‘Dit het só vinnig gebeur,’ sê pa na peuter brand

Klein Johnny Pienaar in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

ʼn Ouerpaar van Vanderbijlpark in Gauteng het ʼn moeilike week agter die rug nadat hulle 18 maande oue peuter Maandag ernstige brandwonde opgedoen het toe hy per ongeluk in vuurwarm badwater by sy ouerhuis beland het.

Klein Johnny Pienaar is tans onder verdowing in die brandeenheid van ʼn hospitaal in Witbank, Mpumalanga, nadat hy aan die begin van die week met eerste- en tweedegraadse brandwonde aanvanklik in ‘n hospitaal in die Vaaldriehoek opgeneem en toe later na die hospitaal in Witbank oorgeplaas is, vertel John Pienaar, Johnny se pa, Donderdag aan Maroela Media.

“Dit was ʼn fratsongeluk. Dit het gevoel soos ʼn kwessie van 10 sekondes toe hoor ons hom huil. Dit het só vinnig gebeur.”

Volgens John was hy Maandag vroegaand besig om badwater in die badkamer te tap toe sy vrou hom uit die kombuis geroep het. “Boeta was saam met mamma in die kombuis.”

Hy vertel dat hulle net begin gesels het, toe Johnny binne ’n kwessie van oomblikke onder hulle oë verdwyn en in die badwater beland het. Sy pa het hom dadelik te hulp gesnel en in koue water gedruk voordat hy hospitaal toe gehaas is.

Johnny het veral slegte brandwonde aan die linkerkant van sy lyfie opgedoen met die meeste skade aan sy bors, linkerbeen en rug. Later sou sy ouers hoor dat dié kleinding brandwonde oor 57% van sy lyfie in die voorval opgedoen het.

John verduidelik dat dokters die afgelope paar dae kunsmatige vel oor Johnny se brandwonde gesit het en dat nuwe vel veronderstel is om onder dié vel aan te groei.

“Ons is nog so geskok. Vir nou konsentreer ons net op wat vorentoe voorlê. Dit help nie ons verwyt of blameer oor hoe dit gebeur het nie. Dit was maar ʼn fratsongeluk.”

Johnny sal na verwagting ten minste die volgende twee maande in die hospitaal moet deurbring aangesien brandslagoffers na verwagting een dag vir elke persentasie wat hul gebrand het, in die hospitaal moet aansterk.

Hy vertel dat dit egter geleidelik beter gaan met Johnny en dat dié blondekopseuntjie genadiglik nie ʼn terugslag beleef het nie. Die egpaar ontvang ook baie ondersteuning.

“Dit was ʼn moeilike week en ons gaan nog ʼn rukkie hier wees,”  het sy pa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

lh ·

Ek bid vir jou klein Johnny! mag Jesus jou pyn verlig en jy baie gou, sterk en gesond word!
baie sterkte aan die ouers.

Claudine ·

As ek bad tap ek eers warm water in partykeer loop ek en doen iets anders.. Dan tap ek koue water by..nie tese hul sou daar in bad nie

Oom Faan ·

Party mense het die gewoonte om eers warmwater in te tap en dan kouewater by te voeg. Dis moontlik wat gebeur het en dis hoe meeste/baie mense brand. Onlangs ‘n ou tannie ontmoet wat in so ‘n kokkende bad geklim het omdat sy gedink het haar dogter het reeds kou water by getap.

Linda ·

My kleinseun het ook so gebrand toe ander ouma haar rug gedraai het. Met die inval het sy sussie hom gegryp. Sy voetjies en rug het gebrand. Mamma was in die hospitaal vir blindederm. Dit gebeur so maklik. Hy was vir n lang ruk bang vir warm even low water. Ek het die gewoonte om altyd ook eerste warm water in te tap, maar nadat ek 9 weeskatte ingeneem het tap ek warm koud saam. Hulle wil mos om die rand sit en het al ingeval maar gelukkig nie gebrand nie. Sterkte julle

Fish ·

Ek trap my vrou gereeld uit oor dit. As ek sien dan tap die warm water en sy loop weg om iets te gaan haal. Jammer omte leer oor kleinding, maar dankie maroela ek forward nou die artikel na haar toe dat sy lees. Tap maar eers kouewater in en dan die warm water. Ons weet mos hoeveel koue water mens kort ‘more or less”. Skoon hartsteer nou oor arme kleinding.

