Diskriminasie kos hom ʼn ‘dekade van sy lewe’

Philip van Niekerk

Philip van Niekerk

Solidariteit het ʼn kompetisie gehou waarin ʼn lid van die vakbond gekies is om die publiek in Augustus by die Verenigde Nasies (VN) in die geveg teen onbillike diskriminasie te verteenwoordig.

Ná honderde aansoeke, die publiek se menings, ’n stemming en onderhoude is dié kandidaat gekies.

Philip van Niekerk, ’n 31-jarige tandarts van Kaapstad, is gekies om die publiek tydens Solidariteit se besoek aan die VN te verteenwoordig.

Dit het Philip, ’n vierdejaar mediese student aan die Universiteit van Kaapstad, tien jaar en twee grade geneem om keuring vir sy mediese loopbaan te kry ten spyte van sy 88%-gemiddeld in matriek.

Philip het op die ouderdom van 29 besef dat die proses nie sy tekortkominge weerspieël het nie, maar dat dit eerder op ’n kwotastelsel neerkom wat ernstige gevolge inhou, veral in sy beroep. Hy is van mening dat regstellende aksie en diskriminasie die onregverdigste stelsel is wat bestaan; dit het hom ʼn dekade van sy lewe gekos.

“Dit verlaag prestasie in besigheid, op die sportveld, asook in die akademie en gesondheidsdienste in Suid-Afrika. Ek sal graag wil opstaan en praat vir ons mense, vir Afrikaners, vir minderheidsgroepe in Suid-Afrika, om die diskriminasie wat ons op ʼn daaglikse grondslag ervaar en onder die mat ingevee word, te openbaar sodat dit beter deur die wêreld raakgesien kan word en ons weer ʼn regverdige samelewing kan hê,” sê Philip.

“Die buiteland sien ons, die Afrikaners, as skurke, maar ons het in werklikheid ʼn eie identiteit in die suide van Afrika. Ons het hier onsself kom vorm en ons het iets unieks kom bou. Ons het uit baie plekke na Afrika gekom, en ons het hier deel geword van Afrika, ons het hier diep spore getrap, en ons hoef vir geeneen terug te staan nie.”

Solidariteit gaan sy klag van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering aan die VN se komitee vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Adriaan ·

Baie sterkte, mag jy die regte woorde vind en luisterende ore, mag jy die regte gesindheid openbaar en ontvanklike harte dit raaksien, mag die waarheid seëvier en vrug daaruit voorkom vir almal van ons in die mooi land van ons.

Piet Snot ·

Adriaan, jy sê dit so mooi.
Philip, ons hoop ons gaan nog baie goeie goed van jou lees.

Yvonne ·

Sjoe, Adriaan. Praat jy nou so reg uit mý hart ook! Sterkte Philip, ons dra jou in ons gebede.

Siestog ·

Sterkte vir julle wat ons gaan verteenwoordig. Ek waardeer dit opreg.

Ronnie ·

Philip, gaan doen jou bes! Jy het eerstehandse ervaring daarvan, praat uit jou hart.

vrede ·

My kind sukkel na 3 grade om sy Meesters Graad te kry
Phillip alles van die beste vir jou gee net jou beste vir hulle

Riaan S ·

En om te dink die president het nie eers laerskool klaar gemaak nie maar jy wat so hard studeer het sukkel. Sterkte Phillip!

Ani ·

Baie geluk en sterkte Philip, noem sommer hoeveel plaasmoorde en moorde daagliks op onskuldiges voorkom. Talle het nodige kennis en grade agter hul name gehad wat iets vir die sterwende Suid-Afrika iets kon beteken… talle kinders gaan soggens skool toe met hartseer nadat nog bekendes vermoor word. Wens die wêreld begin ons ook bystaan…

Chris ·

Laat weet die VN asseblief net dat ons ‘n MINDERHEIDS groep is. En dat daar huidiglik teen ‘n MINDERHEIDS groep wetgewing intree.

Theuns ·

Ons sal by jou wees en jou dra in ons gebede. As jy kan, noem ook dat hier in Suid Afrika baie opgeleide, bekwaame Mense is om n verskeidenheid van beroepe te doen. Die huidige regering diskriminineer so erg teen sy eie Witmense dat hulle eerder onbevoegde Kubane, Suid Afrikaners en ander mense uit Afrika indiens sal neem om die werk te doen! Laasgenoemde is verantwoordelik vir die ineenstorting van Dienslewering en die Ekonomie in die algemeen! Sterkte.

Vissie ·

Vertel hulle ook hoe daar teen ons sportlui gediskrimineer word. Ons wou byvoorbeeld aanstaande jaar hier in Namakwaland ‘n Wêreldbekerbyeenkoms vir albaster-speel aangebied het, maar nou sal ons dit nie kan doen nie, want dit sal net wit knapies wees wat sal wil deelneem. Die anderskleuriges sien nie kans om op hul knieè te staan hier op ons skurwe grond om die albasters te “skiet” nie. Baie sterkte, jy het ‘n groot missie!

