Dit gaan jolig in tronk, wys video

Te oordeel na ’n video wat uit St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth gesmokkel is, gaan dit vrolik in tronke waar drank en selfone veronderstel is om verbode te wees.

Drie jaar nadat die departement van korrektiewe dienste (DKD) groot gewag gemaak het van tegnologie om selfone uit tronke te hou, het ʼn nuwe video opgeduik waarin gesien kan word hoe gevangenes in Port Elizabeth se berugte St. Albans-gevangenis mobiele toestelle vrylik gebruik.

In die video kan ook gesien word hoe verhoorafwagtende gevangenes blykbaar alkohol drink in dié Oos-Kaapse gevangenis. African News Agency (ANA) het die video van ʼn betroue bron bekom wat naamloos wil bly. Dis glo opgeneem in ʼn sel in die medium A-deel van die korrektiewe sentrum.

Volgens die bron het die mans na bewering die dood van ʼn bendeteenstander buite die gevangenis gevier. Die man wat oënskynlik besig is om te drink, is geïdentifiseer as Shelton (Sella) Malgas, terwyl die ander man in die video na bewering Whaldred Cona is. Hulle verkeer in ʼn vrolike luim terwyl hulle rap-musiek luister.

Malgas staan saam met Elgershwin Goliath, Nealon Redhouse en Deon Harmse tereg vir die moord op die berugte bendebaas Donovan (Staal) Berry. Dié is in Mei 2016 in ʼn koeëlreën doodgeskiet in wat blykbaar ʼn teregstelling deur opponerende bendes was op Bethelsdorp.

ANA het ook al gesien hoe gevangenes in St. Albans gereeld hul WhatsApp-status bywerk. En dikwels deel hulle foto’s van hulself in hul oranje tronkoorpakke.

DKD het in 2015 reeds gesê die installering van tegnologie om selfone in tronke op te spoor, is in ʼn gevorderde stadium. In 2016 het DKD gesê die tegnologie word landwyd geïnstalleer om selfone tot binne enkele meter in ʼn gevangenis op te spoor.

Maar twee jaar later het St. Albans steeds nie so ʼn opsporingstelsel nie. Bewaarders moet gevangenes deursoek om beslag te probeer lê op die honderde selfone wat na bewering binne-in die tronk gebruik word.

Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, het erken St. Albans het nie ʼn opsporingstelsel nie, maar wou nie sê watter ander korrektiewe sentrums dit wel het of nie het nie. Hy meen dit sal ʼn bedreiging vir die veiligheidstelsel van die landwye gevangenisnetwerk inhou as hy sou sê watter ander korrektiewe sentrums dit wel het of nie het nie.

Hy sê gedurende September is St. Albans vier keer deursoek en is daar op 67 selfone beslag gelê. In dieselfde maand is ʼn bewaarder in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, 17 selfone, vier selfoonbeginnerspakke en ʼn iPhone-laaier.

Dit gebeur wêreldwyd dat selfone tronke binnegesmokkel word omdat die tegnologie ingespan kan word om ontsnappings te beplan, in hofsake in te meng, getuies te intimideer of selfs teenstanders buite die gevangenis om die lewe te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

willie ·

Dit is algemene kennis hierdie regering stel nie belang in oplossings nie! Hoe moeilik kan dit tog wees om die ontvangs van selfone in tronke te blokkeer net soos wat die plaasaanvallers doen! Net soos wat die owerheid nie die handel in “nonferrous metal” strenger wil reguleer nie om koperdiefstal te stop nie! Waar daar nie ñ wil is nie, is daar nie ñ weg nie!

Karen van Zyl ·

Dit is al te lekker, ek is verbaas…. regtig gedink hulle kry hulle straf?

Johann ·

Shame julle. Seker nie gedink gewetenlose barbare moet actually swaarkry in die tronk nie? Verontgerief word? Gestraf word? Hulle het mos danksy die ANC LEGACY regte en voorregte wat in EN uit die tronk!

AW ·

Another practical example of how Tertiary Crime Prevention are failing in practice and theory.

Peet ·

Solank as wat korrupsie seevier, sal GEEN tegnologie die oorhand kry nie.

Francois le Cochon ·

Gebruik selfoon sein “jammers” in tronke. Sowat R4000.00 ingevoer vanaf Amerika. Wat is die problem?

thelsa ·

Die aankoop van die tegnologie word seker reeds oorweeg. Dis blykbaar nog net die PRYS en wat elkeen van die Departement van Korruptiewe Dienste daaruit moet kry wat die prys bietjie opstoot na R400000.00 per stel

Martin ·

Geen wonder misdaad blom in ons land nie – boewe word ‘gevonnis’ om hulle termyn uit te dien in goed toegeruste behuising met genoeg kos, gratis medies, gratis klere, ens. Dus geen bekommernis oor werkloosheid meer nie! Geen knaende skuldeisers nie. Geen toelaes hoef betaal te word t.o.v. verwekte kinders nie. Ensovoorts! Die oplossing vir stres: Oortree die wet, hoe gruweliker, hoe beter – en die belastingbetaler sorg vir jou. Te lekker!