Mel ·

Hier is dit weer omgeruil. Ek trap altyd my man uit as hy net die warm water oopmaak… Ek maak altwee gelyk oop. Om te brand is bitter bitter seer :(

Ania ·

Dit help ook om die geiser se temperatuur laer te stel. Veral in ‘n huis met jong kinders. Dit spaar elektrisiteit en dis regtig nie nodig vir sulke kokende warm water uit die warm kraan nie. My ervaring is dat geisers oor die algemeen heeltemal te warm gestel is.

LouE ·

Daarsy Ania, jy slaan die spyker op die kop. Ek stel my geyser so dat ek nie kan brand nie en ek spaar baie krag.

Rêrig? ·

Fish, as my man sulke dinge van my sê en so arrogant is, gaan ek vir hom mindelvinger wys, my tassies pak en die pad vat. In ñ huwelik werk mens as ñ span saam. Met sagmoedigheid. Bespreek probleme rustig. As jy heeltyd hierdie houding van ‘ek weet beter’ het, gaan jy spyt wees.
Stel die geyser kouer, so maklik soos dit. En kry asb iemand om dit vir jou te doen, want jy dink dalk jy weet alles, maar jy doen nie.

Mamma ·

Bitter Jammer vir die klein Lyfie my seuntjie is twee, ons maak beide warm en koue kraan oop en as ons dalk uitstap uit badkamer trek ons die deur toe. Ongelukke gebeur bitter bitter vinnig ons as ouers moet altyd dink “wat as” siestog dit is vreeslik hoop hy herstel baie vinnig. Jammer kleinman

Oud-kollega van Pappa John ·

Baie sterkte aan jul as gesin! Mag die Vader jul almal hierdeur dra! Ons gebede is met jul!
Hou vas aan die Here se magtige hand!

Jakkie ·

Arme kindjie. Gebeur met volwassenes ook. Koningin Elizabeth se suster, Prinses Margaret het aan sulke brandwonde beswyk nadat sy in ‘n kokende bad water geklim het

Irma ·

In watter hospitaal is die kleinding nou? Ek het verstaan hy is in Kosmos ICU (Witbank) Sterkte aan die familie

FIONA ·

Enige kind wat brandwonde opdoen-is nalatig en moet tronkstaf kry-vir nalatigheid-my vader-ons maak seker dar is altyd iemand saam met n kind in die bad-nee dis nie regverdig nie

Bekommerde ·

Ek hoor u is ontsteld oor die gebeure – ons is nie in die ouers se skoene nie & besef nie regtig die verwyte wat hulle nou het nie.
Om vir die res van hulle lewe na die brandwonde te moet kyk is erger as tronkstraf…
Ons kan maar net bid vir die gesin & hopelik besin ander om die war m en koue water saam in te tap.

Hoe sê? ·

@Fiona. Nee ek verstaan glad nie jou kommentaar nie: moet die kind tronkstraf kry?? Die kind was ook nie alleen gelos in die bad nie. Ongelukke gebeur en altyd in n oogknip, so moet almal wat n ongeluk oorgekom of onbedoeld veroorsaak het,tronk toe??

Vryhand ·

Nee regtig Fiona…jou kommentaar is vrot..is jy n volmaakte mens sonder foute

Blommie ·

Jaha FIONA, weet jy hoe maklik n ongeluk gebeur. Bly jy hou jou bad dop soos n VALK…
Hoe jy die res ook dop, Muur proppe, ketel, ander mense se honde, plekke waar n kind op kan klouter of goed wat afgetrek kan word en so kan ek aangaan.
Daar is soveel gevare in die lewe en as n mamma probeer jy alles in jou mag om jou kind veilig te hou. DIS hoekom mens iets n ongeluk noem! N mens is nie perfek nie. Mense maak foute en besef dit nie altyd dadelik tot daar iets gebeur het nie.
Dis erg genoeg waardeur hierdie ouers moet gaan, hulle vonnis le klaar voor hulle deur verwyte. Sterkte vir julle en hoop hy herstel spoedig.

ai jai jai ·

Of maak die badkamer deur toe – dis ‘n baba en hy sou dit nie kon oopkry nie…
Dieselfde met kinders wat verdrink – ‘n kind word aan jou toevertrou as ‘n ouer.
Wat ‘n tragedie – arme kindjie!

Almarie ·

Baie sterke and die ouers en klein Johnny. Die Here sorg vir Sy kinders en sal genesing bring. Ons moet net glo en vertrou.

Angel ·

Aai Tog staan jy daar die heeltyd terwyl die water loop ook? Niemand vewag so iets. Wees sterk ouers, ons bid vir klein Johnny.

CdK ·

Mense, stel julle geysers op 60 grade. Dit maak die skade aansienlik minder in so ‘n ongeluk en… dit spaar krag. Ek kan nie verstaan waarom fabrikante die “default setting” van’ n geyser op 80 grade moet stel nie.

