Dit sal Malema laat emigreer

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

As die regbank ooit gepolitiseer word trek die EFF-leier Julius Malema reguit Mosambiek toe.

“Hoofregter Mogoeng Mogoeng en die regters van hierdie land dra Suid-Afrika se toekoms op hul skouers. Alte dikwels staan net die regbank tussen Suid-Afrika en mislukking – met die huidige toestand van die kabinet en die parlement is die regsprekende gesag eintlik die enigste wat funksioneer. As die howe gepolitiseer word, is dit verby met ons land,” het Malema vanmiddag gewaarsku.

Op ligter trant het hy bygevoeg: “Dan trek ek Mosambiek toe.”

Malema het ook tydens die mediakonferensie by die EFF se nasionale kongres, bekend as die volksvergadering, wat by Nasrec suid van Johannesburg plaasvind, ontken dat hy ʼn diktator is. Hy is daaroor met vrae gepeper deur joernaliste wat meen hy is besig om van die EFF ʼn blote afkaatsing van homself te maak, soos – so beweer sy kritici – hy gedoen het met die studente-organisasie Cosas en die ANC se jeugliga toe hy daar die leier was.

“My leierskapsposisies is dikwels in die verlede demokraties uitgedaag, en ek het daardie verkiesings telkens gewen. Die geheim van my sukses – hoekom ek telkens onbestrede herkies word – is doodgewoon omdat ek baie, baie hard werk.

“Ek weet ek kom van niks af nie. Toe ek klein was, het ek in my ouma se agtertuin gebly saam met my ma, ʼn epileptiese enkelouer wat as huisbediende gewerk het.

“Ek het myself van niks af opgebou, sonder hulp, danksy my vermoë om die politiek te peil (nie op die lae vlak van die spul narre wat hul politieke gevegte op Twitter voer nie), my vermoë om mense op grondvlak te mobiliseer en die feit dat ek harder werk as enige ander politikus in hierdie land,” het Malema aangevoer.

“Ek is al soveel keer afgeskryf; aan politieke doodsberigte oor my is daar geen gebrek nie. Dis soos hierdie VBS-ding – julle word deur jul verbeeldings mislei omdat julle so hard wens dit was waar,” het hy gesê.

Die EFF se topses-leierskap. Foto: EFF/Twitter

En dis ʼn geval van vandag Suid-Afrika, môre die wêreld as Malema sy sin kon kry, want die EFF wil nie net die regerende party in Suid-Afrika word nie. Die party wil die septer swaai in ʼn toekomstige Verenigde State van Afrika. Daarom is daar nou al EFF’s in verskeie Afrikastate, met die EFF Namibië wat onlangs sy eerste twee setels in die Namibiese parlement ingepalm het.

Hoewel die EFF meen pres. Cyril Ramaphosa misluk as president, het Malema gesê die party beplan nie om binnekort ʼn mosie van wantroue in die staatshoof by die parlement in te dien nie.

Hy het wel belowe 2020 gaan ʼn jaar van aksie uit die linkerspektrum van die politiek wees. “Ons gaan met vennote soos die vakbonde Numsa en Amcu saamwerk. Eskom sal nie verkoop word solank ons hier is nie. Ons nooi almal wat omgee oor die werkersklas om by ons protes aan te sluit,” het hy as duidelike flikker na Cosatu en die Magashule-groep in die ANC gesê.

Die eerste krake van ontevredenheid en aggressiewe verdeeldheid op die kongres het ook Sondag voorgekom. Die voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee, het geweier om sy nominasie as lid van die sentrale bevelspan van die EFF (soortgelyk aan die ANC se nasionale uitvoerende komitee of die DA se federale raad) te aanvaar, en in die vroeë oggendure het vier vroulike EFF-afgevaardigdes in die hospitaal beland nadat ʼn EFF-veiligheidswag traangas teen hulle gebruik het. Die veiligheidswag is summier afgedank.

Die EFF-kongres eindig vandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan ·

Ek dink nie enige land wil Malema hê nie. Geen land is só stupid nie…

Diertjie ·

Ag trek asb ek Sal jou trek betaal solank my net voetsek!!

JohanR ·

Kan ons ooit enigsins hulp om jou gouer te hulp, om te emigreer? Ons kan almal saam loop soos Gandhi toe hy see toe is met die Sout Mars. Daar by Beit Brug of enige grenspos wat jy kies, kan ons almal groot trane huil, en jou afskeid waai. Dit sal makliker vir ons almal wees as jy liewer daar by See Punt in die see in loop, en die land verlaat. Dan kan ons na die naaste kroeg toe aftree, en lekker gesuip raak! Kan ek Fireman’s Arms voorstel? Dit het onlangs amper afgebrand, maar die kos en drank is nog volop, en die kroeg kat lewe nog…..blykbaar net soe bietjie geskrooi!

