Diskriminasie: Solidariteit gaan regering by VN aankla

Morné Malan. Foto: Mia Slabbert

Solidariteit gaan ʼn klag van rassediskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) aanhangig maak. Solidariteit wil met dié klag normale rasseverhoudings en gelykheid voor die reg van die regering eis. Dié klag sal gepaardgaan met ʼn veldtog waartydens Suid-Afrikaanse burgers die geleentheid sal kry om hul persoonlike ervaring van rassediskriminasie te deel.

Volgens Morné Malan, Solidariteit se strategiese spesialis, ignoreer die regering al jare lank die norme, waardes en regte van alle rasgroepe. “Rassediskriminasie is onaanvaarbaar en dit word wêreldwyd veroordeel. In Suid-Afrika is blatante rassediskriminasie en -klassifikasie egter steeds ʼn alomteenwoordige werklikheid terwyl die res van die wêreld na meer verdraagsaamheid en vrede tussen groepe streef,” sê Malan.

Dié klag volg ná Solidariteit verlede week in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria is om te vra dat die rassemaatstaf waarvolgens finansiële hulp deur die departement van toerisme aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) toegeken word, hersien  word. Die hof het bevind die departement mag ras as maatstaf gebruik in die toekenning van finansiële hulp.

Malan sê Solidariteit se besluit om die regering se rassediskriminasie aan die groot klok te hang, is egter nie gegrond op dié hofsaak nie. Hulle het al lank voor dié hofsaak besluit om stappe teen die regering te doen.

“Hoewel dié onlangse hofsaak teen die departement van toerisme die jongste en grofste vorm van die regering se rasse-ideologie is, bou Solidariteit al ʼn paar jaar lank aan die veldtog om uiteindelik dan by die hoogste owerhede ter wêreld die regering hiervoor aan te kla. Ons is nou al geruime tyd bewus van die ANC se afgryslike rasse-ideologie,” sê Malan.

Volgens Malan gaan hulle met dié veldtog die minderheidsgroepe wat diskriminasie eerstehands ervaar ook betrek. “Ons beoog om mense ʼn geleentheid te bied om hul ervarings van rassediskriminasie te deel en só insette te lewer tot ons klag. Ons wil op dié manier mense ook ʼn stem gee.”

Malan sê hulle beoog om die klag later vanjaar in te handig wanneer CERD weer klagte aanvaar.

Maroela Media het vroeër die week berig AfriForum en Solidariteit se regsverteenwoordigers het Maandag hofstukke ingedien en die Konstitusionele Hof direk genader met ’n appèlaansoek teen die uitspraak van die hooggeregshof. Malan sê die hofsaak gaan moontlik nog binne die volgende tien dae plaasvind.

“Die regering beveel almal om hul deure te sluit, maar finansier en help dan slegs dié wat aan hul rassevereistes voldoen,” meen Malan.

Malan sê Solidariteit gaan ʼn klag by CERD indien ongeag wat die Konstitusionele Hof binne die volgende tien dae beslis. “Dit beteken nie die hofsaak is nie belangrik op sigself nie. Dit is bloot ’n dringende aksie ter wille van broodnodige hulp aan mense,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Frans ·

99% wit in my company van nou af dankie vir Covic 19 ons wit mense se oe het oop gegaan en gaan oop bly maki saak wat gebeur nie

Willem ·

My seun se onderneming gaan nou net wit seuns indiens neem

Barbara ·

Wel ek hoop jul kom reg. Al wat ons kan doen is bid vir ons wittes in Suid Afrika.

Michael 1 ·

En seker maak elke wit onderneming ,plaas eienaars ingesluit stel net mense aan teen wie die regering huidiglik diskrimineer

Michael 1 ·

Dit het ook tyd geword dat ons ons eie huise begin skoonmaak en naweke ons tuin in stand hou en die geld wat ons spaar onself bemagtig.

Oom Hennie Pennie ·

Die afgelope sewe jaar al doen ek en my vrou alles self in en om die huis.

AH ·

Dit is makliker gesê as gedaan. Ek het al vir baie jare dieselfde huishulp. Ek is haar enigste hoop op oorlewing. Sonder die salaris wat sy van ons ontvang het sy niks. Daar word so gepraat oor kospakkies en finansiële hulp vir hulle, maar alhoewel sy haar naam op ‘n lys geplaas het, het daar nog geen hulp na haar kant toe gekom nie. Haar familie woon in KZN in ‘n landelike omgewing. Hulle het ook nog geen kos of hulp van enige instansie gekry nie. Sy sorg vir hulle ook met haar karige inkomste. Ek doen dus wat ek kan om haar te help en betaal haar salaris voluit al kan sy nie nou werk nie. As ek van haar ontslae sou raak omdat ek haar onder dieselfde kam skeer as die korrupte regering, is ek niks beter as hulle nie en sal ook nie met my gewete kan saamleef nie.

Magda ·

Sal julle 100% ondersteun = saolank julle klag net nie na die peisang regering toe gaan nie, want dan gaan julle nerens kom nie = Oorsee aanklagte – JA se wat julel nodig het van die publiek.

Althes ·

Ek glo en vertrou dat hierdie die regte tyd is om VN toe te gaan. Die ANC regering sal nie agter leuens kan wegkruip nie – die wêreld sal hul sien vir wie en wat hul werklik is.
Gebruik die geleentheid ten volle.

Fedup ·

And here i thought you dragged this circus to the un 3 weeks ago. What exactly did you wait for? An invitation? Really. Please wake up and smell the coffee. You have waited too long.

Francois ·

Dit is wonderlikke nuus maar ek wil dit eers sien gebeur

Johan ·

Dis reg so! Laat ons hierdie onbevoegde spul aan die wêreld wys vir wat hulle regtig is.

Sonneblomkind ·

Ek bid vir ons Land. Dis tyd dat die VN sien wat in ons land aangaan

Leon ·

Ag asseblief. Diw VN is ‘n totale mislukking. Hulle is soos ‘n keffer brak sonder tande. Niks werd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.