Dít is glo Zuma se eise voor hy uittree

Ramaphosa en Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sondagkoerante bespiegel vandag breedvoerig oor pres. Jacob Zuma se uittrede.

The Sunday Times berig adj.pres. Cyril Ramaphosa probeer om Zuma se samewerking in die staatkapingsondersoek te verseker deur ʼn moontlike pleitooreenkoms ter tafel te lê.

Die koerant berig as deel van geheime gesprekke om Zuma se bedanking te verseker wil Ramaphosa hê Zuma moet die polisie en vervolgingsowerhede bystaan om die primêre staatskapingsbegunstigdes, die Gupta-familie, aan die pen te laat ry.

Terwyl die wet nie voorsiening maak vir enige buitegeregtelike transaksies nie, poog Ramaphosa hierdeur om “ʼn raamwerk vir Zuma te skep om met owerhede saam te werk om ʼn suksesvolle vervolging te verseker”.

“Zuma wil na bewering hê die staat moet sy regskoste betaal sou hy vervolg word, maar Ramaphosa is huiwerig om hiertoe in te stem sonder die onderneming van die president om dié wat vir die staatskaping verantwoordelik is, vas te vat,” lui die berig.

The Sunday Times het ook verneem dat Ramaphosa beplan om minister Lindiwe Sisulu as adjunk aan te stel as hy president word,” vervolg dié berig.

City Press berig Ramaphosa “slaan vure dood” in sy party aangesien medeleiers, partystrukture en die publiek ongeduldig raak met die tempo van die gesprekke oor Zuma se uittrede.

Die koerant berig die kansellasie van Woensdag se spesiale nasionale uitvoerende komiteevergadering, wat Zuma die rooi kaart kon toedien, het nie goed by die senior leiers afgegaan nie.

Terwyl sommige van die ANC se top-ses glo ontstoke is met ʼn “veglustige” en “oneerbiedige” Zuma, het Ramaphosa aan die onderhandelingslyn vasgeklou as die beste manier om ʼn “lelike en verdeelde oorgang” te vermy.

Volgens diegene na aan die gesprekke is van Zuma se voorwaardes om uit te tree sy veiligheid en dié van sy familie, dat voorsiening vir sy veiligheid op die huidige vlak voortgesit word en dat die staat sy regskostes betaal vir die huidige en ʼn toekomstige regstryd wat gekoppel word aan sy ampstermyn.

Intussen het die ANC se nasionale uitvoerende komitee ʼn noodvergadering vir Maandag belê om Zuma se toekoms te bespreek. Volgens bronne gaan die ANC se top-struktuur dan ʼn voorstel dat Zuma van sy amp onthef word, onderskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Johann ·

Seker nie gedink die vergryper gaan net loop sonder om seker te maak hy vat NOG saam nie? En teen sy eie persoonlike bank die Guptas draai??????

En so wys Ramapoza sy werklike slapgat karakter! ALS ter wille van n kern korrupte Zuma en die ANC, ten koste van n land wat intussen leeg bloei agv nog tyd en nog geleenthede wat Ramapoza aan ZUPTOPIA gee.

Burger ·

Johan , ek dink dis n uiters komplekse situasie waarvan jy nie veel verstaan nie.

Kaptein ·

Ja dis heel moontlik ‘n komplekse situasie – en Ramaphosa het heel moontlik fyn voetwerk nodig om eenheid in die ANC te behou. Maar … die ANC is basies ‘n kriminele sameswering op hierdie punt in tyd. Dis tyd om die hele lot uit te boender!

Schalk ·

Johan, ek stem 100% met jou saam. Die wat van jou verskil is liggies deur die linkse windmeul getref. Jy moet absoluut blind wees om nie te kan sien dat Ramaposa ook nie die aangewese persoon is om die land te regeer nie. Die enigste sukses hier sal wees as die ANC n skielike dood sterf. Van Madela se sogenaamde legacy het niks oor gebly nie, die volgende leier sal bloot sy voorganger se voorbeeld volg. Welkom in Afrika.

