Dít moet jy weet ná Ramaphosa se toespraak

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap Donderdagaand tot brandpunt verklaar.

Strenger maatreëls sal tot verdere kennisgewing in dié metro geld terwyl die land se ramptoestand met nóg ʼn maand tot 15 Januarie 2021 verleng is.

Vlak 1 van die afsonderingstydperk geld steeds vir die hele Suid-Afrika.

Die volgende strenger maatreëls sal egter bykomend tot die bestaande vlak 1-regulasies vanaf middernag in die Nelson Mandelabaai-metro geld:

  • Die aandklokreël geld vanaf 22:00 saans tot 04:00 soggens.
  • Die verkoop van alkohol sal slegs vanaf Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00 toegelaat word.
  • Geen alkohol mag in openbare plekke soos strande en parke gedrink word nie.
  • Binnenshuise sosiale byeenkomste, waaronder kerkbyeenkomste, word beperk tot 100 mense terwyl byeenkomste in die buitelug tot 250 mense beperk word. Geen lokaal mag 50% van sy kapasiteit oorskry nie.
  • Geen byeenkomste ná begrafnisse sal toegelaat word nie.

Ramaphosa het gesê die strenger maatreëls is nie bedoel om die inwoners van die metro te straf nie, maar eerder om die verspreiding van Covid-19 te beperk en lewens te red.

Só lyk stand van sake in SA  

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 800 872 mense in Suid-Afrika het reeds die koronavirus in Suid-Afrika opgedoen sedert dié virus in Maart in die land uitgebreek het. Sowat 92% van die pasiënte het egter reeds van die virus herstel.

Die land se dodetal staan tans op 21 803.

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika kon daarin slaag om die infeksiekoers sedert middel Augustus vir byna 100 dae stabiel te hou. Minder as 2 000 nuwe gevalle is gedurende dié tydperk daagliks aangemeld. Dit het egter die afgelope drie weke verander.

Suid-Afrika het Woensdag meer as 4 400 nuwe gevalle aangeteken. Dit is die grootste daaglikse toename in gevalle sedert middel Augustus, het die president daarop gewys.

Die meeste gevalle word in dié stadium in Nelson Mandelabaai en die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap asook die Tuinroete in die Wes-Kaap aangemeld. Hospitaalopnames is boonop hiér aan die toeneem en in sommige gevalle vergelykbaar met dié tydens die eerste vlaag van infeksies.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sal dus binnekort die Sarah Baartman-distrik en die Tuinroete besoek waarna die nasionale koronavirusbevelsraad op grond van die minister se beoordeling besluite rakende dié gebiede sal neem.

Ramaphosa het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om gedurende die feestyd slegs indien nodig te reis en sosiale byeenkomste sover moontlik te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Boer ·

Ek se WGO moes al in getree toe daar n uitbreek in China gebeur het, maar China het seker geld betaal aan die hoe koppe. As hulle teen China in Desember 2019 opgetree het was die wereld nie in so n gemors nie. Ook nou is ons in tronk vas gedruk n mens mag net mooi niks doen nie. Dan ook met die inperkings moet ons maar oor die feestyd by die huis bly terwyl CR en ANC mense lekker met vliegtuie rond vlieg en in Desember kan vakansie hou saam met duisende mense.
Sterkte PE ek hoop julle kom oor die perke.

Jaco ·

Al die ekstra inperkings op ‘n metro waar die ANC reeds in beheer is. So die ANC perk die ANC in. Vreemd. Geen ekstra inperkings vir die Wes-Kaap nie, terwyl “die rassistiese DA” nogal daar regeer. Dié stilswye oor die Wes-Kaap moet ‘n stilte voor die storm wees – ‘n storm waarin die Wes-Kaap genadeloos onderdruk gaan word.

JohanR ·

Jaco……hier in die Wes-Kaap het ons die ANC gehad en hulle was vrot verby! Het jy gesien hoeveel skoon oudits die DA elke jaar het teenoor die ANC? Dankie maar ek bly maar by die “rassistiese DA” want hier in die Wes-Kaap werk alles en almal, en ons bly LEKKER by die see! Want eintlik nou moet gebeur is dat tot en wyl die Oos-Kaap redelik veilig en skoon is van Covid-19, dat die grense tussen die Wes-Kaap en Oos-Kaap gesluit word.

Cherokee ·

JohanF, jy laat my skaterlag. Jy staan tussen ‘n groep wat teen mekaar praat en absoluut met mekaar verskil, en jy ‘stem 100% saam’.
Waarskynlik stem jy met Jaco saam. Hy klink te DA’erig om mee saam te stem.

Spiggie ·

Wel een goeie ding wat hieruit gekom het vir my persoonlik is dat nie een van my gesinslede die jaar eers ‘n ou verkouetjie gehad het nie. Ek dink maskers en sanitasie moet elk winter ingestel word.

Henro ·

Ek het al die afgelope 5-6 jaar nou nie ‘n verkouetjie gehad nie. Maar ek leef en eet gesond. O ja en kry genoeg oefening.. Dalk moet jy en gesin dit ook probeeer, doen wondere. Ek wil nie my lewe lank maskers dra en die koolstofdioksied wat jou liggaam nie meer soek nie, weer moet insamen nie.

Jaco ·

Dis nie my benaming vir die DA nie. Dit kom van die ANC af. Hulle gebruik dit al jare lank teen die DA. Alle ander politieke partye is mos sleg volgens die ANC.

Retha ·

Dat Nie een in jou gesin griep gekry het nie, is deur di Genade van Bo. Cyril ook gisteraand gesê dat die wat nog gesond is, die reëls nakom, maar ek bid elke dag die Vader se genade oor my en my familie.

piper ·

daar kan dalk nou n probleem ontstaan dat ons; peepol; van port elizabeth na naburige pleke kan gaan om daar te kan kuier en sodoende kan die covid 19 virus uitkring. taxis is vol , toe vensters en geen maskers nie. toue van our peepol by die poskantoor, binnelanse sake, banke se atm,s ens. en nie almal met maskers nie.

Casper ·

Martie Smartie,gee vir my feitlike bewyse dat die corona virus nie bestaan en bewys vir my dat die statistieke verkeerdelik aan die publiek deurgegee word.En nee ek glo nie ons het die afgelope 20 jaar die pandemie ervaar nie.Met ander woorde die mense wat die virus opgedoen het en aan ventilators gekoppel word sit aan,is dit wat jy sê.As die regering lieg oor die statitieke gee vir my die regte statistieke.Ek het nooit gesé daar is nie korrupsie en bedrog gepleeg deur politici nie.

Sanet ·

Ai, baie van ons mense doen baie goed onder n kommunistise regering.

Misky ·

Ek was nog altyd onder die indruk dat jy nooit in openbare plekke of strand mag drink nie. En nou hoor ek eers dis verbode in Nelson Mandela Baai….. kan jy nou meer

Peter Pan ·

Covid 19 is al lankal verby.. hulle doen dit om ons te straf en om geld te maak hier uit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.