‘Dit gaan goed’ met Naka

Naka en Marzanne Drotské

Naka Drotské is steeds in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein maar “dit gaan goed”.

Carl Bührmann, hospitaalbestuurder by Mediclinic Bloemfontein, het gesê Drotské sal “nog ʼn hele ruk” in die waakeenheid behandel word.

Drotské was onder verdowing maar dokters het hom die naweek begin bybring. Hy kan egter steeds nie praat of eet nie aangesien hy aan ʼn ventilator gekoppel is.

“Die goeie nuus is dat dit goed met hom gaan. Nou gaan dit net tyd neem. Dit gaan baie beter as ʼn week gelede,” het Bührmann gesê.

Maroela Media het vroeër berig Drotské het op 29 November by sy broer, Tinus Drotské, op ʼn kleinhoewe in Kameeldrift-Oos in die noorde van Pretoria gekuier toe gewapende rowers op die huis toegeslaan het. Naka is in sy regterarm, regterbors en in sy maag geskiet.

Hy is later uit die hospitaal ontslaan en het selfs planne gehad om saam met sy familie weg te gaan vir die vakansie toe hy Dinsdag ʼn onverwagse terugslag gehad het en na die Mediclinic Bloemfontein gehaas is.

Barbara Steenkamp, Mediclinic Bloemfontein se woordvoerder, het vroeër gesê Drotské is met massiewe inwendige bloeding opgeneem en het longinfeksie opgedoen. Drotské moes ook bloedoortappings ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jakes Jacobs ·

Sterkte Naka, vas byt sy is ‘n sterk man, gaan kyk na Suidlanders om die ware statestieke kan lees en kyk na die video op hul web-werf. sterkte my ou maat, lang pad na herstel, maar jy gaan opstaan.

Posduif ·

En wat van al die ander “gewone” mense wat onder misdaad deurloop? Wie is Naka en hoekom al die bohaai? Hoekom sekere mense uitsonder en opvolg op opvolg. Vra maar net..

Baie stekte aan hom, hoop hy word gou gesond.

Tinus Drotské ·

Hi Posduif, ek is Naka se broer en ek sien jou punt 100% in.

Die voorval het by my kleinhoewe gebeur en as jy al my onderhoude gevolg het sal jy sien ek het elke keer my misnoë uitgespreek oor die SAPS se skielike ekstra aandag nadat hulle besef het dit is n hoë proefiel saak aan ons geskenk het en dit duidelik gemaak hoekom Oom Manie , wie se vrou 1km van my huis af vermoor was nie selde aandag geniet het nie.

Ek dink egter een van die goeie dinge wat ons kan gebruik oor dit “ Naka Drotské “ was is om die SAPS media druk te gee om vir elke Suid-Afrikaner maak nie saak watse ras of kultuur dieselfde beskerming en bystand te gee!!!
Ons kan ook so bietjie die internasionale media in ons guns gebruik om in te lig oor wat hier in SA aangaan!

En dieselfde vraag wat jy op hierdie platform vra, het ek direk aan generaal Wiese van die SAPS gevra.

Sputnik ·

Ag foeitog, Posduif! Só jammer dat jy nie nuusdekking kry nie. Naka is in my oë ‘n yster – hy het hom teëgesit teen die boewe.

Pop ·

Posduif, ek sou voorstel jy gaan google Naka!. Hy is n gewone mens soos jy en ek, maar n beroemde een. Sterkte Naka, ons mense bid vir jou.

Posduif ·

En dit is my hele punt…. Kon dit nie beter gese het nie.

Lollie ·

Stem saam met posduif. Voor julle klippe gooi dink bietjie daaroor. Praat nie net van Naka nie maar dit werk so met als, as jy nie ń groot naam het nie is jy niks. Selfs sy broer sê dit!
Elke liewe lewe is belangrik. Veral as dit met ons blanke suid afrikaners te doen het. Ons is ń klein groepie in vergelyking met die massas en ons het ELKEEN bitter nodig om op die ou einde ń verskil te maak! Ons klein nasie moet kan groei en sterk word. Gelukkig gebeur hierdie dinge met bekendes ook want dan is meer mense, soos die buitelanders, se aandag daarop gevestig.
Dankie dat dit baie beter met Naka gaan. Ek het gedink dat hy te gou ontslaan was as jy lees waardeur hy is. Alle sterkte wens ek hom en sy familie toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.