‘Diverse land soos SA kort plan waarby almal baat’

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

“Terwyl ons land vandag Erfenisdag vier, word ons weer herinner aan hoe divers en kleurvol ons land is.”

Volgens John Steenhuisen, DA-leier, deel Suid-Afrikaners nie een erfenis nie, en selfs nie ’n algemene idee van wat erfenis beteken nie.

“Suid-Afrikaners vier vandag op duisend verskillende maniere. Sommige daarvan sal ernstig en reflekterend wees, en sommige daarvan sal lighartig en prettig wees.”

En volgens Steenhuisen is dit reg so aangesien dié diverse benadering tot Erfenisdag die diversiteit van die land weerspieël.

“Ons is waarlik ’n smeltkroes van mense, kulture en idees. Maar dit beteken nie dat ons ons lewens apart moet leef, verdeel van mekaar deur hierdie demografiese kenmerke nie.

“Ons toekoms is steeds een, verenigde Suid-Afrika, en ons enigste manier om ’n voorspoedige toekoms vir almal te bereik, is deur ons hulpbronne en idees saam te voeg.”

Volgens Steenhuisen is die DA die enigste party in Suid-Afrika wat werklik so ʼn ryk diversiteit van idees kan aanbied en is die DA die personifikasie van die reënboognasie.

“En dit is omdat ons nie deur ras of taal of godsdiens bymekaargebring is nie, maar deur ʼn stel gemeenskaplike waardes en ’n gedeelde geloof oor wat dit sal verg om ons land reg te stel.”

Die DA word nie deur ’n spesifieke rasse- of etniese nasionalisme gedryf nie en kan om die rede die behoeftes van Suid-Afrikaners in die voorpunt en middelpunt van sy beleidsaanbod stel.

“Geen ander groot party kan dit sê nie. Wanneer hulle van ‘ons mense’ praat, is dit duidelik dat daar ʼn ‘ons’ en ʼn ‘hulle’ is. Wanneer die DA van ons mense praat, beteken dit alle Suid-Afrikaners.”

Volgens Steenhuisen is dit hoekom die DA ʼn beleid van nierassigheid aanvaar het. “Dit is nie net moontlik nie, maar nodig om ons land se onregverdige verlede reg te stel deur te fokus op die verwoestende gevolge van hierdie verlede, eerder as om verdere skeidings tussen ons te skep.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andrew ·

ANC + EFF = 70 %. DA 20% . 70% van land dink in ons en julle, Na volgende verkiesing moontlik 75% soos die mense meer word. Swart mense het nie dieselfde nie-ras beheptheid as die tiepiese liberaal nie, soos julle moes leer met die moesie en harman wegbreek. JY SAL ALTYD DIE GROND DIEF BLY. Poep teen donderweer broer. Beter en begin kyk om die Kaap op n federale manier weg te breek en saam ander minderhede en groepe vir self regeerende federale volksgebiede te baklei.

Flip ·

Ek stem 100% saam met Andrew. Vir solank as wat mense n minderwaardigheids kompleks het oor hul ras/velkleur SAL daar n ons en julle wees. En julle sal ons ALTYD skuld so dit sal bly by “we want” en “we demand” want dis mos lekker om net bakhand te staan en te kry.

Gerrie ·

Soveel van die ANC, EFF en ander leiers is so vasgevang in die verlede (en dan hul siening daarvan) dat hulle die toekoms gaan verpas.

Anoniem ·

Ja Gerrie hulle sleep maar swaar aan die Apartheidsketting.

annie ·

Die Kaap loop oor van Afrika-uitskieters. Die mees diverse plek op aarde; die ergste om ‘n rusplek vir ons waens te wil vind. Die parlement staan ook daar. Waar in die wèreld is ‘n voorbeeld waar ‘n eksklusiewe voorreg mooi logies beding is… sonder groot ellende? Die DeK&M-elite het dit probeer en nou kruip die voorbok in ‘n veilige flat-tjie iewers in die Kaap weg en koes vir die kluite. Nou wil ander dit sowaar na-aap!

Werner ·

Om die volke apart toe te laat om hulself te ontwikkel is die enigste antwoord vir hierdie land.Die een lot sal altyd die ander onderdruk net omdat hulle die meerderheid is nie noodwendig die beste regeerders nie soos reeds bewys.So DA julle drome sal net dit bly drome wat nooit sal realiseer nie.Anargie is besig om in SA uit te breek glo nie die DA gaan dit oorleef nie

Grassie ·

Ek sien die DA hamer nog steeds op die “reënboognasie” en die land se “onregverdige verlede.” Dit is tipiese liberale retoriek, hulle sal nooit daarvan wegkom nie al weet hulle dit is net ‘n hersenskim. Die “our people” wil geen reënboog hê nie, hulle wil al die ander kleure uit die reënboog verwyder, Wat hulle nie weet nie is dat daar geen swart kleur in die reënboog is nie. Sodra hulle al die ander kleure vernietig het, is daar niks, maar niks, van hierdie land oor nie. Wat die “ongeregtighede” van die verlede betref wonder ek of die DA vir een oomblik dink dat die ongeregtighede van vandag minder is as die “ongeregtighede” van die verlede. Maar hulle tokkel maar net voort op die een snaar wat in die koppe van die liberales vasgehaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.