DKD moet plan maak vir etes in tronke

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) moet bontstaan om ʼn alternatiewe plan vir voedselvoorsiening by van sy gevangenisse te beraam nadat African Global Operations, voorheen Bosasa, aangekondig het hy gaan aansoek doen om vrywillige likwidasie.

Dié besluit het gekom nadat banke die omstrede maatskappy soos ʼn warm patat gelos en besluit het om nie langer met hom sake te doen nie. African Global Operations sit dus sonder enige bankrekeninge en sy hande is afgekap om sy sakebedrywighede voort te sit.

Die maatskappy is vroeër ʼn multimiljoenrand kontrak toegeken om spysenieringsdienste aan meer as 20 Suid-Afrikaanse tronke te voorsien. Wanneer die maatskappy gelikwideer word, kan so veel as 4 500 mense hul werk verloor.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die DKD, sê die departement het kennis geneem van African Global Operations se aankondiging rakende sy likwidasie en het gebeurlikheidsplanne in werking gestel om te verseker dat spysenieringsdienste by die betrokke korrektiewe sentrums nie ontwrig word nie.

“Die DKD het dringend ʼn operasionele sentrum opgestel waar werkspanne onder leiding van spanleiers werk om ʼn intensiewe bedryfsplan aan die gang te kry sodat daar ʼn gladde oorskakeling is in die geval dat spysenieringsdienste gestaak word.

“Enige onderbreking van dienste sal beperk wees tot sewe van die DKD se 46 bestuursareas – dit sal 46 434 gevangenes raak, sowat 29% van die hele gevangenesbevolking,” sê Nxumalo.

Beamptes van die DKD sou gister met die nasionale tesourie vergader om stelsels gereed te kry wanneer African Global Operations sy dienste staak.

Nxumalo sê sedert die onthullings voor die kommissie van ondersoek na staatskaping gemaak is rakende beweerde omkooptransaksies sodat DKD-kontrakte aan Bosasa toegeken word, het die departement begin om al sy spysenieringskontrakte te hersien.

“Die departement is reeds in ʼn gevorderde stadium om ʼn alternatiewe spyseniersdiensteplan te ontwikkel. ʼn Oudit is ook gedoen waartydens daar onder meer gekyk is na die toestand van die kombuise, onder meer infrastruktuur en toerusting, die finansiële en menslike hulpbronne, die stelsels wat in werking gestel is om bederfbare voedselprodukte te bekom en die standaard van die bedryfsprosedures,” sê hy.

“Wat nou noodsaaklik is, is om seker te maak dat die korrektiewe sentrums voortgaan om bedryf te word sonder ontwrigting wat dalk kan gebeur deur die oorskakeling na nuwe spysenieringsdienste by ons sentrums.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johan ·

Ek het verstaan dat Bosassa betaal is vir spyseniering dienste wat nie gelewer is nie? Hoe dan nou?

Stripes ·

en daardie geld sal jy nooit weer sien nie!!!! Ons moet maak soos die Oosterse lande maak, as jy in die tronk is en jy wil eet moet jou familie vir jou kos voorsien, nie die staat nie.

wraggies ·

Soos ek Mnr Bloem se getuienis verstaan het, het Bosasa eindelik niks gedoen wat kos voorsiening aanbetref nie, daar hoort dus geen probleem te wees nie.

JohanL ·

En nou wag die volgende BEE en ANC gesinde maatskappy en staan reg om te skep.
Nuuskierig om te sien wie dit gaan wees.

JMC ·

Voor die kommuniste oorgeneem het was die gevangenisse basies selfonderhoudend met groente verbouing, varkboerdery en melkbeeste.

Swartbees ·

Dit is harde hande arbeid, wie gaan dit in vandag se tyd doen? Dis lekkerder om free dstv premium te kyk en lekker kos ontvang sonder enige harde arbeid…..klink mos soos n vakansie, net jammer dit is laag water.

Bothaville Silo ·

aangesien ons wat vir daardie etes betaal (wetsgehoorsame PAYE mense) geen sê het oor ons geld wat so gevat word elke maand,
wil ek net sê ons JUIG ek kan nie ‘n veer meer voel wat word van my PAYE wat elke maand gevat word en nie gaan vir dit waarvoor dit bedoel is!
ANC sal wel ‘n haas uit die hoed ruk voor die arme bloedjies doodgaan van die honger aangesien van ons grootste misdade en sindikate uit tronke bestuur word
(kom ons kyk of my post geplaas word!)

Johann ·

Wel my rekening is nog “oop”. En ekt n lekker GROOT Venter Waaentjie. So ek kan enige tyd “spysenier” wees en n paar KFC BUCCETS aankoop en lewer? Kom ons dink gou oor die som….wat van R999. 99 n emmer, en special special. Koop
TWEE…. en betaal vir altwee? ?

Adriaan ·

Wat van slegs ryswater in gevangenis. Miljoene Chinese oorleef daarop.

Dalla ·

Spyseniering!!!!!

Te lekker in vandag se tronke!

Mense wat moord gepleeg het, wat kinders verkrag het ens ens… Kry stem reg en Spyseniering!

Geen wonder SA is in chaos nie. Die duiwel voorsien aan sy kinders!

Johann ·

Wat het daai Franse anti Mari daaaai tyd gese….? O JA. Voer hulle koek!!!!

