Dít moet jy weet oor nuwe ministers

Pres. Jacob Zuma het Vrydag in die vroeë oggendure ʼn kabinetskommeling aangekondig ná ʼn onverwagse vergadering laataand met die ANC se top-ses leiers in Pretoria. Verskeie ministers en adjunkministers is na ander portefeuljes geskuif, terwyl sommige hul poste kwyt is.

Malusi Gigaba, minister van finansies. (Maart 2017) (Foto: GCIS)

Malusi Gigaba

Malusi Gigaba, voormalige minister van binnelandse sake, is as die nuwe minister van finansies aangestel. Hy vervang vir Pravin Gordhan wat sedert Desember 2015 weer in die pos van minister van finansies was. Verskeie politieke kenners meen Gigaba het groot skoene om te vul en sal nie uit alle oorde in sy nuwe pos verwelkom word nie.

Gigaba was voorheen die adjunk-minister van binnelandse sake voordat hy in Oktober 2010 as minister van openbare ondernemings aangestel is. Hy is in Mei 2014 as minister van binnelandse sake aangestel. Gigaba word as een van Zuma se bondgenote gesien en het hom al verskeie kere in die openbaar verdedig.

Prof. André Duvenhage, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, het Gigaba as ʼn “interessante keuse” beskryf. Hy sê hy vermoed Gigaba se aanstelling was moontlik die uiteinde van ʼn kompromie tussen die ANC-leiers om weg te stuur van die moontlikheid om die voormalige Eskom-hoof, Brian Molefe, in dié posisie aan te stel.

“Gigaba het tot dusver ʼn goeie reputasie en is een van die beter ministers in die parlement. Hy het binnelandse sake sover gekry om te werk, maar of hy die finansiële kennis het om die finansiesportefeulje te hanteer, dit sal ons eers moet sien,” het Duvenhage gesê.

Hlengiwe Mkhize. Foto: http://www.gov.za

Hlengiwe Mkhize

Hlengiwe Mkhize neem by Gigaba as minister van binnelandse sake oor. Mkhize was sedert Mei 2014 die adjunkminister van telekommunikasie en posdiens en is sedert 2009 ʼn lid van die parlement. Sy is ook die tesourier-generaal van die ANC-vroueliga en dien sedert 2008 op die vroueliga se uitvoerende komitee. Stella Ndabeni-Abrahams sal by Mkhize as adjunkminister van telekommunikasie en posdiens oorneem.

Duvenhage meen Mkhize is steeds ʼn relatief onbekende persoon sonder ʼn bewese prestasierekord. “Ons weet nog bitter min van Mkhize, wat vir my ʼn aanduiding is dat Zuma nou in die moeilikheid is met betrekking tot [die beskikbaarheid van] ouer gevestigde mense wat in sleutelposisies aangestel kan word. Ervaring word nou vervang met jeug,” het hy gesê.

Fikile Mbalula (Foto: Solidariteit)

Fikile Mbalula

Fikile Mbalula, voormalige minister van sport, is as die nuwe minister van polisie aangestel. Mbalula het voorheen as die adjunkminister van polisie gedien voordat hy in 2010 na die sportportefeulje oorgeskuif is. Mbalula is ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en voormalige president van die ANC-jeugliga. Hy was ook nog altyd ʼn lojale ondersteuner van Zuma.

Mbalula het tydens sy termyn as minister van sport wyd kritiek ontlok vir sy klem op transformasie en transformasieteikens in sport. Hy is ook einde verlede jaar skerp gekritiseer nadat die beloofde geldbonusse van Olimpiese medaljewenners nie betyds aan hulle uitbetaal is nie. Vroeër vandeesmaand was Mbalula se departement weer in die spervuur nadat daar aangekondig is dat Durban nie meer die gasheer vir die Statebondspele in 2022 sal wees nie. Suid-Afrika het R118 miljoen hierdeur verloor.

Thulasi Nxesi. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Thulas Nxesi

Thulas Nxesi, voormalige minister van openbare werke, is aangestel om Mbalula as minister van sport te vervang. Nxesi het ook in die verlede gedien as adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Nxesi is in 2012 ʼn visum deur Israel geweier.

