Dissipline-probleme hoofrede hoekom onnies handdoek ingooi

sos-leierskapkongres-2018-marius-botha

Marius Botha, ’n regskonsultant wat skole oor die hantering van dissipline adviseer, sê dissiplinehantering moet ’n spanpoging wees. Foto: Verskaf.

Dissiplineprobleme is een van die hoofredes vir onderwysers se bedankings.

Marius Botha, ’n regskonsultant wat skole oor die hantering van dissipline adviseer, het die enorme probleme wat skole rakende  dissipline ervaar, hierdie week by die leierskap- en onderwyskongres van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand in Centurion uitgelig.

Botha sê gebrekkige dissipline het tot gevolg dat talle onderwysers onveilig voel en gevolglik nie hul werk geniet of selfs behoorlik kan doen nie.

Volgens hom is daar wel skole waar dit wel baie goed gaan. Dit is spesifiek waar skole ’n waardestelsel het wat goed funksioneer.

“Dissiplinehantering moet ’n spanpoging wees. Waar skole net ’n dissiplinehoof aanstel en verwag hy moet alles doen, werk dit nie.”

Botha het veral beklemtoon dat skole die korrekte prosedures in dissiplineverhore moet volg en te alle tye moet verseker dat rekordhouding van alle gevalle en voorvalle honderd persent op datum is. Skole moet ook gedragskodes hê wat duidelik uitstippel hoe bewyse soos video’s, foto’s, tekeninge en boeke in verhore gebruik moet word.

Botha en sy span was verlede jaar by 451 verhore in Gauteng betrokke.

Hy meen die grootste probleme is pornografie, sosiale media, dwelms, rassisme en seksuele aktiwiteite. Wat dwelms betref, is daar veral groot uitdagings betreffende sintetiese dagga wat vrylik beskikbaar is en nie deur urientoetse opgetel word nie. Skole moet in sulke omstandighede hul gedragskodes sodanig aanpas dat ouers leerlinge wat verdink word, vir bloedtoetse moet neem. Die dwelmkrisis word verder geïllustreer deur die feit dat van die 605 leerlinge wat verlede jaar in 17 skole in die Wes-Kaap getoets is, altesame 415 positief getoets het.

Botha sê skole moenie die fout maak en dieselfde gedragskode jaar ná jaar gebruik nie. Tye en omstandighede verander en gedragskodes moet dienooreenkomstig aangepas word.

sos-leierskapkongres-2018-paul-colditz

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het hoofde oor etiese leierskap toegespreek. Foto: Verskaf.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het hoofde oor etiese leierskap toegespreek.

Hy het gesê ’n suksesvolle lewe is nie noodwendig ’n betekenisvolle lewe nie, maar ’n betekenislose lewe is gewis ’n onsuksesvolle lewe.

Hy het na voorvereistes vir etiese leierskap verwys, soos morele intelligensie, onkreukbare integriteit, kwaliteitverhoudinge, ’n beginselgedrewe benadering en die skep van ’n etiese kultuur.

“As ’n leier nie etiese waardes het nie, sal niemand na hom luister nie. ’n Etiese leier is iemand wat ook hierdie waardes uitleef. Etiese leierskap gaan ook oor invloed en sonder integriteit kan geen leier ’n invloed hê nie.”

Colditz het ook daarop gewys dat ’n etiese leier iemand is wat vertrou word. Daarsonder het ’n leier nie geloofwaardigheid nie.

“Baie mense maak maklik beloftes, maar wanneer hulle dit nie nakom nie, skend hulle vertroue.”

Hy sê voorts effektiewe kommunikasie is ’n voorvereiste vir leierskap.

“’n Skoolleier wat byvoorbeeld net deur e-pos kommunikeer, kan as geslote bestempel word. In skoolverband moet ’n hoof teenwoordig wees. Hy moet in die personeelkamer en op die skoolterrein wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Deserisé Cocklin-Viljoen ·

Dit is presies waarom ek bedank het. Onderwys het my in ń heel onbekende persoon verander. My siel is elke dag versondig. Niemand verdien dit om in sulke werksomstandighede te werk en te bid dat die kinders hulle daardie dag tog net beter sal gedra nie. Ek lê dit vierkantig voor die ouers, regering en groepsdruk se deur. Volgens my het onderwysers nie meer regte nie. Onderwysers is nou werknemers van die kínders. Ja, Baas ek is Klaas.

