Dit ‘reën’ paddas in die Overberg

Talle platannas het in swembaddens beland. (Foto: Overberg-munisipaliteit/Facebook)

“Dit reën nie katte en honde nie, dit reën platannas!”

Só het die Overberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap Donderdagoggend geskerts nadat duisende platannas feitlik oornag hul verskyning in Onrus en Vermont gemaak het.

Die paddas migreer vermoedelik vanuit die Vermont-soutpan in ʼn suidoostelike rigting na die Onrusrivier en het in die proses in inwoners se swembaddens en tuine beland.

Talle vrywilligers het vanoggend ingespring en sowat 1 000 platannas reeds teen 10:30 bymekaargemaak en op die oewer van die Onrusrivier vrygelaat.

Sheraine van Wyk van die Whale Coast Conservation het bevestig dat dié paddaspesie wel platannas is aangesien die agterpote ten volle geweb en die voorpote klein is. “Hulle is amfibies en moet in water bly.”

Inwoners word aangeraai om die platannas in groot emmers vol water te hou totdat hulle in die rivier vrygelaat kan word.

Die munisipaliteit het vroeër vandag op Facebook gesê die emmers moet verkieslik diep met hoë kante wees sodat die paddas nie kan uitkruip wanneer vrywilligers hulle vervoer na waar hulle eindelik vrygelaat sal word nie.

Inwoners word versoek om die Overstrand-munisipaliteit se omgewingsbestuursafdeling by 028 316 3724 óf 028 313 561 te bel indien hulle hulp benodig om platannas uit hul tuin of swembad te verwyder. Inwoners is ook welkom om die afdeling se kantore op die hoek van Molteno- en Viljoenstraat in Onrus te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter du plessis ·

Kan iemand asb vir my so honderd in n visdam bêre, uitstekende Baber aas????????????????????????????

Tanniepetoors ·

Seker minder lawaaierig as ons Gautengse brulpaddas wat so lief is vir ons swembaddens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.