DKD kry pak in arbeidsappèlhof oor regstelaksie-saak

Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die DKD-werknemers wat deur Solidariteit verteenwoordig word. Foto: Reint Dykema

Die arbeidsappèlhof in Kaapstad het Vrydag beslis dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) nie die nasionale rassedemografie in die Wes-Kaap mag toepas nie.

Die uitspraak is gelewer nadat Solidariteit namens tien werknemers die DKD hof toe geneem het omdat hy slegs die nasionale rassedemografie wou toepas. “Hierdie uitspraak is ʼn groot oorwinning vir Solidariteit en ʼn groot terugslag vir die staat se beleid om die nasionale rassedemografie oral in Suid-Afrika toe te pas. Die uitspraak raak nie net die DKD nie, maar alle staatsdepartemente. Dit beteken dat die hele staatsdiens weer hul beleid van regstellende aksie sal moet hersien,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens die uitspraak word die vroeëre arbeidshofuitspraak van regter Hillary Rabkin-Naicker gehandhaaf. “Hoewel ons die beginsel gewen het, het die hof steeds nie individuele regshulp aan die applikante gegee nie. Solidariteit beplan om hierdie element namens die applikante in die konstitusionele hof te toets,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anton Smit ·

Ek hoop Solidariteit gaan dit maak in die konstitusionele hof want daar speel moeg genoeg die kitaar en hy maak net wat hy wil

Peet Schabort ·

‘n Beter naam is teregstellende aksie wat meer omskrywend is.

Jan ·

Dankie aan Solidariteit. Ongelukkig sal die DKD dit waarskynlik nie aanvaar nie en bloot aanhou appèl aanteken tot die saak voor ‘n getransformeerde regter dien wat (skokkend, verrassend, ongelooflik) in hul guns sal beslis. Danksy die belastingbetaler is hul sakke diep genoeg daarvoor.

david ras ·

Geluk met hierdie wen. Net jammer, dis weer ‘n geval van wen die veldslae maar verloor die oorlog. DKD gaan net apelleer totdat die saak voor die konstitusionele hof kom en dan gaan dit weer soos met Renate Barnard,.
Hierdie hof kan ook nie anders bevind nie–gaan lees ART 9(2) van die grondwet.
Solank as wat Solidariteit die GEVOLGE van regstellende aksie aanval en nie die wetgewing self nie, gaan dit by verloor bly. Dit sal Solidariteit loon om bietjie te geskiedenisboeke nader te trek en gaan kyk na die metodiek van die skepper van regstellende aksie, Adolf Hitler. Hy het eerste bepaal dat alles die demografie van Duitsland moet weerspieel. dieselfde argument as die van DKD .

Michiel Naude ·

Wat betek dit vir ons ouens in “nie”staats departmente?

Lea Downing. ·

ons is met trots lede van Solidariteit en sê dankie
vir wat julle vir ons as gewone landsburgers doen. Ons beveel deelname aan by al ons vriende, familie en kennisse aan. Ons as Afrikaners moet weer begin saamstaan soos ons vootsate en weer by die Voortrekker Monument die Gelofte aan God nakom voor dit met ons sal beter gaan. Die Gelofte moet dan nie oor ons selfsugtige begeertes herhaal word nie, maar oor die Eer Van God.

Barend Deminey ·

Wel gedaan Solidariteit!! Julle moet net dieselfde beginsel dat nasionale rassedemografie nie oral toegepas kan word nie, uitbrei na ingenierswese. Omdat daar nie genoeg swart ingenieurs is nie word daar sommer ambagslui en technici as ingenieurs aangestel (soos byvoorbeeld elektrisieëns as elektriese ingenieurs, motor werktuigkundiges as meganiese ingenieurs- net om die regstellende kwotas te maak. Sekerlik word daar nie verpleegkundiges as dokters aangestel nie, hoekom doen hulle dit in ingenieurswese beroepe?

anoniem ·

Wat n swak vergelyking. Ek dink voordat jy nie die verpleeg profesie goed verstaan nie is hierdie uitspraak absurd. Reg oor die land werk onafhanklike verpleeg praktisyns (clinical nurse practitioners) in ons klinieke. Hulle vergelyk baie goed met algemene praktisyns en vorm die rugraat van primere gesondheid. Jou uitspraak vergelyk die verpleegster oor die algemeen met ambagslui en tegnikuste?! Seriously? Verpleegkunde is n proffessionele beroep. O en kyk na jou spelling vir ingeneurswese.

anoniem ·

Glip daar wraggies spelfoute in my boodskap van woede. Ingenieurswese.

anoniem ·

Glip daar wraggies spelfoute in my boodskap van woede. Ingenieurswese.

Barbara Nagel ·

anoniem, jy mis die punt totaal en al. Barend Deminey vra net ‘n baie geldige vraag. Ons land se mense kan nienog groot ego’sook bekostig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.