Liberaal ·

Die middelklasse en laeklasse kan gebreek word deur om die opvoeding van jongmense te breek deur dissipliene en menseregte teeen mekaar op te speel. Dan kan die NWO globale elite ‘n sterk houvas op die swakker geleerde massas kry, en die massas sal nie entrepreneurs kan word nie, dan het die globale elite minder kompetisie.

Los ·

Los onderwys en bekwaam eerder in beroepe waarvoor daar vraag is in die nuwe digitale ekonomie soos sagteware, ingenieurswese en digitale entrepreneurskap.

Johann ·

Gesien die skool waar ons die laaste paar maande om bid was ook by die geleentheid. Dis nou die een wat al wat n waarde en gedragskode op die mure plak en plakate swaai en in huiswerk boeke druk en en en en.

Maar vra jy EEN kind om meer as een waarde te noem… kan nie. Nog minder om te verduidelik wat dit beteken! Nevermind wat n gedragskode beteken? Maar een van die feite wat homself manifesteer in die afwesigheid van konstante leierskap vanuit die enorme luukse kantoor in die hoek…

En dan natuurlik afdrup personeel toe, en leerders toe. So ja, pragtige gevleulde woorde en konsepte en gedagtes wat verklaar en neergeskryf word… maar toepassing??????

Gertryda ·

My dogter in haar 20’s werk in n swart gebied
Die kinders is wonderlik maar van personeel dis problematies
Nou word sy n teiken sy word beskuldig van rassisme sy doen haar werk maar genade die atmosfeer is ondraaglik
Sy moet nou sielkundige behandeling kry
Hoe om die goed te verwerk
Ek sê sy mors haar tyd met onderwys
Sy kry geen pas by skole sy gee afrikaans 2de taal geskiedenis aardrykskunde

E ·

Sp 22:15
Lyfstraf het ook ń plek. Dit staan in die woord. Daar is nog verse in ander boekke wat daarvan leer. Ek glo vas vandat lyfstraf verwyder is, Ritallin baas is en dit veroorsaak ń bose kringloop van furstrasie vir almal. Daar is ook nie meer respek vir hoofde in die huis nie, want sien vroueregte en dies meer kry voorkeer.
Ek is ń werkende mamma, omdat 1 salaris nie meer voldoende is nie. Ek en pappa kom laat by die huis agv ekonomiese druk. Ons is moeg gewerk om te oorleef. Geen meer krag oor om ordentlikke tyd aan gesin te spandeer nie My seun van 11 het ek van Ritallin afgehaal. Dit maak hom agressief, hoofpyn, naar ens. Ek kan nie my kind vir die res van sy lewe op pille hou nie. My kind is gefurstreerd want hy het nou ń lable by die skool ontvang. Dis ń bose kringloop die. Ons wil so graag leef soos God van ons verwag, maar heellaas druk ń wêreld met ongodellike waardes ons almal in ń boks.
My en vele ander mammas kan net droom van ń lewe waar pappa werk en trots is omdat hy vir sy gesin sorg, en mamma by die huis is en trots is om huis te hou en daar kan wees om haar kinders te help.
Die lewe is maar net gat oor kop en ons probeer kop bo water hou. Vandag se kinders word baie hard en verkeerd in die samelewing groot.

Eish ·

Jy vat die hoofoorsaak pragtig vas.
Ons volg nie meer die Handleiding van die mens nie.
Selfsugtige ambisie, GODloosheid, liberalisme, humanisme, swak onderwysstelsel, disrespek, gebrek aan mentors,gebroke ouerhuise ensovoorts. Alles mutasies van afwyking.
Wat het van verbeteringskole geword waar die jong boompies gebuig of gebreek is in n groeirigting? Die lat, ses van die bestes ensovoorts.
Ons is die skeppers van die pragmatiese probleem met onderwys.

Francois le Cochon ·

Neen jy kind onmiddelik na ‘n psigiater of pediater en kry hom op Concerta. Jy doen jou kind ‘n baie groot onguns deur hom van die medikasie af te haal. Net ‘n psigiater of pediater kan daai besluit neem!!!!

