‘Dit lyk soos Nampo-kongres’ ná plaasaanval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Man is Saterdagaand in sy huis op ʼn plaas buite Brits in Noordwes aangeval.

Marius de Villiers (51) was op pad bed toe, toe die aanval omstreeks 21:30 op ʼn plaas aan die Sonop-pad plaasgevind het. De Villiers se vrou was in die slaapkamer.

“Dit was daardie laaste roetine waardeur ʼn mens gaan voordat jy gaan slaap. Ek was besig om die honde uit te sit vir die nag en gou klaar te rook. Net toe ek gaan sit om die televisie af te skakel toe kom hierdie twee ouens in,” het de Villiers verduidelik.

“Albei was gewapen met skroewedraaiers. Ons worshond het verskriklik begin blaf en toe begin die ander twee ook. Dit het my daardie breukdeel van ʼn sekonde gegee om te reageer. Ek het die een in die maag geskop en hy het toe gevlug, ek kon toe die ander een in die hande kry en op die boeremanier leer jy kan ook pakslae kry,” het de Villiers gesê. Die tweede aanvaller het toe ook gevlug.

De Villiers is tydens die struweling in sy linkerarm naby sy elmboog en in sy kop gesteek met die skroewedraaier.

“Ek het toe dadelik die eienaar van die plaas waar ons huur gekontak en dit was nie vyf minute nie toe is hier seker 12 bakkies, dit het omtrent soos die Nampo-kongres hier gelyk,” het de Villiers gesê. Hy is daarna na die Brits Mediclinic geneem vir behandeling en is dieselfde aand weer huis toe.

De Villiers het gesê hy vermoed die aanvallers was ʼn hele ruk lank op die plaas om hulle dop te hou. “Daar was ʼn gat onder die elektriese heining deur gegrawe en my seun se visvangkissie het ons aan die ander kant van die draad gekry,” het de Villiers gesê. Hul seun was Saterdagaand tydens die aanval nie tuis nie.

“Ons hele roetine het nou verander, ons sluit heeltyd die hekke, maak seker ons is ʼn hele groep wanneer ons uitbeweeg ensovoorts. Ek en my vrou gaan sien ook vandag ʼn berader,” het de Villiers bygevoeg.

Volgens De Villiers is ʼn saak van poging tot moord en roof aanhangig gemaak. Die polisiewoordvoerder kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Kas ·

Om honde uit te vat en om buite te rook is twee van die grootste swakhede wat aanvallers kan gebruik.

Lise ·

Ek sal maar elke keer my selfde kommentaar herhaal: Volgens die Suid-Afrikaanse Grondwet het ek die reg om te beweeg wanneer ek wil, waar ek wil en soos ek wil. Ek as Suid-Afrikaanse burger se reg word nie beskerm nie. Die krimineel se regte word beskerm.

Vic ·

Ja Lise, jy het. Nie seker hoe dit jou gaan help as jy dood is nie, maar staan op jou regte.

Jean ·

Dan se die slimmes BEVEILIG julleself, hierdie swerkaters grawe gate ONDERDEUR die elektriese heinings .. hulle het met ‘n vorige aanval die SEKURITEITSBEAMPTES vasgemaak en aangehou en die man voor sy vrou doodgeskiet. Daar is GROTER en MEER hulp nodig as net diefwering en ‘n sekuriteitswag, hierdie mense kom in groepe. So bly Mnr de Villiers het nie met sy lewe geboet nie, jammer vir die beserings, hoop jy sal gou herstel. Ek is net baie dankbaar dat jou HONDE jou gewaarsku het, ek hoop hulle is ongedeerd om hulle hulle eienaar weer te kan waarsku as dit moet .. Gee hulle elkeen sommer ‘n ekstra treat vandag. Hou dalk ook jou honde in die kombuis of nader aan jou dat hulle jou betyds kan waarsku, hulle kan vergiftig word as hulle buite slaap. Dankie vir die ander boere wat hom ondersteun het .. dit is ‘n riem onder die hart. Ondersteun en help mekaar .. elkeen op sy eie gaan nie teenstand aan hierdie misdadigers kan bied nie.

MS ·

En hierdie mense het maar die deur vir hulle oopgelos dat hulle net kan in stap!!!

Marous ·

Wat se verwagtings oor sekuriteit is daar nog? Dat ek myself en my familie moet begrawe elke aand …op ‘n ander plek? Die probleem is nie die mense in hul huise nie , dit is die kondonasie en aansporing van misdaad deur die regering . Punt

Rudu ·

Jip. Polisie moet honde gebruik om hul op te spoor en tronk toe te stuur. Hul is amper altyd op voet. Maar hul gee nie om.