John ·

‘n Tragedie gaan hom in Afrika afspeel. In ons land gaan rampspoed volg as die’ idee dat die witman uitgefaseer moet word vir die swartman om vryheid en geluk te smaak. Ondankbaarheid oor die bydrae van die witmense/Boere gaan die land suur bekom. Dit is so dat ‘ander’ volke belowe dat hulle ‘beter’ vir die swartmense sal sorg as die sg ‘rassiste’. Hierdie vriende se hulp is nie verniet nie; hulle vat meer as wat hulle gee en soek ‘n mark vir hul derderangse produkte waarin Europa nie belangstel nie en ‘n uitlaatklep vir hul oorbevolkte lande. Ongelukkig staan die buiteland gevoelloos jeens die Afrikanders weens die eeue lange swartsmeerdery, maar Europa is besig om sy eie les te leer, en vinnig. Die wereld is besig om drasties te verander. Ongelukkig gaan net die tyd leer en nog swaarkry volg voor ons Afrikaners se wonde heel.

Leon de Vries ·

Mag jy die regte woorde vind en mag dit wat jy gaan sê tot begrip en ”regstellende” optrede by die hoorders lei.

Arizona ·

Maak asseblief net seker dat jy die regte paspoort het voor jy vlieg. Hulle mag jou dalk net probeer stil kry en jou arresteer op grond van die een of ander opgemaakte storie omdat jy oppad is om die buite wêreld te vertel watse snert ons mee moet deel op n daaglikse basis.

BOER ·

Ongelukkig is ek baie seker dat jy net jou asem mors. Ek is self n dr op n plattelandse dorp en sien daagliks mense wat verkeerd behandel is by ons wonderlike staatshospitaal. Ek het ook in die buiteland al gewees en gewerk en hulle stel glad nie in ons moeilikheid belang nie. Europa het nou sy eie moslem krisis op pad en jy gaan geen indruk op hulle maak nie. My raad is kry jou graad en gaan werk in Kanada. As ek jonger was het ek dit ook permanent gedoen maar is ongelukkig te oud om vir enige land permanent te registreer. Ek bewonder egter jou uithou vermoee. Jy moet net weet dat jy nou n gemerkte man gaan wees en nog meer teen jou gediskrimineer gaan word. Die universiteit se dekane sal spring as hulle politieke druk kry van bo af. Jy moet mooi seker maak dat jy dit kan hanteer voor jy doen wat jy van plan is om te doen. Sterkte

Cobus ·

Geluk en sterkte. Ek is dood seker jy sal doen wat reg is. Dit beteken nie dat reg en geregtigheid sal geskied nie, maar ek glo jy sal vrede in jou hart vind

Ben Prinsloo. ·

Philip is nog gelukkig. My dogter is nou 31 en darem nou 5de jaar. Hou moed Philip julle gaan bo uitkom. Met hulle of sonder hulle. Weet net ons is trots op vasbyters soos julle. My dogter is n asmaleier ook nog.

Oom Kalahari ·

Philip, gaan met die nodige positiwiteit en God’s leiding. Ons glo van harte jy het die passie en vermoë om die nodige te kan doen en met die regte mense in gesprek te kan tree. Ons bid vir jou en wens jou alle sterkte toe met jou voorbereidings en gesprek voeringe asook alle suksesse word jou toegewens met jou verdere studies al is dit onder die moeilikste omstandighede, behou jou geloof en integriteit want jy gaan die nodige uitdagings oorbrug en suksesse behaal. Glo in jouself en jou vermoëns en die res kom vanself. “Sterkte Philip”

Johannes Meintjes ·

Die Post Traumatiese Stres en sosio-ekonomiese effek na 1994, op blanke geskoolde en gekwalifiseerdes word gerieflik ontken, maar is geweldig diepliggend en omvattend. Ek moes self ‘n SA Vloot en Sleepbbootkaptein loopbaan afstaan, sonder effektiewe kompensasie. Hoeveel is nie tydens en na FW se optrede blatant uit poste en pensioene ingedoen nie, wat nog van 20 jaar se ANC diskriminasie later! Die ergste is egter die geboelie onder eie mense as daar met inisiatief tewerk gegaan word om alternatiewe sosio-ekonomiese uitkoms vir blankes te probeer bewerkstellig. Hoeveel opgevoede en eintlik fyn besnaarde mans en vroue verkeer in die donkerste verdriet in blanke plakkerskampe? Geluk, en bede vir wysheid, aan hierdie nuwe ambassadeur van Solidariteit wat voor die VN gaan getuig!

MaggiePringle ·

Dankie Philip dat jy bereid is om namens ons almal te gaan pleit vir geregtiheid.
Ons gebede gaan saam met jou dat jy die regte woorde spreek en dat dit gehoor sal word.
Sterkte!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.