Dispuut met MTN verklaar ná borgskap onttrek word

Steve Hofmeyr by Afrikaans is Groot. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy stem by die onlangse onstuimigheid oor Steve Hofmeyr se deelname aan die Afrikaans is Groot-konserte gevoeg deur ʼn dispuut met MTN te verklaar.

Dit kom nadat MTN sy borgskap aan dié gewilde konsertreeks onttrek het weens Hofmeyr se deelname. AfriForum beskuldig MTN daarvan dat die maatskappy “beweerde rassistiese gedrag onderskryf”.

“MTN het aangekondig dat hy sy borgskap by ’n groot Afrikaanse musiekfees onttrek het omdat MTN nie die persoonlike standpunte van een van die kunstenaars wat by die musiekfees optree, onderskryf nie. Terselfdertyd skroom MTN nie om as borg vir die politieke byeenkomste van die ANC en die EFF op te tree nie,” lui ʼn verklaring deur AfriForum.

Maroela Media het vroeër berig MTN se onttrekking aan AIG het gekom nadat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwyser, deur middel van Twitter druk op die maatskappy geplaas het om nie die konsertreeks te ondersteun terwyl Hofmeyr daaraan deelneem nie.

Lesufi het reageer op ʼn Twitter-plasing van Hofmeyr in Oktober 2014 waartydens Hofmeyr gesê het: “Jammer om aanstoot te gee, maar in my boeke is swart mense die argitekte van apartheid. Go figure.”

“Liewe MTN, jul borgskap van hierdie persoon [Steve Hofmeyr] is ʼn belediging vir vredeliewende Suid-Afrikaners. As hy by die Afrikaans is Groot-konserte optree, moet julle jul borgskap onttrek. Ons is nie gekant teen AIG nie, maar teen die beledigings van die sogenaamde sanger!” het Lesufi op Twitter geskryf.

Kort daarna het MTN aangekondig dat hy sy borgskap onttrek omdat die netwerk “Suid-Afrikaners aan mekaar verbind en mense saambring” en hy geen geleentheid kan borg “wat op enige manier ons missie teenstaan nie”.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat MTN se kriteria vir borgskap dus daarop neerkom dat die groep die persoonlike standpunte van diegene wat by ’n projek betrokke is, moet onderskryf. Roets meen die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat MTN met sy borgskappe aan die ANC en EFF die standpunte van hierdie partye onderskryf.

“Die ANC het gedreig dat wit boere se grond met geweld afgeneem sal word as hulle dit nie vrywillig aan swart mense oorhandig nie en die EFF hits misdaad teen mense op grond van hul ras aan. Albei partye maak hulle ook aan haatspraak teen minderheidsgroepe skuldig. Met hierdie stap gee MTN as ’t ware toe dat hy die ANC en die EFF se rassisme goedkeur,” sê Roets.

Hy wys daarop dat die persoonlike standpunt van slegs een individu genoeg was vir MTN om sy borgskap aan AIG te onttrek. “Met hierdie uitgangspunt verklaar MTN dus dat hy die persoonlike, en soms blatante rassistiese, standpunte van elke individu wat by die ANC en die EFF betrokke is, onderskryf,” sê Roets.

AfriForum het die publiek aangemoedig om sy dispuut met MTN te ondersteun deur die organisasie se webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Maxie ·

Vader land, kan daar so baie mense bedreig voel deur een persoon??? Regtig!

Steve, jy bly bo-baas

Santjie ·

Lesufi, jy skrik ook maar eers laat wakker! As hierdie al in 2014 gesê is, hoekom NOU eers wakker skrik? Daar was seker nog nie so baie “load shedding” daai tyd dat jy so lank kon slaap nie?

Boet Fasie ·

Mooi Afriforum ons staan saam met julle dit is belaglik dat organisasies en besighede teen afrikaners en blanke afrikaners diskrimineer terwyl die ANC en EEF kan se en doen net wat hulle wil en nog geborg word om haatspraak te verkondig. Ek wil vra dat eljeen Afriforum se nwtwerk besoek en sy stem by Afriform voeg net net Steve nie maar vir elke Afrikaner se reg om sy stem te laat hoor sonder vrees.