Cherokee ·

Francis, sekuriteit hoef hulle nie uit te hou nie. Sekuriteit moet jou egter vroeg genoeg waarsku sodat jy jou skietgoed kan reg kry en hulle inwag. En as jy nie skietgoed het in hierdie vreeslike land nie moet jy met jouself vergadering hou en die nodige vrae vra en dit dan antwoord.

Johann Marx ·

As my Jack Russel “verskriklik begin blaf” aktiveer sy ‘n Rodesiese Rifrug en ‘n Boerboel…..ek het nog niemand onwelkom in my sitkamer aangetref nie. Ek sê maar net…

Lekker man ·

Lekker lag ek nou, klink so bekend… Selfde met my worsie en boerboel

lize ·

My mak kolgans wat buite my kamervenster slaap aktiveer die jack russel wat weer die groter honde aktiveer.. dis die beste waghond wat ek nog ooit teegekom het. En sy skree nie vir ander diere buite die erf nie. Net vteemde diere wat op my binne erf kom of enige vreemde mens (of werkers wat nie in die nag daar hoort) wat op die plaas gesien word

Rina Kotze ·

Ek hoop die swerkater onthou die pak slae op die Boeremanier!

So trots op jou en dankbaar dat julle gespaar is.

Gaan vir die berading, dis nie ‘n skande nie, dis NOODSAAKLIK om julle weerbaar te maak om ander vorentoe te kan bystaan.

Sterkte en mag die Heer julle nog verder bewaar.

Danie Zietsman ·

My Rottweilers het ook al verskeie kere onwelkome snuffellaars Hussain B se rekord laat breek.
Doen net iets asb, selfs pepperspry kan jou red en van n taser moet ek nog uitvind.
Sterkte

nompie ·

daankbaar vir die vinnige hulp!!!! so staan ons bymekaar!!! hoop julle hou nie opsoek na hulle nie!! hou julle self behoorlik veilig!!!

Great nuus ·

Great nuus en well done Marius de Villiers. Aan Kas, ai jong dit is eintlik sy reg, maar ek verstaan wat jy bedoel, ek stem op ‘n manier saam. Johann, ek stem 100% saam – ons het ook ‘n Rhodesies rifrug op die plaas gehad, wow mooi, wakker en groot gevaar vir ‘n onwelkome gas. Daai hond hardloop bo oor enige draad en daai krimineel sal nie kan voorbly nie. Bly egter maar met jou vuurwapen ook gereed, indien hul dalk jou honde skiet…… So hartseer dat ons hier moet sit en mekaar motiveer en inlig oor wat die beste sekuriteit kan wees. Ons is veronderstel om plaas braaie en kuiers te sit en beplan.

Willem ·

Pragtig, Mnr. De Villiers! Trots op jou dat jy vinnig opgetree het en die inbreker bietjie van sy eie medisyne kon toedien! AL die mense van SA is letterlik g@tvol vir die gemors…al hoe meer mense raak nou BEWUS daarvan om nie terug te staan en toe te laat dat hul menswees aangestas word nie.

katryn ·

ek kry hartkloppings van angs as dit lees, en dan ‘n glimlag as ek luister hoe die man vertel hoe hy die skelms oorrompel. Mooi man. Dankbaar julle het niks verder oorgekom nie. Baie sterkte vir die volgende paar jaar (want dit vat lank om oor die vrees te kom, 5 jaar later en ek waag nou eers weer my voete in my tuin…). Kry ekstra beveiliging, dit gaan weer gebeur, jammer, maar ek glo so.

Siestog ·

Pragtig mnr de Villiers. Wees waaksaam, hulle kom dalk terug. Bly jy het nie statistiek geword nie.

Japie van Staden ·

Dankie tog julle is veilig! Hoop jy hestel gou van die beserings! Ai ouens, ons sal iets moet begin doen. Dit kan nie so aangaan nie. Dis of die Satan tussen ons losgelaat is.