Koos Venter ·

Ramaphosa het nie die mandaat van die Nasionale Vervolgingsgesag, soos tereg in die berig gemeld, om te kan onderhandel oor die bewerkstelliging van suksesvolle vervolgings nie. Ewemin het hy ‘n mandaat om te besluit oor die betaling van ‘n aangeklaagde se regskostes of sy skeidingspakket nie.

Die regte en wetlike pad om te loop, is dié van die parlementêre pad. Die Parlement alleen kan besluit of die President die pad moet vat, al dan nie.

As die huidige president van die ANC met die voormalige president van die ANC oor laasgenoemde se uittrede beraadslaag, is sy bevoegdhede beperk tot hul party se interne mandaat en het dit niks met die staat of staatsdepartemente te doen nie.
As die ANC ‘n goue handruk met hul onderhandelinge wil bewerkstellig, moet die finansiering daarvan uit hul eie party-koffers kom. Dis nie die belastingbetaler se probleem nie.

Die ANC se president en NUK het geen bevoegdheid hoegenaamd om ons strafregstelsel en ons staatsdienswette te manipuleer nie.

Die uitvloeisel van hiedie onreëlmatige onderhandelinge is gedoem in die Konstitusionele Hof te gaan draai.

Eish ·

So maak mens met bose ooreenkomste:
“TOE is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie. Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie. Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
MATTHÉÜS 4:1‭-‬10 AFR53

KOOS ·

Geeste, spoke, klippe brode en tandemuise. Wat het jou Ystertydperkse spookstories en denkbeeldige maatjie te doen met hierdie artikel? Of enige iets anders wat met realiteit te doen het?

DHK ·

Alles, KOOS. Jou minagting van die Bybel en spottende verwysing na God bevestig juis die rede vir die ellendige toestand waarin ons land verkeer.

Verstom ·

Koos, dit is hoekom ons die lamsakkige en krimele leier het wat ons het. God het owerhede en konings en gesagte ingestel oor ons, hoekom, want hierdie volk nader My met hulle lippe, maar hulle harte is ver (Matt 15:8). Jou loon sal jy ook ontvang…so ook elke owerheid wat ons volk ten gronde gelei het en Hom nie geeër het nie. Want ons stryd is nie teen mense nie (vlees en bloed), maar owerhede, teen die magte, teen wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu en bose geeste in die lug. Ef 6:12.

Eks met jou ·

Dis tyd dat ons van ons knee opstaan en iets doen. Bid gaan jou nerens kry nie. Ek weet ook nie hoekom n christen in elkgeval so vinnig is om sy godsdiens as die alfa en omega aan almal af te smeer nie. So groot skok soos dit dalk vir jou mag wees, nie almal glo dieselfde as jy nie.

DHK ·

Nou wat is die “iets” wat jy gaan doen, Eks met jou? Vir almal vertel hoe jy nie in God glo nie en dat dit jou iewers gaan kry? Niemand het gesê dat daar net gebid moet word en verder met handjies gevou gesit word nie. ‘n Stryd sonder God begin het geen kans om te oorwin – Bloedrivier is ‘n duidelike bewys daarvan. So groot as die skok vir jou mag wees, eweneens glo nie almal dieselfde as jy nie. Ek glo in die lewende God van die Bybel en is geensins skaam om dit openlik te sê nie.

JPV ·

Nou moet ons nog wragtig vir die vark se regskoste ook betaal.

Tokkie ·

Dit sal interessant wees om te sien of Zuma sy rug op die Guptas sal draai en teen hulle getuig maar meer interessant om te sien hoe diep het hulle vir Zuma nog in die sak

LHS ·

Hoe kan n krimineel enige eise stel, klagtes is mos teen hom gemaak, dit moes mos al ondersoek gewees het en in n hof beslis geword het. Wie dink hierdie wesens is hulle, geskenke van bo aan die mensdom? Verhewe bo alle wette? Onaanraakbaar? Maar die gewone mens op straat word solank in aanhouding gehou terwyl die saak nog ondersoek word? Nog beter, word vervolg vir dit wat hy dalk nog mag doen.

