Diskriminasieklagtes teen pres. Zuma voorberei

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma Foto: Elmond Jiyane

Die burgerregte-organisasie AfriForum het aangekondig dat hy diskriminasieklagtes teen pres. Jacob Zuma gaan indien.

Volgens AfriForum spruit die klagtes uit die uitlatings wat die president die afgelope naweek by die Melmoth-sportterrein gemaak het. “Hierdie klagtes sal by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) sowel as die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur, Godsdiens- en Taalgemeenskappe ingedien word,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Die president het volgens mediaberigte die volgende kwytgeraak: “Swart mense moet saamstaan en vir ʼn ander swart mens stem … anders sal hierdie land voor jul oë van julle weggeneem word, of hulle sal ander gebruik om dit van julle weg te neem.”

Roets het gesê uitsprake soos dié word in ʼn baie ernstige lig beskou. Die nodige stappe sal gedoen word, ongeag die feit dat die staatspresident dit geuiter het. “Die narratief in hierdie land het die punt bereik waar rassistiese kommentaar teenoor wit mense deurgaans op openbare platforms gemaak word, sonder die nodige gevolge. AfriForum beskou dit as sy plig, as organisasie wat hom vir die regte van minderheidsgroepe beywer, om in hierdie verband sterk standpunt in te neem.”

Die klagtes sal eersdaags by albei kommissies ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willie ·

Dankie dat julle probeer. Zuma gedy. Niks sal gebeur nie. “Waste of energy “

Andre ·

Dankie, Afriforum. zuma is die grootste aanhitser van geweld teen blankes met sy haatspraak en vals uitlatings wat hy maak. Die raskaart word na willekeur deur zuma en kie gespeel en die ongeletterde, arm massas glo hom, want hulle bly oningelig en weet nie van beter nie. Dít is waarop hy steun. Vervolg hom en sluit hom toe. Niemand is verhewe bo die wet nie en dis tyd dat zuma en sy anc kaders dit besef.

Illa ·

Baie dankie dat jul bly poog om Zuma voor stok te bring. Ek weet nie hoe jul positief bly en maar weer en weer probeer nie. ‘n Mens kan nie help om te voel dat dit soos ‘n storm in ‘n koppie is nie. Maar jul hou moed en probeer elke keer weer. Dankie dat jul nie tou opgooi nie, al voel sommige van ons as ondersteuners “wat’s die punt” – dis hoekom instansies soos julle broodnodig is.

Ina Cronje ·

Onthou daai gesegde ” Aanhouer wen” ons sal seevier – nes ons voorvaders het ons nie ‘n tekort aan deursettingsvermoe nie. Sterkte .

Tinktinkie ·

Ek stem heelhartig saam met d vorige kommentaar!! Zuma gaan seker net weer “apologise”! Dis mos maklik! Kom ons hoop hierdie is net nog n spyker in sy doodskis!!

Hannelie ·

En hy noem homself ‘n president??? Seker die swakste wat Suid-Afrika nog gehad het. Mooi so Afriforum wys hom hy is nie Suid-Afrika se kamstige “herder” nie. Hy moet eerder gly, want ons wil nie meer hê hy moet bly.

Zach Coetzee ·

Noudat die status van hs. 9 instellings bevestig is moet ons van die betrokke instellings gebruik maak om die blatante rassisme van politici aan te spreek. Veral die status van regspraak en grondwet is bevestig. Elke gunstige uitspraak kan net bydra tot beter balans…om nie eers te praat van verdere druk op nommer 1 nie! Doe so voort!

david ras ·

Oor hoofstuk 9—Ongelukkig alles in Engels, want ek kan geen Afrikaanse teks hieroor opspoor nie :
Hoofstuk 9 Equality
9.1-all people are equal before the law, and are entitled to the full protection of the law
9.2–Equality includes the full and equal enjoyments of all rights and freedoms, to promote the achievement of equality , LEGISLATIVE AND OTHER MEASURES designed to protect or advance persons, or categories of persons disadvantaged by unfair discrimination may be taken
Soos ek dit vertolk beteken dit dat solank as daar slegs ‘n vermoede bestaan van mense wat deur onregverdige diskriminasie benadeel is, letterlik enigiets gedoen mag word om dit reg te stel.
Hoofstuk 9 het wel vir Zuma uitgewys, maar dit beteken absoluut niks vir die witmense van hierdie land nie. Die anti wit diskriminasie bly………

Winston ·

Zuma is net n boodskapper. Dis die spreekbuis van wat miljoene wil hoor. Sterkte en dankie Afriforum.

Esther ·

Ek wil net graag sê – behalwe dat ons president sulke rassistiese aanmerkings maak, wil ek ook net byvoeg: mnr zuma – jy sê jy is “ons” herder “ons moet jou volg. Ek wil net sê: jy is nie MY Herder nie. Ek het net EEN Herder en Sy naam is Jesus – definitief nie jy nie!!!!

alida ·

Hy sal nie self bedank nie maar een ding weet ek die ander partye gaan hom nie los nie. Sy dade en sondes sal een vir een oopgevlek word.

Mielie ·

Dankie AF, maar soos almal weet gaan daar niks van kom nie, kan dit nie na Concourt verwys word nie, as ek reg onthou het die regter ook gese Nr1 se verantwoordelikheid is om eenheid in die land te verseker. Hierdie is n klomp bose mense, met geen gewete en self respek nie. Mens kan nie eers daaroor lag nie, dis skaamteloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.