Dissiplinêre stappe teen geskorste SAID-kommissaris

Tom Moyane (Foto: ANA)

Tom Moyane, die geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), sal dissiplinêr verhoor word, het pres. Cyril Ramaphosa se kantoor Vrydag gesê.

Die aanklagte is Donderdag teen Moyane aanhangig gemaak en hou verband met beweerde wangedrag in oortreding van sy pligte en verantwoordelikhede kragtens die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en die SAID se gedragskode, het die presidensie gesê. “Die dissiplinêre ondersoek hou verband met beweerde onsuksesvolle leierskap en organisatoriese foute.”

Afgetrede regter Kate O’Regan sal die voorsitter wees in die ondersoek.

Die presidensie het gesê ʼn kommissie van ondersoek sal ook van stapel gestuur word om administratiewe belastingkwessies soos BTW-terugbetalings en inkomste-tekorte oor die afgelope twee boekjare te ondersoek. Meer inligting oor dié kommissie sal binnekort bekend gemaak word.

Moyane is in Mei geskors nadat hy geweier het om te voldoen aan die president se versoek om te bedank. Ramaphosa se kantoor het in daardie stadium aangedui dissiplinêre stappe sal volg “om die geloofwaardigheid van die inkomstediens te herstel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Joshua ·

Nog n Gupta agent wat maar net oor die vingers getik sal word.

Thinus Oosthuizen ·

Die staat probeer Moyane beskerm deur n Dissiplinêre Verhoor en probeer sodoende kriminele vervolging verhoed. Die President sal hierdie besluit moet heroorweeg, indien hy nie wil medepligtige in die saak wil word nie, deurdat hy n gratifikasie vir Moyane bewerkstellig om krimineel vervolg te word. Art 2 tot 10 saamgelees met 18 – 20 van die Wet op die Bekamping en Voorkoming van Korrupsie Wet 12 van 2004

Han ·

Tom Moyane is uiters arrogant en het gedink hy kan maak en breek soos hy wil en daarmee wegkom. Hy hoort agter tralies.

Johann ·

Wekom en loskom strategie… hy gaan wegloop met MILJOENE en nog meer wat hy weggegee het! HOOF ZUMAIKIE

Wiliie ·

Stuur hom 20 jaar tronk toe,kla hom vir hoogverraad en sabotasie aan.

Alida ·

So bars die bubbles een vir een. Sal net graag die straf wil hoor. Seker weer n goue handdruk. Siek mense.

marous ·

Waarom nie ‘n kriminele verhoor nie? Want hulle is almal kop in een mus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.