Adrian ·

Uitgeslape vent. Regskoste kan miljarde beloop, hy sal die beste advokate en vorige regters in die wereld kry wat hom op tegniese punte sal loslaat en die sake kan 20 tot 30 jaar loop en hy gee nie n vlenter om nie , onthou nou een ding vir die land gee hy nie n vlenter om nie net om sy bas te red so hy is nie gepla nie. Een ding is so duidelik soos daglig , hy weet hy is skuldig hy weer hy kan in die tjoekie beland dus ,, i don’t care a damn”

Cherokee ·

Miskien bedoel jy flenter want dit sou verstaanbaar wees.

Cherokee ·

Uitgeslape vent noem jy hom? Ek dog die algemene beskrywing is beeswagter wat naelskraap std 2 (indìèn so hoog) geslaag het? Nou word hy as uitgeslape beskryf? Nadat hy ‘n gek van homself gemaak het deur nie ‘n syfer te kon uitspreek in die parlement? Nou ja wel, hy sit steeds die hele kabinet en sommer die parlement ook ore aan, so, dit beteken nie dat hy slimmer is nie maar bloot dat hulle selfs meer stupit is.

Ants ·

Miskien bedoel jy “stupid” want dit sou verstaanbaar wees.

Tienie ·

Net deur hierdie vereistes te stel is klaar ‘n bewys/ erkenning van sy korrupsie en vergrype . Hy moes al lankal in die maksimum gevangenis in Kokstad gewees het . As daar aan sy voorwaardes gehoor gegee word , dan is dit elke landsburger se reg om voorwaardes te stel as hulle oortree , want wat maak hom beter as die volgende misdadiger ?

Hans ·

Daar is net een aanvaarbare ooreenkoms. Elke maaltyd n bord kos, mediese voordele en gevrywaar van die publiek se argwaan: 20jaar effektief vir sy aandeel in ekonomiese vergrype in ‘n sel by C-Max in Kokstad is aanvaarbaar. Ten minste ‘n voorbeeld wat sal volg vir toekomstige stropers.

Francois Joubert ·

Hy kan mos aansoek doen vir regshulp as hy arm pleit. Die regte armes moet daarmee tevrede wees en ‘n begaafde studentevriend van my doen juis dit, dus is dit nie nuttelose of swak regslui wat jou gaan help nie. Maar hy is nie arm nie en wil die duurste en beste he om hom op tegniese punte uit die tronk te hou. Daar le die probleem.

Nico ·

Dit is ‘n skans wat ANC voorhou dat hulle stemme gaan verloor. Met goeie regering sal enige sulke bewerings omgekeer wees teen stem tyd. Ek dink die grootste probleem in die hele ANC leierkorps is dat almal in dieselfde bootjie is as Zupta. Waar kom die die sogenaamde sterkman CR se rykdom vandaan. Ek dink gaan begin soek toe hy nog vakbond leier was. Speel Base teen Klase af. Zupta weet as hy op die ”eerlike” manier moet gaan of ge-fire word vat hy omtrent die hele kabinet en NUK saam met hom sowel as die top 6. Hoe anders kan ‘n skelm voorwaardes aan eerlikes stel.

jOHAN ·

Sjoe ek dink dis baie moeilike vir CR vorentoe, agv die verdeeltheid binne die ANC.
Hy moet die party lei, maar wil ook president van die land word. Moeilike een…

Koos Venter ·

Ramaphosa het nie die mandaat van die Nasionale Vervolgingsgesag, soos tereg in die berig gemeld, om te kan onderhandel oor die bewerkstelliging van suksesvolle vervolgings nie. Ewemin het hy ‘n mandaat om te besluit oor die betaling van ‘n aangeklaagde se regskostes of sy skeidingspakket nie.

Die regte en wetlike pad om te loop, is dié van die parlementêre pad. Die Parlement alleen kan besluit of die President die pad moet vat, al dan nie.

As die huidige president van die ANC met die voormalige president van die ANC oor laasgenoemde se uittrede beraadslaag, is sy bevoegdhede beperk tot hul party se interne mandaat en het dit niks met die staat of staatsdepartemente te doen nie.
As die ANC ‘n goue handruk met hul onderhandelinge wil bewerkstellig, moet die finansiering daarvan uit hul eie party-koffers kom. Dis nie die belastingbetaler se probleem nie.

