‘Dít is hoekom Rohde se weergawe nie waar kan wees’

Susan Rohde. Foto: Facebook

“Sy [Susan Rohde] het nie net ʼn gesigsafdruk op die kussing agtergelaat terwyl sy versmoor is nie, sy het ook ʼn voetspoor gelaat van die gebeure wat tot haar dood gelei het.”

Só het regter Gayaat Salie-Hlophe Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê waar sy Jason Rohde skuldig bevind het aan die moord op sy vrou op 24 Julie 2016. Rohde is ook op aanklag van regsverydeling skuldig bevind.

Salie-Hlophe het in haar uitspraak deur die getuienis en bewyse gegaan wat tydens die verhoor aan die hof voorgehou is. Sy het onder meer verwys na die bevindinge van dr. Akmal Coetzee-Khan, ʼn forensiese patoloog van die staat, wat ʼn nadoodse ondersoek twee dae ná die moord gedoen het.

Salie-Hlophe het gesê Coetzee-Khan se bevindinge tydens die outopsie stem nie ooreen met Rohde se weergawe dat sy vrou selfmoord gepleeg het nie. Sy het onder meer verwys na ʼn kneusplek aan Susan se linkerooglid wat daarop dui dat sy met die vuis geslaan is deur iemand wat ʼn ring aangehad het.

Coetzee-Khan het ook bevind die horisontale merk aan Susan se nek het nie ooreengestem met die weergawe dat sy gehang het nie, aangesien só ʼn merk gewoonlik ʼn skuins opwaartse kurwe sou maak. Daar was ook geen aanduiding op die vel waar die knoop teen die vel sou gedruk het indien sy aan die koord gehang het nie.

Daar is ook 100 ml vars bloed in Susan se maag gevind. Volgens Coetzee-Khan het dit daarop gedui dat weens die beserings aan Susan se longe sy bloed opgehoes en gesluk het voor haar dood. Sy het ook kneusplekke aan haar liggaam gehad wat daarop dui dat sy oor ʼn growwe oppervlak gesleep is.

Frakture aan haar ribbes het daarop gedui dat daar gewelddadige druk op haar bolyf toegepas is, vermoedelik deur ʼn knie terwyl sy besig was om verwurg te word. Haar organe het aanduidings getoon dat sy dood is weens ʼn gebrek aan suurstof.

Oor ʼn patoloog, wat vir die verdediging getuig het, se getuienis dat Susan se beserings daarop dui dat sy selfmoord gepleeg het, het Salie-Hlophe verskeie aspekte uitgewys wat toon dat dié getuienis nie geloofwaardig of onpartydig is nie. Sy het gevolglik die getuienis verwerp.

Volgens die regter is dit duidelik dat Rohde die oggend van 24 Julie 2016 wakker geword het en dat Susan hom weer oor sy buite-egtelike verhouding gekonfronteer het – ʼn voortsetting van hul rusie wat reeds die vorige aand begin het. Rohde en Susan het in ʼn fisieke struweling betrokke geraak, hy het haar met die vuis geslaan, haar met sy hand gewurg en met ʼn kussing oor haar gesig versmoor. Hy het haar vasgedruk en in die proses van haar ribbes gebreek.

Jason Rohde tydens ‘n vorige geleentheid in die hof. Foto: Maroela Media

Hy het daarna haar liggaam oor die mat tot in die badkamer gesleep waar hy ʼn elektriese koord om haar nek gedraai het om dit te laat lyk asof sy selfmoord gepleeg het. “Die plan was byna voltooi. Hy moes nog net sy spore doodvee,” het Salie-Hlophe gesê. Rohde het daarna na Susan se selfoon gebel om die indruk te skep dat hy haar gesoek het. Om 08:22 het hy die ontvangs gebel en ʼn nutsman versoek om die badkamerdeur te kom oopmaak, omdat hy dit na bewering nie kon oopkry nie.

“Toe die beskuldigde die ontvangs bel, vra hy nie vir mediese hulp nie. Hy vra bloot vir ʼn nutsman. Hy gaan nie uit die kamer uit om hulp te soek nie. Hy klop nie by ander gaste aan om te kom help nie. Hy sit bloot in die kamer en wegkruip en wag vir die nutsman, ongeag hoe lank dit sou vat vir hom om te arriveer. Hy gaan ook nie na buite en kyk of hy deur ʼn venster toegang tot die badkamer kan kry of minstens net kan sien wat in die badkamer aangaan nie. Nooit in enige stadium versoek hy mediese bystand nie.”