Mardi ·

Ek het nog nooit in my lewe warm water eerste getap en dan koue water nie, mens doen dit anders om…goue reel! Wat nog te se badwater laat in tap en wegloop nie, so gebruik mens ook hopeloos te veel water waar water reeds so n probleem is

Oordeel ·

Geen wonder ons samelewing sit waar ons sit nie.Altyd vinnig om die eerste klip op te tel en te gooi!Vat eerder hierdie ouers se hand in gebed en dra hulle.Glo vir my hlle skuldgevoelens en eie verwyte is alreeds n swaar genoeg las om te dra.Gelykkig weet ons Jesus sê kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en EK sal julle rus gee.Sterkte ouers ek is self n ouma en weet ongelukke gebeur n n split sekonde.

L ·

Ek weet waardeer hulle gaan my dogter was 8 jaar oud toe sy in die bad kookwater geval het was vir 10 dae in die hospitaal dit gebeur so vinnig niemand kan dit keer nie sterkte julle sal daardeur kom en mag hy vinnig gesond word en die wat so kritiseer gaan dink bietjie hoeveel foute julle maak dat julle dit nie besef julle kinders kan seerkry in daai oomblik nie.

Wenz ·

Mens sal sweer nie een van julle het al ooit n bad water laat intap en weg gestap nie, wel sonder om te lieg, ek doen dit gereel, om eerlik te wees elke aand, hoekom, want ek is n ma, n ma met kinders, n ma wat kos maak, n ma wat n huishouding aan die gang moet hou, n ma want nie tyd het om te sit en wag dat water intap nie, want ek kan ander dinge tussen in doen.

Dis nie die punt nie, almal van julle oordeel SO VINNIG, sonder om 2 keer te dink. Tot dit met jou gebeur, en NEVER say NEVER.

Het jy as ouer nog nooit vir n sekond you oog van jou kind af gehaal nie, as jy nou se nee jy het nie dan jok jy vreeslik, want elke mens doen dit, ons is menslik.

Het julle al gedink dat daar wel krane is wat nie koue en warm water gelyk kan tap nie, dat dit rerig n fratsongelukig was.

CdK ·

Mense, stel julle geysers op 60 grade. Dit maak die skade aansienlik minder in so ‘n ongeluk en… dit spaar krag. Ek kan nie verstaan waarom fabrikante die “default setting” van’ n geyser op 80 grade moet stel nie.
Toe ons eerste kind op was, het hulle by die voorgeboorteklas dit aanbeveel om die geysertemperatuur laer te stel. Beste advies ooit!

Sandra ·

Slegte ongeluk. Jammer om te hoor. Gelukkig het die pa kop gehou en die kind in koue water gedruk. Net so warm as wat die vel buite is, is dit binne ook. Daarom sorg koue water dat die brandwonde afkoel en nie verdere skade veroorsaak nie. Vergeet maar van botter en al daai rate. Koue water is die beste. Ek het self so ‘n ondervinding gehad. En almal wat hier lees: onthou maar, tap eers koue water in ‘n bad voor jy warm water intap. As jy moet uitgaan trek die deur toe – al is jy net van plan om ‘n paar sekondes uit te gaan, want kleintjies kan ewe maklik in ‘n bad water verdrink.

Nettie ·

Oe, eina ou lyfie!!!

Ja, ongelukke gebeur bitter, bitter vinnig en “the teeny tiny toddler’ is blitsvinnig – jy dink nog die een oomblik hulle is hier, dan is hulle dáár (waar hulle nie moet wees nie). Die ou dingetjie het erg gebrand, maar dit is gelukkig 1ste en 2de graadse brandwonde; BAIE pynlik, maar meer geneesbaar (ek weet: ek het brandwonde-eenheid gewerk) as derdegraads. Die Pa het gelukkig kop gehou en die kind onder koue water ingedruk, wat die graad van die brandwonde beperk het.

Sterkte aan die ouers, gesin en familie van klein Johnny!

kiki ·

Toe ek klein was, het my ma my sussie gevra om my te bad. sy wou nie, en toe vergeet sy om koue water in te tap. Volgens my ma, het hulle my nog in die wasbak gebad omdat ek so bitterklein was nog. Toe brand my sussie se arm eerste, want syt my vasgehou, ek het blykbaar net erg geskrreu en gehuil.