TM ·

Ek hoop nie hulle kom terug vir wraak nie. Ek is bly hulle het bietjie hulle moses teë gekom maar dit dien ook as motivering vir hulle om sterker terug te kom. Sterkte

Dellaq ·

Baie bly om te hoor dat julle “goed” daarvan afgekom het. So iets ruk ‘n mens. Net jammer jy het hulle “net ‘n pak” gegee. Sterkte vir julle en almal daarbuite wat op plase bly

charlene ·

Ek will eintlik net huil oor die berig, sit kla hier en snik, snik. ek is so dankbaar ons kan vir eens `n berig lees waar `n boer die aanslag oorleef het. Waar hulle, hulle moses tee gekom het. Dis goed om te lees. Ons moet ons-self beskerm – niemand anders gaan, en dis nie meer van gee vir hulle wat hulle soek en dan los hulle jou! Oooh nee, hulle het met wapens ingekom, en as dit nou`n skroewdraaier was of iets ander, hulle was gewapen en jou en jou vrou leed aan te doen. Jy is jou vrou se held, nou nog meer as ooit. en so dankbaar jou seun was nie tuis nie. God sal julle nog meer beskerm, en julle dra en julle help om hierdeur te kom. Ons boere manne moet begin opstaan!!!

Rynhardt ·

Boere , julle moet seker maak dat jou huis goed beveilig is, jy en lede van jou gesin moet ten alle tye gewapen wees.Die oomblik wat jy ontspan, is wanneer die moordenaars toeslaan! Boere, julle moet nou begin besef dat hulle jou gaan teiken! SA is n moordparadys!Jy moet veiligheidsmaatreels in plek he ten alle tye!

Jo ·

Lank gelede was die straate stil na sononder. Geen sluipers het kom aas nie

lw ·

N jammerte dat daardie goeie dae verby is. Toe het mense nog respek gehad vir die regering en polisie en weermag.
Dankie Here hulle is veilig!!

Cherokee ·

Jo, stel jy voor ons moet weer ‘n aandklok reël instel?

Danie ·

Kom nou Maroela en sê in jul opskrif van die berig dat die aanvallers SWART was en ondersteuners van ons geagte staatspresident al weet almal reeds wie die kriminele verteenwoordig.

T ·

Mooi so! Ek glo nie hulle sal sommer terug kom nie. Ons moet paraat bly!

Annemarie ·

Gebruik julle wapens…..moenie dit in die kluis hou nie…..al julle plaasmense moet nou ekstra versigtig wees.

Irene ·

Verander jou roetine elke aand sodat die vuilgoed nooit weet wanneer iemand binne of buite is nie. Hou jou honde in die huis. Hou al die vensters en deure toe en gesluit, Hulle pomp gas in die huis om die mense en diere aan die slaap te sit en dan breek hulle in. Makliker om slaapende mense en diere te vermoor.

w ·

Boer se lewe beteken nux vi govt. Waar aanvalle op buitelanders plaasvind prioriseer die polisie dai gebiede. Skande man. Ons soek elk geval nie kriminele van buurlande hier nie. Pos hul trug ma oeps amper vergeet ek. In di struggle tyd het hul mos die ANC gehuisves

jaco ·

my kommentaar is nie geplaas nie. ek was seker te uitgesproke. Maar kan iemand my asseblief inlig: as ‘n boer uit selfverdediging ‘n indringer in sy huis doodskiet en hy meld dit dan aan by die Polisie:
1. word hy noodwendig van moord aangekla of nie?
2. hoe ver loop die saak as daar bewys kan word dit was selfverdediging?
3. watter “regte” het die beskuldigde boer in so ‘n saak?
4. as die regstelsel baie bevooroordeeld teen die beskuldigde is, watter straf sal hy kry? Tronkstraf, boete?

marous ·

Jaco , verseker gaan hulle toesluit vir moord al het hulle nie ‘n duit getuienis nie. Dan word die wapen vir maande weggeneem vir toetse wat nie eers betwis word nie??? Net nog ‘n manier om te ontwapen. Dan word daar niks gese as daar later ‘n onskuldig bevinding is nie. Die korrekte prosedure is on ‘n geregtelike doodsondersoek te open en dan moet die hof besluit of daar moontlik ‘n oorskryding van die perke was. In meeste van die gevalle is dit slegs die persoon wat die sneller trek se weergawe , en hoef daar niks teen jouself bewys te word nie. Die blote feit dat iemand dood is , is vir die polisie voldoende om jou deur onregmatige arrestasie te vernietig. Diegene wat nie saamsttem nie , kan maar gerus gaan navraag doen by die wat deurgeloop het .

JP ·

Gooie nuus, so moeg om te hoer dat ons mense dood gevind is. Goed gedaan Oom.

Daan ·

Cherokee,hulle vertel jou om jou pistool of pepersproei altyd aan jou te dra.Nee,hulle help jou om die trauma te verwerk.Mense,ons is in ‘n oorlog,geestelik en fisies.Ons moet daagliks die geestelike wapenrusting aantrek.Efes 6 v ers 11.Dan ons fisiese wapens.

