Dít is hoekom dokters, hospitale so duur is

Sipho Ngwema, woordvoerder van die Mededingingskommissie, tydens die bekendstelling van die verslag. Foto: ANA

Dokters wat meer mediese toetse aanvra as wat regtig nodig is, pasiënte in die hospitaal opneem wanneer dit nie werklik nodig is nie of pasiënte in waakeenhede laat opneem wanneer ʼn algemene saal sal deug, is van die redes waarom die koste van private gesondheidsorg die hoogte in skiet.

Dít is van die bevindinge in die Mededingingskommissie se voorlopige verslag oor ʼn ondersoek na die gesondheidsorgsektor.

Die studie is oor vier jaar gedoen en is vandeesweek deur die voorsitter, voormalige hoofregter Sandile Ngcobo, bekendgestel.

Die ondersoek het bevind die skuld vir die hoë koste van private gesondheidsorg kan nie net voor mediese fondse se deur gelê word nie. Daar is bevind ingryping in die private gesondheidsektor is nodig omdat die huidige stelsel nie mededingend is nie, mediese fondse verwarrende produkpakkette bied wat duur en onmoontlik is om te vergelyk en omdat verbruikers nie regverdige waarde vir hul geld kry nie.

Regter Ngcobo het in die verslag, wat hier volledig beskikbaar is, bevind dat die koste van private gesondheidsorg reeds hoog is en al meer toeneem, terwyl verbruikers “ontmagtig en oningelig” is deur ʼn stelsel wat wins eerder as gehaltegesondheidsorg najaag. Volgens die verslag is daar ʼn “gebrek aan aanspreeklikheid op verskeie vlakke”.

Die verslag het bevind die huidige stelsel van private gesondheidsorg is nie mededingend nie aangesien dokters en spesialiste hul eie netwerke vorm wat hulle in staat stel om hul fooie op te stoot. Mediese fondse moet ook meer duidelikheid aan hul lede gee oor die verskillende opsies en planne beskikbaar sodat die verbruiker bemagtig is om die beste waarde vir geld te kies.

Die ondersoek het bevind daar is 2,12 mediese praktisyns per 1 000 mense in die private sektor. Dit is gelykstaande aan 0,92 algemene praktisyns per 1 000 mense en 0,83 spesialiste per 1 000. Hierdie statistieke vergelyk met 0,3 mediese praktisyns per 1 000 mense in die staatsektor.

Die ondersoek het bevind daar is dus nie ʼn tekort aan spesialiste nie, maar eerder ʼn ondoeltreffende benutting van hul tyd.

Die ondersoek het gesê Discovery Health het deurlopend meer wins as sy hoofmededingers ingevorder, met geen teken van behoorlike mededinging nie. Hoewel dit toegeskryf kan word aan hoë vlakke van bevoegdheid in die maatskappy, verduidelik dit nie heeltemal die massiewe winsgaping nie, aangesien Discovery gebruik maak van dienste van dieselfde belanghebbendes in die bedryf as sy mededingers.

“Ons sien dat Discovery Health al meer groei en toenemend suksesvol word. Dit is ʼn aanduiding van markmislukking en daar is geen aanduiding dat die mark homself sal regtrek nie,” het die ondersoek bevind.

Die topdrie administrateurs, Discovery Health, Medscheme en MMI Health, het almal versuim om deurlopende beter tariewe te onderhandel.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid wat die bekendstelling van die ondersoekverslag bygewoon het, het gesê hy verwelkom die bevindinge. Volgens Motsoaledi is regulering van die private gesondheidsektor nodig. Dit was juis die toenemende koste van gesondheidsorg wat daartoe aanleiding gegee het dat hy die Mededingingskommissie gevra het om die ondersoek te doen.

“Wat vandag hier bewys is, is dat private gesondheidsorg nie meer bekostigbaar is nie, selfs nie vir mense met mediese fondse nie,” het hy gesê.

Rolspelers in die mediesefondsbedryf wat die bekendstelling bygewoon het, het gesê hulle verwelkom die bekendmaking van die verslag, maar sal eers die volledige verslag moet bestudeer voordat hulle daarop kommentaar kan lewer.

Belanghebbendes is twee maande kans gegee om kommentaar te lewer of aanbevelings oor die verslag te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Riana ·

Wat ek onlangs ervaar het, is my GP in Rivonia, het my verwys na ‘n oorspesialis in Sunninghill, teen ‘n tarief van R 1 101. Hy het gese daar is niks wat hy vir my kan doen, hy het selfs gehoortoetse gedoen. Hy het my daarna verwys na ‘n spesialis in Sunninghill wat gehoortoetse doen. Die fooi sou enigiets tussen R 650 en R 1 400 wees. Nodeloos om te se, ek kon nie die rede hiervoor sien so het nie dit laat doen. Die mediese fonds het vir my R 550 teruggegee van die R 1 101. Ek dink hul stuur mens van een vriend na die ander om almal se sakke te vul.

humor ·

Voeg maar by buitensporige en onnodige medikasievoorskrifte.

Paul ·

Ek sal graag die volledige resultate van die ondersoek wil sien, wat ondersoek is, want op die inligting hier bo is daar hoegenaamd geen manier hoe ek of die minister tot ‘n gevolgtrekking kan kom en vinger na die Mediese Fondse wys nie, maar wel waarnemings wat mens kan maak. Daar is egter nog hopeloos te veel vrae wat beantwoord moet word. Ek sal ook graag die statistieke wil sien, die werkswyse wat gebruik is. As daar dan leemte is, dan kan ons werklik gesels, ruk hulle in die bek. Dit lyk darem maar net te veel daarna die minister kom te vinnig uit die wegspringblokke (jump te gun) en gebruik hierdie om die NGV in ons kele te wil afdruk wat ‘n ramp sal wees.