Salie-Hlophe sê dit is dus duidelik dat Rohde nie ʼn oortuigende getuie was nie en dat sy weergawe van gebeure nie moontlik waar kan wees nie.

Die regter het Rohde se borgtog teruggetrek onmiddellik nadat die uitspraak gelewer is. Nadat die hof vlugtig verdaag het, het die verdediging ʼn aansoek gebring om te versoek dat Rohde wel op borgtog vrygelaat word hangende die uitslag van ʼn aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding. Die staat het die borgtogaansoek teengestaan.

Salie-Hlophe het beslis dit sal nie in belang van geregtigheid wees om borgtog aan Rohde toe te staan nie aangesien hy nou ʼn veroordeelde misdadiger is en vermoede van onskuld nie nou meer geld soos met sy eerste borgtogaansoek nie.

Die saak is uitgestel tot 21 November vir voorvonnisverrigtinge.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Anoniem ·

Hy het har sielkundig en fisies mishandel bly hy is skuldig

Penelope ·

Dis verskriklik wreed. Jy gaan moet verantwoording doen. Dit klink of die man gedink het dat sy geld hom gaan kan vrykoop. Ek is bly borg is geweier. RIV Susan.

legens ·

Kon die heer maar nie eerder intree en die liewe vrou se lewe red nie ?

Almagtigheid en Voorsienigheid ·

‘n Almagtige God wat alomteenwoordig is het besluit om ter wille van die lering van sondige mense, eerder nie toe te tree tot die redding van Susan nie. God Almagtig kon dit verhoed het! God was teenwoordig as alomteenwoordige. Die Alwyse Algoeie God werk op weë wat ons nie verstaan nie. God is Liefde! Bly glo!

E* ·

My hart gaan uit n die drie dogters wat nie net ‘n ma verloor het nie, maar vandag ook hulle pa en dit alles deur die verkeerde besluit wat geneem is deur hierdie man!
Sy lewe sowel die van sy kinders is onherroepbaar vernietig…

M ·

Mag die Here hul styf vashou en vertroos.
Verkeerde besluite – duur les.
Voor mens enigiets doen moet mens bid en vra WWJD, dit kan mens baie hartseer spaar in jou lewe.

LB S ·

DIT is die grootste tragedie in hierdie saak. Plaas dat Susan hom maar gelos het! En dit sulke pragtige dogters, ai, ai.

Tammy ·

Nou wat het van die selfversekerde uitdrukking op Jason Rhode se gesig geword? Hy het vandag maar pateties gelyk, so n kry my jammer gesig opgesit. Susan het alles behalwe n fantastiese lewe gehad. Daar was sprake van vorige verhoudings, en alles wat daarmee saamgaan. Ek is so dankbaar dat hy skuldig bevind is. Dankie aan al die ondersoekers wat n fantastiese werk gegoen het, julle het julleself ongelooflik goed van jul taak gekwyt. Baie geluk aan die regter met n oortuigende skuldigbevinding!!!!

Nettie ·

@Tammy – nou hoe sou jý gereageer het as jy pas aan moord en regsverydeling skuldig bevind is? Sou jy geglimlag en gedans het? Rhode het – ons almal het dit van die begin af sterk vermoed – sy vrou vermoor omdat sy knaend was, hy ‘n verhouding met ‘n ander vrou gehad het en hy uit die huwelik wou kom. Hy het gedink sy geld, statuur en gevolglike mag sou hom vryskeld. Gelukkig het die hof en die regter reg beslis.

Maar laat die persoon wat sonder sonde is, die eerste klip gooi ….. toe?

Drie pragtige dogters is nie alleen net van hulle ma beroof nie, maar moet ook nou daarmee saamleef dat hul pa ‘n moordenaar is en daarvoor in die tronk sit.

Ai ·

Nettie, regtig?! As hy nie boet vir wat hy gedoen het nie, dan kan al die moordenaars en kriminele mos aangaan met hulle lewe, sonder om te vrees vir vergelding? Hoekom word daar al hoe meer na die krimineel gekyk, maar nie na die arme slagoffers nie? Die vrou is dood en kan jy jou indink aan die vrees wat sy moes deurgaan?

