Dít is wat SA’ners tydens Zuma se staatsrede wil hoor

Van die voorstelle wat pres. Jacob Zuma op Twitter gekry het.

Van die voorstelle wat pres. Jacob Zuma op Twitter gekry het.

Die presidensie het die publiek genooi om op sosiale media voorstelle te stuur oor dit wat hulle graag in die staatsrede wil hoor.

Dit blyk dat die meeste Suid-Afrikaners wil hê dat president Jacob Zuma tydens die staatsrede moet bedank.

Ook op Maroela Media se Facebook-blad was dit wat meeste lesers van die staatsrede verwag. “Ons wil hoor wanneer hy en sy kabinet bedank,” het Anton Weber geskryf. “Ek sou graag wou hoor dat die president bedank en dat hy die R254 miljoen dadelik gaan terugbetaal,” het Adriaan Theron gesê.

Op ʼn peiling op Maroela Media se webtuiste het 50% van respondente gesê hulle gaan nie eers die staatsrede luister nie terwyl 38% gesê het die president sal hom tog nie daaraan steur nie. Slegs 9% het gesê die president moet weet wat die mense wil hoor terwyl 4% gesê het hulle het nie eers geweet hulle kan voorstelle vir die president stuur nie.

Op die presidensie se Twitter-profiel het mense ook onder meer gevra dat die gebruik van dagga gewettig word. Mario Oriani-Ambrosini, die IVP-LP wat verlede jaar sy stryd teen kanker verloor het, het destyds probeer steun werf vir alternatiewe kankerbehandelings, waaronder die medisinale gebruik van dagga.

Op die presidensie se Facebook-blad het meer as 1 200 mense voorstelle op die blad gemaak. Ook hier het die meerderheid van mense gevra dat Zuma moet bedank en hy die geld moet terugbetaal wat nie vir veiligheidsopgraderings by sy Nkandla-woning gebruik is nie.

Sommige Facebook-gebruikers het besluit om sommer Zuma se toespraak namens hom te skryf. “Hiermee gee ek kennis van my bedanking en versoek Suid-Afrikaners om my te vergewe vir my dade. Ek stel voor dat e-tol geskrap word en dat veiligheid vir alle Suid-Afrikaners opgeskerp word. Verder wil ek almal bedank omdat hulle my daarvan bewus gemaak het dat my leierskap hierdie wonderlike land verdeel het,” het Motlatsi Mfanakithi geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Schalk ·

Wat maak dit saak wat die ou in sy staatsrede se? Wat ons wil hoor en wat hy gaan doen verskil hemelsbreed. Laat hy maar sy kiesers bulls#it.

Willem ·

Vir die eerste keer in my lewe gaan ek kyk, maar net aan die begin om te sien wat Julius en sy bende gaan doen.

Geen mens mag dit mis nie.

Dalk stel Julius ons teleur. Dalk laat hulle hom nie daar toe nie.

Wat ons verseker weet, iets broei.

Ek hoop van harte die opposisie maak soos Herman ‘n tyd gelede beduie het en dit is om met hul rue na Zuma te staan as hy die staatsrede risiteer.

John Vorster ·

Bedanking, opgevolg volgens wat die Grondwet verwag – geen afwyking van die Wet, NIE anc Wette nie!

ladybug ·

Al wat ek van hom wil hoor is wanneer hy en sy korrupte kabinet die parlement permanent gaan verlaat! Verder stel ek GEENSINS belang in enige van die leuens wat hy gaan opdis nie.

Eish! ·

o ehhhhhh wanneer gaan dit gebeur. Ek wil net betyds weet sodat ek my TV kan afsit asb.

nico ·

Hierdie staatsrede gaan die beste stuk op TV wees vir n lang tyd….gaan dit nie mis vir die wereld nie. Malema wat strip en DA wat skree samet EFF Pay back the money!!!! Groot sports!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.