Marlie ·

die volledige verslag is beskikbaar op die skakel in hierdie artikel

Timing ·

In die tyd wat die regering Nasionale gesondheid wil deur druk sal hulle so doemende verslag uitbring oor privaat gesondheids instansies…mmm met n’ knippie sout sal ek hulle bevindings aanvaar.

Vee ·

Miskien moet hulle eers voor hul eie stoep vee voordat hulle privaat instansies wil aanvat…staats hospitale en die toestand van gesondheidsdienste onder hulle beheer is gaoties om die minste te se. Om die regering inbeheer te plaas van hosptale deur NGV is om nog n’ mislukte SEO by hul lysie te voeg…

Gatvol ·

Paul ek stem saam. Klink vir my dat hulle ook gehoor het van Obama Care wat n volslae mislukking blyk te wees. Ook is daar lekker geskep!!!!!!!!!!!!!!!!!

andre ·

jys seker in die mediese bedryf dat jy nie saam stem dat dokters net geld jagtende skelm is
wat jou laat betaal .selfs vir hulle foute

Giel ·

Referred Cardiologist at Olivedale Clinic, R5500 for 30 minute visit to be told nothing wrong. Got chest pain when I received the invoice :)

Ben ·

Dit is nie net dokters nie maar dit is nog erger by tandartse. Ek moes nou die dag meer as R 1000 opdok vir ‘n tydelike stopsel wat na 7 dae uit is. Ek sit met ‘n substandaard kroon wat n swart onderste raam het. SA mediese werk is net so swak soos die regering van die dag en as dit by betaling kom erger as die Zums en Gupts.

Theuns botha ·

Ek is by hosmed op hul essential plan R1400 pm . Ek loop al vir drie jaar met pyn en seer in my boud, bene en regtet arm. Kry net R800 vir x-strale, verder is ek huidiglik baie siek. Moet gaan vir n colonoscopy en pyp sluk omte kyk wat fout is maar my medies dek dit nie. Wens iemand kan hulle op check maar in die geheel hoop ek hier kom iets van die ondersoek. Sukkel vreeslik. Daars heel wat toetse en scans wat gedoen moet word en by betaalings is buite spoorig hoog by hosmed. Die en ongemak van die afgelope pasr jaar so ver is nie die moeite werd en sal wonderlik wees om na omgesien te word en die nodige dinge reg te maak. Moet ook n diabeet spesialis gaan sien maar weer ens word dit nie gedek.

Nettie ·

@Theuns botha – dit is net logies om, voor jy teken vir enige hospitaal- of gesondheidsplan, seker te maak waarvoor jy gedek is of nie gedek is nie.

Ek dink mediese fondse moet meer buigbaar wees met hul voorsorgplanne. Ek, bv. is 47 en ongetroud. Dus: met my gaan daar weinig ginekologiese besoeke of geen bevallings-dekking wees nie. Waarom kan ek dan nie die waarde van hierdie dekking wat vir ander vroue aangebied word, oordra op bv. die tandheelkunde-voordeel of daaglikse dokters-besoeke voordeel nie? En waarom moet mens volgens wet, indien jy ‘n vooraf-bestaande mediese toestand soos diabetes het, vir ‘n volle periode van 12 maande lid wees, waartydens jy moet betaal, maar geen chroniese medikasie mag eis nie?

Best opsie is om maar ‘n basiese hospitaalplan uit te neem en dan by jou plaaslike staatshospitaal mediese sorg te ontvang – toegegee, by sommige staatshospitale gaan dit beroerd. Ek is gelukkig om te woon in ‘n dorp wat ‘n FANTASTIESE streekshospitaal het wat beter sorg bied as die plaaslike Medi-Clinic.

Siek en sat ·

Die verslag maak baie sin. Betaal my ore af vir mediesefonds maar moet vir mri bybetaling van meer as R3500 betaal om vas te stel of ek gewas het wat my doof gelaat het in een oor! Mediese onkostes is hemel hoog en Kan ek ten spyte van mediesefonds nie by betalings bekostig nie. Iemand maak n groooooot wins uit die bedryf uit ten koste van die arme mense wat dit nodig het.

Katerina ·

Yep. Ek sien dokters is baie geneig om mens te wil hospitaal toe stuur,selfs vir iets soos bronchitis. My man werk en ek het n kind by die huis,so ek se reguit vir hulle “Jammer, No can do..Gee antibiotika of whatever, ek sal tuis regkom” Ek sal hospitaal toe gaan as ek in n ongeluk iets breek of skeur. Nie vir siektes wat tuis ook behandel kan word met medikasie.Ek is nie onder n kalkoen uitgebroei nie. My dokter weet al by die tyd om dit nie eers voor te stel nie.

BB ·

Dit is al lank vir my duidelik dat jy duisende per maand moet opdok vir ‘n “beter” mediese fonds. Die ergste vir my is om my dokter elke 6 maande te betaal om my bloedruk voorskrif te kry. Ek makeer niks verder nie. Dan wil hulle elke keer bloed toetse laat doen. Verder gebruik my dokter die tyd om lekker te gesels. Almal hou seker van ‘n vriendelike dokter maar
volgende keer maak ek ‘n lysie van goed wat ek dan nie hoef te google nie, dan kry ek darem iets terug van my R450.00 wat ek moet betaal.