Piet Pompies ·

Hoekom sal ‘n persoon sy huwelik en kinders opoffer vir ‘n buite egtelike verhouding. Daar is geen wenners in so ‘n situasie, ma is weg, pa gaan tronk toe en die rykom is verlore.
Uit vorige berigte rondom die saak het sy vrou hom verskeie kere uitgevang oor sy buite egtelike verhoudings en verskeie kere het sy hom vergewe, nog steeds gaan die man en doen dit weer en maak sy vrou daaroor dood. Lewenslange tronkstraf sonder parool vir hom.

DANKBAAR ·

Mag dit ‘n les wees vir ander getroude mans wat ook oor die draad loer……………!!!!

Gelowige ·

Die Here sal jou nie buite jou vermoeëns beproef nie…

Seeskulp ·

Sê maar net, so beweer jy dat sy n tuisteskepper was en soos jy sê “ledig” was en depressief, is genoeg rede vir hom om verhouding aan te knoop en haar op ou end te vermoor. Moenie die vrou steriotipeer nie asb. Niemand was regtig daar om te sien wat haar depressie veroorsaak het nie. Ledigheid veroorsaak nie depressie nie, mans wat nie tyd en aandag aan hul vroue en gesinne wil spandeer nie kan wel bydra om die siekte van depressie erger te maak.

Rerig nou ·

Jy moet jou kop laat lees. Ek kan nie glo wat ek lees nie. Niemand verdien om vermoor te word nie. Hoe rand enige man ‘n vrou aan?

Ryan ·

Ek sê altyd, mense ding ondenkbare dinge om hul hormone te bevredig. Hormone is die grootste oorsaak van probleme.

Liefdeloos ·

Almal het hormone, geen mens is ‘n slagoffer van sy/haar hormone nie. Die mens het ‘n bewussyn en ‘n gewete, en ‘n wil om versoeking teen te staan of daaraan toe te gee. ‘n Buite egtelike verhouding is ‘n wilsbesluit en dit is sonde, die essensie daarvan is egoïsme, selfsug en liefdeloosheid, daarom lei dit ook soms tot moord.

Mary ·

My hart bloei vir hulle 3 dogters wat so onnodig deur hierdie hel moes gaan. En dit alles nou terwyl sy tweeling dogters besig is met hul matriek eindeksamen…

Genieve ·

Hulle dink altyd hulle sal wegkom nou nog Henri Breda se saak

Cherokee ·

En ek wonder dikwels, indien hulle sou wegkom, hoe hulle van hulself kan wegkom. Is daar werklik mense wat absoluut geen gewete het nie? Hul gewete sal ‘n aanhoudende aanklaer wees indien hulle sou wegkom vanaf die reg.

SusterK ·

Dit is moontlik “to fall out of love” erens in die beloop van ‘n mens se lewe. Maar as een van die partye dan wel lief word vir iemand anders, hoekom die lewensmaat vermoor want wie kry die seerste? Die kinders? Skei net en gaan aan met die lewe want mens kan as jy moet en so het veral die kinders nie die diepe seer wat hierdie pragtige dogters moet he nie….hul ma is deur hul pa vermoor. Kan ook nie help om te wonder wat die minares nou dink nie? Wat het sy vir haarself te se? Amper was dit ek?

Santie ·

‘n Egskeiding is te duur. Alles wat oor die jare bymekaar gemaak is, moet met die vrou gedeel word. Maar ek dink hierdie moord het in ‘n oomblik van woede en waansin gebeur ……. klink nie of dit vooraf beplan was nie. Ek kry die kinders so vreeslik jammer. Eksamen en Kersfees sonder hul ouers.

mog-het-troffe ·

Behind every successful man is his woman. Behind the fall of a successful man is usually another woman.

Onica ·

Ek het op ‘n stadium geweldige kritiek gehad teenoor die regter, weens haar ‘arrogansie’, en onkonsewnensies…in My opinie…. maar vandag moet ek toegee, sy het regtig alles bymekaar gevri g om bydie waarheid uit te kom

Jaco ·

Die regter het van die begin af besluit hy is skuldig, hy het nie `n kans gehad op `n regverdige trail nie.

