Dít is nodig om Zuma verantwoordbaar te hou

Pres. Jacob Zuma en Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering (Februarie 2015). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy teleurstelling uitgespreek “dat ANC-parlementslede nie vandag die geleentheid aangegryp het om van ’n korrupte pres. Jacob Zuma ontslae te raak nie,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum gesê.

Kriel meen dit beklemtoon die feit dat Zuma ten spyte van korrupsie oorleef en dat ’n sterk burgerlike samelewing nodig is om die president en regering verantwoordbaar te hou.

“Vandag se stemming dien as verdere motivering vir AfriForum om volstoom voort te gaan om korrupte amptenare deur middel van private vervolging, onder leiding van adv. Gerrie Nel, tot verantwoording te roep,” het Kriel gesê.

Intussen het die sakeregtewaghond AfriSake laat hoor hy sal nie op hervormings in die ANC staatmaak nie, maar eerder onverpoosd voortgaan om ’n selfstandige sake- en burgerlike gemeenskap te bevorder.

“Die feit van die saak is dat die ANC onwillig is om te hervorm en, selfs al sou die mosie slaag, verbind bly tot beleid wat lynreg teen vryemarkbeginsels ingaan. Daarom versoek ons die publiek om toenemend by georganiseerde gemeenskappe en organisasies soos AfriSake betrokke te raak. Georganiseerde gemeenskappe, organisasies en die geskiedenis het al telkemale bewys dat die antwoorde vir ’n veilige toekoms nie noodwendig in die staat lê nie, maar by mense wat onafhanklik van staatsinstellings beheer oor hul eie toekoms uitoefen. Ons neem kennis van die regering se besluite, maar oefen beheer uit oor dít wat binne ons beheer is en bou aan ’n veilige toekoms vir almal,” het Charles Castle, bestuurder van die arbeidsreg-advieseenheid by AfriSake gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Edward Shawe ·

Daar moet aanspraak gemaak word vir n refferendum landwyd. Ek het net geweet van die staanspoor af dat hierdie geheime stemming nie gaan werk nie. Daar was intimidasie bettrokke onder die ANC lede. Want indien Zuma uitgestem was sou n hele paar ANC lede saam met hom geval het.

JWM ·

Ja, Edward. Plus hervorming van die kiesstelsel sodat die regte persone die leiersposisies beklee.

Marita Scholtz ·

ek stem vir n refferendum waar alle Suid Afrikaners in opstand teen JZ kom.

Alida ·

Begin dan asb met die vervolging. Daar is sekerlik al genoeg bewyse of hoe?

andrea van vuren ·

Dit pla my ook dat die JZ nooit vervolg word nie ten spye van al sy kriminele wandade. Maar wanneer een wit mens net een woord verkeerd spreek dan word sy met R100000 beboet! Ek het gehoop die wiel begin draai maar glo my, ek het heeltemal moed opgegee.

Eish ·

Dit is verblydend dat daar nou lank genoeg gewag is vir n inploffing van die ANC, want dit gaan nie gebeur nie. Baie welkome geluide van die Burgerregte organisasies. Ek dink ons almal gaan moed skep en die hand dieper in die sak steek na die eerste suksesvolle privaatvervolging.

jaco ·

mark my words: as die ANC n verkiesing verloor sal hulle 1 dag na die uitslag bloot die uitslag nietig verklaar en met die weermag en polisie, waar hulle kaders reeds in beheer is, SA oorvat en aanhou regeer. redes daarvoor sal wees dat “anti-rewolusionêre magte wat deur wit monopolie kapitaal beheer word, gekeer is om die land terug te vat na apartheid”

Ronell ·

Refferendum? Wie gaan dit goedkeur of daartoe instem? Verseker nie JZ of die anc beheerde parlement nie. Maar ja, sou n refferendum toegestaan word, sal dit uit baie oorde verwelkom word

Johannes Meintjes ·

In die teenwoordigheid van ‘n regeringsstelsel in die vervallende Nuwe SA, wat skynbaar maar in plek gehou word ten groterwordende skade vir die land en sy burgers, en tot skande vir ons nut in die Afrika en die internasionale gemeenskap, is alternatiewe strukture, selfbestuur en selfbeskikking na mening die dringende en noodgedwonge roete. Selfs met ‘n “beter” SP is die algemene bevoegtheid vir effektiewe en volhoubare regering eenvoudig sedert 1994 totaal afwesig. Daadwerklike ekonomiese herlewing moet met sorgvuldige struktueering en internasionale vennootskappe baie spoedig gevestig word ten bate van alle burgers van SA!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.