Katerina ·

BB ja dit maak my ook kwaad. Ek moet einde van Julie weer gaan om my 6 maandelikse voorskrif vir anti-depressant te hernu. Absoluut niks met my gesondheid fout maar moet betaal vir n konsultasie. As n pil werk en aanhou werk,waarom n konsultasie net om n voorskrif te hernu? Net een rede,geldgierigheid..

lulu ·

ENT het my ondersoek…gese ek het pollops in my neus – moet gaan vir scan en bloedtoetse…R2500 bybetaling. Moes n week later hom weer sien…..kyk nie dadelik in my ler nie. Ondersoek my weer, se weer ek moet gaan vir scan….Ek se toe maar ek was alreeds, dis hoekom ek hier is vir my opvolg om te hoor wat fout is….low and behold, scan wys NIKS….in total R3200 uit die sak vir niks. Dokters wat in hospitale hul kantore het moet ook n seker hoeveelheid pasiente in die hospitaal verwys vir bloedtoetse, scans, ens. Maak nie saak of ons dit kan bekostig of nie. Onthou daar was al voorheen n artikel waar hulle met dokters anonym gepraat het waar hulle erken hulle doen operasies soos blindederms uithaal, mangels uithaal, ens al is die nie nodig nie want dis maklike geld, jy kan daarsonder en hulle moet n sekere hoeveelheid ure in teater boek in die hospitaal waar hulle kantore is……wat het geword van die dokters se eed?? CASH IS KING

Belaglik ·

R2 200 vir n 15 min konsultasie by n spesialis!!! Belaglik. Net om vir jou te se gaan vir plate en kom terug,dan kyk ons wat ons kan doen. Na jy daar aangekom het met plate wat geneem is by 1ste dr. “Daylight robbery”. En dan wag jy ook 3 ure by n hosp se ongevalle vir n dr wat besluit om beskikbaar te wees by ongevalle,dan moet jy ook eers R500 neersit alvorens na jou gekyk word. Die hele stelsel gaan net oor geld vir eie sak.

Nuwe bril ·

Om net te kan sien is R7 000 uit die sak. Wonder hoeveel was regtig nodig? Al die dames wat daar voor sit moet seker n salaris verdien. Hoe sal ons weet? Dis verseker nie die dr wat hul salaris betaal,dis ons wat n nuwe bril moet kry. Sterkte

Optometris ·

Dalk moes jy gevra het vir ander opsies op jou bril, of ‘n goedkoper raam oorweeg. Daar is altyd ‘n manier om by elkeen se begrootting te pas. Nie almal in die oogkundige beroep is skelms nie!

Piet Pompies ·

Die volgende het al met ons gesin gebeur, arm breek 1, nood blinderderm operasie, arm breek 2, ernstige sny wond aan vinger, motor ongeluk beserings 2 persone, hand brandwond 1, kop snywond, hand brandwond 2, ernstige infeksie, bloed suiker noodgeval. Dit alles het met ons gesin gebeur en in al die gevalle was dit noodgevalle en ek is baie dankbaar dat ons aan ‘n mediese fonds behoort omdat die beste behandeling ondervind is.
Dan weer, seun sien neus keel en oor spesialis, word onmiddelik verwys vir ‘n gehoor toets in dieselfde gebou… dit was nie nodig, hy hoor goed maar verstaan partykeer nie so lekker. Vrou sien Dr oor suiker problem, verkeerde diagnose, verskeie toetse, onverwante sake, medies uitgeput. Sien ‘n ander Dr, doen twee toetse, vrou se suiker onder beheer. Lid word in privaat hospitaal opgeneem, noodgeval, plek is vuil, baie duur, persone aan diens slap nagte om. Binne aar naald word 4 keer in weelsef ingebruk, arm swel op agv daarvan

Johan ·

Nie alle dokters is seker geldvrate nie. Maar ja, daar is definitief van hulle wat geldvrate is (Mammon is koning). ‘n Spesialis by Midstream wou na sy ondersoek en voorskrif (vir Nexiam), gehad het my vrou moet ‘n afspraak maak net om ‘n motiveringsbrief (vir mediese fonds) vir die Nexiam te kry. Ja, ‘n afspraak vir die motiveringsbrief. Dit is ‘n skande.

En moenie die hospitale weggooi nie. Was in die dagkliniek van private hospitaal vir kolonoskopie. Ingeboek 11h45 en uit teen 15h15. Hospitaal vra saalfooie vir ‘n volle dag, en ek was maar daar net vir oor die 3 ure.

Sulke goed laat mens wonder of die regering nie ‘n punt beet het met hul Nasionale Gesondheidssorg Plan nie. Maar ja, ongelukkig weet ons dit gaan ook nie werk nie.

Krewel ·

Dit neem tyd en die korrekte bewoording om die ‘pen-pushers’ by die mediese fonds te oortuig om daardie middel op jou chroniese voordeel goed te keur. Dit neem enige tyd dieselfde hoeveelheid tyd en breinkrag as ‘n konsultasie. As jy jou prokureur vir ‘n standaardbrief wat vooraf opgestel is vra, gaan jy meer as driemaal soveel betaal as vir jou dokter. Wie gaan jou lewe red? Nie jou prokureur nie.

