Dit is wat DStv jou vanjaar sal kos

DStv (Foto: Verskaf)

DStv het prysverhogings vir seker pakkette aangekondig vir 2020, terwyl ander pakkette se pryse dieselfde as verlede jaar bly.

DStv Premium en Compact Plus sal albei gebruikers R10 meer kos as verlede jaar, terwyl daar geen verhoging op die Compact-pakket is nie.

Die aangepaste tariewe sal van 1 April toegepas word.

“Ons wil aanhou om DStv bekostigbaar vir so veel as moontlik Suid-Afrikaners te maak,” sê Mark Rayner, uitvoerende hoof van MultiChoice Suid-Afrika.

DStv het verlede jaar gespog met gewilde programme soos die finale seisoen van Game of Thrones, Suid-Afrika se eerste seisoen van The Bachelor en die televisiereeks Trackers, ʼn verwerking van een van die gewilde skrywer Deon Meyer se boeke.

Sportaanhangers het ook voor die kassie vasgenael gebly vir die Tokio Olimpiese Spele, die ICC Wêreldbeker-kriekettoernooi en die Wêreldbeker-rugbytoernooi, waar die Bokke die beker gewen het.

So lyk DStv se pryse vir 2020: 

 

Pakket2019-pryse2020-pryse
DStv PremiumR809R819
DStv Compact PlusR519R529
DStv CompactR399R399
DStv FamilyR265R279
DStv AccessR105R110
DStv EasyViewR29R29

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jaco ·

Nou amper 2 jaar sonder DSTV, eerste maand was erg nou weet ek nie van dit. Daar is so baie
Inhoud op ander platforms, DSTV is maar n druppel van wat daar buite is, en nie eens n goeie druppel.

Toy ·

Het DSTV gekanselleer, hopeloos te duur en teveel programme word herhaal jaar na jaar.

Eragrostis ·

Dis dieselfde maatskappy wat sy borg onttrek het van die Gumas musiek-toekennings omdat Steve Hofmeyr se musiek en bydrae tot Afrikaans daar vereer word. Dit na aanleiding daarvan dat Steve in 2014 net sy etlike mening getwiet het dat die ANC eintlik apartheid bedryf, maar dit net nie apartheid noem nie. En Steve was reg, kyk na kwotas, SEB, regstellende aksie, universiteitstoelating op grond van ras, grondonteiening sonder vergoeding ens. As ek my nie misgis nie het Multichoice boonop ń gala-aand van die EFF sowat twee jaar gelede geborg vir R1 miljoen. Dis dubbele standaarde, en hulle wys net vir die blankes, veral Afrikaanssprekendes, wat hulle van ons dink. Steeds het Multichoice nie sy standpunt daaroor verander nie. Ek betaal hulle nie vir daardie houding nie.

lollapot ·

Ek het ‘n gesin, ons praat met mekaar en deel wat die dag gebeur het! ons eet saam aan tafel, en almal sit tot die laaste bord leeg is. Dit kos my nie ‘n plaas se geld nie en dit maak ons harte vol. . . propvol LIEFDE!

Nette ·

Met al die loadshedding kan mens tog in elk geval nie televisie kyk nie…

charmaine ·

Nog nooit gehad nie, hoor net by ander gebruikers dis duur en oor en oor kyk hulle dieselfde goed.
NETFLIX of lees is goedkoper.

Genis ·

Nou wonder ek net Serfaas, met al die jare se herhalings, hoekom herhaal nie dieslefde fooi elke jaar nie… dis mos hoe mens appels met appels vergelyk?

Natasja ·

Juis waarom ons DSTV gekanseleer het, dit is net te duur vir wat jy kry, ons spaar inteendeel nou maandeliks met ons uncaped internet en Netflix

Wielspore ·

Ek sukkel van 2018 af om Xtraview te laat werk, dit kos my al ‘n arm en ‘n been om die installasie te laat nagaan, herstel en vervang en hy werk nog steeds nie. Kliente diens sentrum is swak swak swak… personeel onbevoeg en swak opgelei.
Ek is reg om DSTV te groet, my vrou sluk swaar aan die idee, met ‘n Smart TV en uncapped ADSL is daar beter programme wat jy self kan kies, om na te kyk.
Na my mening is dit die begin van die einde vir DSTV, sy monopolie droog uit en hy verloor intekenaars.

Nefie ·

My premie voor verhoging R0, na verhoging R0.
Sien myself nie hulle selektiewe sensorskap ondersteun nie.

Paul ·

Ons gesin het DSTV ook al n jaar terug gekaseleer, het n openview dekordeerder aangeskaf en Netflix en ander streaming platforms begin gebruik en is ook glad nie spyt nie. Ons kon nie meer kans sien om so duur te betaal feitlik net om sport te kan sien nie.

Magda ·

Nou amper 1 jaar sonder DSTV – en wat was dit nou weer – O JA – NET REPEATS OP REPEATS -MIS DIT NIE EERS NIE.

Leon ·

Het Open View HD gekoop en nog nooit weer teruggekyk nie. Kos my niks per maand. Moet ongelukkig nog die bankrot korrupte regering TV lisensie betaal.

johan ·

Dankie tog ek en my gesin het hierdie verslawing gelos. Meer as 8 jaar van bevryding.

Hendre ·

Is ek verkeerd of moet die Tokio olimpiese spele nog plaasvind middel 2020? Die artikel noem dis reeds verby?

Edward ·

Dstv is baie duur vir wat dit aanbied. Verbruikers betaal baie om Kyknet en rugby te kyk, Kyknet is nie meer wat dit was nie, as gevolg van regstellende aksies. Rugby is net op wanneer dit rugby seisoen is terwyl sokker 365 dae op 7 kanale uitgesaai word, selfs ‘n sokker wedstryd tussen Pienaar en Matsulu. Flieks is ten volle onderhewig aan regstellende aksie. Elke fliek het ten minste een anderskleurige akteur naas die wit hoof karakter, as it nie ‘n ten volle anderskleurige fliek is nie. Big Mammas House het tegelykertyd op 3 kanale vertoon en wat ‘n lam karakter is sy/hy nie. Vier flieks waarin Cuba Gooding speel word tegelykertyd op 4 kanale vertoon. En wees verseker as jy ‘n Big Mammas House fan is, kan jy op feitlik enige dag na die program kyk en een van sy/haar flieks te sien kry, oor en oor.

Bosuil ·

Sodra ‘n mens totsiens sê vir DSTV begin ‘n mens gou besef hoe ‘n groot mors van tyd televisie werklik is. Meeste programme is vol propaganda.

isabelle ·

ek is n Mal oor Carte blanch DIT IS N FANTASTIESE program….Via se kos programme op dstv is ook oulik…en dan kyk ek af en toe die misdaad programme MAAR Catch up is daar niks wat uit staan om te volg en dis duur Ek begin dink aan netflix maar onseker hoe dit werk………..en box office is elke keer nog paar rand in hul sak steek (is n duur storie)vir iemand wat niks meer as 4ure weekliks voor tv spandeer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.