HV ·

Nie Mosambiek nie, stuur hom asb saam met Elon Musk se ekspedisie mars toe.

John ·

… kom hy nie dalk van Mosambiek nie? Hoekom nie nie na Zimbabwe vlug nie? Want dit is hoe dit hier gaan lyk met hom aan die stuur met sy stootskraper-party.

CJ ·

Malema SA verlaat? Aikona, hy sal nie van sy weelderige leefstyl kan afsien nie. Jammer om almal teleur te stel.

EO ·

CJ, ek stem saam. Hy lewe te lekker hier. En ander lande sal in elk geval nie sy nonsens opvreet soos SA se leiers nie. Hier sê hy net wat hy wil, en niemand doen iets daaromtrent nie.

Henk ·

Hierdie ding se heele politiek loopbaan is gebaseerd op 100% haat vir wit mense. Mugabe nommer 2. Absoluut absurt dat die EFF ooit toegelaat word om eers as n party te bestaan. Watter buitelandse maatskapy sal in SA belê as hulle die ding hoor praat.

JL ·

Hoekom Mosambiek? Zimbbwe is dan sy land van melk en heuning. Kan ek solank ‘n paar bokse skenk?
Nee wag, ek sal sommer kom help pak.

Kierie ·

En hoeveel suksesvolle, eerbare mense, wat kon bydra en bou het SA verlaat danksy dié skepsel se sinnelose gebrabbel en wraaklus teen blankes?
Wie sal so ‘n opstoker se afwesigheid betreur?

Arme gek, hy oorskat sy eie waarde; as hy trek is die volgende “revolutionary” gereed om sy plek te vat by die trog van vernietvreters.

Mosambiek nogal! Daar is niks oor daar wat hy en sy soort kan buit of uitbuit nie. Hy gaan net hier bly en kapitaliseer op rassisme en die ANC se onbevoegdheid. ‘n Nar in blink behangsels en Gucci klere.

Henk ·

Ek kon dit nie beter stel nie, Stem100% saam. Malema is een groot tragedie wat verban moet word veral as jy na sy haat spraak luister.

jaco ·

nou wens almal op hulle kommentare dat Malema wel emigreer. onthou net, nadat hy weg is, BLY die volgende goed steeds oor in SA:
beurtkrag
swak vuil staatshospitale
swak waterbestuur
swak of geen munisipale dienslewering
plaasaanvalle en plaasmoorde
onteiening sonder vergoeding
en so kan my lys aan en aan en aan gaan.
VRA eerder vir malema en sommer ook vir die ANC om ons gehate wit mense te deporteer/te laat emigreer na Europa en Amerika. Dit kan nie so moeilik of duur wees nie. Dan is die wit rassisme, wit monopoliekapitaal en al die ander sleg wit goed mos finaal weg.
eerlikwaar, hulle kan my deporteer met NET die klere aan my lyf. Daar sal wel iewers in Europa of Amerika ‘n kans wees om weer aan die gang te kom. En al gaan dit swaar, sal dit SONDER al die nonsens in my lys hierbo wees.

HPV ·

Doen Suid Afrika ‘n guns en gaan so gou as moontlik, moet net nie terugkom. Maar ek twyfel of enige land behalwe miskien een van die muishond lande jou verblyfreg sal gee.

Francoios le Cochon ·

Die EFF sou onbekend gewees het as die media nie hul en Malema se agenda so slaags (gratis) bevorder het nie. Hoekom berig die media nog enigsins oor Malema of die EFF. Geen beriggewing sal die EFF laat kwyn. Die bestaan van die EFF is in die hande van die media,

Koevoet ·

Daar moet gekyk word na Malema se konneksies met Islamitiese insurgente in Mosambiek.

K.P ·

Vat jou goedjies en gaan dadelik zim of venezeula toe. Jy is mos n groot aanhanger van die diktators daar

stem ·

malema, indie jy afrika wil regeer, moet jy in die middel begin en dan na alle kante toe steun werf, om in een hoekie te sit, gaan jou nie veel help nie
kry guptas en gebruik hul onwettige vliegtuig vir al jou toerusting en familie om sentraal afrika toe te trek
daar sal baie mense jou help om te trek, so dit sal gou gaan

skurweberg ·

Ek glo dit nie. Pasop vir sy suggesties, omdat dit deel is van ‘n ideologiese strategie. Wat so so oud is soos die berge self. Wat ek wel glo en saam met hom stem is dat mense sal emigreer as dit lyk of geregtigheid begin sneuwel. Dit sal beslis nie hy wees nie, maar juis diegene wat in die pad is.

Bittergal ·

Boetie Malema, oom sal sommer gou ‘n fonds stig om vir jou trek te betaal. Indien geld kortkom sal ek dit bylas. Nie seker of Moz jou sal vat nie, maar ek hou duimvas..

Koos le Roux ·

Hoekom, ja hoekom, gee julle (die pers) vir hierdie Malema vent so baie dekking?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.