Trots Afrikaans ·

Dankie Afriforum. My ondersteuning is klaar op die webblad bygevoeg.

jaco ·

WIT monopoliekapitaal borg byeenkomste van die ANC en die EFF??? Iets maak nie sin nie.

Johan.L ·

So MTN ontrek hulle borgskap teen AIG.omdat Steve sy standpunt gee van ware gebeure wat in Suid Afrika gebeur .Is nie Steve wat geborg word nie dit is AIG,So MTN staan rassime goed veral as ANC en die EFF misdaat teen wittes en dreigemente teen wittes aanhits. So hoekom ontrek MTN nie hulle aan borgskap vir die anc en eff as daar vir hulle funksies gehou word nie,waarop dit neerkom is dat mtn aanhitsing teen blankes o ja en die Indieers is mos nou in goedstaan. Sies mtn julle wys nou julle is rassisties.

Gert ·

Nou verdubbel ek my bydraes vir Afriforum!
So moeg vir die twee stelle standaarde in Suid-Afrika, ons ly onder beurtkrag en duur elektrisiteit terwyl Soweto niks betaal nie en nie beurtkrag kry nie, ons mag nie ons mond oopmaak oor enigiets nie, anders is dit haatspraak, terwyl Malema die skokkendste regte haatspraak doen en telkens word dit bevind dit is aanvaarbaar.
Dankie Afriforum!

George in Bloem ·

Steve het ‘n punt beet in sy tweet. Daar is vandag in SA net soveel rassistiese wette,indien nie meer nie,in plek wat teen die minderheid diskrimineer as ooit in die ou SA. So wat nou? Is diskriminasie teen een groep aanvaarbaar maar teen ‘n ander nie?Dit opsig self is uiters rassisties. En wil MTN vir almal asb verduidelik hoe dit reg is dan vir hulle,wat kamstig nou die morele hoe grond hou,om die uiters rassistiese EFF en BLF te borg maar hierdie houding in te neem jeens AIG? Oor Lesufi sal ek myself liewers nie uitlaat nie.Hy is nie eers kommentaar werd nie want hy beklee nie eers sy pos op grond van sy kwalifikasies of vermoens nie maar eerder as gevolg van die gebrek daaraan. Hierdie veragtelike dubbele standaarde en rassisme wat hoogty vier in hierdie piesangrepubliek van ons is grootliks die oorsaak hoekom dinge in hierdie eens pragtige land vandag lyk soos dit lyk. En alles is natuurlik te danke aan Lesufi en sy ANC trawante.

George in Bloem ·

Steve het tog ‘n punt beet in sy tweet. Daar is vandag in SA net soveel rassistiese wette,indien nie meer nie,in plek wat teen die minderheid diskrimineer as ooit in die ou SA. So wat nou? Is diskriminasie teen een groep aanvaarbaar maar teen ‘n ander nie?Dit opsig self is uiters rassisties. En wil MTN vir almal asb verduidelik hoe dit reg is dan vir hulle,wat kamstig nou die morele hoe grond hou,om die uiters rassistiese EFF en BLF te borg maar hierdie houding in te neem jeens AIG? Oor Lesufi sal ek myself liewers nie uitlaat nie.Hy is nie eers kommentaar werd nie want hy beklee nie eers sy pos op grond van sy kwalifikasies of vermoens nie maar eerder as gevolg van die gebrek daaraan. Hierdie veragtelike dubbele standaarde en rassisme wat hoogty vier in hierdie piesangrepubliek van ons is grootliks die oorsaak hoekom dinge in hierdie eens pragtige land vandag lyk soos dit lyk. En alles is natuurlik te danke aan Lesufi en sy ANC trawante.

Tante ·

Kom Afrikaans sprekende mense in ons land onttrek julle ook nou van MTN. Hulle het ons nie nodig. Ons sal oorleef sonder hulle.

Attie ·

Noem ‘n maatskappy wat nie Afrikaans verstoot nie. Die feit dat daar vele Afrikaanssprekendes is wat gemaklik daarmee is, speel natuurlik ook in hul kraal. Dank aan Afriforum wat hard probeer. Julle is mense met imbors en ‘n groot hart.

