaan julle maak soos julle altyd maak – verskoonings soek om nie uit te betaal

Pieter

Discovery is soos die anc altyd n klomp stories.

melaney

Tipies Discovery.

andre

Ek bly baie vêr weg van discovery in elk geval, ek was by hulle verseker totdat hulle met slim stories gekom het oor hoekom hulle nie n wettige eis kan uitbetaal nie en toe na n laaang stryd, deur die ombudsman beveel is om te betaal. Ek is onmiddelik weg by hulle en bly weg. Ek is nou by n ander versekeraar, en het in 4 jaar nog geen probleme ervaar nie.