Cherokee ·

Dankie Daan, dit was ‘n vraag uit blote nuuskierigheid. Seker ‘n soort van sielkundige sessie.

humor ·

Dit is regtig n swak verskoning om te se sekiriteit help nie en is nutteloos, Stem saam dat dit soms nie slaag nie maar wat van daardie oomblik as dit wel jou lewe red. Moet asb nie mense op so n manier ontmoedig paraatheid op te skerp nie.

J ·

Ek bly in Pta het self deur geloop 2 x in my huis betoof terwyl ons geslaap het. Gelukkig is ons nie aangeraak nie. Maar leeg gedra toe ons wakker geword het. Ons het die toutjies gekry wat gebruik was om goed te brand sodat ons nie moes wakker word nie. Dieweering afgesny en gat gemaak in venster om by hand vatsel uit te kom en so ingekom. SAP vra waar is jou honde ons het geen diere gehad nie. Nou vir my 2 skoot hondjies aangeskaf wat by my op die bef slaap. Sekuriteit ingesit met kammeras buite om my huis en binne in my huis met n skerm waarop ek dag en nag kan sien wat aangaan rondom my. Ek het ook die app op my selfoon gelaai kan van enige plek in die land op my kameras ingaan en sien wat in my huis aangaan as ons nie daar is nie.

Anita ·

kan jy vir my daai app stuur asb ,sal dit waardeer …dankie. “CRIME” gaan nie ophou in die land nie want die staat baat daar deur en maak miljoene .

Catryn ·

Aanvalle gaan nie ophou, agente is regdeur die land, hulle hou nie net blanke boere dop nie, maar selfs stedelinge word aangeval, verkrag, oë uitgesteek. Al hoe ons gaan wen is om nader aan mekaar te gaan, ons eie gebied te kry, maak ‘n voorbeeld soos al die ander etniese groepe in die land, hulle het hul eie gebiede al sedert 1854, onder Britse Bewind en Shepstone beleid. Ons het almal ‘n internasionale reg tot soewereine gebied. Darem het die boer en sy vrou nie baie fisiese wonde gekry nie, maar emosioneel wel. Sterkte , wees paraat en kry maar ekstra beveiliging in jou huis as dit donker is of selfs in die dag. Hulle hou mens dop, selfs informante wat vir jou werk, wees maar versigtig vir eie werkers ook

Anette Botha ·

Ek voel soos ‘n gevangene in my eie huis. Kan nie eers in die tuin gaan sit met my koppie tee nie. Soos hulle sê die kriminele is vry en beweeg vrylik rond en ons sit met al ons sekuriteit en deure gesluit binne. Ek voel jammer vir my kleinkinders dat hulle in so ‘n land moet grootword. ?

John ·

Menseregte is die grootste euwel van ons tyd. Al die’ mense glo hul barbaarse optrede is ‘n reg en alles wat ander besit behoort aan hulle. Skaars 200 jaar gelede het van die’ mense mensvleis geeet. Miskien moet ons ophou op ‘n sekere manier na dinge in ons land te kyk. Hoeveel berigte oor dooie (en) dapper boers moet ons nog lees? Trump kan ons nie help nie. Hy sit met dieselfde dilemma so ook die ‘queen’ en kyk hoe reageer hulle; mure, weermag, kampe. Ons boere is onder beleg. Kibboetse soos by die Jode en Duitsers, is beter. Breek huise af, bou bymekaar en boer na buite. Dooie boere se lee huise en plase is die vyand se ideaal.

Coloured Plaasklong ·

Ini weskaap gebeur baie min van die tipe van dinge en ek blaam die POLITIEK af en klaar….

Jan maak n plan ·

Daar is selgs een oplossing. BEVEG VUUR MET VUUR.

Christa vermaak ·

My erf in die stad was eens n gewilde deurgang en my kar radio is 4 maal gesteel. Ek was moeg daarvan en het stukke glas so langs my heining gegooi. Sommer grotes. En my sekretaresse Queenie van daardie tyd stel toe voor ek plant palisades met 7 speke onderstebo n half meter van my heining af weg. Nadat ek hul swart geverf het wat nie maklik te sien is in die donker. Het liewer toe 7 voet hoe palisade heining omgesit. Jy kan in maar ek hoop vir jou part jy kan binne 2 minute uit. Want ek sal my perseel verdedig. Dit is dalk n oplossing vir ons boere.

Kay ·

ek is bly julle is nou veilig wees versigtig hulle gaan weer probeer .. pas mekaar op en hou die honde binne … en moenie enige iemand sommer vertrou op jou grond nie … Die hoera’s vir jou mnr

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.