Jaco ·

Ek luister fyn wanneer mense praat. Die dokter verwys jou na die x-straal waarvoor hy ‘n “kickback” kry. Dan na die spesialis vir ‘n kickback. Dan na die hospitaal vir ‘n kickback. So loop dit al in die rondte. Die hoe koste is die gevolg van gewone hebsug.

A Kellerman ·

Wat van die hemel hoge versekering wat dokters moet betaal?Dit word opgejaag deur prokureurs wat spesialiseer in mediese eise.As ek dit reg het betaal verloskundiges al R850000 per jaar.Dit kan ook een van die redes wees hoekom dokters onnodige toetse doen.Dis om hulself teen eise te beskerm indien hul iets sou mis.

Nettie ·

@A Kellerman – in Worcester het die 4 verloskundige dokters so ‘n paar jaar gelede geheel en al onttrek uit die dorp uit. Die mammies van Worcester het “too posh to push” geraak en wou almal keisersneë hê, met die gevolg dat die dokters almal hemelhoë versekerings-bedrae moes betaal het, INGEVAL een van die mammies ‘n wanpraktykklag teen hulle wou inbring.

Ek stem saam met “Wondernet” hieronder wat vra hoekom ‘n man kraamvoordele moet betaal, wat hy nooit gaan gebruik nie. Ek is 47, ongetroud en gaan nooit kinders hê nie, waarom moet ek dan betaal vir iets wat ek nie gaan gebruik nie? Waarom kan mediese fondse nie meer aanpasbaar wees en lede toelaat om te KIES waarvoor hulle dekking wil hê nie?

Johanna ·

Feite is feite. Mediese Fondse se pakette is soms onverstaanbaar. Buitensporig duur. en dit word net duurder. en wanneer dit by die betaal slag kom is daar allerhande verskonings en verduidelikings oor hoekom dit nie ten volle betaal kan word nie. Dis hoogtyd dat alle Mediese Fondse en Mediese / Tandarts dokters ook ondersoek word. Fooie is belaglik duur. om nie eens te praat van hoeveel n Veearts kos nie.

Wondernet ·

Waarom moet ‘n man vir kraam voordele betaal wat hy nooit gaan gebruik nie?
Waarom kan ek nie kies waarvoor ek dekking nodig het nie?

Gert ·

Dokters is mense wat mens veronderstel is om te vertrou!!
Gelukkig hoef mens nie almal onjder dieselfde kam te skeer nie, daar is nog baie eerlike Dokters!!

Selinda ·

Ek het so paar weke gelede ‘n tandarts geskakel om te vra wat ‘n doodgewone odersoek sou kos. R250. En met dieselfde oproep gevra wat hul my medies gaan vra. Die dame het vir my gesê sy weet nie wat my medies betaal nie, maar sal my die kodes gee en ek kan self my medies skakel om te hoor wat hul betaal vir elke kode. R1267 was die totaal. Ek het gevra wat sekere kodes dan nou is, en gevind dat mediese fondse R28 per handskoen betaal wat die tandarts en assistent dra. Dit is belaglik! Besef die mediesefondse en mediese praktisyns dat hierdie gelde steeds uit my “savings” uitkom en wanneer dit uitgeput is ek dan uit my eie sak moet betaal, en dit is elke jaar vanaf Junie se storie.

Krewel ·

So jy sal tevrede wees as jou dokter met kaal hande in jou mond rondkrap?

honourable member ·

Dokters en hospitale het n lekker geld maak storie geraak. Hulle moet sorg dat die beddens vol is in die hospitale so hulle neem jou op vir enige ding en die medies moet maar net betaal.

Bridget ·

Jare terug het jy net jou doktor gehad wat al jou pyne en skete behander het jou mangels uit gehaal as jy gekraam het was hy daar nou word jy van jou doktor na herwaarts end derwaarts gestuur na al die betalings wat die medies nie eers dek nie gee ek maar op en hoop maar die kwaal verdwyn

Krewel ·

Hmm mm. Vra jouself hoekom dit nie meer so is nie. Ek kan jou brein opereer as ek ‘n ginekoloog is, want ek is immers ‘n dokter, maar laat daar net nie fout kom nie. ..

Judge Dredd ·

Wel as julle dink dis nou duur – wag tot nasional gesondheidsorg inskop – dan betaal ons nog duurder vir ‘n nog swakker diens.

Net ek ·

Ek onthou nog as kind het ons huis dokter mangels uit gehaal as ook blinde derms, oë getoets ens, nou sien jy eers die dokter voordat jy die spesialis sien. Mis ou dok Dyson…

Marinus ·

Voor 1994 was die staats hospitale op standaard en kon mee ding teen die privaat hospitale. Wat die kostes in bedwang gehou het. Onthou ook jou GP het aandele in daai duur privaat Hospitaal. Die plug lê by die regering om staats hospitale op standaard te kry en kompetiesie te wees vir die privaat hospitale.

Verwonderd ·

Ek was ‘n paar dae gelede as privaat pasiënt by Dr “X” en betaal konsultasie van R530. My vriendin wat aan mediese fonds behoort gaan na dieselfde Dokter toe en wys my gister dat die konsultasie koste wat die dokter van haar medies eis, is maar R140. Nou sal ek graag wil weet hoekom is die persoon wat nie medies het nie, se konsultasie R530 en die persoon wat medies het, se konsultasie is net R140? Dieselfde 15 minute, dieselfde proffessionele diens.

