DKD-lede vas oor bendebedrywighede in die tronk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf beamptes van die departement van korrektiewe dienste wat glo saam met bendelede gewerk het om misdade in die tronk te pleeg, is Donderdag in Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

“Die beamptes, tussen 33 en 43 jaar oud, staar aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op Dwelmhandel en Korrupsie in die gesig,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. Hulle staar ook ʼn aanklag wat verband hou met die oortreding van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad in die gesig.

“Die inhegtenisneming van die beamptes is ʼn uitvloeisel van ons langdurige ondersoek na kriminele bedrywighede van die Junior Cisko Yak-kies-bende ((JCY’s),” het Traut bygevoeg. “Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie.”

Altesaam 32 lede van die bende is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee mans in die Brandvlei-gevangenis verlede jaar. “Die DKD-beamptes word verbind aan bendebedrywighede en word verdink dat hulle die bendelede gehelp het om verskeie misdade in die tronk te pleeg,” het hy bygevoeg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stella ·

Wanneer word hierdie staatsamptenaarsoortreders (sjoe, di’s ‘n lang woord) aangeklae vir verraad? Hierdie tipe oordredings, teen jou eie regering. grens mos aan verraad, dan nie?

HEVW ·

Stella, ek wil vestaan,maar kannie. Hoe kan een skuldige n ander skuldige aanklae. Is daar dan vandag nog n enkele wat n skoon rekort het? Alles is n oewerlose gemors!!!!!

Anoniem van DKD ·

Ek is ‘n lid van DKD vir 35 jaar (nog old-school) en wil ek graag die lesers gerusstel dat daar nog steeds betroubare, eerbare en hardwerkende lede in DKD is. Dit is jammer dat hierdie elemente die Dept ‘n slegte naam gee, maar indien hulle skuldig bevind word moet die hof van hulle ‘n voorbeeld maak om sodoende voornemende swartskape twee keer te laat dink voordat hulle ook so iets probeer. Dit is nie die eerste keer en gaan ook nie die laaste keer wees dat so iets gebeur nie, maar hulle moet gewaarsku wees dat die lede wat nog lojaal is teenoor die Dept hou hulle dop, ons kan nie anders nie want hulle stel ons lewens in gevaar. Ons werk onder uiters gevaarlike omstandighede en kan nie bekostig om jou kollega nie te vertrou nie (dit kan lewens gevaarlik wees).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.