Nathi Nhleko. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko

Nathi Nhleko is aangestel as minister van openbare werke nadat hy sedert Mei 2014 as minister van polisie gedien het. Hy het voorheen as voorsitter van die portefeuljekomitee van staatsdiens en administrasie gedien en was ook voorheen hoofsweep van die ANC en voorsitter van die ANC-koukus.

Nhleko het vroeër vandeesmaand geappelleer teen die hooggeregshof in Pretoria se besluit dat sy aanstelling van lt.genl. Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, ter syde gestel moet word. Nhleko het Ntlemeza aangestel ten spyte daarvan dat regter Elias Matojane in Februarie 2015 bevind het Ntlemeza was “bevooroordeeld en oneerlik” en het nie oor “integriteit en eerbaarheid” beskik nie.

Nhleko is einde verlede jaar deur die DA by die parlement se etiekkomitee verkla nadat Sondagkoerante berig het Nhleko se departement het meer as R30 miljoen betaal vir ʼn veldtog wat Nhleko se vriendin se nieregeringsorganisasie vir die departement behartig het. Daar is na bewering geen tenders vir die projek aangevra nie.

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi

Faith Muthambi, voorheen minister van kommunikasie, is as minister van staatsdiens en administrasie aangestel. Muthambi is verlede jaar hewig deur opposisiepartye gekritiseer vir haar rol in die verskeie omstrede gebeure by die SAUK.

Ayanda Dlodlo. Foto: http://www.gov.za

Ayanda Dlodlo

Ayanda Dlodlo vervang Muthambi as minister van kommunikasie. Dlodlo was voorheen die adjunkminister van staatsdiens en administrasie. Sy is ook ʼn lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en het van 2009 tot 2010 as Zuma se adviseur gedien.

Duvenhage het Vrydag opgemerk dat ʼn duidelike aspek in die nuwe aanstellings is dat getroue Zuma-lojaliste aangestel is om sleutelportefeuljes te behartig. “Een ding is seker, as Cyril Ramaphosa [adjunkpresident] nie nou opstaan en leierskap toon nie, weet ek nie of hy as presidentskandidaat suksesvol gaan wees om stemme uit die anti-Zuma-groep te kry nie,” het Duvenhage gesê.

Mmamoloko “Nkhensani” Kubayi. Foto: Twitter

Mmamoloko “Nkhensani” Kubayi

Mmamoloko Kubayi vervang Tina Joemat-Pettersson as minister van energie. Volgens berigte is Joemat-Pettersson, wat altyd as een van Zuma se vertrouelinge gesien is, vermoedelik die trekpas gegee omdat sy gesloer het om ʼn kernkragooreenkoms te verseker. Kubayi se aanstelling kan moontlik beteken dat die regering se kernkragplanne nou bespoedig sal word.

Joe Maswanganyi

Joe Maswanganyi, ʼn LP en voormalige LUR vir sport, kuns en kultuur in Limpopo, vervang Dipuo Peters as minister van vervoer.

Tokozile Xasa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Tokozile Xasa

Tokozile Xasa vervang Derek Hanekom as minister van toerisme. Xasa was voorheen die adjunkminister van toerisme. Sy was van 2005 tot 2009 ʼn lid van die provinsiale uitvoerende raad vir maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap.

Hanekom het kort ná die aankondiging van die kabinetskommeling gesê hy het geen redes ontvang waarom hy afgedank is nie en het deur die mediaverklaring wat uitgereik is van die kabinetskommeling bewus geword. “Ek is diep besorg oor wat gebeur,” het Hanekom getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hester Naude ·

Net hy sal alleen weet. Waar daar n rokie trek met n vuurtjie brand. Die Here moet ons net genadig wees. Ons moet sonder ophou bid. Die Here sy en die Parlementlede se oe open en die waarheid sal seevier

Alicia ·

Watch this space. Die Here gaan nou intree, ver bo wat enige mens sien of dink

Hendrik van George ·

Sal nie my hoop op gebed plaas nie – kyk waar sit ons na 25 jaar van bid…

Ange ·

Nee Hendrik, dis gebede van ongelowige louwarm “Christene” wat soos n poep in n windstorm is. Die fout le by ons.

