Discovery, VF Plus praat oor aandeleskema

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter.

Die VF Plus het gesê senior bestuurslui van Discovery het met die party in gesprek getree nadat laasgenoemde sterk kritiek uitgespreek het teen Discovery se plan om wittes van ʼn aandeleskema uit te sluit.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, het gesê die gesprekke is daarop gemik om ʼn werkbare, alternatiewe plan te vind. Volgens Alberts het Discovery ook onderneem om die skerp verhoging in die skema se KeyCare Plus-plan deel van die gesprekke te maak.

Luidens mediaberigte heers groot ongelukkigheid onder lede van die skema, wat baie bejaardes en pensioenarisse insluit, oor ʼn beweerde premieverhoging van sowat 47% vanaf aanstaande jaar.

“Dié buitensporige verhoging, veral vir ʼn skema wat ʼn groot persentasie pensioenarisse as lede het, is onaanvaarbaar hoog en talle lede sal dit bloot nie kan bekostig nie. Dit, tesame met die groot openbare weerstand teen Discovery se plan om wittes van hul nuwe bank se aandeleskema uit te sluit, kan die maatskappy ʼn ernstige knou toedien.”

Alberts het gesê die VF Plus is tevrede met die erns en goeie voorneme waarmee Discovery sy gesprek oor die aangeleentheid benader. “Ons sal saam met die maatskappy werk om ʼn oplossing tot voordeel van al sy kliënte te vind.”

Volgens Alberts is dit die VF Plus se siening dat dit wesenlik ʼn goeie idee is om ʼn nuwe bank te stig aangesien dit gesonde kompetisie in die bankwese sal aanhelp.

“Die party se boodskap aan Discovery is nogtans dat hy nie moet vergeet nie wie sy eerste kliënte was en wie die maatskappy gehelp het om ʼn finansiële reus te word. Discovery het vandag kliënte van alle rasse en agtergronde. Al hierdie mense is belangrik en die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om met sinvolle gesprekvoering by te dra om ʼn wen-wen-situasie vir al die betrokkenes te skep.”

Die vakbond Solidariteit en burgerregte-organisasie AfriForum het ook kapsie gemaak teen Discovery se voorneme om net vir swart kliënte aandele aan te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Pieterv ·

Klaar te laat vir praat!
Ek het klaar my bande met hulle verbreek.
Net besig om te kyk of Discovery nie op die een of ander manier (indirek) ingesluit is by skemas / firmas / instansies wat ek tans oorweeg nie. As daar n skaduwee van Discovery iewers in hulle besigheid is, sal ek verder soek. Genoeg is genoeg.

Juffie ·

Pieterv sal jy asb met ons deel oor watter skemas jy oorweeg. Ek sal beslis help om “navorsing” te doen en uit te vind. Ek wonder of mens op Hello Peter dalk inligting sal kan kry

The Truth Project ·

Laat weet asb, ons het groot belegging daar wat ons nou wil skuif maar hulle sloer met uitbetaling, wonder hoekom?

ne ·

Asseblief Afriforum/Solidariteit help ons om ‘n ander goedkoper mediesefonds te kry. Pensionaris en kan nie die verhoging bekostig nie.

Daan ·

Kom ek voorspel die gaan niks help nie. Discovery speel vir tyd. En dit is net ‘n rook skerm.

Henk du Toit ·

NEE DANKIE! As ek te wit is is my geld ook te wit tatta Discovery

Anette ·

Te laat!! Klaar gekanselleer en is vanaf 1 Januarie by n mediese fonds wat nie n probleem met my velkleur het nie!!!

Juffie ·

Pieterv sal jy asb met ons deel oor watter skemas jy oorweeg. Ek sal beslis help om “navorsing” te doen en uit te vind. Ek wonder of mens op Hello Peter dalk inligting sal kan kry

Juffie ·

Anette deel asb die mediesegonds se naam na wie toe jy geskuif het. Die “ou” leuse het gesê “Eendrag maak mag”.
Dankie by voorbaat

Hannetjie ·

Discovery se Bank..is vir die sogenaamde gegoede swart mense.Wat van die tamatie en piesangverkoper…hulle wat in afgelee nedersettings bly.

koos ·

Hoekom altyd eers onder druk kom en dan “swig”? Het Spur vir geen besigheid iets geleer nie. Buig ons blankes nie ook te maklik nie?

Andrew ·

Sekerlik het Discovery tog dieselfde gedoen vir sy wit lede sodat hy sy sondige verlede moet regstel. Of het hy gladnie?

Johan ·

To little to late..! Moenie swig nie asb…hulle weet ons is n nasie van vergeef,vergeet en nog n kans gee.Dit is hoekom dit so gaan met ons.Hou by die besluit…. hulle reken mos hulle het nie ons geld nodig nie.Niks so pateties soos om aan te klou aan n verhouding as die ander party jou nie wil he nie… Discovery wil ons nie meer he nie…!!Breek Nou weg!!

Ander Koos ·

Straf hulle waar dit seermaak, met geld. Is Discovery onafhanklik, of deel van groep mpye? Klink al te veel soos Sasol. Terloops wat het van daardie debakel geword ? Skop Sasoll nog vas en Is Solidariteit lede nog op sloerstaking? Solidariteit kan gerus terugvoer gee

Mornay ·

Mense dis eenvoudig. Moet discovery net nie ondersteun nie. Medihelp is n baie beter opsie …

Antoinette ·

Jip klaar oorgeskuif met effek van einde Desember. En BAIE goedkoper!!