Jozi ·

Geen verskoning dat enige baba of kind deur so iets moet gaan nie.
Een woord daarvoor – NALATIGHEID!
Die enigste mense wat eers die warmwater intap is daai met min of geen breinselle nie.
Sover ek weet is elke bad toegerus met twee krane. Gebruik albei om die water se temperatuur te reguleer.
My hart gaan uit na die outjie, maar ek hoop die saak word deeglik ondersoek deur ‘n maatskaplike werker en dat die nodige stappe teen die ouers geneem word indien nodig.

Santie ·

Sterkte. Een aand wou my een Kat kind binne in die bad spring toe kon ek hom keur anders het hy verbrand in die bad warm water. Van daardie dag af tap ek eerste koue water in die bad en as ek en my mense gaan bad tap ons dan die warm water in. Hoop die seuntjie word gou beter.

Ruan ·

Baie Sterkte vir julle

Is self deur so geval op n bietjie ouer ouderdom maar weet presies hoe jy voel en die ouers, JY sal okay wees en normaal kan speel dis net n lang herstel proses en hou streng by die tye en skoonmaak van wonde.

Bid vir jou spoedige herstel en mag dit elke dag net beter en beter gaan
Groete
Ruan

Maria ·

Ek is n mamma van n woelige 5 jarige en glo my ongelukke gebeer in minder as n sekonde. My kind het al paar lellike ongelukke gehad en niemand kan skuldig gehou word vir dit nie… Baie sterkte aan die gesin mag klein Johnny gou herstel… Wat ook die brand verminder is koekmeel. Ek het al n pak koekmeel oor my kind gegooi toe sy gebrand het en toe in koue water gesit. Baie min blase gemaak en geen merke oorgehou nie.

Wonder ·

As jou kind al n paar lelike ongelukke gehad het, moet jy dalk begin beter toesig hou oor hom, mevrou. Jy is skuldig, moenie jouself verontskuldig nie.

Alida ·

Julle raadgewers en verwyte maak mens siek. Dit was n ongeluk en kan met enigiemand gebeur. Sterkte vir die ouers. Hy sal herstel.

Pikkewyne ·

Hier is nogal baie skynheilige mense wat dink hulle gaan tussen Jesus en God sit eendag, asof hulle nog nooit foute gemaak het of ongelukke teë gekom het nie. Sterkte aan die familie, julle is in my gedagtes…

DS ·

Jozi ek se WEER ongelukke gebeur. Dan moet alle ouers wat se kinders al arms gebreek het as hulle uit ‘n boom of van’ n fiets afgeval het, Of ‘n ouer wat sy kind se vingers per ongeluk in’ n deur vasslaan of ‘n kind wat in huis hardloop en sy kop oopval teen die kosyn of kinders wat in swembad val terwyl ouers langs swembad sit of die wat nie van vrugte hou en eerder net heeldag broodjie met jem op wil eet ook ondersoek en deeglike stappe teen gedoen word. Jou opmerking is belaglik. Kinders is onvoorspelbaar! In ons huis geld die reel as kleinkind hier is word daar gese hy is nou jou verantwoordelikheid en as jy iets moet gaan doen dan “oorhandig” jy hom aan volgende persoon. En partymaal ontglip hy ons nog en gaan kruip weg. DIT WAS ‘N ONGELUK net soos kleine Pippie daardie tyd ook’ n ongeluk was!

Susan vl ·

Klomp klipgooiers pasop!
Ongeluk gebeur rerig baie baie vinnig. Hoe oud of hoe jonk. Ons tel te maklik ñ sambok op ipv liefdevolle ondersteunende woorde. Sterkte aan hierdie ouers.

Karlahari ·

Ai Jozi Jozi
Ek is een van daardie mense met die min brein selle wat jy so beledig.
Kom bly in die Oos Vrystaat in n klip huis met n emalje bad laat ek sien of jou baie breinselle nog sê tap die koue water saam met die warm water in……
Ek sê maar net…..

Kloekie ·

So hartseer! Dink aan die ouers en bid dat hy sal herstel. Kan mens n solar geyser se tenperatuur beheer?

Karlahari ·

Nee. Nie die geyser se temperatuur nie. Maar daar is n menger wat jy inlyn na jou huis instaleer wat koue water by die solar geyser se warm water voeg na gelang van temperatuur wat jy wil hê.
Veral solar geysers met vakuum buise is geneig om oor kook punt te gaan.

Yvette ·

Baie sterkte, mag die Here hom beskerm en by julle wees. Dis n ongeluk, kinders is vinnig en in n sekonde gebeur sulke ongelukke. Moet nie dat mense julle laat sleg voel nie. Hoop hy geneus baie goed.

lanie ·

Dis baie stupid. As daar klein kindertjies in die huis is, werk baie meer versigtig. Dis blote nalatigheid. Jammer ou Kleintjie.

