‘Dissipline lê in die hande van die ouers’

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys Foto: ANA

Die dissipline van kinders om ʼn gesonde leeromgewing te verseker, is in die hande van hul ouers, het Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, Saterdag aan ouers by Norkem Park High School in Kempton Park gesê.

“Kom ons vat hande om dié kwessies te hanteer. Ek het met jul kinders gepraat, en ek het gesien dat hulle nooit gedink het dat hierdie tipe ingryping sal kom nie.”

Die LUR het die skool aanvanklik twee weke gelede besoek ná video’s van geweld by die skool wyd op sosiale media versprei het. ʼn Vuurwapen kon ook in een van die video’s gesien word. Hy het Saterdag aan ouers gesê dit is ʼn skande om te sien hoe graad 9-leerders oor kêrels baklei. “Hul geskille gaan nie oor skoolbedrywighede nie. Ons kan nie trotse ouers wees as die kinders só optree nie.”

Die skool het ná die gewelddadige voorvalle 10 dogters en twee seuns uit die skool geskop en twee leerlinge is geskors wat twee onderwysers aangeval het terwyl die LUR op die perseel was. Agtien ander kinders is ook geïdentifiseer wat aan bendes behoort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Boetman ·

Die ouers het self nie dissipline nie. Hulle toitoi en breek als af as hulle nie tevrede is. So minister jy droom

Frikkie (Nie pienk) ·

Boetman, jy’s so in die kol. Lesufi leef ‘n droom.

Vet Ed ·

Se die man wat n skool toemaak omdat kinders nie hulle hare wil kam ni

Johann Marx ·

Daar is ‘n spreekwoord wat lui “It takes a village to raise a child”. Toe my pa my en my drie broers groot gemaak het, het hy die hulp van die skoolhoof, die SAP Stasiebevelvoerder, die dominee, onderwysers, burgemeester, stadsklerk, tandarts, dokter, spietkop en my Ma gehad. My pa het ons op ‘n baie wetenskaplike wyse groot gemaak wat basies so gewerk het: As jy die agterkant warm maak, smelt die was in die ore vining. Nou se dae weet jy nie eens wie jou buurman is nie, en kinders is op hulleself aangewese…..

Lynne ·

Stem 100% met jou saam Johann! Vandag is ek besonder dankbaar oor daai einste tipe opvoeding wat ek gehad het! Verruil dit vir niks nie!

Anoniem ·

Jy kan dit nou maar erken, Lesufi: dit is presies hoekom dit so goed gaan by sommige skole, in teenstelling met die wanfunksionele skole. Daar is DISSIPLINE! Van die hoof af, deur na die onnies, tot by die leerders.

De Villiers ·

Dissipline kweek jy op twee maniere by ‘n kind: 1) Deur sielkunde en 2) Deur straf, en met straf bedoel ek onder andere lyfstraf. Sonder een van dié faktore kan jy nie dissipline by ‘n kind kweek nie.
Nou het die regering ‘n verbod op lyfstraf gesit, en verwag hulle net dat die dissipline net met sielkunde gekweek moet word. Dit kan dan nooit werk nie omdat hulle ouers ontmagtig. Lyfstraf het sy plek, maar moenie misbruik word nie. Bring lyfstraf terug, selfs in die polisiediens, soos in die ou dae, en baie probleme word opgelos.

Geen sielkunde ·

Sielkunde word deur die leerders gebruik. Hulle is nie bang vir sielkunde nie. Ook nie vir na skool sit en huiswerk doen nie. Hulle pappies en mammies hol baie vinnig skoolhoof toe as die onderwyser net waag iets sê.

Andre ·

Ek stem honderd persent saam , In die BYBEL staan op verskeie plekke Tugtig Kinders wanneer nodig , maar die Human rights movement het mos gese neem lyfstraf weg , dus glo hulle nie in die Woord van die HERE nie ???? Dus hoekom ons land en wereld so deurmekaar is , Tugtig jou kinders van jonks af sodat hulle maniere en respek vir andere kan he , AMEN

Tienie ·

Lesufi praat jy wat tande het – maar jy breek alle disipline af deur te interfeer sodra dissipline toegepas word . Jy hardloop baie gou na die skole toe en verwyder die personeel en beheerliggame wat losbandigheid van die leerders probeer binne beheer hou.

Lynette ·

Wanneer daar dissipline in n skool is en sekere leerders hou nie daarvan nie en kla by jou, is jy vinnig om die skool van rassisme te beskuldig en die dissipline te belet en so .grou jy jou eie gat. So sal jy nooit dissipline gehandhaaf kry nie. Toe ons kinders was en gestraf is oor ons nie die skoolreels wou volg nie, sou ons dit nie durf waag om by ons ouers daaroor te kla nie want dan is ons weer gestraf. Dit is waarom ons gedissiplineerde, wetsgehoorsame burgers is watvnie stask en toi toi om ons sin te kry nie. Goeie opvoeding is wat kinders nodig het, maar jy kan nie se dis nodig maar terselfdertyd, breek jy self die reels af sover jy gaan en sterk die leerders in hulle kwaad.

FM ·

Mnr Lesufi wil alles wat die blankes ingestel het, afbreek, net om anders te wees. Jy soek goedkoop populariteit, want jy dink te min van die personeel van n skool en wil graag die leerders please. Aanvaar die skool se toepassing van dissipline en moet nie skole wat gesond is, siek maak nie. Soort soek soort en moet nie skole wil homogeen maak nie. Hou op om jou mes in te kry by Afrikaanse skole wat gesond is. Tree asb in belang van die skool op en nie van die anc nie.

Leahim ·

Die probleem is grootliks n probleem by skole waar die meeste leerlinge swart is en nee ek is nie rasisties nie dit is een van die probleme wat nie aangespreek word nie omrede almal te bang is en daarom gaan die probleem net vererger.

Chevy ·

Minister jy moet jouself n ander job gaan soek want dit wil my voorkom jy het geen idee wat jy doen en se nie.

Oud onderwyser ·

Lesufi, kweek swak dissipline. Kinders sien voorbeelde by hul ouers, hul is gehoorsaam aan hul kinders. Alles wat afrikaanse skole opgebou het, breek hul af!

m ·

n Kind is maar n produk van sy omgewing. Kyk hoe gaan die ouers aan, gooi klip, breek af gaan soos mal goed in die strate tekere. Daai swak gedrag word maar by die ouers aangeleer. Dis nie die skool se plig om kinders disiipline te leer nie hulle is daar om geleerdheid te kry so eenvoudig soos dit.

Andre ·

Ek stem honderd persent saam , In die BYBEL staan op verskeie plekke Tugtig Kinders wanneer nodig , maar die Human rights movement het mos gese neem lyfstraf weg , dus glo hulle nie in die Woord van die HERE nie ???? Dus hoekom ons land en wereld so deurmekaar is , Tugtig jou kinders van jonks af sodat hulle maniere en respek vir andere kan he , AMEN

SARIE VAN HEERDEN ·

Suid-Afrikaanse wette het die mag van tugtiging deur ouers uit hul hande geneem en oorgegee aan korrupte, ongehoorsame, kinders met ‘n klip in die hand en ‘n mes in die sak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.