DJ Ossewa-sanger in restaurant beroof

DJ ossewa

DJ Ossewa (van links na regs) is Leeuboer, Vet Frik en Daniel Jakobus. Foto: Verskaf

Een van die lede  van die grapgroep DJ Ossewa, is Woensdagaand saam met vriende en ander gaste in ʼn besige restaurant in Melville, Johannesburg, deur sewe gewapende mans beroof.

“Dit het so vinnig gebeur, maar dit het soos ʼn leeftyd gevoel,” het die sanger, wat as Vet Frik bekend staan, Donderdag aan Maroela Media gesê. Hy sê hy was saam met vier vriende by die restaurant om pizza te eet toe die aanvallers, almal met vuurwapens gewapen, net voor 20:00 toegeslaan het.

“Die mans het nie klapmusse gedra nie. Hulle het ingestorm en almal in die restaurant gedwing om op die vloer te lê. Daar was tussen 40 en 50 mense in die restaurant,” het hy bygevoeg.

Volgens Frik het hy tydens die aanval net gebid dat almal kalm sal bly en nie iets sal doen wat die rowers sou uitlok nie. “Die rowers het senuweeagtig gelyk, en hulle kon maklik op almal losgebrand het.”

Die rowers het die klante van selfone, juwele, horlosies, beursies en handsakke beroof.

Twee vroue is hardhandig behandel, en ʼn kelner is teen sy oog geslaan. Frik het gesê hy is ongedeerd, maar die toneel spook nog by hom.

Die polisie was kort na die aanval op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Baie bly om te hoor almal is veilig. As besigheidseienaar baie ongelukkig dat die joernalis Melville noem, en dit was eintlik in Westdene. Dit is baie slegte publisiteit vir Melville.

Desire ·

Kom wees eerder besorg dat die mense meestal ongedeurd daarvan af gekom as oor waar die voorval plaasgevind het.

Elizabeth ·

Ai tog dis net aaklig. Niemand is nêrens meer veilig nie. Mens wil ‘n aandjie uit geniet dan gebeur so-iets. Mens wil amper nêrens meer gaan nie en bly maar in tronke tuis en die kriminele is vry buite.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.