DJ Fresh nuwe aanbieder van middagprogram

DJ Fresh. Foto: Facebook

Die bekende radiopersoonlikheid DJ Fresh sluit van 1 Augustus af by die radiostasie 94.7 aan.

DJ Fresh, oftewel Thato Sikwane, sal die nuwe aanbieder van die middagprogram wees.

Sikwane is vroeër die maand met onmiddellike inwerkingtreding deur die SAUK afgedank. Die openbare uitsaaier het gesê sy afdanking volg ná onsuksesvolle pogings tussen die partye om die saak te beredder nadat Sikwane, aanbieder van die ontbytprogram op Metro FM, in Junie voorlopig nie uitgesaai het nie.

Dit het glo gevolg nadat hy ʼn Zoeloe-vloekwoord tydens ʼn uitsending gebruik het en glo ook ʼn luisteraar beledig het. Sy uitlatings het ʼn klag by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) tot gevolg gehad.

Volgens die SAUK het die UKKSA die openbare uitsaaier skuldig bevind en gestraf ná die klag en het DJ Fresh se optrede dus die SAUK in oneer gebring.

Nada Wotshela, uitvoerende hoof van radio by die SAUK, het gesê die openbare uitsaaier is steeds daartoe verbind om goeie bestuur en interne beheer te verseker, ongeag die posisie van ʼn werknemer of vryskutwerker. “Die SAUK sal mettertyd bekendmaak wie Metro FM se ontbytprogram sal oorneem en ons is dankbaar vir die span wat in dié tydperk die fort gehou het.”

DJ Fresh was voorheen ʼn aanbieder op die gewilde SAUK-radiostasie 5 FM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa ·

Amazing. Dis soos die ministers. As jy droogmaak, word jy net by ander plek ingedruk en gaan jy aan asof niks verkeerd is nie.

DeVill ·

Anders as 99% van ons ministers wat totaal misluk in hul werk is Thato eintlik ‘n fantastiese radio-omroeper en baie lekker om na te luister.

Die SABC het ‘n groot fout gemaak om hom te laat gaan!

Nou luister en nog minder na 947 ·

Genade, nou gaan ek nog minder luister na 947. Die volle 10% wat ek wel doen, word miskien 8%.

Moeg vir SA ·

‘n paar jaar terug was 94.7 my gekose stasie, toe word dit te donker met lelike byterige aanmerkings en toe gooi ek hom van my lysie af, nou is dit nog net Bosveld waarna ek so af en toe kan luister, dankie tog vir cd spelers in my kar, dan kan ek luister na wat ek WIL hoor

daleen ·

In wie se plek gaan hy uitsaai? gelukkig is daar net ‘n stasie soos Bosveld stereo 107.5FM, mooiste musiek en geen diskriminasie teen enige iemand nie

San ·

Bly vir hom. Uitstekende aanbieder. Radiostasies van die SAUK te polities korrek. Aanbieders te bang om iets verkeerds te sê.

marous ·

Kan nie hul rekeninge met bloedgeld betaal nie , maar het eer?

Gert van Wierdapark ·

Radio Sonder Geld gaan nou nog minder luister-aars he!

Who cares ·

Dankie tog ek luister al baaaaie lank nie meer 94.7.
Gelukkig is daar deesdae baie ander om uit te kies.

Tienie ·

Nee dankie. Hy / hulle val nie in my smaak van vermaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.