Cherokee ·

Dit wat jy hier sê is snaaks want gewoonlik werk dit andersom. Betaal vir ‘n griepinspuiting uit jou eie sak en laat dit doen deur jou mediese fonds en sien hoeveel meer word geëis vanaf die mediese fonds. Koop ecotrin (bloedverdunner) vanaf die rak en koop dit deur die mediese fonds en kyk hoeveel duurder dit is vir die mediese fonds.
Snaaks, of miskien nie, dat geen apteker of dokter (tot nou toe) hier saamgesels nie.

Dr Spookasem ·

Dit is omdat die dr deur die mediese fonds afgedreig is om aan die fonds se netwerk te behoort. Die werklike konsultasie is R530, maar die mediese fonds dwing (pers af) die dr om enorme afslae aan die fondslede te gee vir die “vergunning” dat daardie fonds se lede deur die dr gediens mag word. Daardie R530-R140 = R390 is ‘n verlies wat die dr uit eie sak verhaal, die mediese fonds vergoed dit nie aan hom/haar nie.

Die mediese fondse beroof die mediese professie onbeskaamd. Dis waarom spesialiste “so duur” is. Mediese fondse beskuldig spesialiste daarvan dat hulle 4-5x meer as “fondstariewe”betaal. Daardie 4-5x is egter die werklike koste wat die mediese fonds nie wil betaal nie, en wil he die spesialis moet uit eie sak subsideer teen ‘n evrlies. Spesialiste sit na 9-10 jaar se studie met enorme studieskuld wat afbetaal moet word, enorme professionele verkeringskoste en baie duur spesialistoerusting en moet nog kos op die tafel sit. Die mediese fonds voel vere daarvoor en wil he die spesialis moet basies gratis diens verskaf terwyl die pasient die mediese fonds betaal.

Krewel ·

Die R140 was moontlik ‘n addisionele betaling omdat die dokter die res van sy fooi van haar mediese fonds kon eis.

Cherokee ·

Ek het afspraak met ‘n privaatkliniek vir snywerk aan my linkerskouer, vir Maandagoggend. Die dokter wat die afspraak gemaak het, het gesê dit sal ‘n oggend-afspraak wees en ek sal enkele ure in die kliniek wees. Die klinieksuster wat toelatingsreëlings getref het met my mediese fonds, het gesê dat dit lokale verdowing sal behels. Gister het ek bevestiging gekry vir die afspraak. Die dokter is ‘n vrou wie se naam vir my onbekend is en volgens gister se bevestiging sal ek twee dae in die hospitaal wees. Daar sal ‘skinart ‘ betrokke wees, goed en wel, maar lokale verdowing en die enkele ure het twee dae geword.

Dr Spookasem ·

In meeste gevalle is dit vir jou beter en finansieel meer voordelig om oornag in die hospitaal te bly. Rede is dat prosedures soos X-strale ens dan as “in-hospital” beskou word en dit deur die mediese fonds gedek word. Andersins betaal jy self daarvoor. vind mooi uit wat jou fonds voorwwardes is.

Vriende van ons sal hul kinders vir ‘n kuggie laat opneem in die hospitaal vir oornag observasie sodat hulle niks uit eie sak hoef te betaal nie.

MARIA ·

Jip moet ook oor die R45 00 bybetaal vir CT scan en MRI meer en dan die kroniese medikasie waarom moet ek elke 6 maande n dr besoek en betaal vir n besoek en n voorskrif kry …nee magtig mens moet net geld bly uitgee …. en Clicks sê jammer jou voorskrif is klaar jy moet eers n nuwe voorskrif kry voor ons jou kroniese medikasie kan gee( dit is nou vir Diabetes en Cholestrol)…dis nie asof die Kroniese medikadie of hoeveelheid in mg verander elke dag so ook as die mg verander moet jy n plase prys betaal vir vorms wat die dr moet invul wat dan mediese toe gestuur moet word… nee ek dink dis onregverdig ….dit regverdig regtig nie n bedrag van R400 plus nie en dan die R100 plus vir net n voorskrif as Dr jou al ken dan gee jy net name van medikasie en hoeveelhede vir ontvangsdame en sien nie eers die dr en volgende dag gaan haal jy jou voorskrif. So as dinge meer regverdig begin word sal ek ook bly wees.

Poena ·

Ek het gedink dokters en hospitale is so duur omdat Mercedes Benzes so duur is..

Bek hou in Erasmuskloof ·

My great, vriendelike Dr ( en die medies) dwing my ons elke 6 maande bloedtoetse te doen vir cholestrol & bloed druk meds. R1500 vir bloedtoeste, R450 vir konsultasie van 15 min( alhoewel die Dr so vol is dat mens gewoontlik 40min + moet wag + R110 vir die voorskrif. Total uitbuiting!

Peanut ·

Nou verstaan ek hoekom ek op 56, na n histerektomie SWANGERSKAPS DEKKING benodig.
Tog belaglik en ek kan niks daaraan doen. Ook niks teen die AIDS dekking wat ek móét hê, waarvoor ek betaal en nooit gaan benodig.

Thinus Erasmus ·

Ek se dit nog al die jare, die privaat mediese bedryf het ‘n baie winsgewende sektor geword in SA, kyk maar hul resultate! Dit mag dalk baie goed uit besigheids oogpunt wees, maar onthou hulle teer op mense se lyding, is dit eties?
Ek dink regtig nie so nie, daar is nie ander lande wat so vrugbaar is in die mediese veld soos hier nie, dit is tyd om hul biejtie verantwoordelik te hou.
Dit is net jammer dat die staat se mediese diens so verrot het, dit is die grootste rede hoekom die privaat sektor so blom.
Kyk maar na die privaat veiligheidsbedryf, privaat skole, privaat tehuise ens. – dit is net omdat dit staat so faal dat mense nie anders kan as om privaat te gaan nie, MINISTER!