Jessie ·

Alicia alhoewel ek ook ‘n Christen en gelowige is, kyk ek ongelukkig na die geskiedenis van Afrika en daardie mense het ook gehoop en gebid en weer gebid, en wat het oral gebeur? In Zim was ‘n goeie voorbeeld, godvresende mense wat verjaag en vermoor en aangerand en verwilder is. Wat het van hulle almal geword? Van hulle is terug Brittanje toe, ander het SA toe gevlug. Ek glo in die KRAG van gebed, maar gebed alleen doen nie die ding nie, ons het ook verstand en onderhandelingsvermoe gekry, ons het die vermoe gekry om saam te werk, die vermoe om ons harte te verander, om nuwe planne te maak, nuwe leiers te kies …

André ·

Hendrik, God se tyd is anders as die mens se tyd. Ons verstaan nie altyd hoekom nie, maar sal eendag. Ons moet God vertrou!

Hahahehehiehie tjietjie ·

Hehehe goeie een, ja nee dit gaan ‘n grap wees, gelukkig het hy dan nou min werk, dit is mos al so. Die paar harde werkers wat nog daar is, sal gehouw ord, iemand sal di ewerk moet doen.

Klomp Narre ·

Fikile, gaan eers seker maak die kwotas is reg onder die polisie en die blouligte dat daar genoeg uitgestuur word om te roof/vermoor! Onthou hulle het n target per maand wat behaal moet word. Mense beveilig julle self is al!!!

Die RES is gaan kyk hoeveel hulle kan slaap sodra die eerste Parliament vergadering is…WHATCH net…bietjie slaap bietjie sluimer! SA word onder jou uitgesteel!

Kan nie verstaan hoe kon hulle vir Mbeki uit die stoel gelig het, maar niemand lig ZUMA uit???? Hy het sy onderdane nou mooi gekies!! Hier kom nog n diktator soos Zim!!!

Hoe se hulle as hul sit slaap hulle, loop hulle steel hulle…le hulle teel hulle……….groot GRAP Zuma, jokers!!!! Solank jy geen skool opleiding het, in die tronk sit en verkrag, steel, lieg mag jy die President word!
So lag die buitelandse mense hulle vrek vir die groot sirkus in die Parliament van SA!!!!!!!

Hahahehehiehie tjietjie ·

Ja nee Klomp Narre, ek wonder darem ook, Mbeki op sy slegste is nie so sleg soos die Nr 1 Zuma nie!

Peach ·

Whahaha en daar gaat ou Derek Hanekom ook. Sien g@tkruip bring jou net sover. Zuma het julle almal gebruik om te kom waar hy is en nou skuif hy julle een vir een uit. Sy idee wat nog nooit JULLE idee nie. Julle almal is gebruik en soos ‘n uitgekoude chappie uitgespoeg. Hy omring hom nou met vriende en ondersteuners wat hom nie sal teegaan as hy swak besluite neem of verder aangaan met korrupsie nie. Kyk hoe magteloos staan die magtige DA, die magtige Vryheidsvegters, die magtige EFF nou teen EEN man … lafaards …

Leonie ·

Jammer Hendrik van George, maar gebed en geloof het ons damme en riviere vol gemaak.

My tweesent bydrae ·

Faith Muthambi moet die 1 . 2 miljoen staatsamptenare in Suid Afrika tevrede hou . Alle voorspoed .

Arsène Lupin ·

Wonder nou net waste salarisse is hulle aangebied . . .

KP ·

Pieter ek stem 100% saam. Bid moet ons bid maar dit alleen gaan niks help nie.

Luistermaarnet ·

Gigaba is in Gupta se sak.
Hy was di een wat geweier het dat die nuwe hanger geopen word wat n Port of Entry in SA sal dien vir uitgesoekte gaste.
Die hanger sal voorkom dat die Guptas weer op Waterkloof land en sal alles vergemaklik vir die soort VIP wat vlieg.
Die Guptas het hiervan tehore gekom en wil die hanger vir eiegebruik inpalm.
Daar is nog steeds onderhsndlinge.

anneli ·

ja nee nou gaan die sports begin in polisie, met fikile aan bewind.

johannagoosen ·

Fikile het altyd gese moer hulle nou sal hy seker se Skiet hulle

Johann ·

Hul lyk vir my so baie na, hul lyk vir my so baie… hê hê hê hê

Amanda ·

Dit voel of Suid Afrika vandag begrawe word. Nog nooit so negatief oor ons land gevoel nie.