Dereck Le Roux ·

Ek is werklik verbaas vir die apatiese houding van die mede kunstenaars wat om politieke korrektheid en skynheiligheid hulle nie skaar by Steve Hofmeyer nie maar is wel gewillig om wetend op te tree dat AIG net deur die Colesky broers bestuur word maar die eienaar Younis Schaik, broer van die vermeende bedrieer Schabir Schaik se sakke en sy bankrekening vir hom vol te maak terwyl dit geen geheim is wat hulle houding is weens witmense nie, kunstenaars se dienste en witmense se geld is egter goed genoeg vir hom.

Jean ·

MTN het nog nooit oorweeg om hiper-rassiste soos die ANC en EFF in openbaar te verneder nie??? Hierdié is net weer ‘n verskuilde aanslag teen Afrikaans en die Afrikaner. Laasgenoemde moet ten alle koste gemarginaliseer word.

HPV ·

Die verkil tussen goeie en swak bestuur. Toyota bestuur se goed deurdagte antwoord tov AIG borgskap teenoor MTM se swak rassisties en eensydige antwoord wat grens aan wat mens amper kan toeskryf aan ‘n tipe regstellende (kwota) bestuur.

TN ·

Sekondeer ten volle . Hoymeyer is ‘n pleb en ‘n verleentheid vir beskaafde Afrikaners .

HPV ·

Die verkil tussen goeie en swak bestuur. Toyota bestuur se goed deurdagte antwoord tov AIG borgskap teenoor MTM se swak rassisties en eensydige antwoord wat grens aan wat mens amper kan toeskryf aan ‘n tipe regstellende bestuur.

Nols ·

Toyota mos mooi nadink oor hulle antwoord. As julle die boere vervreem gaan hulle nie gou weer die top bakkie verkoper in die land wees nie.

kotie ·

Ek wil regtig vra wie is Panayza Lesufi LUR van onderwys om sy mond te kom rek op opdragte te gee oor iets wat Steve 2014 in sy boek geskryf het. Miskien moet hy hom bepaal by departement waar hy aangestel is waarvoor hy betaal word. En nie verdeeldheid in ons land te maak nie. Maar wat het hy te sê oor Malema EFF en baie ander wat rassitiese dinge kan kwyt raak en geen haan kraai daaroor nie. Dankie AfriForum dat julle ook probeer om die instansies aan te vat . MTN en DSTV en Coco-Cola wat nou hul borgskappe onttrek aan AIG. En hulle het gevra dat TOYOTA dit ook moet doen , Maar dankie TOYOTA dat julle ,jul nie laat voorskryf deur sekere persone nie. Ons Suid – Afrikaners en veral Afrikaan sprekende mense moet net begin om hierdie instansies nie meer besigheid met hulle te doen nie. Miskien moet ons almal in die mooi land van ons begin saamstaan want duidelik vir amper 25 jaar word deur ons huidige regering net in die tru spieel gekyk en ten gronde gaan. Ag dink ons almal in die land is al moeg en agtvol dat daar altyd uit die verlede dinge verwys na word. MIskien moet ons regering net vir hulle by sake soos misdaad en moord en korrupsie wat hoogty vier in ons land bemoei en en dit uitsorteer.

JG ·

Hierdie korrupte spul kaders van cANCer is nie instaat om enigiets uit te sorteer nie.

Niel ·

ek dink so by myself… sekere mense is baie bygelowig, en hiermee verwys ek ook bv na swart mense bv toordokters, sagomas het ens. Ek respekteer dat hulle hierdie geloof het, agv tradisie/kultuur ens.

Wat ek hiermee bedoel is, dit voel net vir my dat sekere mense bang is vir siener van Rensburg se woorde ” Maar juis in hierdie angsvolle tyd sal die man met die bruin pak klere baie onver-wags opstaan, ons mense bymekaar bring,” En dalk sien die swart mense/leierfigure vir Steve as daardie man. Is hoekom hulle bang is vir Steve? Die dat hulle alles probeer om te keer dat Steve moet opstaan vir sy mense?

ons sal nooit weet, maar ek hoop en bid dat ons land gou sal regkom… Want op die ou end van die dag moet ons kyk na die ou leuse van SA… “eendrag maak mag”.

Skroef ·

Praat jy wat tanne het, willem. Ek sekondeer. Maar natuurlik laat maroela media nie kritiek teen steve of juanita toe nie. Net teen mtn en lesoti. Dis nou spraak-vryheid

johan ·

Willem gaan koop die engelse koerant want met jou denke is Arikaans een van die dae nie meer daar ! !