Rooikop ·

Mediese kostes en toerusting is afhanklik van die wisselkoers- die chemikalië (Medisyne) en toerusting is als ingevoer of ten minste aan die wisselkoers gekoppel. Verder kan die medici maklik oorsee gaan werk en ook in dollar verdien. Die regering het die rand gebreek en weereens is dit die gewone mense wat die gelag moet betaal.

Cherokee ·

Besit jy ‘n vulstasie, Rooikop? Dit is gewoonlik die verduideliking vir petrolpryse :-)

CHARMAINE WALL ·

ek stem saam,alle mediese instansies moet ondersoek word ,dis absoluut buitensporige tariewe,en medies is deesdae net vir ryk mense,gaan elke jaar op op die ou einde is medies
paaiement die helfte van jou salaris,ons spaar plan 3 keer dr toe en alles is uit geput,nou hoekom het ek medies,dogter asma lyer,bybetalings by absoluut alles/iemand moet ingryp

Goeieraad gratis ·

THEUNS BOTHA
Probeer goeie glasie beste muskadel rooi
elke aand net vir week lank kyk of dit vir jou
gaan werk. Mits jy nié diabeet is behoort dit.
Slim Dr. Sal dan weet ook wat om verder voor
Te skryf.

bj smit ·

Mense daar is nog spesialiste wat goed is ek was die af gelope paar jaar n kanker pasient af spraak by die dokter was goed koper as die gp gewees R350 .00 my mediese fonds het als gedek selfs as ek hospitaal toe was die enigste slep was om elke keer toesteming te kry by die fonds daar was wel die medikasie wat vooor geskryf was wat ek self moes betaal na die ondersoek ek wil maar net se dit kon baie erger gewees het ter loops ek is n pensionaris en my by dra tot my fonds is in die omgewing R1700.00 vir my en my gade. Dankie dat daar wel nog sulke dokters is

Krewel ·

Dankie. My pa is oorlede aan blaaskanker. Sy rekening was op R2 000 na R1 -miljoen. Die fonds het ALS betaal, was simpatiek en professioneel. Moenie jou fonds vir kleinighede gebruik nie. As die ‘paw-paw’ eendag regtig die ‘fan strike’, sal jy jou fonds waardeer.

Mareliese ·

Kyk bietjie mood an jou Hospitaal rekening na n prosedure bv Kiesersnit. Die special is se eis is gewoonlik n fraksie van die hele rekening. Die teater word per Minuut ‘gebill’, en kom gewoonlik by ń enorme bedrag uit! Ek sal graag wil weet wat is die ‘kosprys’ koste van n teater regtig teenoor wat hulle vra…..

Riana ·

Die dokter het jou kodes gegee om vir die medies te gee. Die medies se rekenaar het ingeboude bewoording en “length of stay” wat outomaties dan op die magtiging kom dis hoekom dit vir jou anders lyk as wat oorspronklik gesê is

Riana ·

Die per minuut sluit die hospitaal se oorhoofse kostes in. Die gebou, die personeel, die teater toerusting, meeste van die tyd baie van die voorraad wat gebruik word

Krewel ·

Die ‘kosprys’ is hemelhoog. Wil jy met substandaard gare toegewerk word sodat steke lostrek en jy doodbloei? Wil jy met ongesteriliseerde instrumente geopereer word? Weet jy wat kos ‘n outoklaaf?

Pieter ·

Die nagaan van n dokters rekening is die beste medisyne vir hardlywigheid.

Chene ·

Ek verstaan nie hoekom mens duisende rande betaal vir medies nie! My broer was 7 maande terug in ń motorongeluk, ons kry nou gereeld briewe in die pos omdat die mediesefonds die betalings wat hulle gemaak het nou reverse!! Ons het hulle gebel ń uur en 20 min later op die foon is die antwoord net: ons weet nie. Duidelik is noodgevalle nie eers meer ernstig genoeg vir mediesefondse nie! Dan praat ek nie eers van die swak diens wat ontvang is nie, lê 13 ure op die harde ambulans bed want hulle ICU is vol!!! Sit hom dan teminste op ń gewone bed (wat ek kan sien oop staan). Ohh en hulle moes 4 scans doen in totaal omdat die eerste 2 onduidelik was. Glo my ons betaal vir 4 omdat hulle nie bekwaam was om dit die eerste keer reg te doen nie!

Potloot ·

Hoekom moet ons versekering he? Hoekom moet ons mure om ons huise he? Hoekom moet ons… Risiko! Verlaag die risiko en verlaag die prys wat jy betaal. So doen julle flippen werk regering!! Julle bogger die rand, ons veilligheid, hel sommer alles! Hulle grou hier bo in die lug, maar die probleem is doooooer onder! Hoekom het ons medies? Want more kan ons: aangeval word of in ongeluk kom… die laaste op lys is seker werklike gesondheid agv ouderdom of so iets…
nie eers praat van wat mense in hulle monde druk nie en ook nie oeffen nie…
Die standaard voorgeskrewe tariewe is in 2007 laas deur die regering geraak…
Fondse Moet elke jaar hulle opsies en verhogings laat goedkeer by die council… so hulle weet presies reeds wat aan gaan… hulle wil nou net fondse laat vou sodat hulle kan goed lyk. Hierdie is net nog ‘n plek waar hulle kan skep!! Hulle het nie werklik meer ander plekke oor nie… Hierdie outjies het nie oplossings nie, so hulle grou net op ander plekke!
Ons betaal nou vir ons eie medies, en nou gaan ons nog betaal vir die ou wat ons vanaand wil kom roof ook (en vir die se 5girlfriends en 20kinders)(wat al klaar social grant kry en staats medies en water en Elektriesiteit, en grond en huis en en en en en wat ons klaar betaal!!!!)