Karen van Zyl ·

Ek wens ons kon emoji’s oplaai op die blad want ek lag nou so lekker, dit is die waarheid beslis.

Rina Kotze ·

Die tronk lyk beter as die tronk in Vyfster op TV destyds!!!

AW ·

Quote
“If they know that the punishment they will receive outweighs any benefits from the crime, they will choose not to commit it.
In order for deterrence to be effective the punishment must be swift, severe, and certain.
If you have ever modified your behavior to avoid negative consequences, you have experienced deterrence.”

When one consider the above statement with in the South African Context, then there is No effect and or realisation in respect of the concepts of Swift / Severe / Certain.

Within the South African context the Attorney for the accused in most cases will frustrate the process to wit –

“The defence strategy was predictable – delay and draw out, pounce on technicalities, suggest impropriety, allude to coercion, suggest mistaken identity. The usual playbook for a criminal trail. –
(Heist! – South Africa’s Cash-In-Transit Epidemic Uncovered – Anneliese Burgess:2018.)

Then consider the following inconvenient truths- most sentenced criminal do not serve their full sentences, and are release (for verious reasons) earlier, in order for most of them to continue to commit crime.

Johnnie ·

Stem saam met Martin in die korrupte land met die ANC aan bewind het jy n beter lewe binne die tronk as buite want daar is niks meer wat die wetsgehoorsame burgers beskerm nie, die kriminele het al die reg.

jakes ·

Die gebruik van selfone en drank, dwelms in selle is maar die oortjies van die seekoei.

honourable member ·

Dit weet ons al lankal. Geen wonder die crime is so hoog nie want met so koninklike lewe sal geen krimineel omgee om in die tronk te wees nie.

DeVill ·

Ek voel dit is presies die teenoorgestelde van wat jy sê :D

DeVill ·

Die probleem lê baie dieper as dit. Dit is ons samelewing wat die probleem is.

Mense wat nie die basiese reëls nakom nie soos bv.
Moet nie rook by ingange of waar daar bordjies op is wat dit verbied nie.
Stop ALTYD by enige stop straat/rooi lig.
Hou ALTYD by die spoedgrens/verkeers reëls
Verklaar alle inkomste aan SARS.
Betaal jou TV lisensie en ander boetes.
Moet nie tuin nat maak as daar waterbeperkings is nie.
ens.
As ons nie by hierdie basiese goed hou nie, dan voel ek, is ons net so deel van die probleem…

bb ·

DeWill ek krap bietjie kop oor jou stelling. As jy voor die voet moor en verkrag is jy nie ingestel op enige goeie voorbeeld van die mense om jou nie.
Dit is soos om te se jy het ‘n vlooi op ‘n olifant gekry

Johan Coetzer ·

Mense, dis eenvoudig. As die regerende party selfoon ontvangs en internet toegang kan blokkeer in die parlement soos wat laasjaar gebeur het, waarom nie elke tronk in die land met so toestel toerus nie. Die skurke het nie internet of foonoproepe nodig nie, hulle is daar vir straf en “hervorming”, nie om dwelm empires en bendebedrywighede te bedryf nie. Skrik wakker Dept vanRondploeter!

ne ·

Dit is lekker om in die tronk te wees, en dan wil die regering hulle nog help as hulle uit die tronk kom! Shame die agtergeblewenis kry swaar is SA. Die belasting betaler is mos hulle kitsbank….

Pieter ·

Die ANC moet hulle maaitjies goed versorg sodat hulle reg is om te moor as hulle ontslaan word.

Anoniem ·

Bose plekke ! Ons stryd is nie teen vleis en bloed nie maar teen die bose magte ‘ORAL’ en in ALLES ! (In the hearts and minds of people) Bid asb ?????

Casper Labuschagne ·

Korrupsie, korrupsie, korrupsie! Vir ‘n eerlike persoon sonder ‘n munisipale diensterekening (wat die meeste huurders insluit) asook sonder verskeie state van maandelikse kleinhandel rekeninge wat na ‘n huisadres gestuur word, is dit nou haas onmoontlik om deur die RICA proses vir ‘n nuwe selfoonbeginnerspak te gaan. Maar in die tronk is dit tog so maklik om reg te kry?

TrueStory ·

Ek ken iemand wat toegesluit is. Daar is altyd ‘n selfoon of ‘n nuwe nommer waarvan hy bel en SMS.

André ·

Gebruik dan selfoon ‘jammers’ as julle nie fone kan opspoor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.