Dispuut met Kumba Iron Ore verklaar

Mpho Phakedi, tesourier-generaal van die NUM (Foto: NUM/ANA)

Die National Union of Mineworkers (NUM) het Woensdag gesê hy het ʼn dispuut met Kumba Iron Ore verklaar by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

NUM eis ʼn verhoging van minstens 8% vir die laagsbetaalde werkers en 6,5% vir die hoogsbetaalde werkers.

Die vakbond en die maatskappy is in ooreenstemming met die verhogings, maar ʼn twispunt is Kumba se voornemens om weg te doen met ʼn beleid van 120 dae siekverlof vir werkers, het NUM in ʼn verklaring gesê. “Pogings om die maatskappy te oorreed om die kwessie anders te benader, was nie suksesvol nie en dit maak die kwessie die enigste struikelblok om die loonooreenkoms te onderteken.”

Die vakbond het gesê hy is van mening dat die ooreenkoms onderteken moet word en dat die maatskappy se eis in ʼn afsonderlike proses hanteer moet word. “Ons voel dit is onregverdig teenoor ons as werkers dat ons, om beter salarisse en werkstoestande te kry, iets moet weggee wat reeds aan ons behoort. Dit lyk of die oorlogslyn getrek is. Die NUM bly onwrikbaar en ons sal tot die bitter einde bly baklei vir ons lede se eise.”

Mpho Phakedi, tesourier-generaal en hoof-onderhandelaar by die NUM, het gesê die vakbond is steeds gretig om ʼn vriendskaplike oplossing te vind. “Werkers het reeds ingestem tot baie kompromieë, insluitend die salarisverhogings en behuisingstoelaes en ons het selfs eise laat vaar soos ʼn verhoging in die pensioenfonds en ʼn driejaarooreenkoms,” het hy bygevoeg. “Met al hierdie toegewings en pogings bly [Kumba] weier om hul deel te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marius ·

Maak toe , verkoop die laaste ding , en dan kan die werkers vir hul hanteerders vra hoe hulle gaan leef . Punt

Cheryl ·

Ek het self vir Kumba gewerk. Dis een vd bes betaalde myn maaatskappye in SA. Die vakbonde se eise is totaal onrealisties en NUM is een vd grootste cry babies wat ook maklik tot geweld oorgaan. Wees bly julle het nog werk in tye soos hierdie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.