Hannes ·

Hoef nie jou geyser eers op 60 te stel nie; ek het ‘n Paloma gasgeyser wat op 43 grade gestel is en perfek om te bad, stort en skottelgoed te was. En mens kan nie brand nie.

Lisa ·

@Fiona, Jou kommentaar is belaglik! MOORDENAARS gaan sit nie eers altyd in die tronk nie maar jy verwag van ouers wat bloot ‘n ONGELUK deurgegaan het om dit te doen. Nee wat jy het seker nie kinders omte weet dat hulle snaakse goedjies bitter vinning aanjaag nie.

MJ ·

Aan die mamma en pappa van hierdie kindjie, moenie julle steur aan die negatiewe kommentaar hierbo. Boeta was by julle en toe glip hy weg in ‘n oogwink waarna ‘n ongelukkig gebeur het. My kindjie het 11 dae voor haar eerste verjaarsdag haar handjies heeltemal gebrand deur dit teen ‘n vuurwarm braaier te druk waar ons besig was om potjiekos te maak op Moedersdag. Sy was in my arms, ek het meters ver weggeloop en haar neergesit by iets wat haar kon besig hou sodat ek net gou die aartappels in die pot kan gaan gooi. Toe ek omdraai om die leë bak neer te sit, staan sy met haar hande teen die braaier! Dit gebeur in ‘n oogwink! Sterkte vir julle.

Liezel ·

Dis vreeslik hartseer, as ‘n man van twee klein seuntjies weet ek baie goed hoe rats ‘n peuter is. Ek hoop hy sterk sommer baie vinnig aan. Baie baie sterkte vir die mamma en pappa ook.

Maryke ·

Ek is ook van die “min of geen breinselle” mense, soos Jozi na ons verwys. Ons seuntjie het ook in ‘n bad warm water geklim toe hy ‘n oomblik onder ons oë uit verdwyn het. Net sy voetjies het gebrand en het mooi herstel binne twee weke. Diep dankbaar. Ja, ons het ‘n dure les geleer daai aand. Die koue badwater eerste tap. Jozi, ek is bly ek ken jou nie. Ek wonder of ongelukke jou al ooit oorgekom het? Seker nie. Jy moet perfek wees. Ek bid vir die ouers, en vir klein Johnny. Mag jy mooi herstel, liewe seuntjie. Daar is baie mense wat saam met julle bid vir julle kind.

Alida Engelbrecht ·

So jammer vir die ouers. Ek sal graag wil sien dat elkeen wat hier lees die temperatuur van hul warmwater silinder sal afstel. Jy spaar op jou elektrisiteit, en dis veiliger. Ekself het eendag amper lelik verbrand toe ek by familie my hare wou was. Per ongeluk die warm kraan eerste oopgedraai, en letterlik kokende water op my kop gespuit. As mens kokende water nodig het dan kook jy dit in jou ketel. Daar is geen regverdiging vir n geiser wat water op byna kokende temperatuur hou nie.

Connie ·

Ek stem saam met Blommie. Ongelukke gebeur so gou en daar is genoeg gevare reg rondom jou. Ek tap altyd eers warm vir my in en los dit totdat die “cast Iron” bad warm word en tap dan koue water by. As ons klein kinders hier is, staan ek heeltyd by tot die water reg is en dan kan hulle inklim. Ons kan nie verwyt nie want so n ongeluk gebeur binne sekondes. Hoe moes daai pappa weet die seuntjie wat by mamma in die kombuis staan sal daarnatoe hardloop.Hy het dit seker nog nooit tevore gedoen nie. Laat ons maar net meer bedag wees want baie keer gebeur so n tragedie om ons meer bewus te maak van al die gevare om ons. Sterkte aan die gesinnetjie.

Natasja ·

Sterkte vir die hele gesin. Glo en bid vir spoedige herstel.

Sarie ·

Ek bid vir die ouers en kleinding so jammer vir hulle niemand het nodig om hulle te veroordeel nie. Sterkte.

Nicolene ·

Baie sterkte daar dieselfde ding met vriende van ons gebeur hulle dogtertjie van 18mnde het ook in bad met warm water geval. Maar sy het ongelukkig dit nie gemaak agv dokter wat haar lyfie te styf toe gedraai het en sy het versmoor. Haar ma was by en gevra hulle moet kyk hoekom kind onrustig toe kom hulle agter sy kry nie asem ????

Dis n moeilike tyd maar wees waak saam oor hom en ek vertrou hy sal vinnig aansterk ♥️

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.