Djihadiste keer SA’ners in Mosambiekse hotel vas

Mosambiek

ʼn Klomp Suid-Afrikaners is glo in ʼn hotel in Mosambiek vasgekeer nadat Mosambiekse soldate ʼn aanval op djihadiste militante geloods het. Dié stap kom nadat militante Woensdag die kusdorp Palma in die noorde van Mosambiek ingeval het.

Vreesbevange inwoners het sedertdien die bosse ingevlug.

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het aan Maroela Media gesê hulle is “bewus van die situasie”. Sy sê haar departement bied tans die nodige bystand aan landsburgers deur die Suid-Afrikaanse ambassade in Mosambiek. Bitter min is nog oor die welstand van dié Suid-Afrikaners bekend.

Die aanval kom kort nadat die Franse oliereus Total sy planne aangekondig het om konstruksiewerk op die nabygeleë perseel van ʼn buitelandse gasprojek van $20 miljard te hervat.

Die woordvoerder van die Mosambiekse departement van verdediging, Omar Saranga, sê die land se veiligheidsmagte (SDS) werk onverpoos om veiligheid en orde in Palma te herstel.

“SDS doen alles in sy vermoë om die veiligheid en welstand van die bevolking te verseker… terwyl hy steeds die beskerming van ekonomiese projekte waarborg,” het Saranga aan verslaggewers in die hoofstad Maputo gesê.

Volgens Saranga is die aantal sterftes en die omvang van die skade in Palma nog onbekend nadat mobiele kommunikasie met die gebied “onderbreek” is. Palma is meer as 1 800 km noord van Maputo in die Cabo Delgado-provinsie geleë.

Maroela Media het vroeër berig geweld aan die hand van djihadiste heers sedert 2017 in dié provinsie en het die lewe van minstens 2 600 mense geëis. Talle burgerlikes, onder wie kinders, word onthoof.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Waarom maak dié Moslems oorlog om Mosambiek tot die Moslem geloof te bekeer? Wat van bloot van huis tot huis loop en mense vriendelik vertel waaroor die geloof alles gaan.

Aubrey

Die beste teen insurgensie soldate in die wereld is beskikbaar vir Mosambiek; hulle sit in haglike omstandighede in die Noord-Kaap. Ook bekend as 32

Johan

Wat sê ons Islamiete daarvan? Ek hoor niks, of kry hul nie n kaans om te praat nie. Wat wel so is, is dat Afrika baie beter plunder met bietjie gaos in die omgewing, daarom dat wereld magte, insluitend die CCP en CIA dit dikweld aanblaas (en ons weet wie werklik die CIA besit, en daarom graag die Moslems in n slegte lig stel). Baie gemaklik om ook nou te beweeg, noudat almal vrees vir hul lewens weens die slegte verkoue wat aan hul opgedis word.

Danie

Die “ons” Islamiete het ek nog nooit gehoor dat hulle hierdie vergrype van hul medegelowiges veroordeel of op openbare platforms verwerp nie.
En wie wat nog n bietjie verstand het besoek in elk geval plekke soos mosambiek en zimbabwe in vandag se tyd.

pompies

Dit is dood gewoon terroriste wat die islamietiese geloof gebruik om die land oor te vat. Onthou mosambiek het geweldige groot aardgas reserwes wat die wereld graag wil he so neem die land oor maar doen dit onder n verskuilde agenda.