Gesondheid ·

Komende van iemand wat self in die privaat gesondheidsektor werk: Pasiënte is baie vinnig om te kla dat hul nie korrek gediagnoseer is nie of dagvaar sommer mediese personeel. Medici is dus verplig om duisende rande maandeliks aan versekering te betaal en word oom gedwing om menigte toetse te doen om hul diagnose en standpunt te staaf, net om hulself te beskerm teen pasiënt beskuldigings. Dit is juis die rede hoekom fooie so duur is! En boonop bepaal fondse oom die fooi wat vir meeste behandelings gevra word.

Dit is dus baie maklik om vinnig die vinger na “duur” medici te wys, kom stap ‘n dag in hul skoene dan praat ons weer.

Dokterslewe ·

So so waar.
Ek is self met ‘n dokter getroud. Hy werk dubbel die gewone werksure per maand. Ek sien hom nie baie naweke nie want hy moet ingaan werk toe. Nee, hy kry nie ‘n sent uit bloedtoetse en ander toetse nie.

Pasiënte baklei daagliks met hom oor dié nie reg is nie en dáárdie nie reg is nie en dreig om klagtes te lê by die hospitaal. Sy mediese versekering is meer as my salaris per maand. Hy is depressief en op medikasie om te ‘cope’ met die stres en lading by die werk. Sies vir almal wat net elke dokter oor dieselfde kam skeer vir geldgierigheid.

Hulle word beheer deur mediese fondse wat weier om te betaal vir ‘nog ‘n ekstra dag’… So ontslaan hy die pasiënt, dan word daar gekla oor hy te vroeg huistoe is, óf hy hou die pasiënt wat dan kla oordat sy rekening so hoog is. Soos in enige beroep is daar die goed en die sleg.

Hou vir ‘n slag op sanik oor alles en wees net dankbaar dat daar mense is wat bereid is om al hulle tyd op te offer terwyl hulle eie gesondheid daaronder ly en hulle gesinne net altyd moet verstaan dat pasiënte eerste kom.

Riana ·

Die dokter het jou kodes gegee om vir die medies te gee. Die medies se rekenaar het ingeboude bewoording en “length of stay” wat outomaties dan op die magtiging kom dis hoekom dit vir jou anders lyk as wat oorspronklik gesê is

Poppie ·

Ek sê altyd. Daar is 2 dinge wat jy nie kan bekostig om te hê en ook nie kan bekostig om NIE te hê, nl. Medies en versekering. Het jy dit en niks gebeur, betaal jy deur jou nek. Het jy dit nie en iets gebeur….. sorry ou pel. Nou verloor jy in jou dinges in. Verloor gaan jy verloor.

. ·

Ons moes amper op ons knieë gaan om ‘n ortopeed in Middelburg te smeek om PPS-vorms in te vul.Met elke besoek (daar was 3) het hy ons soos wurms laat voel as ons vorms in d hand bakhand staan. Laaste besoek het hy ons goed laat verstaan hoeveel moeite ons hom aandoen,selfs gesê “Saterdagaand as julle lekker om die braaivleisvuur sit met ‘n glas rooiwyn in die hand,moet ek sit en julle vorms invul- weet julle hoe lank dit my gaan neem?Twee ure!”En dít nadat hy met die 1e afspraak,toe ons noem van besering aan diens en dat dit seker deur COID moet geskied,dadelik gesê het”julle is welkom om dit deur COID te doen maar dan kan ek julle nie help nie.”Gee toe ‘n lang relaas oor sy ouditeur wat gesê het hy gaan bankrot speel as hy voortgaan met COID-sake en dat geen ortopeed in MP meer COID-sake hanteer nie(behalwe een teen wie ons reeds gewaarsku is).

Krewel ·

COID? Vorms invul? Jou dokter is reg. Dit neem ontsettend baie tyd. As jy die verkeerde bewoording op daardie vorms sit, betaal hulle nie uit nie en is die pasient ongelukkig en dan moet jy nog vorms invul om te ‘please explain’. Ek behandel eerder 10 siekes as om ‘ n enkele vorm in te vul – al word ek betaal vir die vorm se invul. Nee dankie.