Groot GUNS ·

Francois le Cochon~’E’ het haar kind ‘n baie groot guns bewys!!!
The pharmaceutical industry is no fan of Jerome Kagan, noted psychologist and professor at Harvard University. He says attention-deficit hyperactivity disorder (ADHD) is a FARCE and that parents are needlessly doping their kids so they won’t be so unruly.
“(ADHD) is an invention. Every child who’s not doing well in school is sent to see a pediatrician, and the pediatrician says: ‘It’s ADHD; here’s Ritalin.’ In fact, 90 percent of these 5.4 million (ADHD-diagnosed) kids don’t have an abnormal dopamine metabolism. The problem is, if a drug is available to doctors, they’ll make the corresponding diagnosis,” Dr. Kagan said.

M Fourie ·

Ritalin is ‘n opsionele medikasie. Ouers het die volste reg om namens hul kinders te besluit om dit te staak (of nie te begin nie).

sarie ·

Is omdat ouers nie meer die hand wil lig en pak gee nie,en die onderwysers se hande is vas,daar is geen dissipline meer by vandag se kinders nie,dis nou omgedraai,die gehoorsame ouers moet nou mos vir die kind luister

Ben ·

Maar die vroue regter het dan gese “Jy mag nie jou kinder tugtig nie”. Dit is duidelik dat sy nie verstaan wat die verskil tussen pakslae en aanranding is nie. Wat kommerwekkend is die absolute rugraatlooheid van die Regstelsel om die uistpraak te korigeer en die stilte van die Kerke. Blykbaar nog nooit van die Bybel gehoor nie ….mmm

Marina ·

Ek stem volkome met jou saam en dis alles te danke aan ons wonderlike ANC regering wat die wet ingebring het dat kinders meer regte het as die ouers of onderwysers. As jy net jou kind skeef aan kyk dan word jy as ouer sommer aangekla vir kindermishandeling. Kinders is onaantasbaar maar n goeie pakslae was die beste medisyne vir n kind in die ou dae en dit het van ons beter mense gemaak. Dankie ANC vir julle apsurte kinderwette wat ons as ouers en onderwysers se lewe in alledaagse omstandighede so erg bemoeilik. Ekt steeds baie respek vir n onderwyser en spreek hulle met respek aan soos ons opgevoed is as kinders. Baie baie dankie aan elke onderwyser in elke skool vir die opvoeding en onderrig wat jul ons kinders gee.

broos ·

as daar dissipline by die huis is sal daar dissipline by die skole wees….bring die lat terug! ouers kan mos maar ‘n briefie teken wat toestemming gee vir die nodige straf? niemand sê slaan dood nie, maar ons het almal pak gekry wanneer dit nodig was en vandag ken ons van maniere en respek!

Ben ·

Disipline staan teenoor Sukses in die lewe. Geen disipline geen sukses. Dit is tyd dat die ouers ook hulle plig begin bring. As jy disipline het sal jy self vir jou ‘n huis bou inplaas daarvan om te wag vir die staat om vir jou een te gee, wat nooit gaan gebeur nie.

Ouers se skuld ·

Ag hou net op om die regering en die ANC en almal die skuld te gee….
Dis slap ouers se skuld!
Ek leer my kinders van dissipline en geboorsaamheis en respek.
Ek het nie nodig om aan hulle te slaan nie – want ad ek PRAAT DAN LUISTER HULLE!
Ritallen het nou die plek gevat vir reels.
As jou kind ongemanierd is dan het hy afleibaar…
Ag A S S E B L I E F!
Bang en gehoorsame ouers….

MARTHA ·

PROBLEEM IS DEESDAE OOK TE PLAAS VOOR SKOOLHOOFDE SE DEURE,HULLE handhaaf geensins dissipline in hulle skole nie,moenie my oordeel daaroor nie,DIT IS DIE WAARHEID.My dogter hou skool waar daar swak gedrag en swak dissipline NET ALTYD AFGEMAAK WORD & REGVERDIG WORD “DEUR DIE FEIT IN AG TE NEEM, DIE OMSTANDIGHEDE WAAR HULLE VANDAAN KOM….” WHATEVER…SOOS DIE TIENERS WOU Sè!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.