BlinkStephaans ·

Hierdie gaan ñ interessante een raak… sal graag wil sien of Afrikaans ñ “spur” op mtn trek.

KrokodilBotha ·

Karma jaag nou vir Steve oor sy ja stem toerentyd. Shame. MTN kan my besigheid maar druk. Die tuin tegnikus, die stofsuier bestuurder ensv. het ek nie nodig nie. Spandeer julle geldjies by die regte besighede ensv. Isuzu beat anyway n Toyota. Sterkte met die Afriforum. Hoe kan mens nou met dwase redeneer.

Anoniem ·

Dis vir ons beledigend dat ons skole ‘n slagveld van mes stekery en wanorde is. Dit is die ANC nalatenskap. Kry jou eie huis in orde Lesufi, alvorens jy vir AIG se deur met ‘n vrot besem probeer vee!

Baai MTN ·

MTN moet my asb. nie weer bel en hulle produkte en dienste aanbied nie. Die antwoord is nee. Dit is nou sommer nonsens.

Hans ·

Onthou julle nog die galbraker eneJimmy Manyi – Panya…. is vinnig oppad om by hom aan tesluit.

Ore ·

Ag nee wat,hoeveel “Spur boikotters” is nog oor? Spur floreer weer,MTN en Toyota gaan geen effek he nie.Ons raas en blaas sonder enige sukses.Ons moet die MTN kantore bestorm en verwoes,soos die EFF met Vodacom gemaak het.Iets daarvan gekom? Nee

RN ·

Steve is ‘n legende! Een wat man wat die hele swart volk skrik maak. Wens hy wil hom tot die politieke wend. Ons sal dan sien hoe bewe die broeke.

Sinies ·

Ek is nie n Steve ondersteuner nie, maar wat MTN gedoen het is siek en strafbaar.
.
MTN assosieer liewer met Lesufi & Kie,
So leer ons wie is vriend en vyand.

Sandy ·

Ek weet nou nog nie wat die Departement van Onderwys te doen het met ‘n borg en AIG nie? Gaan my verstand te bowe.

JG ·

Lepuffie weet nie wat behels sy pos-beskrywing nie, daarom begeef by hom op hierdie tipe terreine…dit terwyl Gauteng se onderwys brand…

Dafer ·

Mooi AfriForum!
Persoonlik is ek nie eintlik ‘n ‘fan’ nie, maar ek het nog altoos gedink dat hy eerder in die politiek moes wees, maar hy sal gaan vir homself, en nie REGTE redes nie.

Ekke ·

Gaan kyk bietjie na MTN se beleid oor aandele van die maatskappy. Net voorheen benadeeldes mag aandele he! Go figure!

Santjie ·

Lesufi, jy skrik ook maar eers laat wakker! As hierdie al in 2014 gesê is, hoekom NOU eers wakker skrik? Daar was seker nog nie so baie “load shedding” daai tyd dat jy so lank kon slaap nie?

Erica ·

MTN is vinnig om geld te vat. Maar ek is seker van hullie kliente hang ook rassisme aan, moet hulle dan nie ook sê, dat hulle nie die mense as kliente wil he nie.

Louis Kotze ·

Het my MTN bande gebreek oorgegaan na Vodacom toe en klaar !

jakes ·

Gaan kyk maar wie dien in die bestuur van MTN. Ek onderstuen met trots Steve se standpunte want hy beleef en sien hoe dat SA van n eens mooi land in n muishond verander het.

Piet ·

Kom ons onttrek almal van MTN. as ons taal en kultuur nie vir hulle goed genoeg is nie is ons geld ook nie.

Stem saam ·

Trots op Toyota se diplomasie. Kry vir julle, MTN. Nie almal in hierdie land is stiksiennig nie – julle is so, maar o sooooo deursigtig.

Leon ·

Wel ek dink dan ons Afrikaners moet ook maar begin om MTN te boikot en nie meer hulle dienste te gebruik nie,as hulle teen Afrikaners is het hulle ook nie ons geld nodig nie,ek sal defnetief nie eers oorweeg om besigheid met MTN in die toekoms te doen nie?

Philip ·

Maak MTN finansieel seer, verander eenvoudig na ‘n ander netwerk Selfde met Discovery, ons het nog mag, ons geld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.