Twakkie ·

Rohde het net geen ordentlikheid of gewete nie. ‘n Rondloperman het altyd kamma “redes” waarom hy rondloop, maar dis nonsens. Hy wil net die sekuriteit van ‘n gesin EN die opwinding van affairs hê. Iemand wat net op iemand anders verlief raak, skei en almal gaan aan met hulle lewe. Maar so ‘n rondloperhond loop maar net rond oor dit is wat hy wil doen. En nou is hy ‘n moordenaar. Ek hoop hy sit lánk in die tronk en sy kinders draai hulle rug op hom. Vir altyd.

Geregtigheid ·

Geregtigheid het geseëvier! Susan Rohde het ‘n baie ongelukkige lewe saam met haar moordenaarman gehad. Haar kinders gaan nog jare nagmerries kry oor hulle pragtige ma wat ‘n afgryslike dood gesterf het. Verder wil ek net for jou “die ander vrou sê hoop jou skuldgevoelens ry jou bloods.

HK ·

Jolene, Jolene, Jolene….Dolly Parton liedjie. Baie jare gelede het my (x)verloofde my verkul met ń Jolene.
Jammer vir Susan se kinders. Die trauma van n ma verloor en pa wat bly lieg. Kan n jongmeisie ooit n normale lewe he na al hierdie?

Mariaan ·

Jammer vir n mooi ma…haar lewe is wreed geeindig….en haar dogters…wel …hulle moet mekaar ondersteun en sterk staan…mag hierdie man vir die res van sy lewe boet vir die gruwel dade…skaam jou ryk man…nou is jy BAIE arm….goeie werk van ons regstelsel

jakes ·

Spyt kom te laat en kom om jou seer te maak. Die liedjie se woorde is baie waar en Jason Rhode beleef dit vandag. Hy is ook nie meer jonk nie en sal meeste van sy oorblywende jare agter tralies wees. Die 3 kinders gaan dit die ergste voel en dit sal n blywende letsel op hul sige laat. Ons bid vir hulle.

Andre ·

Baie geluk aan die ondersoekspan van die SAPS met uiters goeie werk, en ook aan die regter wie ‘n baie goeie en korrekte uitspraak gelewer het. Rhode het enigiets probeer om los te kom en sy geld het goed gepraat, maar hom gelukkig nie gehelp nie. Neem aan hy is nou nie meer so selfversekerd nie. Ek glo hy sal nog enige halm verder gryp om uit hierdie dink te probeer kom, hy het mos geld en nou het hy “tyd” ook.

Adam ·

Interressant. Dieselfde regstelsel wat gewoonlik so verguis word op hierdie forum , word vandag aangeprys!!

Ja Adam ·

Ja Adam, die verskil met hierdie saak is die forensiese getuienis is ordentlik ingewin deur die ondersoekers, aangebied deur die aanklaer en verstaan deur die regter, dan kan mense maar die uitslag prys, anders as bv wat in die Oscar Pistorius saak gebeur het toe die regter nie die basiese beginsel van opset by moontlikheidsbewussyn en opset by noodwendigheidsbewussyn verstaan het nie. Law 101. Daar is ander soortgelyke sake wat goeie uitslae behaal het dink maar aan die seun by De Zalse wat sy ouers en broer vermoor het en die seun in die Noord Kaap wat dieselfde gedoen het (sy suster verkrag en vermoor het)

DIE WAARHEID ·

Hierdie man is skuldig bevind aan moord omdat hy sy vrou verneuk het. Die regter het alle argumente van die verdediging met minagting van die tafel gevee.

Nie net 'n egbreker nie ·

Waarskynlik omdat dit van die tafel afgevee moes word. Luister na die verkorte weergawe van die regter se uitspraak, sy was goed verniel voor sy dood is, die 100ml vars bloed in haar maag is getuie dat dit nie selfmoord was nie…. soms praat die dooies harder as die versinde stories van hulle moordenaars.

Werner ·

Hy het nie `n kans gestaan nie, daai regter het hom skuldig bevind voor die saak eers begin het.

AH ·

Aan diegene wat dink die regter was nie onpartydig nie wil ek net wat sou jy beslis het? Enigiemand wat na die getuienis en veral die forensiese uitslag dink dat Rohde onskuldig aan moord was, het beslis nie na al die getuienis geluister (of kan nie lees) nie! Hy verdien wat hy gaan kry! Geld is nie altyd die oplossing nie. Party regslui is nie te koop nie…..

Andries ·

Kan hulle nie maar Oscar se “my lady” vir dié regter stuur vir behoorlike opleiding nie.

