Dít is SA se twee gesogste strate

Hierdie huis in Nettletonweg 1 in Clifton is te koop vir R55 miljoen en spog met vier slaapkamers, ʼn wynkelder, sauna, studeerkamer, swembad en ʼn uitstekende see-uitsig. Foto: www.seeff.com (web ref. 390005)

Die Seeff-eiendomsgroep het Vrydag gesê daar is verskeie aspekte wat die aanvraag en prys van luukse Suid-Afrikaanse eiendomme beïnvloed, maar daar is twee strate wat met die louere wegstap as dié met die gesogste eiendomme in die land.

Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff-eiendomsgroep, het gesê dié gesogste strate in Suid-Afrika is Nettletonweg in Clifton, Kaapstad, en Coronationweg in Sandhurst, Johannesburg. Volgens Seeff wissel die pryse van eiendomme in hierdie twee strate egter aansienlik.

“In Sandhurst, wat aangrensend is tot die Sandton-sakesentrum, kan herehuise van tussen 1 000 m² tot 1 400 m² gesien word, met sommige erwe wat tot so groot as 8 000 m² is, waarvan die pryse wissel tussen R20 miljoen tot R100 miljoen,” het hy gesê.

In Clifton is aansienlik kleiner erwe en huise beskikbaar, maar teen ʼn opmerklik hoër prysetiket van tussen R30 miljoen tot R300 miljoen – of selfs meer. “Twee van die beste huise in Nettletonweg word tans deur Cohen bemark. Dit is Nettletonweg 5 wat vir R150 miljoen verkoop word en Nettletonweg 1 wat op die mark is vir R55 miljoen.”

Lynn Pinn, agent vir Seeff, het gesê wanneer daar na die algehele eiendomsranglys gekyk word, is die drie duurste strate in die land almal in Clifton, naamlik Nettletonweg, Cliftonweg en Kloofweg. Ander duur strate sluit in Alexandralaan en Fresnayelaan in Fresnaye, waar Cohen onlangs huise vir onderskeidelik R72 miljoen en R75 miljoen verkoop het. Dockweg by die V&A Waterfront, asook Kusweg in Mouillepunt kan ook by die lys gevoeg word van die strate waarin die duurste eiendomme gevestig is, het Pinn gesê.

ʼn 1300 m² paleisagtige Toskaanse villa in Constantia in Kaapstad kom met 9900 m² se pragtige tuine, ʼn groot swembad, vyf luukse slaapkamers en ʼn groot leefarea teen R65 miljoen. Foto: www.seeff.com (web ref. 436794)

Buiten Sandhurst is die duurste strate in Johannesburg geleë in Hyde Park en Bryanston, waar jy enigiets tussen R20 miljoen en R100 miljoen vir ʼn huis kan betaal.

Seeff het gesê vir ernstige eiendomskopers is geen prys te hoog vir die regte adres nie, of dit nou in Kaapstad of in Sandton is. “Dit is egter nie nodig om miljoene uit te haal om ʼn goeie adres te kry nie. R1 miljoen kan net so goed werk. Die basiese beginsels van die koop van eiendom bly dieselfde of jy vir R1 miljoen of vir R100 miljoen koop. Jy moet seker maak dat jy in die beste ligging wat jy kan bekostig koop, en jou huiswerk doen oor die gebied en die pryse van die gebied, veral as jy ʼn eerstehuis-koper is.”

Hy het gesê die beste adresse is dikwels eiendomme wat deurlopend vir die hoogste waarde verkoop word en daarom is dit goed om na die verkooprekords van die gebied oor ʼn lang tydperk te kyk. “Kopers moet ook versigtig wees wanneer hulle oor aanbouings of opgraderings aan hul bestaande eiendom besluit. Net omdat die huis soos ʼn Clifton-huis lyk, beteken dit nie dit sal dieselfde prys behaal nie.”

Volgens Seeff is die tien woonbuurte waarin dit die beste is om eiendom te besit as volg:

  1. Clifton, Kaapstad
  2. Sandhurst, Johannesburg
  3. Fresnaye, Kaapstad
  4. Bantrybaai, Kaapstad
  5. V&A Waterfront, Kaapstad
  6. Mouillepunt, Kaapstad
  7. Bishopscourt, Kaapstad
  8. Constantia, Kaapstad
  9. Hyde Park, Johannesburg
  10. Bryanston, Johannesburg

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pastoor ·

Wat van die mense van manziville. Die superryk mense kan mos bietjie help

Mariné Lourens ·

Dagsê Haan

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is ‘gesogste’ wel korrek.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Johann Marx ·

Kaapstad het 7 uit die 10 gekry………maar gelukkig kan ons hier bo rugby speel..hehehehe

Ander Annie ·

Daai mees gesogste gaan soms gepaard met erge maandelikse hoofpyn.

andrea van vuren ·

Nee wat, voeg net Gupta by jou van en die deur swaai vir jou oop. Die staat betaal dan jou hoofpyn pille!

Pastoor ·

Om n paleis te koop van vR 70 miljodh. Koop jy dit seker kontant. Wat verdien hulle dan

Pastoor ·

Om n paleis te koop van vR 70 miljodh. Koop jy dit seker kontant. Wat verdien hulle dan

Eish ·

Dink hul koop dit as bate vir besigheid of so iets. Wanneer jy vemoënd is gaan daar n wonderwêreld van finansiële tegnieke vir jou oop.

Eish ·

Wonder waar het ek langs die pad verlore geraak? Sulke pryse vir wonings bestaan die eens in my woordeskat nie.

Alida ·

Die Guptas en Zuma het daai soort geld en hulle het nie daarvoor gewerk nie glo my.

Johann Marx ·

Pastoor….net EEN klein staatskontrakkie of tendertjie, en jy kan TWEE van hierdie kontant koop….

Pastoor ·

Dit is so. Meeste van hierdie superrykes het some where a kick back gekry

Pastoor ·

Ek sien Grace het vir haar n plekkie innSandurst gekry vir R 45 mil plus n RRoyce

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.