Die ANC se president en NUK het geen bevoegdheid hoegenaamd om ons strafregstelsel en ons staatsdienswette te manipuleer nie.

Die uitvloeisel van hiedie onreëlmatige onderhandelinge is gedoem in die Konstitusionele Hof te gaan draai.

Glory ·

Zuma reminds me of a rain spider that has just been discovered in a home.
Determined that he is not going anywhere he sits in his corner and its takes some doing to persuade him with a broom to go play outside.
The difference between the two is that the presence of the rain spider though it causes panic to the homeowners does not take the economy to hell.
When you finally manage to get him outside you don’t have to drag him to court for all the crimes he has committed.
You also don’t have to listen to his boring little snigger regardless of what anyone says to him.

Johannes Meintjes ·

Die ANC en Cyril het hulle hand oorspeel. Hulle moes baie vinniger opgetree het om van President Zuma ontslae te raak want hulle weet al lankal hoe korrupt hy en ander in die ANC is. Dit is te min te laat.

PJC ·

JZ skop vas vir ń vale want die Guptas het baie in hom belê en terselfdertyd soek Rusland ook resultate vir hul kerkrag ooreenkoms met hom, so hy is nou letterlik tussen die duiwel en die diep blou see. Hy moet dus die pak slae wat die minste sal seermaak probeer beding.

Marthinus Willemse ·

SA is `n ontwikkelende demokrasie. Daarom, sal ons by die reëls en regulasies moet hou, soos Koos Venter tereg sê. (Anders skep ons `n presedent, wat ons demokrasie kan skaad.) Of, ons kan `n pragmatiese besluit neem om die Zuma-kanker uit te sny: die swart ekonomies bemagtigdes – soos Tokyo Sexwale, Julius Malema, Cyril, en ander – moet uit hul eie sak R50 miljoen of so aan Zuma bied, om af te tree by Nkandla, en enige gelde wat Zuma skuld, te betaal. Voorwaardes: Zuma moet help om die Guptas te sink, en geen betrokkenheid by die politiek meer nie.
Lindiwe Sisulu het ons weermag afgebreek as minister van verdediging. Ek vertrou haar nie met `n handvol sand in die woestyn nie.

AJ ·

Zuma is DOM maar hy het MAG waarmee hy die beste ‘Van der Merwe’ regsgeleerdes aanstel om namens hom die regstelsel uit te buit en te manipuleer.

Skors die “van der Merwe’ regslui vir hulle onetiese gedrag en vir dwarsboming van die gereg!

As Zuma op die “Buthelezi” regslui moes steun sou hy lankal in die tjoekie gesit het!

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop, en bid, Zuma en die ANC se tyd is verby.

Gys ·

As Zuma net afgedank word , moet sy hele kabinet saam gaan en ontbind. Dit is baie gevaarlik want dan gee dit die EFF groot mag om aan bewind te kom. Dit wil ons seker nie he nie. Daarom die nodige voetwerk van Cyrill . Gee hom n kans voor almal hom net wil veroordeel. Dit is maar net my siening.

JSG ·

Gys, die EFF kan ook nie net eenvoudig instap en oorvat. Hul kiesers is gelukkig in die minderheid en ek twyfel of dit meer sal word. Aan die anderkant, in Afrika is enigiets moontlik. Selfs staatsgrepe.

christa ·

al hoe ons van die ANC ontsla gaan raak, is deur te stem vir iemand wat kan en wil om die land te lei.

honourable member ·

Sjoe en hy stel nog eise ook. Hoe dikvellig kan mens wees.

lizl ·

Hoe lank gaan die bedrog en geld hou ? Hoe lank gaan SA se wankelende bene hou ? All reserwe fondse behoort nou al amper uitgeput te wees ? Daar is ook net soveel mense wat regtig werk en belasting betaal !

T N ·

Hou op aan versinsels glo en die wêreld sal vir jou oopgaan !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.