Karin Allen ·

Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en saai verwarring, haat, liefdeloosheid en geweld. Henk van George as jy nog hier is om deel te neem aan gesprekke, dan gaan jy sien wat jou 25 jaar van gebede gehelp het.

Ons moet net nie moed opgee nie, die God wat ons aanbid is GROTER as enige iets wat die duiwel beplan. Die Isrealliete is oorgegee aan ballingskap en nog steeds het GOD hulle bevry.

Al die dinge wat met ons gebeur is oor ons eie ongeloof en omdat ons aanvaar en deelneem aan alles wat die duiwel na ons kant toe stuur. Sondag se rusdag is nou ons besigste dag van die week, Geloftedag het plek gemaak vir ander vakansiedae, ens.

Ek wil nie oordeel nie, want al hierdie dinge rondom my neem ek ook aan deel en sonder om enige iets daaromtrent te doen.

Verseker weet ek die God wat ek aanbid sal ons red en almal rondom ons sal weet Hy is in beheer.

Karin Allen ·

Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu en saai verwarring, haat, liefdeloosheid en geweld. Hendrik van George as jy nog hier is om deel te neem aan gesprekke, dan gaan jy sien wat jou 25 jaar van gebede gehelp het.
Ons moet net nie moed opgee nie, die God wat ons aanbid is GROTER as enige iets wat die duiwel beplan. Die Isrealliete is oorgegee aan ballingskap en nog steeds het GOD hulle bevry.
Al die dinge wat met ons gebeur is oor ons eie ongeloof en omdat ons aanvaar en deelneem aan alles wat die duiwel na ons kant toe stuur. Sondag se rusdag is nou ons besigste dag van die week, Geloftedag het plek gemaak vir ander vakansiedae, ens.
Ek wil nie oordeel nie, want al hierdie dinge rondom my neem ek ook aan deel en sonder om enige iets daaromtrent te doen.
Verseker weet ek die God wat ek aanbid sal ons red en almal rondom ons sal weet Hy is in beheer.

Ou oom abraham ·

Dis net die begin van die groot gemors wat nog kom.Waarom dink julle word soveel wapens by plaasaanvalle gebuit? Die faksies gaan eers aanmekaar spring en daarna is dit ons beurt. Ons sal reg wees.Kry julle goedjies in orde.Hierdie is maar net die begin.

Adeline ·

Die verskrikte uutdrukking op ‘gigabyte’ se gesig sê alles?

L J ·

Dit wil vir my voorkom dat ministers wat hul werk doen gepos word ,en die wat strooi aanvang bly. Mnr Zuma kan jy dit vir ons verduidelik (asseblief). Wat n voorbeeld stel jy vir die land. O !!! Ek het vergeet dit gaan net oor jouself en de dinges met die land en sy mense. Selfs die eed wat u afgele het met u aanstelling as president van die land gaan blykbaar u nie aan nie.

John ·

Godsdienstige oortuiging cum ideologie gaan meer en meer die botoon in SA voer. Die Bybel se duidelik dat daar van ons sal wees wat vir ons geloof sal moet sterf. Die Bybel smeek ons om ons geloof te behou, want anders is ons bestaan op aarde tevergeefs. Die Franse Hugenote is deur die Katolieke gejag weens hul anti-Katolieke sieninge. Baie nasate bly nou hier waar barbarisme en ander vreemde gode deesdae die botoon voer. Ons moet ons geloof nie afle nie. Interessant dat Frankryk nou baie ateisties het en oorspoel is met Moslems. Die ou kerke is lewelose museums. En by ons: Baie Christen-kerke hier het ook al verander in banke, winkels of murasies. Hoeveel Christelike-murg se durf het ons nog in ons pype?

Neil ·

Is daar iemand wat al die mense se kwalifikasies kan bekend stel? Dink dit kan nogal interesante Lees stof wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.