Emil van Eeden ·

Skei eerder, trauma sou soveel minder gewees het vir al Susan se geliefdes. Dink ook Jason was buite homself van woede maar dit regverdig niks.
Elmi

PATERNOSTR ·

Een maal ‘n rondloper altyd ‘ n rondloper. Verbode vrugte is altyd lekkerder as jou eie boord se vrugte. Die verhouding sou in elk geval nooit herstel kon word nie. Hy kon van Susan geskei het en kon vir altyd aangegaan het met sy dwalinge. RIV Susan hy is die naam eggenoot nie werd nie..

Voormalige Rondloper ·

Paternoster, as iemand wat ook al rondgeloop het kan ek jou verseker dis nie so dat iemand wat ‘n fout gemaak het dit kan regstel nie. Hy of sy kan dalk en waarskynlik nooit die hartseer en gevolge van sy fout ongedaan maak nie maar hy of sy kan beslis keuses maak om nooit ooit weer in so ‘ n fout te maak nie. Moenie jou man ontsê van van een van die mees bevrydende optredes in die lewe nie: Om hom te vergewe. Om daardie hartseer en verlies wat hyself ervaar tov hom as man wat misluk het te laat verwerk. Jy mag dalk verras wees. Maar as jy daai koeie in die sloot as ammunisie en wapens wil behou maak jy ‘n groot fout. Dan sal jou man nooit ooit homself vergewe of kan voel dat jy hom vergewe en aanvaar as mens wat gegroei het in selfinsig nie. Iemand wat meer volwasse is. Meer verantwoordelik is. Iemand wat meer mens is. Kyk mooi na daai man van jou. As jy hom eerlik lief het. Dalk, net dalk, sien jy die vonkel in die oog wat hy vir jou het raak!

Meisiemens ·

Hierdie is ‘n storie oor ‘n perfekte gesin, welaf, aantreklike man, beeldskone vrou, 3 pragtige dogters.
Wie sou kon dink dat jou lewe so kan uitdraai. Beeldskone vrou oorlede, man is in die tronk, en 3 pragtige dogters om met die gemors saam te leef.
Hart verskeurend.

Frans C ·

Verstaan nie mooi waarom mense wil hê dat God in hierdie bose wêreld moet ingryp en mense van geweld red nie.In Genesis 3 word die “val van die mens beskryf’

“17Vir die man het Hy gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en van die verbode vrugte geëet het, sal die grond vervloek wees ter wille van jou: jy sal jou lewe lank bitter hard moet werk. Niks groei van nou af meer vanself uit die aarde nie. As jy iets wil oes, sal jy hard, baie hard, daarvoor moet werk.
18“En dan sal daar ook nog oral dorings en onkruid groei. Jy sal die plante van die veld moet eet. 19Met sweet en met harde werk sal jy ’n lewe uit die grond moet maak. So sal jy moet aanhou totdat jy dood is, totdat jy geword het soos die stof waaruit jy gemaak is. Onthou, jy is van stof gemaak en eendag sal jy ook maar weer net stof word.”

Ons is uit hierdie natuur en daarom onderworpe aan die wette van die natuur.
Net soos die natuur nie volmaak is nie is ons biologies nie volmaak nie maar veranderlik
en verganklik soos die natuur. Die natuur is gewelddadig,so is ons.

Dit is slegs deur die ingryping en werking van die Heilige Gees ,dat die werk van Jesus
Christus ons lewend maak en voorberei vir ‘n ewige lewe na ons verganklike lewe.

Oop oge ·

Inderdaad Frans !
Alvorens die mens nie gevul is met God se Gees nie (tot bekering gekom het nie), handel en wandel hy of sy soos `n dier – volgens sy natuurlike instinkte.
In sonde is ons almal ontvang en gebore. Sonder die aanvaarding van Christus se verlossingswerk (om tot bekering te kom en Goddelik te leef) SAL jy in sonde bly en jou werke aan almal demonstreer. `n Boom word geken aan sy vrugte en die SKRIF alleen is die maatstok van die saad se herkoms.

Andre ·

Gelukkig word n saak in n hof beslis en nie agv kommentaar nie.

Magďel ·

. Ek glo nie hy is skuldig aan moord nie. Veelwywery ja maar nie moord nie. Glo hyt n goeie kans op appel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.