Mornay ·

Is so Antoinette. Medihelp se opsies is baie goed. Sal in my lewe nie D ondersteun nie. Hulle is in elk geval vrek duur

Arie ·

Bly om te hoor mense los Discovery, laat hulle vou saam met hulle nuwe kollegas

Koos ·

Ag tog. Mense sal nog by Discovery bly. Hulle hou mos van vitality punte. En mense vergeet. So daar sal niks gebeur nie. Discovery weet waar hulle gaan geld maak in die toekoms. Van die swart middle klas en dom boere. So koop aandele by hulle. Daai Bank gaan goed doen Met al die boere se geld daar. Of nog beter gaan na Capitec toe. Hulle is dieselfde mense wat die ou mense se pension fondse vernietig het met Steinhoff. En dis nogal boere. Mooi so man.

Alida ·

Koos ek hoop jy kweek jou eie varsprodukte want as jy dit in winkel koop kom dit van die dom boere af. Los dit uit. Jou uitlating is onsmaaklik.

flintstone ·

So ewe bel n telebemarker my en vra of ek nie wil aansluit by Discovery se mediese fonds nie.Discovery is nie net rassisties nie,hulle is nog verwaand ook!

Waarheid ·

Discovery het hulle siel verkoop om gesig by die anc te koop.Hoe laag wil jy daal.

Corne ·

Ek is al meer as 10 jaar by Medshield, nog geen probleme met hulle gehad nie. Het twee jaar terug vergelyk en Discovery was oor die R500 duurder vir n soortgelyke plan..

Johanna van Wyk ·

Ek is soooooo %¡\<^|**moeg vir alle mense instansies, besighede, die regering ALMAL wat n probleem met my wit vel het!!! Ek moet jou verdra waarom kan jy nie dieselfde doen nie!!

Henry ·

Discovery weet hulle geld maak tyd is besig om uit te loop omdat die regering die mediese fondse tot nie gaan maak. Daar is veseker ANC aandeelhouers in Discovery wat baie geld gaan verloor. Die beste is om nou vinnig n bank te stig met al die geld wat hulle uit die mediese fonds gemaak het. Wanneer die mediese fondse deur die minister van gesondheid ontwettig verklaar word. Dan verloor die eienaars nie veel nie. Maar wag en kyk wat gebeur as n skip begin sink. Dis altyd die rotte wat laaste afspring.

M ·

Ek stem. Maar die feit bly staan SA het nie die geld vir die nuwe NHI nie. My houding is maklik. Ek bly weg van Sasol, Spur en Discovery af. En so tel ek die mpye af wat ek nie meer ondersteun nie. Afrikaners te slapgat om deur te druk met so iets …

JAN ·

My spesmaas is dat Diskaferie genasionaliseer gaan word …in die proses…. As die NHI.
Dis wat essensieel gebeur het.
Sien die LOTTO piete het al te veel opgepotte kapitaal terwyl Staatsmed nie profyt maak nie.

JAN ·

Askies moederator
Die kernkwessie is dat daar geen sentiment in besigheid is nie. En daar nie so-iets bestaan soos ń gratis maaltyd nie. Alles het ń prys.
Presies waaroor Trump se oorlog gaan met Obamascare oa.

G@tvol ·

Die enigste manier is om jou koopkrag weg te neem. Slaan hulle waar dit seermaak. Dit sluit alle instansies in. As die geld nie meer inrol nie is jou hande afgekap. Jammer ons kon nie ons belastinggekd ook ontrek nie. Ons sit soos n klomp skape en wat vir die volgende kapbyl. Intussen moet ons ons hardverdiende geld aanhou oorgee aan n spul vrate. Ons werk die helfde van ons dag vir ander. Belastings op alles. Moet elke sent dubbel omdraai sodat ander ons beroof. Dot wat n regering veronderstel is om te doen word die gedoen nie. Ons moet hoes vir n beter medies, sekuriteit, onderrig. Kyk hoe gaan dit n 1ste wereldlande ivg met Suid Afrika. Dis n skande hoe sulke wanaangepaste mense n land in die grond in lei. Wys my n polititieke party wat n verskil kan maak.

Ekke ·

Snaaks die storie kom net na daar in media gese is mediese fondse het te groot surplusse wat net rond hang. Waar daar n rokie is , is daar n vuur.

Riaan ·

Ek het 6 Discovery produkte gekanseleer wat my R10k pm kos. My FA het 3 eposse gestuur en gevra of ek nie wil oorweeg om te bly nie… lol nee, genoeg is genoeg

Zack ·

Uitendelik gaan my ouers ook weg by Discovery na Bastmed. Ek is baie gelukkig met Bestmed wat prys en diens betref.

MikeG ·

Ek is moeg daarvoor om as Afrikaanse blanke man gemargimaliseer te word. Selfs bd werk moet ons mense in poste oplei wat absoluut niks weet en niks belang stel in wat hulle doen nie, hulle is net daar om niks te doen en salaris te trek. Hierdie rasistiese wending v discovery gaan my v medies laat verander ek neem ook al my polisse weg by hulle. Ek is moeg vd rassisme

Elsa ·

Corne, ek is omtrent al vir 15 jaar lid van Medshield, nadat Medihelp vir my te duur geraak het. Ek het ook geen klagtes nie en is heel tevrede met die diens wat ek van hulle kry.

bank ·

Discovery gaan geen “gesonde kompitisie in bankwese aaanhelp” aangesien sy bank fooie seker net so hoog gaan wees as diè van sy mediese skema.

Puma ·

Solidariteit – hoekom begin julel nie n mediesefonds nie? Julle sal my steun verseker kry. Ek is gatvol dat daar so blatant gediskrimineer word teen witmense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.