Anoniem ·

Almal kla oor die kostes, oor die Dokters wat geldgierig is, maar niemand besef dat ons
private mediese sorg van die beste in die wereld is. Sodra die ANC klaar is met hul vingers in private mediese sorg, gaan almal weer kla oor ons “private” mediese sorg wat die swakste ter wereld is. Mense kla net altyd! Die Suid Afrikaanse mentaliteit is om alles so goedkoop moontlik te kry. Ek dink nie ons land se mense (Wit en Swart) verstaan meer die konsep van kwaliteit nie…

Anoniem ·

Al die kommentaar hier is so negatief! Ek is baie dankbaar vir mediese fondse asook goeie dokters. Ek wil julle almal sien wanneer die nuwe NGS in werking tree en julle vir dae lank moet tou staan vir voorskrif medisyne net om te hoor oeps ons voorraad is op en dies meer. Gesondheid is baie geld werd.

mini vd merwe ·

jip ek sukkel toe med tand, het medies, gaan tandarts toe, bybetaling is r300.00 ????? toe ek vra by mediese fonds moet ek hoor die volgende: as ek ingeboek word in hospital en dr trek daar die tand, dan betaal hul 100% , nou maak ek somme, dr besoek in sy praktyk is R450.00 om tand te trek, hospital seker R1000, perdag en narkotiseer en verpleegter en kos en medisyne ens, rek seker R10k, erens verstaan ek nie die denk wyse van fondse nie

Anner Anton ·

Helfte van kostes van als wat jy gebruik in Suid Afrika is vir dit wat jy nie eens gebruik nie. Boonop is daar geen vryheid van keuse nie, behalwe of jy daarsonder kan klaarkom of nie..In ons stilswye moet ons maar aanploeter.

Anner Anton ·

Oorsee vorm hulle drukgroepe teen sulke perverse uitbuiting. In Kaapstad onlangs het sulke drukgroepe die Stad Kaapstad op hul neus laat kyk oor die hantering van die water kwessie. 66000 mense binne n paar weke wat die stad weer laat dink het. In stilswye moet ons nie kla nie OF neem die voorbeeld hierbo en laat hierdie uitbyters van ons hoor…

Anoniem ·

So…laat ons maar net weet hoe en waar ons JOU drukgroep kan vind

Anner Anton ·

Anoniem jy sal nie daarop kan registreer nie want jou regte naam moet gebruik word.

M ·

Nog iets wat my dwars in die krop steek is dat HIV-behandeling ten volle gedek word deur mediese fondse. In die meeste gevalle is dit “self-inflicted”, maar ek moet my gat af sukkel om medikasie te kry vir my maagprobleme waaroor ek geen beheer het nie.

Chris Ws ·

My vrou was ernstig beseer in ‘n motorongeluk en omdat sy ‘n breinbesering opgedoen het moes daar elke uur bloed getoets word.Die dokters/hospitaal het my nie geken in die saak nie en gevolglik die toetste laat doen deur Ampath.Die koste het R115,000 beloop!Toe ek agterkom was dit lankal te laat.Lancet sou die helfte MINDER gevra het vir dieselfde bloed toetse.Ek is seker daar is ‘n “kickback” vir dokters van Ampath af. Dit verhoog mediese sorg net meer.

Thea ·

Verstaan almal se verstrasie. Konsultasie fooie word direkvan pasientverhaal OMDAT die mediese spaar plan opgebruik is, en pasiente jok graag oor hulle finansies. Oor 200 mediese fonds planne, dr kan nie eder en elkese protokole handaaf nie. Pasiente sien dr,s as vinnig ryk word skemas en wil hul voorduuurend vir nonsins dagvaar, hens die extra toets en x strale om hul sel te beskerm. Alles het reg en in welvaart gewerk tot 2008, sama het fooie bepaal, mediese het dr,s betaal en pasiente was nie vrygespreek oor slegte skuld by dr,s nie. Pasiente het dr gerespeteur en en hulle as moontlike aftree polis gesien nie. Werk elke dag met gevalle waar dr deur pasie te, hospitale en mediese fonds benadeel word. Watter ander beroep moet 11 jaar studeer( spesialis), en minder as plumber verdien ? Prok se stusies 4 jaar bestuurder van hosputaal 3 jaar , mediese fonds ceo 4jaar…. Kyk mooi na die dr wat julle het,

Dr Spookasem ·

Die eintlike vark in die verhaal is die mediese fondse en spesifiek fonds X, met die grootste markaandeel in die land.

In die mid-90s het X begin met ‘n mafia-tipe afpers “besigheidsmodel”, eers teenoor aptekers, toe dokters, daarna tandartse en oogkundiges. Net X het dit ‘n “netwerk” genoem en het die mediese dissiplines “gemotiveer” om by X se “netwerk” aan te sluit. In ruil daarvoor sal die netwerk-apteker/dokter dan tot eie groot verlies, onbekostigbare afslae aan die X-fondslede gee in ruil vir die vergunning om X-fondslede te mag diens. Terselfdertyd sal die dr/apteker groot administrasiefooie aan X-fonds betaal vir hierdie “voorreg”. Xfondslede mag ook nie aptekers/drs buite hierdie “netwerk” besoek nie, as straf vir daardie drs/aptekers wat nie aan die “netwerk” wil behoort nie. Basies het X-fonds die mediese professie beroof om “beter voordele aan lede te gee”.

Die spesialiste, tandartse en oogkundiges het hierteen vasgeskop, en nie by die “netwerk” ingeskakel nie. Daarom dat mediese fondse vandag nog spesialiste as varke uitmaak omdat hulle 4-5x meer vra as “mediesefonds-tariewe”. Dis egter omgekeerd. Dis die mediese fonds wat 4-5x minder wil betaal vir die diens waarvoor die lid ten duurste mediese fonds gelde betaal, maar die fonds verwag dat die spesialis die pasient se uitgawe uit eie sak moet subsidieer, soos die fonds die dokters en aptekers gekry het om te doen. Dis waarom spesialiste nou, ten regte, hul eie netwerke stig, om hulself te beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.