Nanna ·

In die verlede was tronke selfonderhoudend. Daar was ‘n hele boerdery bedryf en die bandiete het gewerk in die groentetuine, by die skaap, bees en vark boerdery. Daar was’n melkery bedryf.
Ek weet dat in die Wes Kaap nog tronke is wat so selfonderhoudend is.
Nou het die bandiete so baie regte dat hulle niks hoef te doen nie.
Gaan net trug na dit wat, in die onlangse verlede, goed gewerk het. Dit sal ook help dat minder van die belastingbetalers se geld gebruik word.

Anel ·

En hulle het self gekook! Wie van ons kan elke dag uiteet? Geen wonder die spul wat in die tronke is wil daar bly nie!!! Leef te lekker!!

Bekommerde ·

Ek stem saam vroeer jare moes hulle moue oprol en werk vir hulle kos!
Hoekom nie nou ook nie!

Johann ·

Shame. Siestog. Arme verontregde entrepeneurs. Sien al hoe staan hulle by die tralies en maak daai moves van hul landsgenite by die verkeersligte… handjie mondjie magie… handjie mondjie magie…

JohanL ·

Johann, weet nie of dit jou naam is nie, maar daai is skerp. Kon nie help om te lag nie.

leser ·

bosasa hier , bosasa daar , wie het dan die land regeer, “stir-all” , ancheee en dan bosasa , nee omgedraai , ons begin by bosasa

Anel ·

En hulle het self gekook! Wie van ons kan elke dag uiteet? Geen wonder die spul wat in die tronke is wil daar bly nie!!! Leef te lekker!!

Keelvol ·

Dit is vir my soo verkeerd, maar die ongelukkige realiteit is dat meeste van die kriminele varke handhaaf ‘n beter leefstyl in gevangnisskap as in die samelewing. Hulle het geen kommer oor hul volgende ete, ‘n dak oor hul koppe, werkende en beskikbare water en sanitere geriewe, ens. Gee vir die goed water en brood en spandeer eerder daai miljoene op die wets gehoorsame burgers van ons land.

Ellisras ·

In die ou dae by die tronk (nou gevangenis) het die gevangenis in die groente tuin gewerk. Pragtige groente tuin van hoek tot kant. Die gevangenis is besig gehou, het son gesien

Koos ·

Vandag eerste hands gesien hoe werk dié, ek kwoteer en invoice n produk vir R549.63, die dame vra my, kan ek die invoice uitmaak vir R5449.63, maar gaan net die R549 betaal, sodat sy die R4900 kan vat, en dis klein bedrag, wat gebeur op n ding van R1.2mil

Skroef ·

Wel koos as jy haar nie gaan aankla het nie, mag jy nie daaroor skinder nie.

Jacques ·

By n gevangenis in ons dorp speel hulle sokker van son op tot son onder . Hulle mag nie werk nie want hulle het menseregte??? Laat hy self sorg vir sy groente en wat ookal hy benodig om sy bestaan te maak in die tronk. Hy het gekies om daar te wees anders was hy in die eerste plek nie daar nie . Die regering moet ophou om die kriminele soos eregaste te behandel . MM hoekom plaas julle nie my ander posts nie?

Shaun ·

Ek was self 3 jaar in di gevangenis….2015 op parool vrygelaat….Die kos is baie swak gehalte….As jy ni geld het om 1 maal i maand by di kantien blikkies kos te koop nie is dit maar i moeilike stryd.
Oggend ete: 1 bord slap mielie pap
4 sny droe bruin brood met
1 telepel goue stroop.
1 koppie swart koffie of tee
Middag ete 12h00 4 snye droe brood met 1 koppie aan maak koeldrank…

Aandete Stywe pap met of 1 hoender vlerkie of 1 vis vinger of stukkie vark…met bietjie kool.
Ek het maar my kos aangevul met blikkies kos van di kantien…..Kos word letterlik op di goedkoopste manier voorberei met letterlik geen sout. Ek het maar vitamien pille laat insmokkel om gesond te bly…
Mens kan oorleef van tronk kos…..JY moet maar net aanvaar en inval…. Ek was 112kg toe ek gevonnis is… 3 maande later was ek 84kg……Ek weet party gevangenisse het beter kos ….ek was maar net in i slegte een.

Ellisras ·

Volgens my vrou is effe oor gewig. Tog dink ek nie ek wil die tronk dieet volg nie. Veral nie in die tronk nie. Dan bly ek soos ek is.

Swartbees ·

Moenie stress nie kêrels, Mister Watson bring etenstyd vir almal n happy meal.

Kediksie ·

@Shaun. Jy is 100% korrek. Die kos is om die minste te sê, betreurenswaardig. Geen borde word gebruik as brood uitgedeel word nie. In die kantoor is die spyskaart wat reken jy kry brood met botter en konfyt en tee vir ontbyt, maar dit is droee brood wat met die hand aangegee word. Dus wonder ek waar die sogenaamde spyseniering heen is….

Judge Dredd ·

Nou vertel vir ons bietjie hoeveel kos die kos/gevangene?

Marietjie ·

My Maggies. Hulle het altyd self gekook Hulle dit almal Daar net en dink nog.skelm streke uit. Tyd dat hulle weer aktief raak soos in die ou dae met Hulle hande soos in die ou dae

Helene Heyns ·

Laat die gevangenes hul eie pappotte en soppotte roer. Geen ander kos.Hul het genoeg tyd om dit te doen. Sal hul uit die kwaad hou.

SjN ·

Waar was die dae van bandiete gaan haal op n saterdag om tuine skoon te maak teen n minimale fooi, jy was ingesweer om hul op te pas en slegs tabak en cool aid mag aan hul gegee word, toe was daar nog wet en orde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.